{"id":23289,"date":"2014-03-22T14:53:47","date_gmt":"2014-03-22T12:53:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23289"},"modified":"2014-03-24T08:52:20","modified_gmt":"2014-03-24T06:52:20","slug":"bodem-boek-ii-12-die-lys","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23289","title":{"rendered":"Bodem boek II, 12: Die lys"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 11: Die bres\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23270\">Bodem boek II, 11<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Volkswagen se enjin verstil en vier van die insittendes klim met stywe, bewerige bene af. Ylbaard, wat die kar bestuur het, gaan sit skielik by die voorwiel, so vinnig dat sy bre\u00eb sitvlak teen die teer pof. \u0149 Passasier gaan staan by die motor en stut homself met stywe arms op die modderskerm en laat hang sy groot, woesteharekop vooroor. \u0149 Kort, skraal mannetjie loop in \u0149 kort kring. Hy het baie gesigshare \u2013 lang, vol baard en afdrupsnor \u2013 maar sy kop is blinkgeskeer en \u0149 seekat is daarop getatoe\u00eber en die tentakels hang soos wangbaarde langs sy slape af tot by sy kakebene. \u0149 Rooikopvriend begelei hom, arm paaiend om seekatskedel se nou skouers.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">My twee slagoffers bly in die Volkswagen sit; gebreekte ribbes voor en spieswond agter tussen die los gereedskap.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim stap tot by Ylbaard en kyk af na hom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWelkom!\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ylbaard loer onder sy oogbanke op sonder om sy kop te lig en waai floutjies met een \u00a0hand.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle lyk gestres?\u201d s\u00ea Joachim \u00a0in Afrikaans.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaat,\u201d hyg Ylbaard in Engels. \u201cMaat.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGee jy om as ons Afrikaans met mekaar praat?\u201d vra Joachim. \u201cJy sal miskien dink dis nie nou die tyd om oor identiteit begaan te wees nie, maar ek wil nie h\u00ea ons moet met gewoontes begin wat later moeilik gebreek sal word nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHet jy al agtergekom dat as vier Afrikaners en een Engelssprekende bymekaar is, praat almal Engels. Afrikaners is s\u00f3 beleefd, maar natuurlik ontken almal dit.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy gaan voort sonder om vir \u0149 antwoord te wag: \u201cEk het gedog die re\u00ebling is dat julle by ons bly?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMy vriend,\u201d s\u00ea Ylbaard in \u0149 skaflike Kaaps-Afrikaanse aksent, \u201cjy verstaan nie. Toe ons by julle verbygery het, toe s\u00ea ek nou gaan ons. En ek roer die Volla en die Volla gaan. Weet nie wat so bebliksemd met hom is nie, maar hy maak gatskoon. Nog nooit \u0149 Volla gery wat gat so skoon maak nie, en ek k\u00e9n Vollas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy weet as jy \u0149 masjien tussen \u00a0jou bene of onder jou gat het en die ding wil net ry? Jy weet wat ek meen? En jy begin dinge doen wat jy nie moet doen nie? Jy weet, soos die kar of die baaik kom in jou kop en hy besluit vir jou? D\u00eds hoe dit was. Die Volla wil net gaan en toe s\u00ea ek: Kom ons gaan!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe moet ek vir jou s\u00ea? Toe ons eers ry en die Volla gaan en gaan net vinniger en die manne skree en die wind is oral is dit soos niemand kan ons vang nie, niemand kan ons vang nie, jy sien wat ek s\u00ea? En toe is dit soos alles is reg met alles, reg met die w\u00eareld, reg met die lewe. Vir die eerste keer in weke was ek nie benoud of bang of opgestres nie. Niemand kan ons vang nie. Solank as wat ons in die Volla is, is ons orraait. Vriend! Jy verstaan nie!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dog dis soos ons kan net aanhou ry en ry en ry en ry. En ek dog ons ry noord, hou net aan ry tot by Plattekloof en ons draai daar links en ry wyd om na Melkbosstrand en langs die kus af terug Table View toe om ons mense te kry.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn hoe land julle toe hier?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie pad het opgehou. Ek bedoel, net \u0149 paar klieks verder toe is hulle oor die pad, net mense waar jy kyk, en hierdie&#8230; hierdie groepe het gewere en hulle skiet, hulle ry in taxi\u2019s, bakkies, trokke, noem dit. En hulle skiet op alles, almal, kyk nie wie of wat hulle skiet nie en daar is karre oral, probeer enige kant toe wegry.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cToe draai ons om.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn hoe kry julle ons toe weer?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het julle gesien Paardeneiland toe draai. Ons vat toe agterna en ons was nie ver agter julle toe julle daai&#8230; wat was daai? Dit het my gelyk soos \u0149 street party wat Valkenburg gegooi het. Ons sien toe, hei, dis hel baie mense. Jy kan deur dit gaan as jy een van daai karre van julle het. Maar nie met \u0149 oop Volla nie. Hulle sal ons doodmoer met bottels en klippe en Mollotofs en donner alleen weet wat nog. Toe kry ons pad deur Montagu Gardens.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar was ook mense, baie, maar hulle was looters..?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy kyk vraend op na Joachim wat hom reghelp: \u201cPlunderaars.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa. Plunderaars. Toe hulle sien ons ry en soek nie iets om te&#8230; plund?&#8230; nie&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPlunder.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c&#8230; plunder nie, toe los hulle ons.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar julle is toe weg en dit lyk nie goed in Table View af nie, toe dink ek ons vat die N7 en&#8230; dubbel terug met die kus af. En toe ons nog so ry, daar is julle. En hier is ons.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn hier is julle.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die ontstigte klein mannetjie het tydens Ylbaard se verslag al hoe vinniger in al hoe kleiner sirkels geloop tot hy naderhand amper \u0149 tiekiedraai maak. As hy verligting vir sy gelaaide emosies gesoek het, het hy dit nie in daardie kringetjie gevind nie en met \u0149 hartstogtelike swets spring hy na die Volkswagen toe en gee die groot agterband \u0149 liederlike skop. Die geweld moes hom laat \u00a0beter voel het, want hy wil nog daarvan h\u00ea. Hy gryp \u0149 moersleutel van die oop Volkswagen af en val die voertuig daarmee aan. Hou vir hou hamer hy die stomme voertuig teen die kant.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy lang kameraad probeer hom aan sy skouers vang, maar hy tol weg tot langs die voorkant van die kar en slaan vinnig drie duike in die bagasiekap.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHei!\u201d s\u00ea Ylbaard. \u201cHei!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die lang man vang die kortmannetjie met sy arms om die borskas en sleep hom agtertoe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJis pappie,\u201d s\u00ea hy. \u201cHoekom moer jy ons kar so?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNggaah!\u201d skree die kort mannetjie. \u201cNggaah!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy maak nie sin nie pel,\u201d s\u00ea die lang man.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die kleintjie haal diep asem en ontspan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn nou, Ninja?\u201d vra Ylbaard.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk moes iets moer!\u201d verergde een. \u201cDit was \u00f3f iets, \u00f3f iemand.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn hulle s\u00ea daar gebeur niks in Milnerton op \u0149 weeksaand nie,\u201d merk die lang een op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit laat Joachim lag. Hy steek sy hand na Ylbaard \u00a0uit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is Brigadier Hans-Joachim Marseilles Bekker,\u201d s\u00ea hy. \u201cJy kan my Brigadier noem.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGenuine?\u201d vra Ylbaard. \u201cRegtig? Jy \u0149 brigadier soos in die weermag en alles?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c\u0149 Brigadier ja. Nie van die ou uitgediende Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag nie. Hoof van my eie le\u00ebr.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy het \u0149 le\u00ebr? Hoe kry \u0149 mens \u0149 le\u00ebr?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy versamel een.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ylbaard sit vorentoe op die grond en \u00a0kyk rond.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWaar is hulle?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHulle is nog nie hier nie. Maar ons kan nie rondsit en vir hulle wag nie. Ons \u00a0moet voorberei.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat voorberei?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns \u00a0moet hierdie perseel beveilig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk was hoflik genoeg om myself voor te stel. Jy dink nie jy moet my voorbeeld volg nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJammer, man. Ek is&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaak nie saak nie. Jy sal altyd vir my Ylbaard bly.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cYlbaard?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim kyk na Reginald, die wag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle het \u0149 kantoor hier?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa Brigadier.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKan julle water kook?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het \u0149 gasstoof.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dink ons almal het \u0149 teetjie nodig. Wat dink jy?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKry jou manne,\u201d s\u00ea hy vir Ylbaard en kyk dan na Dermot: \u201cJy is op wag by die hek.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim, Micky, Dennis, Reginald en Tabitha stap in die rigting van die kantoor met Ylbaard net agter hulle. Die ander motorfietsers help hulle beseerde makkers versigtig uit die Volkswagen. Ek gee hand met die een wie se neus ek ingeduik het. Hy kners op sy tande en trek sy asem skerp in toe ons hom uittel. Ek gaan staan voor hom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoggie,\u201d s\u00ea ek en hou my hand uit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy is \u0149 halwe kop korter as ek en kyk my op en af, sug en vat my hand. Daar is krag in sy greep.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKip,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek beduie na sy gesig en ribbes: \u201cJammer daaroor.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy trek sy skouers op en snak onmiddellik na sy asem.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit gebeur. Die groen lig&#8230; Ek was van balans af.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy skop goed.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNie goed genoeg nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy kyk na my: \u201cJy kan jouself hanteer. MMA?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBietjie. Eintlik stoei.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk soek \u0149 herontmoeting, wanneer ek beter is.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy het dit.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy loop stadig na die kantoor en ek val langs hom in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die kantoor is klein en daar is \u0149 groot lessenaar daarin. Herr B sit daaragter, koffiebeker tee in die hand, voete op die blad. \u0149 Batterylantern staan op \u0149 ho\u00eb metaalliaseerkabinet en kaats lig van die stoomlinte uit die koppies af.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dennis, Micki en Ylbaard het plek in die kantoor gevind. Reginald staan in die deur reg voor Joachim en die res van ons staan styf agter hom in die lang, nou ontvangsportaal.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c330 eenhede?\u201d vra Joachim vir Reginald.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn 23 containers&#8230; \u00fbhm houers?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSpoorvraghouers.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cIs daar enige iets in?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk sou mos s\u00ea so in helfte.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie transport laai dit hier af, ons pak dit uit in stooreenhede. Soms bring hulle le\u00eb houers, dan laai ons dit en hulle kom haal dit.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWeet julle wat in die houers is?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c\u00c9k weet nie. Ek is sekuriteit. En ons werkers sal mos eers weet as hulle die vrag uitpak?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn die stooreenhede?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie stooreenhede, hoe?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWeet julle wat in die stooreenhede is?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis mos nie ons se besigheid nie. Dis private&#8230; privaat. Mense kom, betaal hulle deposito, pak self hulle goed in die eenheid, sluit dit met hulle eie slot. En as hulle eendag met ons klaar is, kom hulle, sluit oop, pak hulle se goed en vat pad met hulle se goed.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cReginald!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim grinnik: \u201cKyk, ek weet mos hoe dit is. Julle mense hou mos julle o\u00eb oop. Julle praat. Julle leer die gereelde gebruikers ken. Julle skinder oor hulle.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Reginald trek sy skouers op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie rede hoekom ek vra, Reginald, is as ons wil oorleef gaan ons&#8230; voorrade nodig h\u00ea.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe bedoel Brigadier nou.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy weet wat ek bedoel. Ek wil in daardie eenhede en vraghouers gaan kyk vir goed wat ons kan gebruik om te oorleef.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSoos wat se goed, nou?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWapens, om mee te begin. Vuurwapens verkieslik.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns kan mos nie nou gaan en ander mense se eenhede oopmaak en alles nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het nie \u00a0\u0149 keuse nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoachim!\u201d s\u00ea Micki onverwags. \u201cDis mos&#8230; oneties; dis nie reg nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk verstaan nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis nie ons goed nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou wie s\u0149 is dit?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSo wat jy s\u00ea, is dit is res nullius?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk hou van \u0149 mooi vrou wat so vinnig leer.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dan weer aan Reginald: \u201c Ons kort vuurwapens. As daar nie vuurwapens is nie, soek ons iets waarmee ons kan wapens vervaardig.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSoos watse goed?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEnige chemikalie\u00eb. Al is dit huishoudelik. Om die waarheid te s\u00ea, ons moet alle huishoudelike skoonmaakmiddels bymekaar maak. Ammonium, soos Handy Andy; gelatien, vloerwaks, selfs kookgoed. Jy sal verbaas wees watse skouspelagtige effek jy met doodgewone koeksoda en asyn kan kry.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn dan chloor, swembadsuur, kunsmis. Enige brandstof. Diesel. Paraffien.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVerder het ons kos nodig.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWaar sal daar nou kos wees?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dink ons sal almal nog verbaas wees om te sien wat mense hier toegesluit het. Daar m\u00f3\u00e9t blikkieskos wees. Mieliemeel. Dro\u00eb rantsoene. Selfs hoenderkos of troeteldierkos. Gebottelde water.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar dink eers wapens. Vuurwapens, chemikalie\u00eb, maar ook pikke, grawe, messe, ntjakoestokke, knuppels, skokstokke, ketties, bo\u00eb, kruisbo\u00eb, pylgewere. Hierdie is die Kaap, magtag, daar m\u00f3\u00e9t pylgewere wees. Toue, kettings, kabels, kraggereedskap.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns soek medisyne, verbande, klere. Nie een van ons het baie klere saamgebring nie en meeste het die klere wat hulle aan hulle lywe het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar weereens: Om mee te begin, soek ons wapens of iets waarmee ons wapens kan aanmekaarflans.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cYlbaard?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBrigadier?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle is \u0149 vervlakste motorfietsbende?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa brigadier. Skuus brigadier.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMotorfietsers is goeie motorwerktuigkundiges. Wie van julle is die beste?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSolly. Die een met die gat in die been. En Kip.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWatter een is Kip?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie een met die gebreekte ribbes.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLiewe Valhalla!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa?\u201d roep ek terug.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVolgende keer, maak di\u00e9 seer wat nie nuttig is nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHet jou.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou goed,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cOns het nie tyd om nou deur 330 eenhede en twee dosyn vraghouers te gaan nie. Maar ons moet \u0149 begin maak. Kom ons vat \u0149 uur en kyk wat ons bymekaar kan maak.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMy manne,\u201d s\u00ea Ylbaard, \u201cons is honger. Ons het gister laas ge\u00ebet. \u0149 Week laas behoorlik.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim frons en bedink die situasie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed. Kom ons eet dan eers. Gaan na eenheid 177 toe. Daar is bokse vol blikkieskos, sakke soja en mieliemeel.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe weet jy?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis myne,\u201d s\u00ea Joachim.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy hou \u0149 blink sleutel op.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 13: Die boerpot\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23328\"><em>Bodem boek II, 13<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 11. Die Volkswagen se enjin verstil en vier van die insittendes klim met stywe, bewerige bene af. Ylbaard, wat die kar bestuur het, gaan sit skielik by die voorwiel, so vinnig dat sy bre\u00eb sitvlak teen die teer pof. \u0149 Passasier [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-23289","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23289","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23289"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23289\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23289"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23289"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23289"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}