{"id":23270,"date":"2014-03-21T12:42:14","date_gmt":"2014-03-21T10:42:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23270"},"modified":"2019-06-03T12:41:50","modified_gmt":"2019-06-03T10:41:50","slug":"bodem-boek-ii-11-die-bres","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23270","title":{"rendered":"Bodem boek II, 11: Die bres"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" alt=\"bodemII\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 10: Die Walp\u00fcrgisnacht\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23261\">Bodem boek II, 10<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Wag verskyn aan die anderkant van die hek, behoedsaam, mik-mik soos \u0149 koedoekoei by \u0149 watergat. Hy is gewapen, nie met \u0149 vuurwapen nie, want di\u00e9 is reeds maande lank deur EPS verbied, maar met \u0149 halfmeterlang skietding met \u0149 regop drommetjie bo die loop en twee handgrepe. Dis \u0149 blertsbalroer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood,\u201d beveel Joachim, \u201cvat die haelgeweer en dek my.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek steek my regterhand oor my linkerskouer agtertoe en vat die Lupara by hom. Ek druk die lope deur die siggleuf voor my.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNie daar nie, Jood,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cStaan in die toring.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk gaan met die swaer onderhandel.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek maak seker die ratte is in neutraal, draai om en klouter oor die rugleuning van die bestuurdersitplek en teen die sitplek op wat Joachim ontruim het. Teen die tyd wat ek regop in die toring staan, is Joachim reeds besig om oor die pad na die hek aan te stryk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cStop!\u201d skree die wag en bring die blertsbalroer teen sy skouer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek volg sy voorbeeld met die Lupara en hou my duim op die hane agter die dubbellope op die geweer. \u0149 Blertsbalroer werk nie met kruit nie maar met saamgeperste lug. Deesdae laai die gebruikers dit egter met soliede glasveselballetjies of selfs staalghoens wat van dit \u0149 wapen maak wat mens nie durf minag nie. Met \u0149 vuurtempo van \u0149 paar honderd rondtes per minuut kan dit vir Joachim op so \u0149 kort afstand voos slaan. Ek is gespanne. Dennis is gespanne. Micki kan nie kyk nie. Die wag is gespanne. Net Joachim is op die oog af sonder enige benoudheid.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSpaar jou koe\u00ebls!\u201d s\u00ea hy vir die wag in Engels.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy hou sy linkerhand hoog en sy regterhand, palm na buite, voor sy borskas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBly net waar jy is!\u201d waarsku die wag weer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk wil net gesels,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cOns het \u0149 situasie hier.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c\u00d3ns het nie \u0149 situasie nie, maat,\u201d s\u00ea die wag. \u201cJ\u00fd het \u0149 situasie. Draai om, klim terug in jou tenk of wat de hel dit ook al is en gaan weg.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk kan nie weg gaan nie,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cOns het n\u00earens om heen te gaan nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGaan terug waar jy vandaan kom.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNiks daar nie,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cNet vlamme en gewere. Baie vlamme. Baie gewere.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHartseer besigheid! Nou gaan nou!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim het tydens die gesprek nie vir \u0149 oomblik stilgestaan nie en is nou oor die teerpad en beweeg oor die gruisskouer na die hek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns wil hier inkom.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa. D\u00edt gaan nie gebeur nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is van EPS.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk werk nie vir EPS nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKyk, pel, ek is net gaaf met jou en ek hoef dit nie te wees nie. Kom ek probeer weer: Ons g\u00e1\u00e1n nou hierdie perseel betree, met jou samewerking of oor jou dooie liggaam. Ek bedoel dit. Op my \u2018tenk\u2019 wat nie \u0149 tenk is nie, maar na genoeg vir die doeleindes van ons gemoedelike bespreking, is \u0149 37-millimeterkanon. My kanonnier het \u0149 moeilike nag agter die rug en hy is senuweeagtig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHy is oorgehaal, styf, soos \u0149 muisval. Jy weet daardie pennetjie wat \u0149 muisval oorgehaal hou? Syne staan al krom gebuig en dit raak net-net. Blaas net daarteen en BAM! hy gaan af. En as hy afgaan, gaan hierdie hek en jy daarmee saam verdwyn.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk waarsku jou, ek vat jou saam met my, ek waarsku jou!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee, my vriend. Jy gaan my dalk vol duike en knoppe skiet met jou Velocex 3 000, maar jy gaan my nie \u2018saamvat\u2019 nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGaan nou net! Hier is niks vir julle nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cO, maar daar is. Ek dink ons kan hierdie perseel beveilig en veiligheid, my goeie, nuwe vriend, dit is iets baie skaars, baie waardevols, die verskil tussen lewe en dood. Jou lewe, jou dood.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKyk, kom ek lig jou in. Dis verby. Die magte van duisternis het gewen. Oor \u0149 uur, twee ure van nou af, wie weet wie hier gaan opdaag. Miskien jou rasgenote in die vorm van \u0149 paar taxi\u2019s vol American Juveniles. Miskien \u0149 honderdduisend woedende, bloeddorstige Negers al die pad uit Gugulethu. Gaan jy jouself verdedig met \u0149 tenkie vol saamgeperste gas en \u0149 paar blertsballe? Jy weet hoe d\u00edt gaan uitwerk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het \u0149 pantserkar met \u0149 kanon en \u0149 masjiengeweer en \u0149 halfton ammunisie. Ek het ook \u0149 radio en as ek vir my makkers in h\u00falle pantserkarre roep, is daar binne \u0149 uur nog ses van hulle hier.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis eenvoudig, vriend, wil jy leef en as jy nie wil leef nie, hoe wil jy gaan? In \u0149 rookwolk wanneer my kanonnier jou met sy 37 mil skiet of in stukke as die minsame burgers van Gugulethu hier opdaag?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKies my vriend, maar kies net vinnig. Ons moet ingrawe.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die wag huiwer, bly roerloos vir \u0149 oomblik, laat sak die blertsbalroer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk kan nie die hek oopsluit nie,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom aan! Ja, jy kan, jy weet jy kan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKyk, ek weet jy doen jou werk en ek waardeer jou integriteit en jou werkgewer maak op jou staat, maar jy moet weet dat alles verander het. Die w\u00eareld het verander, van gister af tot nou&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis nie d\u00edt nie,\u201d s\u00ea die wag. \u201cEk het nie die sleutel nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe bedoel jy jy het nie die sleutel nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het nie die sleutel nie!\u201d s\u00ea hy met groot nadruk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy bedoel&#8230; hulle het jou hier toegesluit?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die wag, ooglopend diep ongelukkig, knik sy kop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn hoeveel van julle is hier?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVier: Drie mans en \u0149 vrou.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe lank is julle al hier toegesluit?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis nou amper \u0149 week.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPel, ou maat, vriend, hulle het julle verlaat. Jou base is lankal nie meer in die omgewing nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBliksems!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar ek het nog steeds nie die sleutel nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim skyn met sy flits op die hekslot. Dit is \u0149 ingeboude slot; nie iets wat mens met \u0149 skroewedraaier gaan breek nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe nou gemaak?\u201d vra die wag. \u201cHoe gaan julle die hek oopkry?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNie \u0149 probleem nie! Nie \u0149 \u00a0haakplek in die minste nie. Ek het \u0149 slotsmid gebring.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy het?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood!\u201d skree Joachim, maar ek het reeds die toring verlaat en is besig om myself agter die stuurwiel in te wikkel.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim draai na die wag toe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy beter eenkant toe staan.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa. Vir wat?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSodat die hek nie op jou val nie. Dit lyk swaar.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek jaag die toere op en laat skiet die koppelaar. Die Merk Vier kom doelgerig maar nie juis blitsig nie uit die blokke en rammel vorentoe. Deur my loergleuf word die hek vinnig groter en hoe groter dit word, hoe dikker kom die staal voor. Hierdie is een robuuste staalhek!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHou vas!\u201d gil ek vir Micki en Dennis, buig my arms effens en span hulle so styf as wat ek kan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Merk Vier! Ek het die dikveltante en haar aansienlike massa gruwelik onderskat. Ons tref die dubbelhekke presies waar hulle bymekaar kom en dit is met \u0149 gruwelike lawaai. Dis asof die pantserkar hik, maar dit beur gewillig steeds vorentoe. Staal buig soos warm teerstringe en beton verkrummel wanneer die boute losbreek. Vir \u0149 oomblik hang die gebuigde hek oor die voorkant van die rooi Merk Vier, dan steek \u0149 deel vas en die pantserkar se wiel rol oor dit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons is in! Ek pomp die versneller twee, drie keer vinnig en die enjin snou gemoedelik.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNogmaals deur die bres, liewe vriende!\u201d jubel Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons is in \u0149 reghoekige parkeerterrein en voor ons is drie, lae siersteengeboue \u2013 \u0149 administrasiegebou, \u0149 stoorkamer en \u0149 klein werkswinkel. Die ligte van die Merk Vier is op die kantoorvoordeur wat oopvlieg en daaruit kom nog \u0149 wag gestorm, sonder hemp en met broek wat los gaap. Agter hom kom \u0149 verskrikte vrou wat ook h\u00e1\u00e1r uniform probeer regtrek. Die man steek vas en lig die blertsbalroer wat hy by hom het. Dis toe wat Dennis, goeie ou Dennis, die kanon laat knal. Dit is \u0149 plat klapgeluid, skerp en hard, en vir bykomende effek steek \u0149 skerp assegaaivormige vlam voor by die loop uit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die wag laat val sy wapen en stoot sy hande in die lug soos \u0149 krieketskeidsregter wat \u0149 ses beduie. Agter hom sink die vroulike wag op haar knie\u00eb neer en vou haar arms oor haar skedel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cIs julle mal?\u201d skree die eerste wag terwyl hy armswaaiend van die betonmuur af aangestap kom. \u201cIs daar iets in julle koppe wat raas? Wat gaan jy doen? Neongroen kolle op \u0149 tenk skiet?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHierdie mense is hier om te help!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cO,\u201d s\u00ea die tweede wag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSit neer jou arms! Jy\u2019s nie in \u0149 oorlog nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa,\u201d stem Joachim saam. \u201cSit neer jou arms. Netnou bly hulle so staan.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy stap nader en die wagte sluit by hom voor die Merk Vier aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is Hans-Joachim Marseilles Bekker,\u201d s\u00ea hy en steek sy hand uit. \u201cBrigadier Hans-Joachim Marseilles Bekker.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die lyk nie of hulle weet of hulle op aandag moet staan en of hulle moet salueer nie, en eers die een en dan die ander steek hulle hande eerbiedig uit en skud die \u201cbrigadier\u201d se hand.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek sit en bekyk die gebeurtenis deur my loergleuf. Ek het Joachim leer ken as iemand wat nie veel gesag afdwing nie. Mense het maklik agter sy rug vir hom gegrinnik. Sy reputasie was van iemand met min ambisie en minder drif en nog minder vasberadenheid. Hy het van een swakbetalende werk na \u0149 ander gedwaal tot hy uiteindelik deur \u0149 vriend aangestel is om \u0149 tweedehandse boekwinkel op te pas. Daar het hy weinig meer gedoen as om agter die toonbank te sit, te lees en met interessante klante of mooi vrouens te klets. Die winkel se toestand en boekhouding het so versleg dat die goeie vriend vir Joachim uiteindelik moes vra om \u0149 loopbaanaanpassing te maak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">D\u00e1\u00e1rdie Joachim Bekker staan nou in die ligkolle van \u0149 pantserkar wat hy amper uit die lug uit getoor het, nog steeds in sy aandpak, met \u0149 outentieke spieswond in sy skouer en daar is \u00a0nou ses mense wat heeltemal seker is dat hy weet wat hy doen omdat h\u00fd so ooglopend oortuig is daarvan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy draai na die Merk Vier toe en wuif vir my:<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood!\u201d roep hy. \u201cJood, kom hier.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek skakel die Merk Vier af en die enjin proes, hik en word stil. Dis die skielike stilte wat my laat besef hoe lawaaierig die enjin was. Die vensterplaat aan my regterkant vou weg as ek daarteen druk en ek haak my hande om die bokant van die vierkantige ruimte en wurm myself aan die \u00a0kant van die \u00a0kar uit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood,\u201d s\u00ea Joachim toe ek na hulle toe stap. \u201cOntmoet vir Dermot, Reginald en die jong amasone is Tabitha.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle, ontmoet vir Joggie Leibrandt.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons skud hande en maak die regte sosiale geluide. Etiket verdamp nie eensklaps uit \u0149 mens se sisteem tydens \u0149 katastrofe nie en duik met die geringste geleentheid op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy het ges\u00ea daar is vier van julle?\u201d vra Joachim vir Reginald, die wag wat by die hek was. \u201cEk tel net drie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar is mos nog Boet ook,\u201d s\u00ea Reginald en Afrikaans is nou duidelik die taal van die geleentheid. \u201cVan die Kraaifontein af, maar hy is nou, kan jy s\u00ea, onder die prop en hy slaap homself in \u0149 babie in in die tool-kamer.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk sien,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cMenere, ons het min tyd, so as julle vir my \u0149 toer van die fasiliteit sal gee?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die wagte brom instemmend.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle besigheid, as ek reg is, is beveiligde stoorruimte?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cCitadel Safe Storage het driehonderd-en-dertig toesluitbare stoorruimtes wat wissel van drie-by-twee-meter sluitkamers tot vier-by-agt-meter eenhede,\u201d resiteer Reginald.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die ander gaap hom vir \u0149 oomblik aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy moet regtig \u0149 hobby kry,\u201d s\u00ea Tabitha.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMa\u2019 ek het mos een,\u201d s\u00ea Reginald.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOm brochures te lees, is nie \u0149 hobby nie,\u201d s\u00ea Dermot. \u201cEn om dit te memorize? Nee man!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn Tabitha is jou hobby!\u201d verweer Reginald homself. \u201cAt least kan ek nie die brochures pregnant kry \u00a0nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVriende!\u201d val Joachim hulle vinnig in die rede. \u201cAs ons na die fasiliteit \u00a0kan gaan kyk?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dermot begin iets s\u00ea, hou sy mond, draai sy kop effens en luister.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die nag word \u0149 enjingeluid hoorbaar en dit groei in volume, \u0149 hees breiklank van horisontaalopponerende silinders. Ons kan deur die gaping waar die hek was, sien hoe hoofligte op die teerpad aanskuif. Die motor jaag grommend by die perseel verby en dan is daar die fluitgeraas van bande wat vasgerem word oor \u0149 teerpadoppervlakte. Die enjingeraas groei weer en sekondes later seil die motor agteruit by die motorhek verby. Dit rem weer skerp en spring nogmaals vorentoe en draai by die werf in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit is \u0149 daklose Volkswagen Kewer vol getatoe\u00eberde motorfietsers.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens\u00a0<a title=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23289\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23289\"><em>Bodem boek II, 12<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 10. \u0149 Wag verskyn aan die anderkant van die hek, behoedsaam, mik-mik soos \u0149 koedoekoei by \u0149 watergat. Hy is gewapen, nie met \u0149 vuurwapen nie, want di\u00e9 is reeds maande lank deur EPS verbied, maar met \u0149 halfmeterlang skietding met &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23270\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 11: Die bres&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-23270","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23270","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23270"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23270\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46521,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23270\/revisions\/46521"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23270"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23270"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23270"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}