{"id":23261,"date":"2014-03-20T10:37:41","date_gmt":"2014-03-20T08:37:41","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23261"},"modified":"2014-03-21T12:36:58","modified_gmt":"2014-03-21T10:36:58","slug":"bodem-boek-ii-10-die-walpurgisnacht","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23261","title":{"rendered":"Bodem boek II, 10: Die Walp\u00fcrgisnacht"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 9: Die uittog\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23181\">Bodem boek II, 9<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tarara-RAM!&#8212;tarara-RAM!&#8212;-tarara-RA!-ra-ra-RAMM!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tarara-RAM!&#8212;tarara-RAM!&#8212;-tarara-RA!-ra-ra-RAMM!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die tema van La Forza del Destino se ouverture wat Joachim neurie, weergalm in my binnekant.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tarara-RAM!&#8212;tarara-RAM!&#8212;-tarara-RA!-ra-ra-RAMM!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Merk Vier skommel, rammel en klingel soos \u0149 slagorkes op wiele met die enjingedreun \u0149 ruwe baslaag van oopkeelklanke. My regtervoet pers die versnellerpedaal ondertoe en ons gaan teen terminale spoed met ou Adderleystraat af. Die kar se topsnelheid word as 50 myl per uur aangegee, \u0149 bedeesde 80 kilometer per uur, maar op die oomblik voel dit of ons 180 op \u0149 oorlaaide winkeltrollie doen. Ek sou verkies het om stadiger te ry, maar Joachim het met al die hovaardigheid van \u0149 baron aan \u0149 koetsier vir my beveel om \u201cvinniger, vinniger en nogmaals vinniger\u201d te gaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHou op ou omie op pad na Morris Minor-konvensie dink, my seun! Dink Lauda en N\u00fcrburgring, dink&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Op welke oomblik Dennis vir hom iets s\u00ea wat ek nie kan hoor nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMy kanonnier het my daarop gewys dat Nicki Lauda in \u0149 verwoestende botsing op die N\u00fcrburgring se Nordschleife was in 1976 en grusaam verbrand het. Verban die gedagte, Seun, verban dit! Dink positief! Dink oorwinning! Dink Senna en Spa, dink Fangio en Monte Carlo, dink Stirling Moss en Silverstone! Dink Schumacher maar moenie Schumacher en Alpe dink nie!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHie-HAAA!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTarara-RAM!&#8212;tarara-RAM!&#8212;-tarara-RA!-ra-ra-RAMM!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Teen 80 kilometer per uur is die Merk Vier nie meer \u0149 handvol nie; dis \u0149 bondel raaisels wat die ko\u00f6rdinasie van \u0149 helikoptervlie\u00ebnier en die onbesonnenheid van \u0149 basisspringer vereis net om in die algemene koers van vorentoe te gaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tarara-RAM!&#8212;tarara-RAM!&#8212;-tarara-RA!-ra-ra-RAMM!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim se entoesiasme het my oorrompel. As dit my pakkie met linte om van die Noodlot is om met die Merk Vier in die baai te land, laat dit so wees! Ek doen dit met Verdi op die lippe!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tarara-RAM!&#8212;tarara-RAM!&#8212;-tarara-RA!-ra-ra-RAMM!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is \u0149 surre\u00eble oomblik asof ek myself skielik in \u0149 rolprent bevind, in \u0149 geykte uittreksel waar die protagonis \u0149 deuntjie fluit en die klankbaanorkes in volle monochromatiese glorie by hom inval. Ek kon sweer ek hoor \u0149 groot orkes uit volle instrumentale bors en dan besef ek, nog meer geskok, dat dit \u0149 orkes, \u0149 regte, egte orkes is wat ek hoor.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die spesiale effekte wat Joachim se rolprentbedryfkontakte aan die Merk Vier aangebring het, is duidelik nie tot die loskruitknalle van kanon en masjiengeweer beperk nie. Eers later sou ek die geleentheid h\u00ea om die groot luidsprekers wat in die toring ingebou is en klank projekteer na buite deur ronde patrone gate wat in die staal geboor is. Dit het die prim\u00eare funksie van \u0149 openbare aankondigingstelsel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dat dit ook opvoedkundige waarde het, d\u00edt is Joachim se idee.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tarara-RAM!&#8212;tarara-RAM!&#8212;-tarara-RA!-ra-ra-RAMM!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Georg Solti op volle vaart teen genoeg desibels om \u0149 straalvegterenjin uit te doof.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Waggel, skommel, skud, ratel en raas. Om die Merk Vier in \u0149 reguit lyn te hou, is soos om \u0149 trop katte aan te jaag. Dit is nie dat die voertuig nie in dieselfde sin as \u201ca\u00ebrodinamies\u201d genoem kan word nie \u2013 dit hoort nie in dieselfde hoofstuk nie. Dit kloof nie die lug nie, dit kneus dit. Veral as Joachim sonder waarskuwing die toring draai, iets wat hy sporadies en met groot uitbundigheid doen.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEnnnn&#8230; ons gooi hom oor die boeg aan die windafkant!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Merk Vier wissel twee bane na die bakboordkant voor ek die nodige korreksie met die stuurwiel kan maak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAhoi! SAS Volkswagen!\u201d bulder Joachim in \u0149 mikrofoon en die groot luidsprekers kaats die klank oor die Volla agter ons.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns nader \u0149 padblokkade!\u201d eggo Joachim se stem. \u201cMoontlik gaan hulle nie tevrede wees as ons daardeur gaan nie. Dit kan wees as hulle op ons skiet. Moenie oor ons bekommerd wees nie. Ons vel is dik. Julle vel is dun. Daarom, met die eerste geleentheid anderkant die padblokkade, versnel en steek ons verby en hou julle spoed s\u00f3 dat ons kan byhou. Vrees nie, liewe maatjies, vir julle sal ons \u0149 skans wees!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die kar waggel weer wanneer hy die toring terugdraai, maar ek het dit di\u00e9 keer verwag en kompenseer netjies daarvoor. Het Micki die knap stukkie pantserkarloodsing gesnap en skat sy dit behoorlik na waarde?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tarara-RAM!&#8212;tarara-RAM!&#8212;-tarara-RA!-ra-ra-RAMM!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons dawerjaag tussen ho\u00eb geboue wat soos kranse op ons neerfrons deur, in die duister kol aan die einde van die dubbelpad, steier regs en dan skommelhink ons na links op die ou N1, maar nie ver nie. Voor ons is \u0149 volgroeide milit\u00eare wagpos met sandsakke, doringdraad, \u00a0skelwit ligte op ho\u00eb pale, \u0149 knewelrige kragopwekker op \u0149 sleepwa en agter dit alles \u0149 paar voertuie in lukrake rangskikking en nege tente drie-by-drie opgeslaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Siviele voertuie staan snoet-teen-stert in die regterbaan, rygoed van uitgewekenes, opgestapel met bagasie. Ek het \u0149 indruk so blywend dis asof dit op sellulo\u00efed in my skedel ontwikkel is van \u0149 peperduur, eksklusiewe 850 BMW afslaandakkoepee met \u0149 matras op die dak met dun skitou wat om dit en by die vensters in en om vasgespan is en bo-op dit is tasse, sakke, komberse en selfs \u0149 yskas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Mense staan rond buite die voertuie, geagiteer en senuweeagtig, opvlie\u00ebnd en desperaat. Troepe op patrollie hou die linkerbaan skoon, ontruim vir die gebruik van EPS se rooi voertuie&#8230; en \u0149 1943 South African Reconaissance Vehicle Mark IV met \u0149 fopkanon voor en \u0149 fopbrigadier in die toring en \u0149 stoeier agter die wiel. En, reg agter dit, \u0149 gestroopte Volkswagen-kewer vol ietwat gebruikte motorfietsers.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tarara-RAM!&#8212;tarara-RAM!&#8212;-tarara-RRR..!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die ouverture stop kortaf en word vervang met&#8230; \u0149 soettanniestem wat sing hoe baie sy hou van re\u00ebndruppels op rose en snorbaarde op katte en helder koperketels en warm wolmoffiehandskoene. (Goed, ek het dit voorheen al iewers gehoor en weet nou dat dit Maria se slamppamperliedjie uit \u201cThe Sound of Music\u201d is.)<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Of Joachim se radio-oproep gewerk het, is nie seker nie; die valpaalhek het nie oopgegaan nie, maar niemand het op ons geskiet nie. Die troepe by die hek gaap ons aan en een begin dit lig totdat iemand op hom skree en hy dit senuweeagtig laat val. Miskien as ons stilhou, kan Joachim ons weg deur bluf en onderhandel, maar dan staan ons en ons is in hulle mag, en een van die Maarskalk se beginsels is om nooit staat te maak op die inskiklikheid van jou opponent nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSchumacherrrrr!\u201d juig Joachim in die toring en hy skop my met sy blink re\u00ebnmodderbespatte skoene teen die agterkop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nou ja, dit is s\u00fd kar. Ek is redelik seker dat die paal ons in ons spore gaan stop. En dit sou, as ons iets so tengerig soos \u0149 Ford-bakkie met \u0149 stampstellasie vooraan bestuur het. Maar \u0149 Ford weeg nie 6,4 ton sonder \u0149 fopbrigadier in die toring nie en \u0149 Ford se bakwerk is nie gemaak van 12-mm pantserstaal nie. Ons buig daardie rooi-en-wit paal soos ek vroe\u00ebr die aand \u0149 aluminiumspies om \u0149 rampokker se nek gebuig het en ons is deur, dwarsdeur, dawerend begelei deur die tannie wat sing van roomkleurige ponies en bros appelterte.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sekuriteitswagte spaander weg voor die slingerstormende Merk Vier. Een arme dapper drommel steek wel botweg in ons pad vas en in \u0149 onbesonne filantropiese oomblik besluit ek om hom nie in die teeroppervlakte in te smeer nie. Ek hang aan die stuurwiel na reg en die Merk Vier hel oor na stuurboord en ek moet sagkens stoei om dit weer op kiel te kry want die stuurwiel het genoeg speling om \u0149 drywer se insette vir \u0149 volle kwartrotasie irrelevant te maak. Die blok tente duik voor ons op en ek het net nie genoeg selfvertroue om weer woes aan die stuurwiel te trek nie en ons is deur een!, twee!, drie! tente en bokspringend oor wat \u2013 of wie \u2013 ook al daarin was.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het dit geweet! Ek het dit geweet!\u201d jubel Joachim. \u201cNiemand skiet op \u0149 oudtydse kar en Julie Andrews nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Wel, nie onmiddellik nie. Nie totdat hulle tot verhaal gekom het nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Volkswagen kom vol wippende gereedskap en wapperende motorfietse by ons verby, en dit teen bekwame spoed. Net daarna tref \u0149 swerm klein maar baie harde en baie vinnige voorwerpe die agterkant van die Merk Vier.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim en Dennis stort van hulle staande posisies in die toring af tot op hulle sitplekke in die Merk Vier.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHulle skiet op ons!\u201d skater Joachim. \u201cHulle skiet op ons!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek persoonlik vang nie die grap nie, Micki gee staccato gilletjies en Dennis maak verbysterde \u201chmmfff!\u201d-\u201chmmfff!\u201d-geluide.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Voor ons trek die Volkswagen se rooi remligte klein in die verte.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Oomblik later is Joachim weer in die toring.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWaar gaan hulle heen?\u201d vra hy. \u201cEk het ges\u00ea hulle moet teenaan ons bly.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit kom daarvan as jy nie \u0149 motorfietser se geswore eed op skrif kry nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">En die tannie sing van meisies in wit rokkies met blou satynserpies en nog ander goed waaraan sy dink wanneer die hond haar byt of die by haar steek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">By die Paardeneiland-afrit hel ons oor na links en vind ons steierende pad na Milnerton-weg waar \u0149 waansinnige toneel op ons wag. Van Rugby en Berea af, is daar \u0149 straatpartytjie voor die ou verslete vis-en-gatsbywinkels, drankstore, pandjieswinkels, dobbelkafees en sekswinkels; \u0149 uitspattige, rondmalende roesemoes van dronk, guitige mense in \u0149 frenetiese laaste dans om konkas hoogbrandende vure en motorwrakke. Groepies drink en strompel koersloos, paartjies bots hulle lywe teen mekaar, bendes mans en vrouens, wit en kleurling, dans spasties los van mekaar en kweperlatkannetjies sit en snuif gom en rook boom op die sypaadjies terwyl manne, opgestoom met adrenalien en testosteroon woes en onakkuraat na mekaar slaan met vuis en steek met gebreekte bottels en hier en daar l\u00ea liggame, dronk of dood soms teenaan paartjies wat kopuleer, freneties en onbeskroomd.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hier het die remme van beskawing losgespring en daar is \u0149 vleeslike, vervallende losbandigheid in die atmosfeer; rotte wat mekaar baklei en vry voor die skip sink; \u0149 gemeenskaplike offerfees aan Mefistofeles, \u0149 Walp\u00fcrgisnacht vir mense wat hand met die duiwel geskud het op die laaste dag van hulle aarde.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons is vir hulle vars vlees, ongenooi en net welkom om verteer te word. Daar is nie aanduiding dat hulle voor ons gaan wyk nie; bolippe trek van tande weg, vuiste skud in die hoofligte van die Merk Vier en gooi bottels na ons.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die tannie hou op sing van deurklokkies en sleeklingels en ganse met die maan op hulle vlerke. Haar paaiende stem word vervang deur \u0149 skreiende alarm en na \u0149 paar gille daarvan deur orkesakkoorde wat heen-en-weer, op-en-afsaag in \u0149 bloedstollende melodie wat bekend is aan alle oorlogfliekkenners: Die helikoptertema uit Coppola se \u201cApocalypse Now.\u201d Rit van die W\u00e4lkure. Wagner!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk lief die reuk van napalm in die oggend!\u201d skree Joachim wat nou weer by die toring uitstaan oor die luidspreker.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy skop my teen die agterkop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTrap Jood! Stormspoed vooorenTOE!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek kners op my tande, trek my o\u00eb op skrefies en greep die stuurwiel witkneukelend vas. Die versnellerpedaal word deur my regtervoet geb\u00eare en die Merk Vier ploeg vorentoe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNogmaals in die bres, liewe vriende!\u201d hef Joachim uitgelate, dramaties. \u201cNogmaals!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOf stop die muur toe met ons Boeredood!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWant as die knal van oorlog in ons ore blaas!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaak dan soos die tier!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVerstyf die sening, roep op die bloed!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVermom innemendheid met hardgebakte briesendheid!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWant hy wat sy bloed stort met my hierdie nag!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cIs my broer!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVan hierdie dag tot die voleinding van die w\u00eareld!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSal ons onthou word,<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns weiniges, ons gelukkige paar!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns bende broers!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Waar hy daaraan kom, weet ek nie, maar hy hou dit vol en nou bars magtige knalle uit die kanon en masjiengeweer los, di\u00e9 keer met donderende volume want dit is oor die klankversterker verhewig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hulle val nou voor ons weg, woedend en wraaklustig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek tref \u0149 vuurkonka en die vonke spat skroeiend deur die naglug. Kooltjies trek by my oop uitsiggleuf in en ek swets wanneer hulle my in die gesig steek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dis asof ons in \u0149 kranksinnige reguit doolhof is en die straatblokke net nooit ophou nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cO\u00eb links!\u201d skree Joachim. \u201cSaluut! Salueer!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons gaan by die Merk Vier se voormalige tuiste van vyftig jaar verby: Die MOTH-klub, waar \u0149 ou twintigponder en \u0149 lugafweerkanon nog waghou.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar die liggame, die liggame, die liggame&#8230; die dansende, fornikerende, onstuimige, benewelde, selfmoordgierige liggame voor en links en regs en agter ons. Ek tref nie baie nie, maar ek ry \u00a0nie almal mis nie. Moedeloosheid word matige paniek in my. \u0149 Vrees groei soos mosslierte aan my binnekant dat hulle net naderhand nie meer gaan padgee nie en die weerstand gaan net opbou en fermer word totdat die huid en borsbeen en ingewande so dig gaan word dat die kar langsamer sal vorder, al hoe meer traag, stadig, totdat dit hulpeloos gaan vasval teen walle van wandelende lyke en dan gaan hulle teen die wande van die Merk Vier opsypel en in en hulle gaan ons beetkry en verdeel, in stukke; pluk, skeur, hap, trek&#8230;<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">En dan word die wegvallende see van mense yler na die buiterimpels van die gefuif toe en leeftye later breek ons deur na waar mense verdwaas in skraal groepies drentel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons pyl noord, uiteindelik oor Table View-weg in die rigting van die renbaan en dan daar verby met die nywerheidspark aan ons regterkant.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dan is die musiek stil en die \u00a0kunsknalle van die kanon en masjiengeweer hou op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dis skokkend stil al suis die wind deur die uitkykpoort en om die wa en al dreun die V8-enjin.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">My asem word minder diep en meer egalig. Ek kom agter dat ek op my tande kners en dwing myself om my onderste kake te laat ontspan. Agter my hoor ek vir Micki saggies huil.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Wanneer Joachim praat, is selfs hy bedees.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood!\u201d s\u00ea hy. \u201cStop!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek trap die rem en die koppelaar in en werk die ratte af en knars elkeen van hulle selfs al konsentreer ek op die dubbelontkoppeling met die linkerste pedaal.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Merk Vier kom tot roerloosheid. Die enjin luier.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cStoot terug,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek vind trurat en die pad voor my word ver.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDraai regs,\u201d s\u00ea hy. \u201cRegs, regs, regs, rehhhgs&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die stertkant van die Merk Vier stoot dwarsoor die pad.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cStop!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die hoofligte van die pantserkar val op \u0149 groot terrein met ho\u00eb gietbetonmure. Reg voor ons is \u0149 dubbelhek van swaar staal en agter dit is \u0149 kantoorgebou. Bo dit is \u0149 ontsaglike groot boogvormige naambord.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek lees daarop: \u201cCitadel Safe Storage,\u201d en weet ons het opgedaag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 11: Die bres\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23270\"><em>Bodem boek II, 11<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 9. Tarara-RAM!&#8212;tarara-RAM!&#8212;-tarara-RA!-ra-ra-RAMM! Tarara-RAM!&#8212;tarara-RAM!&#8212;-tarara-RA!-ra-ra-RAMM! Die tema van La Forza del Destino se ouverture wat Joachim neurie, weergalm in my binnekant. Tarara-RAM!&#8212;tarara-RAM!&#8212;-tarara-RA!-ra-ra-RAMM! Die Merk Vier skommel, rammel en klingel soos \u0149 slagorkes op wiele met die enjingedreun \u0149 ruwe baslaag van oopkeelklanke. My &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23261\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 10: Die Walp\u00fcrgisnacht&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-23261","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23261","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23261"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23261\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23261"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23261"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23261"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}