{"id":23223,"date":"2014-03-19T08:42:35","date_gmt":"2014-03-19T06:42:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23223"},"modified":"2014-03-19T08:42:35","modified_gmt":"2014-03-19T06:42:35","slug":"krimvolkstaat-onwettig-maar-legitiem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23223","title":{"rendered":"Krimvolkstaat: onwettig maar legitiem&#8230;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/02\/wingard_johann.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-7517\" alt=\"wingard_johann\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/02\/wingard_johann.jpg\" width=\"110\" height=\"138\" \/><\/a>deur Johann Wingard<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie week het ons weer gesien hoe die internasionale reg of volkereg deur lande geplooi word om hul eie geopolitieke belange te dien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het ook waargeneem hoe vinnig Oos-Europa se grense verander het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Krimvolkstaat het sonder slag of stoot tot stand gekom toe Wladimir Poetin gister die ooreenkoms onderteken het wat die totstandkoming van die Krimvolkstaat as outonome Republiek erken het. Die Krimvolkstaat is nou deel van die Russiese Federasie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Krimskiereiland was eers deel van Rusland, maar is tydens die totstandkoming van Oekra\u00efne in 1954 deur Nikita Kroestjof as deel van die Oekra\u00efne ingelyf. Die nuwe staat was mos deel van die Sowjetunie. Maar met die verbrokkeling van die Sowjetunie het die skiereiland deel van die Oekra\u00efne gebly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir meer as 200 jaar was die Krimskiereiland Rusland se Swartsee-vlootbasis en meer as 80% van die inwoners is steeds etniese Russe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die hulp en aanmoediging vanaf die Weste het nasionalistiese Oekra\u00efners die mag in Ki\u00ebf met \u201cterreur en bloedvergieting\u201d op ondemokratiese en onwettige wyse oorgeneem. Hulle het dit kwansuis as \u2018n rewolusie bestempel om van \u2018n korrupte regering ontslae te raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die propagandaveldtog van die Weste wat daarop gevolg het, beklemtoon dat die nuwe tussentydse regering die legitieme verteenwoordigers van die mense van die Oekra\u00efne is en dat die nuwe selfaangestelde regeerders volgens die internasionale reg erken word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Konstitusie (2010) van die Oekra\u00efne lees egter soos volg:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cArticle 37<br \/>\nThe establishment and activity of political parties and public associations are prohibited if their program goals or actions are aimed at the liquidation of the independence of Ukraine, the change of the constitutional order by violent means, the violation of the sovereignty and territorial indivisibility of the State, the undermining of its security, the unlawful seizure of state power, the propaganda of war and of violence, the incitement of inter-ethnic, racial, or religious enmity, and the encroachment on human rights and freedoms and the health of the population.\u201d<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar volgens die 2010-grondwet, asook vorige weergawes daarvan, moet die demokraties verkose President en minstens 45 parlementslede die grondwetlikheid van enige stap, wat die status van die Republiek mag aantas, goedkeur.<\/p>\n<figure id=\"attachment_23143\" aria-describedby=\"caption-attachment-23143\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/krim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-23143 \" alt=\"Die Krim\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/krim-300x117.jpg\" width=\"300\" height=\"117\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/krim-300x117.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/krim-148x58.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/krim-31x12.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/krim-38x15.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/krim-425x166.jpg 425w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/krim.jpg 448w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-23143\" class=\"wp-caption-text\">Die Krim<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">W. Janoekowitsj was die laaste verkose President en is dus volgens die grondwet die enigste wettige staatshoof wat mag optree t.o.v. die Krimvolkstaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar nou paradeer die nuwe selfaangestelde regeerders as legitiem en die Weste val oormekaar om hulle as sodanig te erken en maak selfs beloftes van groot geld aan hierdie regime.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is presies hier waar die siniese en dubbelslagtige ploo\u00efng van die internasionale regspraak voorkom:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens hul optrede blyk dit dat dit heeltemal wettig sou wees om met geweld en bloedvergieting die regering van die dag omver te werp en bonop strydig met hul eie land se grondwet op te tree deur te verklaar dat die Oekra\u00efense taal die amptelike voertaal sal wees en dat Russies voortaan \u2018n ondergeskikte status sal geniet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die Westerse regerings se optrede is die oorname van die mag deur geweld derhalwe nie strydig met die volkereg nie. Die politieke rede is egter dat hulle die Oekra\u00efne as \u2018n NAVO-bondgenoot wil sien en dat die Krimskiereiland na die Weste sal oorgaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar o wee, wanneer die ganse bevolking van die Krimskierreiland, op \u2018n bloedlose en vreedsame rewolusie sy selfbeskikking opeis, soos Kosovo \u2018n paar jaar gelede, en wat deur die Weste bewerkstellig is, dan is dit onwettig en strydig met die land se grondwet en wil hulle dit nie erken nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gelukkig is Poetin sterk genoeg om hom nie aan hierdie klug te steur nie. Tydens die ondertekening van die verdrae gister het hy verklaar: \u201cEk kan net nie vat kry aan die gedagte dat wanneer ek ons vlootbasis gaan besoek, ek deur NAVO-vlootsoldate verwelkom gaan word nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar nou is die Krimvolkstaat, volgens Russiese wetgewing, \u2018n deelstaat van die Russiese Federasie. Obama en sy handlangers sal maar daaraan gewoond moet raak, want daar is niks wat hulle kan doen om die situasie weer om te keer nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Johann Wingard Hierdie week het ons weer gesien hoe die internasionale reg of volkereg deur lande geplooi word om hul eie geopolitieke belange te dien. Ons het ook waargeneem hoe vinnig Oos-Europa se grense verander het. Die Krimvolkstaat het sonder slag of stoot tot stand gekom toe Wladimir Poetin gister die ooreenkoms onderteken het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":23143,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121,10],"tags":[16007,16205,16037,12916,8653,2224],"class_list":["post-23223","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c113-johann-wingard","category-rubrieke","tag-die-krim","tag-krimvolkstaat","tag-oekraine","tag-rewolusie","tag-volkereg","tag-volkstaat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23223","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23223"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23223\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/23143"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23223"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23223"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23223"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}