{"id":23181,"date":"2014-03-18T17:48:58","date_gmt":"2014-03-18T15:48:58","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23181"},"modified":"2014-03-20T10:34:54","modified_gmt":"2014-03-20T08:34:54","slug":"bodem-boek-ii-9-die-uittog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23181","title":{"rendered":"Bodem boek II, 9: Die uittog"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 8: Die kar\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23175\">Bodem boek II, 8<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Suid-Afrikaanse Verkenningsvoertuig Merk IV het met onderskeiding in Noord-Afrika gedien waar dit hoofsaaklik deur Suid-Afrikaanse plaasseuns aangewend is, en hierdie willewragtags het geweet hoe om die meeste uit die eienaardige regop kar te haal. \u00a0Geen duin was te hoog of sand te diep of oppervlakte te gebroke vir hulle nie. Later, in Sisili\u00eb en Itali\u00eb, is die voertuig in logge kolomme gekniehalter en het dit \u0149 onverdiende swak reputasie gekry. Na die oorlog is dit in \u0149 verbasende groot verskeidenheid lande se weermagte opgeneem. Die Rhodesiese weermag het hulle s\u0149 in 1972 laat aftree terwyl die Sipriese Nasionale Wag dit so laat soos 1974 teen die Turke ingespan het. Glubb Pasha se Arabiese Legioen is daarmee in Transjordani\u00eb toegerus.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In hierdie karre is \u0149 reeks tale gehoor, van Afrikaans en Engels tot Italiaans en Japannees. Tog dink ek daar was nooit \u0149 meer onvanpaste bemanning vir \u0149 Merk Vier as \u0149 nomadiese stoei-afrigter, \u0149 popmooimeisietjie, \u0149 mislukte akteur en \u0149 maer man met \u0149 aluminiumtas vol radio\u2019s nie. Die bestuurder \u2013 in weermag-Afrikaans altyd \u0149 \u201cdrywer\u201d- het gou \u0149 paar dinge agtergekom: Die ratkas het nie sinchroniese ratte nie, die koppelaar is verbasend sag om in te trap en jy het arms soos Popeye na \u0149 blikkie spinasie nodig om die stuurwiel te draai wanneer die voertuig stadig beweeg.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Al hierdie dinge het ek geleer binne die eerste ses meter van die eerste been van ons eerste rit met die Merk Vier. Ses meter, want dit is hoe ver ons gery het. Ek het die voertuig vorentoe laat rol tot ek redelik seker was die lyf se volle 5,51 meter was uit die motorhuis, toe hang ek behoorlik aan die stuurwiel na links. Skaars het ek die wending gemaak of Joachim s\u00ea ek moet stop. Hy wen die een slingerwiel bo my teenkloksgewys en die toring swaai links.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy staan regop in die toring en met \u0149 ietwat pynlike gesukkel hys homself uit die voertuig, gaan sit op die romp en skuif af tot sy voete grond voor die motorfietsers se stoorplek vat. Ek druk die vensterplaat aan my linkerkant af om te sien wat hy doen. Met die kort haelgeweer in sy linkerhand loop hy tot teen die roldeur en raps met die dubbellope daarteen.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle daarbinne!\u201d s\u00ea hy. \u201cGoed. Ek het \u0149 aanbod vir julle. Kan julle my hoor?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Agter my luier die V8 lomerig en ek kan nie hulle antwoord uitmaak nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk gaan die deur nou oopmaak,\u201d s\u00ea hy. \u201cAs julle iets probeer, en ek bedoel, as een van julle skielik beweeg, is dit die St. Valentynsdagslagting van vooraf. As jy nie weet wat dit beteken nie, dit beteken ek gaan jou skiet. Ek waarsku julle. \u00a0Ons het nou baie meer as \u0149 haelgeweer by ons. Voor julle iets doen, kyk eers buitekant toe. Dan besluit julle.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed. Ek maak nou die deur oop.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ietwat onhandig haak hy die bloudraadgrendel wat ek geprakseer het los, buk en trek die roldeur oop. Hy staan onmiddellik terug en skyn in die motorhuis in met sy flits. Ses verrinneweerde en gekrenkte motorfietsers kyk terug.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMenere,\u201d s\u00ea Joachim, \u201cek gaan vir julle iets gee wat julle nie verdien nie: \u0149 Kans. Julle kan hier bly en hier sal hulle julle kom haal en uitwis. Julle kan die nag in vlug op julle eie. Of julle kan saam met ons kom.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cIs daar plek vir ons?\u201d vra Ylbaard.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cIn die Merk Vier? Dis \u0149 gepantserde verkenningsvoertuig, nie \u0149 gepantserde troepedraer nie. Kort antwoord: Nee.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou hoedemoer moet ons bybly? Op ons voete?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het gedink daarmee, die Volkswagen.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns weet nie eers of hy loop nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHy loop. Ek was vir weke elke dag hier om na my pantserkar te kom kyk en die persone wat die Volkswagen herbou het se projek was op datum en klaar.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOrraait! Woes! Ja, ek bedoel, j\u00e1!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSparkie!\u201d roep hy na \u0149 skraal lid met \u0149 oorhanggebit en ghrieserige swart hare. \u201cGooi, pappa, gooi! Swaai die motor en kyk of hy skop.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sparkie werp homself agter die stuurwiel in en tas vir \u0149 aansitter.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cFokkol sleutel!\u201d s\u00ea hy bitter.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat maak ons nou?\u201d vra Ylbaard vir Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cIngesout in die semi-onderw\u00eareld soos julle is, kan ek nie sien dat julle moeite sal ondervind om die voertuig op \u0149 meer informele manier aan die gang te kry nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy wil h\u00ea ons moet hom hot-wire?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk los die tegniese besonderhede vir julle. Maar wat julle ook al hoe ook al doen, doen dit baie gou. Die Negro\u00efdiese Filistyne is op ons.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat van ons families?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWaar is hulle?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTable View.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDan het ons nog bietjie tyd. Laat ons net eers wegkom, \u0149 meer beheerbare vesting ontwikkel en dan kan julle hulle gaan haal.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPel! Regtig pel?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cRegtig. Daar is natuurlik voorwaardes.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNoem hulle pel, noem hulle!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle doen wat ek s\u00ea.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGeen probleem nie. Geen, geen probleem nie. Ek sweer!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAs ons julle nodig het, onthou julle skuld my en ek kollekteer altyd.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAbsoluut, abso-blerrie-luut!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn jy hou op om my \u2018pel\u2019 te noem.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit kan ek doen. Wat moet ek jou noem?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMy naam is Joachim&#8230;\u201d Huiwering. \u201cJulle kan my \u2018Brigadier\u2019 noem.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSweer! Jy \u0149 brig, pel, \u00fbhhh, Brigadier?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Huiwering. Aansienlik korter di\u00e9 slag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBlerrie nice!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed. So kry die ding aan die gang. En kry vir julle wapens. En dan, as ons ry, bly by. En ek bedoel, bly teenaan ons. Daar moet nooit meer as \u0149 telefoongidsdikte tussen ons wees nie. As ons op die sypaadjie ry, ry julle op die sypaadjie. As ons oor \u0149 spoorlyn ry, ry julle oor die spoorlyn. As ons by trappe afry, nou ja&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c&#8230; dan ry ons by trappe af!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn kry vir julle wapens.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat ons waar kry?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk praat nie van vuurwapens nie. Kry slaangoed. Hamers. Spanners. Koevoet as hier een is. Grawe. Stokke. Steekgoed. Skroewedraaiers.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOu vriend?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cYes, yes?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBeweeg jou blerrie gat! Beweeg, beweeg, beweeg! Ons moet weg. Toe nou.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hoop is \u0149 wonderlike lewenseliksir. Ruwe nagsluipers wat oomblikke tevore mismoedig tussen drie mure en \u0149 geslote roldeur gesit het, is die volgende oomblikke vol doelgerigte energie. Terwyl Sparkie en Ylbaard begin om drade aan die stuurkolom te ontrafel, ruk drie ander kabinette en trommels oop en begin om gereedskap en implemente in die oop Kewer te gooi. Twee van hulle kom uit die hoek gewaggel met twee lang gasbottels, lugslurpe en gassweisspuitstukke.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat julle mee gaan wat?\u201d vra Ylbaard sonder om sy hande van die Volla se oop drade te verwyder.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit bottels is nog vol,\u201d steun een van die draers. \u201cAsetileen \u00a0\u00e9n suurstof!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn julle gaan dit waar sit?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns maak plek,\u201d s\u00ea die ander draer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy stoot sy bottel sodat dit regop staan en help sy maat om sy groot staalbottel agter die bestuurdersitplek in te laai.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Volkswagen proes skielik en kom vrolik, lawaaierig aan die gang.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim klim terug in die toring terwyl die motorfietsers hulle makker met die gewonde been voor in die passasiersitplek installeer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDrywer!\u201d beveel Joachim. \u201cRy! Draai regs as jy by die uitgang uitgaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn Jood, sit jou ligte aan. Ons gaan niemand fop deur te probeer om deur die strate te sluip nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die motorfietsers hoop die laaste gereedskap en implemente op die Volkswagen en sak dit behoorlik toe; werp hulle lywe eenvoudig bo-op wat onder hulle is. Die potsierlike kar sak op sy suspensie en wanneer dit \u0149 tree of wat vorentoe rol, kan ek duidelik die wiel teen die bakwerk hoor skuur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek laat die koppelaar van die Merk Vier uit en die swaar kar kruip vorentoe. Ek mik versigtig om die muur van die gebou en gaan met die motoringang uit. Waar dit met die pad aansluit wag ek vir \u0149 oomblik en draai regs met die teerpad af. Die ligte van die Volkswagen stoot weerskante van die pantserkar verby.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Merk Vier se V8 gee \u0149 aangename, gesonde dreuning en as ek die versneller diep intrap klim die enjinklank geleidelik teen die toonleer op. Dis nou nie juis \u0149 skop in die rug nie, maar die voertuig versamel snelheid en teen die einde van die straatblok stoom ons teen \u0149 bekwame hoeveelheid knope vorentoe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit vat konsentrasie om die pantserkar in \u0149 reguit lyn te hou. Hierdie perd is van \u0149 ander kleur as enige moderne voertuig. Jy moet gereeld verstellings maak om reguit te ry en dit vat my \u0149 dosyn probeerslae voordat ek die koppelaartrap-neutraalskakeling-koppelaartrap-ratskakeling onder die knie kry. Die drywer se uitsig is beperk tot \u0149 reghoek voor in die pad. Dit tref my dat oorlogtydse drywers di\u00e9 voertuie vir dae aaneen oor rowwe terrein geloods het en ek is diep be\u00efndruk. Manne van staal in hulle staalkarre.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die verlate stad is somber in die nag. Dis asof die rommel soos reuseswamme oor die sypaadjies en tot in die strate gegroei het. Winkelvensters is gebreek en meeste van hulle al gestroop. Motorwrakke staan blind en tandeloos en \u0149 groot proporsie van hulle l\u00ea op hulle sye en selfs dakke. Dis asof die sterwende stad begin skubbe van glas afwerp het en die skerwe glim soos nagemaakte juweliersware. Lamp-, telefoon- en verkeersligpale staan windskeef en elektriese drade is gemufde droplekkerdrade in die maanlig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die sluwe, slingerende straatkatte sypel deur stegies op die skarrelspoor van rotte en word op hulle beurt op loop gesit deur die brakke met prominente skelette.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek is ewe skielik diep geroer, so hewig geraak dat die weemoed dwars in my keel sit asof my adamsappel in hout verander het. Hoe het dit gebeur? Hoe het ons toegelaat dat hierdie juweelstad so weggekwyn het, so gemuf en verstik het, so afgeskilfer en afgerem en afgedop geraak het? Was hierdie moederversameling van beton en teer en sandsteen en baksteen en glas en lanings en tuine en antieke bome dan van so min waarde dat niemand kon veg om dit te red teen di\u00e9 wat net sou veg om dit te vernietig nie?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Langvingerhandjie kom rus op my skouer en ek krap die ratte wanneer ek verwissel. Micki hurk op die vloer en weerskante van haar is Joachim en Dennis se bene. Hulle kan bo by die toring uitkyk. Ek het die klein klapgleuf voor my, maar Micki het geen venster tot haar beskikking nie en leun vorentoe om by my gleuf uit te kyk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons ry noord en draai dan oos in die harde, koue voertuig wat skommel en dreun. In die ou Adderleystraat draai ons links en aan ons regterkant, nie ver nie, is daar die oranje gloed van brande en bo die gedreun van die enjin hoor ek die tromslae van geweervuur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDennis,\u201d s\u00ea Joachim iewers bo my in die wind, \u201cis jy op EPS se net?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek vermoed dat hy een van sy radio\u2019s aan Joachim oorhandig het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie roepsein by die padversperring?\u201d vra hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c5 Alfa Bravo.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c5 Alfa Bravo! 5 Alfa Bravo!\u201d hoor ek vir Joachim in Engels oor die radio roep. \u201cDit is 1 Golf 9, 1 Golf 9, ek nader julle in rooi pantservoertuig , EPS-kleure van die suide af. Verwagte tyd van aankoms is vyf mikes, ek herhaal, vyf mikes, twee voertuie in echelon.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk vra ongehinderde deurgang. Ek het \u0149 vrag ontstekers en is dringend onderweg na Delta Victor 1, Delta Victor 1. My magtiging is Delta Romeo, Delta Romeo. Versoek dat jy bevestig met Delta Romeo.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDelta Romeo?\u201d roep ek oor my skouer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDerek Regent,\u201d antwoord Joachim uitgelate. \u201cDie groot kraai self.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy waagstuk slaan my asem weg. Enige iemand wat uitgevang word dat hy die enigmatiese eienaar van Executive Protection Services se naam ydellik gebruik, is in meer moeilikheid as wat enige mens kan verwerk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe weet jy hulle gaan dit nie opvolg nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGeen manier hoe ek kan weet nie. Ek maak staat daarop dat by die padblokkade hulle te ge\u00efntimideer sal wees om hom nou te pla.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe ken jy hulle roepseine en prosedures?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDennis,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cHy monitor hulle al vir weke. Hy het \u0149 hele databasis van roepseine en hulle gebruikers opgestel.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGaan dit werk?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns gaan enige oomblik uitvind, gaan ons nie?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAs jy by die padblokkade kom&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoenie rem nie. As hulle wys jy moet stop, gaan net vinniger. Kies die punt van minste weerstand.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn as jy daar kom \u2013 gaan reguit deur dit.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons ry met \u0149 veteraanvoertuig deur die strate van die sterwende stad en iewers voor my is senuweeagtige manne met verwoestende wapens en vingers wat span om die snellers.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens episode 10 van\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 10: Die Walp\u00fcrgisnacht\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23261\"><em>Bodem boek II<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 8. Die Suid-Afrikaanse Verkenningsvoertuig Merk IV het met onderskeiding in Noord-Afrika gedien waar dit hoofsaaklik deur Suid-Afrikaanse plaasseuns aangewend is, en hierdie willewragtags het geweet hoe om die meeste uit die eienaardige regop kar te haal. \u00a0Geen duin was te hoog &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23181\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 9: Die uittog&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-23181","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23181","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23181"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23181\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23181"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23181"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23181"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}