{"id":23175,"date":"2014-03-17T10:04:08","date_gmt":"2014-03-17T08:04:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23175"},"modified":"2014-03-18T07:07:48","modified_gmt":"2014-03-18T05:07:48","slug":"bodem-boek-ii-8-die-kar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23175","title":{"rendered":"Bodem boek II, 8: Die kar"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 7: Die rotnes\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23125\">Bodem boek II, 7<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Westerse mens is geprogrammeer om oplossings te bedink die oomblik wat hy homself in \u0149 krisis bevind. Hoe hewiger die situasie, hoe korter die tyd waarop hy vir oorlewing fokus. In die Ou Dae, toe almal nog gedink het sulke dinge was belangrik, het mense \u0149 verhoging in motorpaaiemente, byvoorbeeld, as \u0149 krisis beskou. Natuurlik was dit nooit \u0149 saak van lewe of dood nie, en begrotings is herrangskik om die probleem oor \u0149 tydperk van, s\u00ea nou maar, sestig maande op te los. Oorlewing het \u0149 vyfjaarprojek geword.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Foeter \u0149 groepie voortvlugtendes in die donker op, steek \u0149 atletiekspies in een se been, skyn \u0149 flits in hulle o\u00eb en rig \u0149 haelgeweer op hulle, en dit word as \u0149 intense bestaanskrisis beskou. Vir hulle is oorlewing nie meer iets wat oor jare plaasvind nie, maar oor sekondes, \u0149 halfuur op die meeste.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar was hulle, hierdie verweerde groepie vlugtende motorfietsers, verslaan en verslae, en duidelik was al wat hulle uit die greep van Voorsienigheid of Noodlot kon smeek, is om net nog \u0149 halfuur, \u0149 uur op die meeste, te oorleef. Hulle was bereid om te smeek daaroor, al sou dit vernederend wees. Selfrespek is belangrik oor die lang duur en weeg darem niks in vergelyking met oorlewing wat \u0149 prestasie oor die volgende paar sekondes vereis nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Meneer Dik Ylbaard verwag duidelik die ergste en probeer dit afweer deur te pleit: \u201cPel, luister, luister, asseblief. Ons is nie diewe nie, ons is nie sleg nie, ons is net ouens, gewone ouens, wat net probeer om te bly leef. Ons kos is op, ons geld beteken niks, ons is desperaat, desperaat, desperaat.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het \u0149 vrou en kinders wat wag dat ek terugkom. Elkeen van ons het familie, het vriende. As ons nie teruggaan nie&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy byt sy onderlip vas en di\u00e9 begin bewe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk verstaan,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cEk verstaan. Ek weet hoe dit is. Natuurlik weet ek. Ons trap self water, so al wat ons kan, net om hierdie ellendige nag te oorleef.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa!\u201d s\u00ea Ylbaard, bemoedig deur die begrip in Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar julle h\u00e9t ons aangeval,\u201d s\u00ea Joachim en prik daarmee die ballon van hoop wat in Ylbaard uitgesit het. \u201cEn dit nadat ek redelik was met jou en jou elke kans gegee het om ons te los om ons gang te gaan.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa,\u201d erken Ylbaard bedremmeld. \u201cMaar ons kon nie weet dat julle&#8230; dat julle ordentlik is nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOrdentlik!\u201d Joachim grinnik. \u201cIs jy ernstig? Kan ek dit op skrif kry? Ordentlik!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk bedoel, ek bedoel net&#8230; Luister net pel&#8230; pel!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat wil jy h\u00ea moet ek met julle doen?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLaat ons gaan! Laat ons net hier uitloop. Ons is weg! Net \u0149 minuut en julle sien ons nie weer nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOf julle draai om en bekruip ons weer.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee! Nee, nooit! Ek belowe. Ek be-LOOO-we! Ons vat pad. Jy sal ons nooit weer sien nie, nooit, nooit, nooit!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPel, pel, pel! Jy moet mooi dink, mooi dink! Ons is nie honde nie! Jy kan ons nie net skiet soos honde nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is nogal nie die soort wat honde skiet nie. Mense wat my sonder rede aanval&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPel hoe moet ek vir jou nog s\u00ea ons is jammer? Ons is, ons is, ons \u00eds!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed!\u201d s\u00ea Joachim, nou weer streng. \u201cHier is wat ons gaan doen. Ons gaan julle toesluit, in julle garage.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy kan ons nie hier los nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy het geen idee wat ek kan of nie kan doen nie! Moet jy nie vir my voorskryf wat ek kan of nie kan \u00a0nie of sal of nie sal nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns gaan julle toesluit. Julle het genoeg gereedskap daar om uit te breek as ons eers&#8230; ons besigheid gedoen en weg is. As julle&#8230; as julle begin om aan die deur te hamer of met iets te slaan of enige geluide maak voor ons weg is, ek sweer ou maat, dan maak Jood hier die deur oop en ek skiet elkeen, elke liewe een van julle, voor die voet, gesinne of nie gesinne nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis hoe dit gaan werk. Verstaan jy?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Om toegesluit te wees in \u0149 motorhuis terwyl moord en brandstigting op pad is, is niemand se idee van \u0149 ideale situasie nie, maar sowaar, dit klop die alternatief soos vervat in die dubbellope van Joachim se Lupara.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Minuut later staan Joachim, Micki en Dennis \u2013 met die aluminiumtas onder sy arm \u2013 en kyk hoe ek die roldeuraftrek en met \u0149 stuk bloudraad deur \u0149 gat in die metaalgeut waarin dit afgly en \u0149 gat in die deur self grendel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou wat nou?\u201d vra ek vir Joachim toe ek regop kom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy skyn met die flits op die geslote motorhuis aan ons linkerkant. Ek bekyk hierdie roldeur, stap na dit en pluk aan die horisontale plaat wat as handvatsel dien. Die hele gee vertikaal effens skiet, maar haak dan onbeweegbaar vas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy kon ges\u00ea het dat ek \u0149 koevoet of iets gekry het om die deur mee oop te breek,\u201d mor ek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek plant my voete wyd, gryp die handvatsel, byt op my tande en begin boontoe beur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cErrmm, Jood,\u201d s\u00ea Joachim. \u201ckom ons gebruik maar die sleutel.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy steek sy hand in sy broeksak en haal \u0149 kettingkie uit en hou dit voor hom. \u0149 Klein, blink sleutel hang daaraan. Ek gryp dit effe vererg uit sy hand, wikkel dit in die slot, draai dit en hoor hoe die sluitstawe wegskuif en trek die deur oop. Ek weet nie wat ek verwag het nie, maar dit was nie wat voor my is nie:<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die lig van Joachim se flits staan \u0149 ho\u00eb voertuig snoet vorentoe, duidelik \u0149 veteraan uit vervlo\u00eb dae, met \u0149 kantige bakwerk, die ene hoeke en plat vlakke en, van alle dinge, \u0149 kort kanon en \u0149 masjiengeweer in \u0149 lae toring bo die romp. Dit is \u0149 oudtydse pantserkar en omdat dit meer as twee meter hoog is, lyk dit smal op die groot wiele. Die hele voertuig is tamatiesousrooi geverf, die kleur van EPS se rygoed.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek weet dadelik waarna ek kyk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cA,\u201d s\u00ea ek. \u201cDie MOTHS se Marmon-Herrington.\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_23176\" aria-describedby=\"caption-attachment-23176\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Mk-IV.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-23176 \" alt=\"'n Merk IV, soortgelyk aan di\u00e9 wat in die verhaal beskryf word\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Mk-IV-300x209.jpg\" width=\"300\" height=\"209\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Mk-IV-300x209.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Mk-IV.jpg 429w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-23176\" class=\"wp-caption-text\">&#8216;n Merk IV, soortgelyk aan di\u00e9 wat in die verhaal beskryf word<\/figcaption><\/figure>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEintlik, \u201c s\u00ea Joachim, \u201cis \u2018Marmon-Herrington\u2019 \u0149 foutiewe benaming. Dit regte beskrywing is: \u2018South African Recognaissance Vehicle Mark IV.\u2019 Ons praat sommer van \u0149 Merk Vier.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit is in Suid-Afrika ontwerp vir gebruik in die woestyn in Noord-Afrika tydens die Tweede W\u00eareldoorlog.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cRy dit?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit beter. Anders is ons kendiep in die onwelriekende.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSo jy het dit nie verkoop vir skroot nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cIs dit wat hulle by die MOTHS s\u00ea?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis een van die teorie\u00eb, hoor ek.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee, ek het dit nogal nie verkoop nie. Ek het dit laat restoureer, soos ek belowe het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar jy het dit nie teruggevat MOTHS toe nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDink net hoe spyt sou ons gewees het as ek het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom help my.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die res van die motorhuis lyk baie soos die een langsaan, met werksbanke, rakke en kabinette. Joachim kry \u0149 paraffienlamp uit een van die kabinette en steek dit op en hang dit hoog aan \u0149 spyker teen die muur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDink jy jy sal dit bestuur kry?\u201d vra hy vir my.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGaan jy nie?\u201d vra ek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMy plek is in die toring,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk sal seker regkom,\u201d s\u00ea ek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek het die laaste dekade op vreemde plekke uitgespoel op soek na \u0149 minder konvensionele lewe. As ek \u0149 kruiptrekker hoog in Ecuador se berge kon opereer, kan ek seker \u0149 pantserkar onder die knie kry.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie tenk is vol petrol,\u201d s\u00ea Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPetrol?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het daaraan gedink om \u0149 diesel te laat inbou,\u201d s\u00ea hy. \u201cMaar daar is niks eintlik fout met die motor nie. Dit is, as jy moet weet, \u0149 95-perdekrag Ford V8-enjin.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c95 perdekrag?\u201d vra ek skepties.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis sterk genoeg,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cDit gee vir ons \u0149 topspoed van so 80 kilometer per uur. Dis genoeg, glo my, oorgenoeg as jy eers die onderstel beleef het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c4 x 4?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit is! Kyk, wat dit eintlik is, is \u0149 Ford-3-ton-trokonderstel met \u0149 pantserbakwerk op. Die eerste modelle se enjin was voor, maar dit het dit kwesbaar gemaak. Eintlik wat hulle met die Merk Vier gedoen het, was om die bakwerk en die kroonrat om te draai. Dit beteken die voertuig ry eintlik agteruit. Daarom, wanneer dit in 4 x 2 is, trek dit met die voorwiele.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed, kom ons klim.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWaar? Ek sien nie deure nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim trek \u0149 plaat langs die bestuursposisie voor aan die voertuig plat.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKan jy hier inklim?\u201d vra hy. \u201cDit is eintlik \u0149 venster, maar dit sal handig wees as jy daardeur kan inklim. Anders moet jy agter op die voertuig en deur die toring inklim.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek meet die venster so met die oog. Dis nie baie groot nie en ek het \u0149 swaargewigstoeier se skouers en borskas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAs ek moet,\u201d s\u00ea ek, \u201csal ek.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy moet.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek trap op die voorwiel en klim op die stewige modderskerm.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy het nie dalk ammunisie nie?\u201d vra ek en klop op die kanonloop. \u201cWat is die kaliber buitendien?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c37 millimeter. Nee, ek het nie ammunisie soos ek en jy ammunisie verstaan nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die masjiengeweerloop langs die kanon is in \u0149 geperforeerde verkoelingshuls.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVickers?\u201d vra ek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk wens. Browning 7,62.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSonder ammunisie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSonder ammunisie,\u201d beaam Joachim. Hy dink vir \u0149 oomblik, skud sy kop. \u201cGeen ammunisie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek steek eers my linkerbeen en dan my regterbeen in die voertuig, sit op die vensterbank, gryp die bokant van die voertuigdak vas en wurm in tot op die harderubbersitplek met die lae rugleuning. Voor my is \u0149 outydse, groot, bakelietstuurwiel. Die kontroles lyk darem of hulle almal op die regte plek sit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Bo agter my is twee sitplekke, een bedoel vir \u0149 kanonnier en die ander vir \u0149 toringbevelvoerder.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim jaag vir Dennis en Micki aan en \u0149 rukkie later daal hulle van bo af in die voertuig in. Joachim sit links agter my en Dennis met sy aluminiumtas regs van my. Micki moet haarself reg agter my kleinmaak. Joachim het die paraffienlamp by hom en dit kaats \u0149 dowwe lig in die kajuit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek kyk vorentoe. Die bestuurdervenster is \u0149 lae, horisontale gleuf in die pantserstaal met \u0149 kappie wat soos \u0149 kepsdakkie bo dit staan. Die uitsig is beperk. \u0149 Bestuurder wat sonder iemand in die toring \u00a0moet regkom, sal maar sukkel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDennis,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cDie pyp wat van die gasbottel af kom, dit draai aan jou kant van die masjiengeweer in.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek wring my lyf om sodat ek kan sien waarvan hy praat.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Moderne, langwerpige gassilinder is teen die binnekant van die toring aangebring. Dennis vroetel met \u0149 dun plastiekgaspyp wat daaruit loop. Ek kyk om en sien hoe Joachim \u0149 soortgelyke pyp aan sy kant bo teen die ontvanger van die kanon koppel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoune in?\u201d vra Joachim vir Dennis.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit is,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit help nie jy trek die sneller nie,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cDaar is \u0149 knop net bo die handgreep. Jy druk dit met jou duim in.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDruk dit. Net om te toets.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDruk dit.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Reeks knalle hamer bo my.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoer!\u201d skree ek. \u201cEk dog jy s\u00ea geen ammunisie nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het nie gelieg nie,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cEk het vriende by \u0149 rolprentrekwisietemaatskappy. Hulle het die wapens ombou. Dis eenvoudig. As jy die knop druk, spuit dit ontvlambare gas in die loop en ontsteek dit met \u0149 piezo-elektriese aansteker, soortgelyk aan die ding wat \u0149 gasstoof se plate met die druk van \u0149 knoppie aansteek.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn die kanon?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In antwoord blaf die loop bo my, heelwat harder as die masjiengeweer, en \u0149 vlam lek die naglug.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAlles net vir effek,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cSpesiale effek.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSal dit genoeg wees?\u201d vra ek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns gaan uitvind, gaan ons nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHmm?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAs ons eers ry, jy het nie baie spoed nie, maar die ding weeg ses ton en die staal is 12 millimeter pantser. As dit nodig is om iets te stamp, moenie huiwer nie. Ry dwarsdeur en bo-oor.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het dit.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou goed, die knop voor jou, by jou regterhand, druk dit in.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek druk die ronde rubberproppie voor my en agter my hyg \u0149 knormoer en \u0149 enjin kug, kug weer, klap en vat dan in \u0149 bevredigende basgedreun.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDrywer!\u201d s\u00ea Hans-Joachim Marseilles Bekker, \u201cvoorwaarts!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek los die koppelaar en die voertuig waggel vorentoe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 9: Die uittog\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23181\"><em>Bodem boek II, 9<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 7. Die Westerse mens is geprogrammeer om oplossings te bedink die oomblik wat hy homself in \u0149 krisis bevind. Hoe hewiger die situasie, hoe korter die tyd waarop hy vir oorlewing fokus. In die Ou Dae, toe almal nog gedink het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23175\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 8: Die kar&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-23175","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23175","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23175"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23175\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23175"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23175"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23175"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}