{"id":23159,"date":"2014-03-17T07:48:17","date_gmt":"2014-03-17T05:48:17","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23159"},"modified":"2014-03-17T07:49:28","modified_gmt":"2014-03-17T05:49:28","slug":"23159","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23159","title":{"rendered":"Vlug MH370 kon radar vermy het"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/mh3702.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-23165\" alt=\"mh3702\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/mh3702-300x166.jpg\" width=\"300\" height=\"166\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/mh3702-300x166.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/mh3702-70x40.jpg 70w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/mh3702.jpg 620w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>Maleisi\u00eb het die 25 lande wat aan die soektog deelneem na die vermiste\u00a0passasiersvliegtuig, &#8216;n\u00a0Boeing 777 van Malaysia Air, vir meer radar- en satellietdata geva.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die soekgebied is in die afgelope 24 uur uitgebrei. Visualisering wat al 634 aanloopbane aantoon waar vlug MH370 kon geland het, is deur die VSA gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Australiese premier Tony Abbott het ges\u00ea sy land sal die leiding neem in die soektog van die suidelike sektor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vliegtuig met 239 mense aan boord het verlede Saterdag spoorloos verdwyn. Geen teken van die vlug van Kuala Lumpur na Beijing is nog gevind nie en &#8216;n moontlike kaping is nie uitgesluit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">China het Maleisi\u00eb skerp gekritiseer weens teenstrydige inligting oor die vermiste vlug MH370. China het ges\u00ea dit lyk na pligsversaking deur Maleisiese owerhede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meer as die helfte van die 239 passasiers aan boord, is Chinese burgers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indi\u00eb sy soektog rondom die Andaman- en Nicobareilande oor die naweek afgelas nadat die Maleisiese eerste minister, Najib Razak aangekondig het dat die soektog aangepas sal moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nuwe inligting toon dat die kommunikasiestelsel van die vliegtuig doelbewus afgeskakel is. Die vliegtuig het volgens satellietdata nog minstens sewe en &#8216;n half uur gevlieg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Chinese staatsmedia is skepties oor die inligting wat tot dusver deur Maleisi\u00eb vrygestel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op sosiale media heers kritiek teen Maleisiese owerhede se onvermo\u00eb om &#8216;n deurbraak te maak namate die soektog sonder resultate voortsleep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Maleisiese premier, Najib Razak het die naweek ges\u00ea die vliegtuig kon moontlik nog verskeie ure gevlieg het nadat daar van die vlugroete afgewyk is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die China Daily-koerant het di\u00e9 laat aankondiging oor die ware toedrag van sake bevraagteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is berigte in die laaste uur of so, wat beweer nuwe inligting toon dat die vliegtuig skielik gedaal het tot op &#8216;n hoogte van 5000 meter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ondersoekbeamptes glo die vliegtuig het die dramaties lae hoogte bo seespie\u00ebl gekies in &#8216;n gevaarlike ontwykende vlugtegniek. Die lae vlak het vliegtuigradaropsporing in minstens drie lande gefnuik.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Maleisi\u00eb het die 25 lande wat aan die soektog deelneem na die vermiste\u00a0passasiersvliegtuig, &#8216;n\u00a0Boeing 777 van Malaysia Air, vir meer radar- en satellietdata geva. Die soekgebied is in die afgelope 24 uur uitgebrei. Visualisering wat al 634 aanloopbane aantoon waar vlug MH370 kon geland het, is deur die VSA gedoen. Die Australiese premier Tony Abbott [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":23165,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[8904,5311,11463,11894,16133],"class_list":["post-23159","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-beijing","tag-china","tag-kuala-lumpur","tag-maleisie","tag-mh370"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23159","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23159"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23159\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/23165"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23159"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23159"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23159"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}