{"id":23125,"date":"2014-03-14T20:02:21","date_gmt":"2014-03-14T18:02:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23125"},"modified":"2014-03-17T10:01:48","modified_gmt":"2014-03-17T08:01:48","slug":"bodem-boek-ii-7-die-rotnes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23125","title":{"rendered":"Bodem boek II, 7: Die rotnes"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 6: Die kantoorblok\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23033\">Bodem boek II, 6<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die rot het \u0149 keuse: Leer en leer vinnig, of word katkos.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek dink ek, Dennis en miskien Micki het kennis uit die voorval met ons aanvallers opgedoen; ek weet Joachim het geleer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die uitleg van \u0149 stad in straatblokke bevorder \u0149 dodelike soort lokval. As die lokvallers jou weg aan die eenkant versper en \u0149 tweede groep jou terugvalroete agter jou toestop, is jy deeglik benadeel. Dit draai alles om vroe\u00eb bewuswording van die dreigende gevaar. Vir die voornemende struikrower is tydsberekening belangrik. As die prooi die voorste groep te vroeg gewaar, kan hy onttrek en sou die agterste afsnyelement te traag ontplooi, het die slagoffer steeds \u0149 ontsnaproete.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim se maatre\u00ebls behels die verdeling van ons kwartet in twee groepies. Wanneer ons by \u0149 kruising kom, dam ons vier bymekaar op. Hy maak seker die blok voor hom is skoon en dan skarrel hy en Micki tot by die volgende straathoek terwyl ek en Dennis op die uitkyk bly om te verhoed dat ons, soos vroe\u00ebr die aand van agter af betrap word. Sou daar \u0149 bedreiging voor Joachim-hulle opduik, kan hulle met gemak tot by ons terugval.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek en Dennis sluip langtre\u00eb tot by Joachim wat om \u0149 gebou op die hoek van die straat loer en ons doen dit teenaan die geboue, so vinnig as wat ons kan terwyl ons so onopsigtelik as moontlik probeer bly. Geluidloosheid en onsigbaarheid is nie dissiplines wat gewone mense in vredestye oefen nie en ek dink ons inligting kom uit TV-reekse en kinderjare se \u201ccowboys en kroeks\u201d-spelery.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Micki staan teen Joachim en hy leun vorentoe, sy regterarm voor sy bors in die slinger gevou en die kort haelgeweer in sy linkerhand. Dit moes ons twee keer so lank as andersins geneem het om deur die besigheidsgebied te beweeg, maar ons h\u00e9t sonder voorval tot by Loopstraat gevorder. Die wolkekrabbers is op ons roete deur laer, ouer gebou vervang; die kantoorblokke deur die snuistery- en restaurantbuurt van Langstraat en verder wes.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim leun terug.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSkoon!\u201d s\u00ea hy en leun teen die gebou en trek diep aan die naglug om sy asem te herwin.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die re\u00ebn het weggewaai en die hemel oop. Die wind druk die rook van die geveg agter ons weg en omdat daar geen lug- en ligbesoedeling is nie, beleef ons iets wat seker vir \u0149 eeu nie in Kaap Mandela of Kaapstad gesien is nie: \u0149 Nag besaai met sterre en \u0149 helder skyfiemaan. Daar is genoeg hemelliggaamlig dat ek vir Joachim kan sien grinnik.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy orraait, Jood? Jy Dennis?\u201d fluister hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNooit beter nie,\u201d fluister ek terug. \u201cAand in Kaapstad, Loopstraat saam met goeie vriende. Wat kan beter wees?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBly nou by ons.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy beweeg om die draai, Micki styf agter hom. Ek volg sondermeer en Dennis is net so na aan my.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die geboue is meer industrieel, met \u0149 drukkery, \u0149 motorfietswinkel en besigheid wat lugversorgers installeer. In die middel van die blok steek hy vas by \u0149 nou motoringang.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns is hier,\u201d fluister hy, nie dat ek weet waarom di\u00e9 plek juis ons bestemming is nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim mik om in die motoringang af te beweeg toe ons \u0149 hamerslag en \u0149 geklingel van metaal hoor. \u0149 Oomblik later s\u00ea iemand gedemp, sy lettergrepe kort en opmekaar.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMy moer!\u201d s\u00ea \u0149 man. \u201cWat het ons hier?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis \u0149 Volla,\u201d s\u00ea \u0149 ander stem.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit was \u0149 Volla,\u201d reken \u0149 derde.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDink jy hy ry?\u201d vra Nommer Twee.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns sal nooit weet nie,\u201d s\u00ea Nommer Drie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee man!\u201d s\u00ea Nommer Twee. \u201cKom ons kyk.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns kan nie!\u201d s\u00ea Nommer Drie. \u201cDit sal te veel lawaai. Kyk die pype.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nommer Twee mompel iets wat ons nie kan hoor nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKyk vir iets wat ons kan gebruik,\u201d s\u00ea Nommer Drie. \u201cGoed wat ons kan saamdra. Wapens. Gereedskap. Enige kos.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKos?\u201d vra Nommer Een. \u201cWatse kos sal hier wees?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns sal nie weet nie, sal ons? Tot ons gekyk het? Kyk vir blikkies, sakkies sop, koffie, tee, suiker.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim trek sy kop terug en leun teen die muur. Ek leun tot by hom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom ons gaan,\u201d s\u00ea ek baie sag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy skud sy kop, maar ek is nie in \u0149 bui om te wag nie. Daar is ten minste drie van hulle, moontlik meer. Ek begin straataf beweeg, maar hy keer my met die haelgeweer wat hy skuins voor my bors hou.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns moet hier ingaan,\u201d fluister hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek wil te\u00ebstribbel, maar hy sluip reeds met lang tre\u00eb al teen die gebou in die ingang af. Micki volg sonder huiwering. Ek kners op my tande, en sluip agter hulle aan. Aan die eindpunt van die ingang vertoef Joachim, loer behoedsaam om die hoek en wink vir my om te kyk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die motoringang loop uit op \u0149 binnehof van \u0149 drieverdiepinggebou met \u0149 teerblad en \u0149 drie motorhuise in \u0149 ry aan die oorkant. Die middelste een se dubbeldeure is oopgebreek en ses mans staan en bekyk die binnekant daarvan met \u0149 flitslig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou wat?\u201d vra ek so sag dat dit amper onhoorbaar is, maar Joachim moes my gehoor het, want hy glimlag en knik net.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die volgende oomblik is hy om die hoek en met \u0149 paar lang tre\u00eb is hy tot in die hoek van die binnehof oorkant die ingang en hurk hy agter \u0149 asdrom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMenere!\u201d s\u00ea hy vrolik en skakel sy flits vol op hulle aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit is asof die hele halfdosyn van hulle gelyktydig met elektrisiteit geskok word. Hulle swets en vier van hulle spat uitmekaar in \u0149 uitgespreide linie en hou hulle hande voor hulle o\u00eb teen die glans van die flits se lig. Die ander twee verdwyn in die motorhuis in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWieremoerizzit?\u201d vra een van di\u00e9 aan die buitekant.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOntspan net,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cHierdie is nie \u0149 situasie nie. Ons is nie EPS nie. Ons wil net by ons garage uitkom, die een op die punt.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns was eerste hier!\u201d s\u00ea Nommer Drie uit die motorhuis.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn julle is welkom,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cOns sal net vat waarvoor ons gekom het, en dan is ons hier weg.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHier is niks van julle hier nie. Moer weg!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit kan ons nie doen nie. Moenie dinge kompliseer nie. Tyd is min, vir julle en vir ons. Ons soek net wat ons s\u0149 is.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHier is niks van julle hier nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn as ons dit kom vat?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy sal friekin bloei, pel.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het \u0149 haelgeweer.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn ek het \u0149 friekin bazooka.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWerklik? \u0149 Bazooka?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoer weg of ek wys jou.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood!\u201d beveel Joachim, \u201cjy en Van Wyk en Dunstan en Weldon en Naidoo, Tshabalala, nog so vyf van julle, gaan maak hulle seer sodat ons hier kan wegkom voor EPS en elke barbaar suid van Nkandla hier opdaag.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nee, maar mooi, ek het dit: Misleidingplan. Intimidasie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek beweeg nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood!\u201d dring Joachim aan. \u201cVat tien manne. Maak hulle seer.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tien manne? Dit beteken ek en ek alleen.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vas oortuig dat dit \u0149 baie swak plan is, swets ek, trek asem in en storm om die hoek oor die teerblad in die rigting van die manne voor my. Joachim se flitslig wissel van witlig na dwarrelstraal en voor my lyk my teenstaanders soos groen buiteruimtelike wesens wat stokkerig in die wissellig dans. Ek gil vir effek en trek die spies langs my oor terug. Hierdie keer is ek nie oorspoel met die desperaatheid van \u00a0\u0149 vasgekeerde rot op die trappe nie, en ek begeer nie om dood te maak nie. So ek stamp die spies in die een tweede van links se dyspier in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Heel voorspelbaar gil hy en ruk so gewelddadig weg dat hy gaan sit en sy been met albei hande vasgryp.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die spies kom met my terugrukslag na my linkerkant toe, in die natuurlike rughandposisie en ek swaai die aluminiumstok so hard as wat ek kan en tref die spastiese groenetjie op die punt aan my linkerkant teen die nek sodat my spies soos \u0149 skuifspeld buig en hy inmekaarstort.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is \u0149 slodderige geskarrel aan my regterkant, maar dan kom een van hulle doelgerig na my toe; korter as ek, breed soos ek kan uitmaak, rats op die voorste kussings van sy sole. Hy is disgeori\u00ebnteer en kan my sekerlik nie behoorlik sien nie, maar hy het die bewegings gehoor en op grond daarvan kom hy nader, wip-wip, spinnekopagtig, steek vas en skop na my, nie \u0149 lomp laat-waai-netskop nie, maar \u0149 geoefende uitstamp en swaai van die been. Hy doen dit so vinnig en onverwags dat hy my hoog teen \u00a0my regterboarm tref en dit met indrukwekkende geweld en ek laat val sowaar my skuifspeldspies.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dis seer, dankie en my arm voel lam. Hy skop weer, sonder om sy been eers terug te trek in die staanhouding; bly net so gebalanseer op sy linkervoet en laat waai weer. Iemand met skopbokservaring, dus. Die tweede skop tref my teen die heup, maar omdat hy nie behoorlik kon oorhaal nie, het dit nie naastenby die slaankrag van sy eerste poging nie. Nou trap hy op die grond en laat waai weer met een van sy A-klasskoppe, maar ek is nou reg vir hom. Ek keer die skop boontoe met my regtervoorarm en vang sy maermerrie met my linkerhand.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek pluk so hard as wat ek kan agtertoe en sy balanspunt versit te ver en toe hy probeer om sy voet op die grond te versit om staande te bly, trap ek dit met my regtervoet vas en hy val vooroor, hard, langs my. Dit gee my die kans om die voorkant van sy skoen vas te gryp en sy voet vir \u0149 hefboom te gebruik. Ek wring dit om en hy het geen keuse anders as om op sy maag te tol nie, anders ontwrig en sy enkel soos wat ek die man op die trappe se elmboog verfomfaai het. In die warrellig is sy ribbekas blootgestel en ek trek my been op en skop ondertoe soos \u0149 man vat \u0149 steeks motorfiets aan die brand probeer skop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Te midde van die gehyg, die frenetiese voetegeskuifel en sy gefladder hoor ek duidelik hoe die onderste ribbebeen breek. Hy gee \u0149 skril, jammerlike kreun en ek los sy voet. Die tweegeveg het enkele sekondes geduur en ek is reg vir die volgende bakleier se aanslag, want hierdie een is duidelik nou onbruikbaar en nie in staat om verder aan verrigtinge deel te neem nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Wel, hy m\u00f3\u00e9s gewees het, maar hy stoot homself op en begin orent kom. Ek staan nie tyd af om verbaas te wees of vir enige finesse nie; tree vorentoe en skop hom woes in die gesig met my knieg. \u00a0Hy gee \u0149 steungeluid en val gesig eerste op die teer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vanuit die motorhuis hoor ek uitroepe en \u0149 geskuifel van voete. Ek tree agtertoe, op soek na \u0149 wapen tot die gewig in my aandpakbaadjiesak my herinner dat ek \u0149 mes in \u0149 laai in die kantoorgebou gekry het. Ek ruk dit uit die sak en stroop die skede weg. Ek was nog nooit in \u0149 regte mesgeveg nie, maar ek het die beginsels daarvan by \u0149 lemfanatikus in Kaliforni\u00eb geleer en ingeoefen. Ek hou die mes sodat die lem aan my pinkiekant by my vuis uitkom. Dit gee my die vermo\u00eb om \u0149 hou met \u0149 stomvoorwerp met die lem langs my voorarm af te weer en ek kan aanval deur vorentoe te slaan, terug te kap of lem eerste te steek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die donker agter die warrellig is daar \u0149 woep!-woep! en \u0149 donker voorwerp kom uit die donker getol en my kopvel bars bo my oogbank teen my skedel. Iets tref my been op pad ondertoe en klingel op die grond. Vir \u0149 oomblik is daar skerp fakkels lig agter my o\u00eb, maar ek kry myself stewig op my voete en berei voor om soos \u0149 malman in die motorhuis in te storm en te kap en te steek totdat daar niemand oorbly om my met harde voorwerpe te gooi nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dan is Joachim langs my en die flits gaan van warrellig na helder witstraal en op dieselfde oomblik hoor ek hoe hy die hane van die haelgeweer terugtrek. Die staalgeklik is skerp, duidelik en trek die aandag soos die skrilste alarm. \u0149 Flits in die motorhuis gaan aan en ons is vol in die straal daarvan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom nou, ouens, kom nou!\u201d dring Joachim aan. \u201cEk het regtig \u0149 haelgeweer en julle het regtig, regtig nie \u0149 bazooka nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHou \u00a0nou op!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJou flits skyn in my o\u00eb, en ek hou nie daarvan nie. Sit dit af of ek skiet dit af!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy hou die flits in sy linkerhand en trek die haelgeweer met sy regterhand teen sy beseerde skouer vas. S\u00ea van die Maarskalk wat jy wil, hy kan dit vat as hy moet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEen!\u201d s\u00ea hy. \u201cTwee!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sou hy op \u201cdrie\u201d geskiet het? Ons sal nooit weet nie, want die flits in die motorhuis gaan af. Maar soos ek hom nou ken, ja, ek is seker hy sou geskiet het. Hy het van Aand Een af die vermo\u00eb om te weet wat gedoen moet word, getoon.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die ligkol van Joachim se flits is daar twee dinge wat my opval: \u0149 Halfdosyn bedremmelde mans wat wissel in ouderdom van vroeg in die twintig tot duidelik middeljarig, en hulle dit is \u0149 rowwe lotjie in denimbroeke, T-hemde, onderbaadjies, tatoeerskilderye oor voorarms en laslappiekentekens op kledingstukke. Twee van hulle hurk voor in die motorhuis en nog twee skuil onsuksesvol agter die voertuig in die vertrek. Ons het volgens alle aanduidings op \u0149 troppie motorfietsers afgekom. Nou is daar egter geen gepronk onder hulle nie, geen bonhomie of geklets nie. Hulle is ook maar rotte, naastenby soos ons, bedag om te skarrel en te snuffel vir oorlewing.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die tweede ding wat my opval is die besproke Volkswagen Kewer wat snoet vorentoe in die middel van die diep stoorruimte staan. Dit is nie meer standaard nie. Die bakwerk is weggesny sodat net die voorste bagasiekap, die sitplekke en die enjinkap oorbly. Die agterwiele is enorm; hoog en baie breed en dit laat die hele voertuig afdraande loop. Rolstawe so dik soos my voorarm krul oor die voertuig wat \u0149 flonkerende pers geverf is. Dit is \u0149 wildewragtag masjien vir iemand wat vasberade is om woes te speel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim skyn in die res van die motorhuis in. Dit is onteenseglik die werkgrot van \u0149 doen-dit-self-voertuigherbouer met rakke teen elke muur vol blikke, gereedskap, elektriese sae, &#8211; bore, -spuite en trommels, domkragte en ghriesbesmeerde werkswinkelhandleidings.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die lig daal en val weer op die twee manne wat links van die Kewer hurk. Die een is geset met dowwe rooi-en-grys hare en \u0149 yl baard wat onder sy kakebeen groei.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoer,\u201d s\u00ea hy. \u201cWat gaan julle \u00a0met ons doen?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">\u201cDit,\u201d s\u00ea Joachim, \u201cdit is die vraag.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\">(Lees vervolgens\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 8: Die kar\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23175 \"><em>Bodem boek II, 8<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 6. Die rot het \u0149 keuse: Leer en leer vinnig, of word katkos. Ek dink ek, Dennis en miskien Micki het kennis uit die voorval met ons aanvallers opgedoen; ek weet Joachim het geleer. Die uitleg van \u0149 stad in straatblokke &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23125\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 7: Die rotnes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-23125","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23125","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23125"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23125\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23125"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23125"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23125"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}