{"id":23109,"date":"2014-03-14T11:46:45","date_gmt":"2014-03-14T09:46:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23109"},"modified":"2014-03-14T13:46:17","modified_gmt":"2014-03-14T11:46:17","slug":"beginsellose-verkiesing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23109","title":{"rendered":"Beginsellose verkiesing?"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_23115\" aria-describedby=\"caption-attachment-23115\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/kilian.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-23115\" alt=\"Julie Kilian\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/kilian-300x225.jpg\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/kilian-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/kilian.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-23115\" class=\"wp-caption-text\">Julie Kilian<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herman Toerien vra in sy <a href=\"http:\/\/maroelamedia.co.za\/blog\/nuus-in-konteks\/nuuskommentaar-beginsellose-verkiesing\/\">nuuskommentaar<\/a> of Suid-Afrikaners dalk vanjaar sonder enige beginsels kieslokaal toe sal gaan nalv die opportunistiese oorlopery van Cope en DA LP&#8217;s na die ANC.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In sy hoofartikel looi Volksblad nie net die optrede van die vier oorlopers nie, maar ook die lamlendige verskonings of verduidelikings wat die viertal aangebied het. &#8220;Dit druip van beginselloosheid&#8221;, skryf &#8216;n verontwaardige Toerien.<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">En beginsels is tog veronderstel om die hoofrede te wees oor waar kiesers hul kruisies gaan trek. Kan \u2018n party se beleid sonder beginsels hoegenaamd \u2018n beleid genoem word?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sou \u2018n heel ander kwessie gewees het as die vier, toe hulle agtergekom het hulle het beginselprobleme met die beleid van hul party, uit daardie partye bedank het (en hul setels prysgegee het) en by \u2018n party in ooreenstemming met hul beginsels gaan aansluit het tot hulle die kandidaatlyste op die gebruiklike manier kon haal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kiesers gaan \u2018n bre\u00eb keuse h\u00ea wanneer hulle in die algemene verkiesing hul kruisies gaan trek. Sommige kiesers sal noodwendig op die nasionale en provinsiale lyste vir twee verskillende partye moet stem omdat sommige partye nie in al die provinsies kandidate stel nie.Van die bekendste grotes (in die Suid-Afrikaanse konteks) se name sal weer op die stembrief voorkom. Hulle sluit die ANC, die DA, Cope, IVP, die UDM, Vryheidsfront Plus, die PAC, Minority Front en nog \u2018n paar kleineres in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die nuwe toetreders het verskeie reeds die oog gevang, hoewel nie almal vir die regte redes nie. Onder die bekendste nuwelinge is Julius Malema se EFF waarskynlik die party wat die beste gaan vaar, Agang SA, en die NFP wat hoofsaaklik uit die IVP ontstaan het, en duidelik baie steun afgerokkel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog \u2018n nuwe toetreder, wat volgens sy Facebook-blad vir die verkiesing geregistreer het, is die Front Nasionaal. Die bekendste leiersfiguur hiervan is dr. Dan Roodt. Dit sal interessant wees om te sien of hierdie party \u2013 wat uit verskillende belangegroepe saamgestel is, beduidende steun sal kan trek van mense wat voorheen geweier het om aan verkiesings deel te neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bekende Peter Marias het self hard probeer om bruin, Koi- en San-groepe as \u2018n beduidende politieke mag vir die verkiesing saam te snoer, maar dit het geblyk dat \u2018n veewagter dit makliker sou vind om \u2018n trop wilde tarentale in \u2018n hoenderhok ingekeer te kry. Daardie verwikkelinge kan egter die bruin steun vir die DA \u2013 weens die DA se skynbare louheid oor die Solidariteit-DKD-saak \u2013 in \u2018n mindere of meerdere mate knou. Daar is \u2018n groot onrustigheid oor die groeiende Manyi\u00efsme in nuwe wetgewing wat niks goeds vir die bruin gemeenskappe inhou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Tussenverkiesingsuitslae het daarop gedui dat die UCDP \u2013 die party van wyle Lucas Mangope, waarskynlik sy deposito in die water gaan gooi.Vir die groter partye gaan die verkiesing \u2018n groot toets wees. Peilings dui daarop dat die ANC se steun aansienlik gekrimp het, maar dit is nog te vroeg om veel hieruit wys te word omdat die ANC bekend is vir \u2018n sterk eindpoging.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA het sy eie kwota drama beleef. Dit kom op die oog af voor asof die party nou die kantelpunt bereik het waar dit in sy poging om veral swart lede te werf, minstens \u2018n ongemak onder sy gevestigde lede loslaat. Berigte oor die bestaan van \u2018n swart koukus wat sekere beleidsaanpassings opeis wat van die party \u2018n ANC Lite maak, word ontken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Cope is deur diep water, en dit is onseker of die party nou die probleme genoegsaam sou oorkom het om weer as \u2018n betreklike sterk party na die parlement en \u2018n aantal provinsiale wetgewers terug te keer.Die UDM kan dalk weens etniese wortels in die Oos-Kaap effens baat uit die Marikna-tragedie, maar dit lyk of die EFF die aanvanklike tekens van steun taamlik deeglik opgeruim het. Die impak van die aansluit van Cope se Shilowa-faksie kan dalk \u2018n paar stemme beteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Die IVP se leier, Mangasothu Buthelezi, het waarskynlik sy rakleeftyd heeltemal te ver probeer rek, en een van die neweprodukte hiervan, die NFP, lyk of dit die IVP \u2013 wat in elk geval in KwaZulu-Natal na die ANC gebloei het, \u2018n harde hou kan toedien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ACDP sal dit waarskynlik baie moeilik vind om die vlakke wat dit \u2018n dekade gelede geniet het voor dit erg teruggesak het te herhaal. Die grootste probleem is moontlik die verstommende lang lys van sterk persoonlikhede wat die leier, eerw. Kenneth Meshoe, sedert die party se ontstaan uit die party gewerk het. Iewers sou die party die prys hiervoor betaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vryheidsfront Plus sal goed doen as hard probeer die enigste maatstaf was. Die party is veral in die sosiale media deurlopend onder skoot weens dr. Pieter Mulder se besluit om as adjunk-minister te dien, en gaan nou ook \u2018n aanslag van die Front Nasionaal die hoof moet bied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is jammer dat oorloper-politici nou die beeld van politici gaan besoedel het.<\/p>\n<\/blockquote>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Herman Toerien vra in sy nuuskommentaar of Suid-Afrikaners dalk vanjaar sonder enige beginsels kieslokaal toe sal gaan nalv die opportunistiese oorlopery van Cope en DA LP&#8217;s na die ANC. In sy hoofartikel looi Volksblad nie net die optrede van die vier oorlopers nie, maar ook die lamlendige verskonings of verduidelikings wat die viertal aangebied het. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23109\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Beginsellose verkiesing?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":23115,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50,11],"tags":[],"class_list":["post-23109","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c33-hoofartikels","category-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23109","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23109"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23109\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/23115"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23109"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23109"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23109"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}