{"id":23086,"date":"2014-03-14T09:31:25","date_gmt":"2014-03-14T07:31:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23086"},"modified":"2014-03-14T10:21:09","modified_gmt":"2014-03-14T08:21:09","slug":"groot-vloedskade-in-limpopo-en-noordwes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23086","title":{"rendered":"Groot vloedskade in Limpopo en Noordwes"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/belabela.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-23087\" alt=\"belabela\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/belabela-300x168.jpg\" width=\"300\" height=\"168\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/belabela-300x168.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/belabela-70x40.jpg 70w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/belabela.jpg 400w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>Swaar re\u00ebn in Limpopo, Noordwes en veral op Mogwase naby Sun City het groot skade aangerig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Br\u00fbe in Mogwase is onder water en voertuie het ook in vloedwater vasgeval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Premier Thandi Modise Sal Vrydag die rampgebied besoek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nooddienste werk onverpoosd in verskeie dele van Limpopo met talle mense wat in Warmbad (Bela Bela) deur die vloede geraak word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Ellisras (Lephalale) is noodsentrums ingerig om vloedgeteisterdes van hulp te voorsien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dele van die dorp is onder water nadat twee damwalle vroe\u00ebr weens swaar re\u00ebn meegegee het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Woordvoerder van die provinsiale Departement van Samewerkende Regering, Motupa Selomo, het die noodtoestand in die Waterberggebied naby Nylstroom en in die Capricorn-distrik in die Polokwane-omgewing as baie ernstig bestempel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selomo s\u00ea nooddienste is ook na mense in die Thabo Mbeki-gebied gestuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Motoriste word aangeraai om die N1 te gebruik en Warmbad (Bela Bela)\u00a0te vermy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die R101 tussen Warmbad (Bela Bela) en Nylstroom (Modimolle) is onbegaanbaar. Dit is die die enigste pad in die omgewing wat gesluit is nie, aangesien talle paaie tans onbegaanbaar is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Woordvoerder vir die Moses Kotane plaaslike munisipaliteit in Noordwes s\u00ea twee kinders word ook vermis nadat vloedwater by Mogwase hulle vermoedelik meegesleur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is nie bekend hoe oud die kinders is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ses br\u00fbe in die Madibeng plaaslike munisipaliteit het onder die oorstromings deurgeloop en vier het weggespoel by Klipgat, Maboloka en Jericho.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Pretoria sal die soektog na drie kinders wat vroe\u00ebr die week in Mamelodi vermoedelik deur vloedwater meegesleur is, ook hervat word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle het vermoedelik in &#8216;n stormwaterafvoerpyp, wat in die nabygele\u00eb Moretele-rivier inloop, gespeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Kruger Nasionale Park het tien kampe weens oorstromings\u00a0gesluit. Maar owerhede hou vol dat die wildtuin min gevaar of risiko&#8217;s vir toeriste inhou.<\/p>\n<p>Die w\u00eareldbekende park is hard getref deur die vloede. Verskeie paaie in die park sal gesluit bly.<\/p>\n<p>Sommige riviere van beide Limpopo en Mpumalanga vloei deur die park na die naburige Mosambiek.<\/p>\n<p>Toeriste het sedertdien verhuis na ander kampe.<\/p>\n<p>Die swaar re\u00ebnval gedurende die eerste tien dae van Maart het rekords in dele van die land gebreek, volgens die SA Weerdiens.<\/p>\n<p>&#8220;Die noord-oostelike helfte van die land het meer as 100 persent van wat normaalweg vir die eerste 10 dae van Maart verwag word, ervaar,&#8221; het die klimaatinligting-eenheidbestuurder Elsa de Jager in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Verder het Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, sowel as dele van Noord-Wes, die Vrystaat en KwaZulu-Natal meer as 200 persent ondervind\u00a0van wat normaalweg verwag word.&#8221;<\/p>\n<p>Twaalf stede in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng ervaar die swaarste re\u00ebn in tien jaar of meer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Swaar re\u00ebn in Limpopo, Noordwes en veral op Mogwase naby Sun City het groot skade aangerig. Br\u00fbe in Mogwase is onder water en voertuie het ook in vloedwater vasgeval. Premier Thandi Modise Sal Vrydag die rampgebied besoek. Nooddienste werk onverpoosd in verskeie dele van Limpopo met talle mense wat in Warmbad (Bela Bela) deur die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23086\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Groot vloedskade in Limpopo en Noordwes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":23087,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[16150,9115,6104,16151,16119],"class_list":["post-23086","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-ellisras","tag-limpopo","tag-noordwes","tag-nylstroom","tag-vloedskade"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23086","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23086"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23086\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/23087"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23086"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23086"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23086"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}