{"id":23033,"date":"2014-03-12T20:50:58","date_gmt":"2014-03-12T18:50:58","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=23033"},"modified":"2014-03-14T20:03:18","modified_gmt":"2014-03-14T18:03:18","slug":"bodem-boek-ii-6-die-kantoorblok","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=23033","title":{"rendered":"Bodem boek II, 6: Die kantoorblok"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 5: Die trappe\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=22983\">Bodem boek II, 5<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tararam-tararam-TARARAAA-raa-raram! Tararam-tararam-TARARAAA-raa-raram!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim hou op neurie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHier is wat ek wonder oor die hele konsep van die Noodlot,\u201d s\u00ea hy geselserig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die donkerte is swaar en dig in die ingang van die gebou en \u0149 ou urinereuk is suur en opdringerig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVoor die klem op die noodlot gel\u00ea is, was daar aanvaar dat daar \u0149 persoonlike, mensbewuste God is, volkome in beheer, van universele verskuiwings tot by die kleinste menslike keuse. As Hy \u00a0besluit het, kon die mens Hom nie fnuik nie, sy plan nie ontspoor nie. Die beste wat jy kon doen was om \u0149 petisie aan Hom te bring om van plan te verander. Abraham wat pleit vir Sodom, Dawid wat voor die dood van sy seun sy klere skeur en rou, Abraham weer, wat di\u00e9 keer God deur sy gehoorsaamheid oorhaal om die bevel om Isak te offer, te herroep, Jona wat in die walvis se buik land omdat hy probeer vlug het, Moses wat God se oproep verontagsaam.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSo tydens die Verligting vervang ons God met die konsep van die Noodlot. Dit is s\u00f3\u00f3s God, maar net onpersoonlik. Tog beskik hierdie onpersoonlike mag oor intelligensie, want dit bepaal die mens se bestemming voor die tyd en die mens is magteloos om dit te ontwyk, soos \u0149 trem op \u0149 spoor.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSo nou wat as die mens probeer om uit die greep van die Noodlot te probeer losbreek? Presies daar vind jy die deurlopende tema van die Romantiek: Rigoletto wat die ouman se vloek probeer ontglip deur die hertog te probeer vermoor, Violetta wat haar lot probeer ontglip deur haar verhouding met Alfredo, Mimi wat tering verontagsaam om by Rudolfo te wees&#8230; Hulle beste pogings ten spyt; hulle is hulpeloos.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis juis die ding. Hulle swoeg en spartel, hulle verneuk en konkel, hulle verander hulle identiteite. Maar wat gebeur as jy nie teen die Noodlot veg nie, maar net passief bly?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk weet waarvoor ek bestem is. S\u00ea \u00a0nou ek weier net? S\u00ea nou ek kry \u0149 holte in die aarde en kruip daarin? Hoe sal die Noodlot my dwing om my bestemming te haal? En kan ek die Noodlot be\u00efnvloed? Kan \u0149 petisie rig sodat iemand anders deur die Noodlot uitgekies word?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek sit in die donker met my rug teen die muur en my bene voor my uitgestrek, die aluminiumspies oor my skoot. Dit is gerusstellend om na Joachim se mymeringe te luister; die geluid van lewe wat aangaan, van \u0149 \u00a0normaliteit wat dreig om weg te vervaag, soos \u0149 skets op oudtydse fakspapier. Ek voel styf en terselfdertyd bewerig, binnekant toe leeggesuig deur \u0149 adrenalienbabelas. Die naaste wat ek daaraan kan kom om die wispelturighede van die Noodlot te bepeins, is om te wonder hoe de hel ek hier opge\u00ebindig het, hier op die pisstinkende vloer na \u0149 dierlike geveg met roofsugtige barbare met \u0149 tsunami van nog bloedgieriger woestelinge op pad.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoachim,\u201d s\u00ea ek in \u0149 pose van sy monoloog, \u201cwatse bliksemse lig het jy in hulle o\u00eb geskyn?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die skerp groen lig flikker aan en word onmiddellik vervang deur die wit straal van \u0149 flitslig en verdwyn dadelik weer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLed Lenser M1400,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cDieselfde as die P1400, dieselfde ding, regtig, met twee verskille \u2013 die M het die dwarrellig, my vertaling vir \u2018dazzler,\u2019 en dit kos drie keer soveel as die P. Ek het nie geld gehad vir die P nie, so toe ek koop ek die M&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c&#8230; wat drie keer so duur is.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is regtig nie bevoeg om geld te hanteer nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNietemin, as ek was, sou jy jou hande netnou baie voller gehad het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDankie vir die hulp.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPlesier. Jy kan \u00a0later \u0149 brief vir die Led Lenser-maatskappy skryf waarin jy hulle produk aanprys.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">As Joachim agtergekom het dat ek sarkasties is, wys hy dit nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDink jy jy kan met jou duur flits hier op die trappe skyn. Ek soek my rugsak.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNatuurlik,\u201d s\u00ea hy gemoedelik en skakel die flits aan, maar laat lig net in \u0149 skrefie tussen sy vingers wat hy voor die lens hou, deur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is vars, glimmende, dikrooi bloed op die trappe, en \u0149 swaarkophamer wat Nommer Een na my gegooi het, maar nie \u0149 rugsak nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek vloek vol emosie. My rugsak was vir weke al gepak en was deel van my oorlewingstrategie. Dit het \u0149 stofie, vislyn, hoeke, noodhulpsakkie, sout, koffie en ander voorrade in gehad. En my uitgetrapte Trailblazer-stapskoene met die buitebandsole. Ek is verbitter. Watse soort mense verloor \u0149 bloedige onderonsie, slaan op die vlug, maar onthou in hulle haas om net vir oulaas iets te steel?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Micki gee \u0149 verbaaste klein keelgil. Joachim rig die flits op die deure agter hom. Die dubbelglasdeure het regop chroomhandvatsels. Micki staan langs die deure en sy trek aan die een wat \u0149 aks beweeg.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie deure is nie gesluit nie!\u201d s\u00ea sy,<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy bedoel behalwe vir die ketting wat dit toehou, die kettings met die groot geelkoperslot,\u201d s\u00ea Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa, behalwe vir dit.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood?\u201d s\u00ea Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk kom.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek stoot my rug teen die muur op en kom ietwat bewerig teen die trappe op. Op pad kry ek die hamer beet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim skyn op die deure. \u0149 Gegalvaniseerde ketting is deur die chroomhandvatsels geryg en met \u0149 Viro-slot vasgesluit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWil jy hierin gaan?\u201d vra ek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk wil,\u201d s\u00ea Joachim. Hy sit \u00a0nog steeds op die vloer langs die deure.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHet ons tyd daarvoor?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dink ons het so \u0149 halfuur, dan gaan EPS al hulle voertuie onttrek na Adderleystraat om te kyk of hulle die vloed daar kan stuit.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy klink seker van jou saak.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat sou jy gedoen het as jy hulle bevelvoerder was?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek dink nie nou daaraan nie, maar het die gevoel dat as ek sou, ek my voertuie na Adderleystraat \u2013 eintlik deesdae Freedom Drive \u2013 sou onttrek het. Nietemin sou ek al aan die beweeg gewees het, styf teen die geboue verby, rigting Wes, na die \u00a0kus toe. Dit was my groot oorlewingstrategie: Die oseaan. G\u0149 barbaar sal my in die see vang nie en ek sal genoeg kos daar vind om aan die lewe te bly tot&#8230; wel, tot latere kennisgewing. Joachim is egter so seker van sy saak, dat ek sonder vrae daarby inval.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek meet die slot met die tweekilogramhamer uit en lig die gereedskapstuk vir \u0149 eerste aanslag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNie met die hamer nie, liewe Jood,\u201d s\u00ea Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy vroetel in sy rugsak, \u0149 groot, moderne staptoersak met \u0149 ingeboude raam en sysakkies en lussies vir wie weet wat alles. Na \u0149 paar oomblikke se gevroetel hou hy \u0149 lang, dik skroewedraaier na my toe uit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat het jy nog in daardie rugsak?\u201d vra ek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAg,\u201d s\u00ea hy. \u201cBietjie hiervan, bietjie daarvan. Net \u0149 paar items vir die gesofistikeerde man op vlug.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c\u00db-h\u00fb. Strykyster, potjie kamferroom, weggooi-Bic-skeermesse en \u0149 Gideon-Bybel?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy moet onthou om melding te maak van die slaapmasker.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoenie die skroewedraaier op die slot sit en dan met die hamer moker nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek kyk ongeduldig na hom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSit die skroewedraaier deur die slot se lus en roteer dit, asof jy die slot probeer opwen,\u201d verduidelik hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek maak soos hy s\u00ea en steek die skag van die skroewedraaier deur die slot se vlekvryestilring en beur die hef kant toe. Die slot se huls breek met \u0149 bros klapgeluid. Micki klap haar hande vinnig teen mekaar en ek wens daar was nog slotte om te breek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLaterale krag,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cDie enigste manier om te werk te gaan teen getemperde staal.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHmm,\u201d s\u00ea ek en stoot die deure oop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim kom met \u0149 halfbedekte kreun op sy voete en skyn die flitslig in die gebou in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoekom was die deure nie gesluit nie?\u201d vra Micki en dit klink nie of sy \u0149 antwoord verwag nie, maar Joachim weet vanaand alles.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie bestuurders het die laaste dag vroeg huis toe gegaan,\u201d postuleer hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie skip vir die matrose gelos?\u201d vra ek. \u201cEn die sleutels in hulle haas saam gevat?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHmm. En een of ander getroue ou siel het toe sy bes met \u0149 stuk ketting gedoen.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons gaan in, deur die ontvangsvertrek met die naam van \u0149 lewensversekeringmaatskappy wat in \u0149 boog teen die mure in metaalletters aangebring is. Aan die oorkant is daar hysbakke en links van dit \u0149 stel trappe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons gaan in \u0149 lang gang met kantore weerskante daarvan af. Die deure staan oop. Party kantore is nog netjies met rekenaars, boekrakke en kabinette netjies gerangskik, stoele netjies agter lessenaars ingestoot en blindings toegetrek. Ander vertrekke is deurmekaar, met papiere oor tafels en selfs die vloer gestrooi.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dennis het nou ook \u0149 skynende flits by hom en hy hou die straal op \u0149 wye rekenaarskerm in \u0149 kantoor.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHier is baie toerusting,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns is nie eintlik gerat om dit met ons saam te neem nie,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cDis jammer.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek het begrip vir hom. Ons armgatte voel dis \u0149 belediging vir die Noodlot, waarvan hy so baie praat, om sulke meevallers te ignoreer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn dis nie ons s\u0149 nie,\u201d s\u00ea Micki.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Bedorwe kind. Maklik om te praat, is dit nie?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom,\u201d s\u00ea Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons verken die res van die gang en keer dan terug na \u0149 kombuis wat ons vroe\u00ebr gesien het. Dit het \u0149 breekwarekas wat bo \u0149 skottelgoedwasbak vasgebout is, \u0149 lae kabinet vir skoonmaakmiddels en \u0149 rak met \u0149 ketel en \u0149 halfdosyn koffiebekers netjies daarop uitgepak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim maak die kas oop. Daar is glashouers met koffie, tee, suiker en koffieverromer in. Hy pak dit op die rak langs die wasbak, trek die laaie van die kabinet oop en kry \u0149 plastiekinkopiesak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSit die goed daarin,\u201d s\u00ea hy vir Dennis.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die lang man sit die aluminiumtas neer en begin om die bestanddele daarin te druk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoachim!\u201d s\u00ea Micki.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAs ons dit nie vat nie,\u201d s\u00ea hy bedaard, \u201coor \u0149 uur gaan hier \u0149 duisend mense wees wat nie so ordentlik sal wees nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy gaan sit op die rak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGee die flits hier,\u201d s\u00ea Micki. \u201cLaat ons sien.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy vat die flits en die kol val op hom. Hy is effe bleek en hou sy regtervoorarm teen sy borskas. Die glansende materiaal van sy tuxedo het \u0149 ronde gat, omring met rooi vlekke, waar skouer en borskas bymekaar kom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHou hier!\u201d s\u00ea sy vir my en gee die flits aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek hou die ligkol op hom terwyl sy sy baadjie versigtig oopvou en oor sy arm trek en dan ook oor die ander arm. Sy help hom om sy swart T-hemp uit te trek. Dis maklik om te vergeet dat Joachim reeds in sy vroe\u00eb sestigs is, maar sy grys borshare en die manier waarop sy vel oor sy borsspiere hang herinner my.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die wond in sy skouer is diep en rond met \u0149 effense sloot aan die onderkant, en dit is vol klewerige bloed.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Micki kloek ontsteld.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c\u0149 Aluminiumspies,\u201d s\u00ea Joachim wrang. \u201cEk is seker die eerste om met een gewond te word in Suid-Afrika. Behalwe nou vir arme Sybil Coetzee wat deur die verraderlike Johan Slabbert getref is, natuurlik.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWie is Sybil Coetzee?\u201d vra Micki terwyl sy \u0149 skoon vadoek teen die wond druk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c\u2019M\u00f4re, m\u00f4re,\u2019 my ding,\u201d s\u00ea Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHmm?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c\u0149 Rolprent. Wat jy \u0149 fliek sal noem. Ou een. Sybil Coetzee en Hans Strydom. En Johan Slabbert.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy kyk na my.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHet ek ooit vir jou ges\u00ea ek is die rol wat Hans Strydom gekry het, aangebied?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk kon myself net nie daarin sien nie,\u201d s\u00ea hy. \u201cNog \u0149 afdraaipaadjie. Ek kon \u00a0\u0149 loopbaan in Binnelanders gemaak het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy kon nie,\u201d s\u00ea ek. \u201cNie jy nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee,\u201d stem hy saam. \u201cDit was nooit my bestemming nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het \u0149 fout gemaak.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHet jy?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa. Ons moes gister pad gegee het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMy inligting was dat ons nog \u0149 paar dae het. Meeste bevelvoerders is al onkant gevang deur defektiewe inligting. Nietemin. Ek het \u0149 aanvoeling gehad dinge gaan vinniger gebeur. Ek moes my instink vertrou het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dis opmerklik dat hy toe al aan homself dink as \u0149 bevelvoerder. Die Maarskalk. En \u0149 weermag van drie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoachim? s\u00ea ek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy wil weet hoekom ek nie die haelgeweer op die trappe gebruik het nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLuigi het vir my ses rondtes gegee. Dis dit. Dis al ons ammunisie. Ek het gedink ek sal dit hou vir \u0149 noodgeval.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit was nie \u0149 noodgeval nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c\u0149 Noodgeval, nee. \u0149 Voorval. Die eerste van baie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood&#8230; ek het geweet jy sal opgewasse wees.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGeweet? Hoe?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNet geweet. Soos ek geweet het ons moes gister al weg gewees het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa, maar dit was nie so&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood&#8230; Jood, jy was \u0149 Viking. Jy was monumentaal.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoachim,\u201d s\u00ea Micki. \u201cOns gaan orraait wees, Joachim, gaan ons nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Magtag vroumens. Hoekom vra jy vir h\u00f3m? Ek was die een wat hulle teruggedryf het van die trappe. Het jy nie gehoor dat ek monumentaal was nie? Was jy nie daar nie?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMet Jood by ons?\u201d s\u00ea Joachim. \u201cWe\u00eb die arme drommel wat in ons pad kom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar is \u0149 noodhulpkissie in my rugsak. Deppers, Savlon, pleister, verband.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDennis, hoekom vat jy nie jou flits en kry \u0149 sak gaan deur die lessenaarlaaie en kyk of jy iets waardevol of bruikbaar daar kry nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAi,\u201d s\u00ea Dennis. \u201cAi.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoachim!\u201d protesteer Micki.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cRes nullius, my dier, res nullius.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAsof ek weet wat res nullius is.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c\u0149 Verlate saak, iets wat aan iemand behoort het waarop niemand nou aanspraak maak nie. Wie dit vind, het eiendomsreg. Finders, keepers, kan jy s\u00ea.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy peuter sorgsaam, selfs liefdevol aan sy wond. Ek steek myself sommer met die spies.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cDennis is nie gemaklik daarmee om op sy eie te gaan nie. Sal jy hom help? Julle het nie baie tyd nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDennis, kry my op EPS se radionet. Ek wil weet wanneer ons moet beweeg.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dis spookagtig in die le\u00eb kantore; \u0149 Marie Celeste-atmosfeer. In die eerste een vind ons \u0149 le\u00eb, goedkoop sportsak. Dit is verbasend wat mense uit gewoonte in hulle lessenaarlaaie los. Ons vind sakrekenaars, musiekspelers, vier tabletrekenaars, \u0149 paar horlosies, \u0149 verskeidenheid juweliersware waarvan sommige van egte of nagebootste goud is. Vir my is die grootste vonds vier kannetjies rissiesproei, twee multi-implementmesse en \u0149 jagmes, nie met \u0149 lang lem nie, maar gerusstellend swaar en solied. Ek steek dit in my baadjiesak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons debatteer of ons na die ander verdiepings ook sal gaan, maar besluit om eers by die kombuis aan te meld. Wanneer ons daar kom, is Joachim weer besig met sy Noodlotmonoloog. Sy skouer is met \u0149 wit verband verbind en sy arms hang voor hom in \u0149 lapslinger. En Micki, Micki, Micki staan teen hom, haar arms om sy lyf, haar kop op sy skouer. Was dit dan nie ek wat die gespuis van die trappe af verdryf het nie?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c&#8230; ek glo in Bestemming. Ek glo mense is bestem vir \u0149 sekere funksie op \u0149 sekere tyd. Ek weet dit is waar van my. Ek moes lank daarvoor wag, maar nou kan ek dit nie ontken of weier nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit is nie net mense wat \u0149 Bestemming het nie. Dit geld vir \u0149 volk ook. Ek glo dit. Ek glo dit vas. Ek sien die patroon. Ek sien die hand op die toue en hefbome. Is dit die hand van Bestiering of is dit die greep van Noodlot?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaak dit saak? Wat w\u00e9l saak maak, is dat die volk, ons volk, uitgesoek is, nie om nou \u0149 tragiese helde-einde te beleef nie. Nee. Ons volk is uitgesoek. Ek glo dit vas. Ons is die eerste Westerse volk wat uitgelewer is aan \u0149 swart nasie. Sal ons die eerste blanke volk wees om te oorleef, te herleef? Is dit by ons wat die hele Westerse Beskawing se draaipunt kom, waar die gety van verval teruggekeer word?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGlo wat jy wil, maar ek glo dit is die Afrikaner bestemming, dit is die plan vir hom. En daarvoor sal ek veg, daarvoor sal ek swoeg, daarvoor sal ek opoffer.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy staak sy gesprek skielik, lek sy lippe af, hyg.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim kyk na my.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood,\u201d s\u00ea hy. \u201cGoed. Jy is hier.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis tyd. Ons moet gaan.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy wikkel homself van die toonbank af en tel sy haelgeweer op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek hys sy rugsak op en wikkel my arms deur die opgestopte bande en skuif die sak reg op my rug. Ek vat my spies en loop voor die ander by die lang gang af.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 7: Die rotnes\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23125\"><em>Bodem boek II, 7<\/em><\/a>.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 5. Tararam-tararam-TARARAAA-raa-raram! Tararam-tararam-TARARAAA-raa-raram! Joachim hou op neurie. \u201cHier is wat ek wonder oor die hele konsep van die Noodlot,\u201d s\u00ea hy geselserig. Die donkerte is swaar en dig in die ingang van die gebou en \u0149 ou urinereuk is suur en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=23033\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 6: Die kantoorblok&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[4112,167,15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-23033","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrika","tag-afrikaans","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23033","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=23033"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/23033\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=23033"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=23033"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=23033"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}