{"id":2301,"date":"2008-07-23T11:14:24","date_gmt":"2008-07-23T11:14:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2301"},"modified":"2008-07-23T11:14:24","modified_gmt":"2008-07-23T11:14:24","slug":"vuil-taal-bloedskande-en-armblankes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2301","title":{"rendered":"Vuil taal, bloedskande en armblankes"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Triomf is die storie van &#39;n gesin armblankes, die Benades, van die  woonbuurt Triomf, die voormalige Sophiatown. Dit speel kort voor die  1994-verkiesings in Suid-Afrika af. Die Benades is uit en uit ploerte,  en skokkende gebeure vind in die huishouding plaas. Later in die boek  word die familie se groot en skandelike geheim onthul. Die Benades se  vrees vir die nagevolge van 27 April 1994, wanneer diegene waarna die  Benades as &quot;kaffers&quot; verwys, die land in chaos sou dompel, word  deurlopend as belaglik en agterlik afgemaak. <\/p>\n<p>Die rolprent is die werk van die Zimbabwiese rolprentmaker, Michael  Raeburn. Raeburn het tydens sy inleidende toespraak by die rolprent se  voorskou te Montecasino, natuurlik die gewone snert gebesig oor hoe alle  Suid-Afrikaners bevry is deur die 1994-verkiesings, blankes inkluis. Dit  het my maak wonder waarom Mnr Raeburn, wat so &#39;n hekel aan &#39;n blanke  regering het, nie sy kuns in Harare beoefen nie. Suid-Afrika het steeds  oorblyfsels van daardie gehate vorige regering, soos &#39;n indrukwekkende  padnetwerk en elektrisiteit wat dan en wan aangeskakel word. Zimbabwe is  tog veel meer van &#39;n verteenwoordigende swart land, iets waaroor Mnr  Raeburn so gejuig en jubel het in 1994. Waarom nie daar, in &#39;n  Afrika-paradys, gaan rolprente maak nie? <\/p>\n<p>Een van die groot temas in die boek is dat blankes deur &#39;n swart bewind  bevry is, en dat die blanke vrese van destyds eintlik belaglik was:  &quot;Kyk, daai dom Afrikaners gaar blikkieskos op. Ha-ha-ha!&quot; Die  Benade-gesin, wat bestaan uit ingeteelde verstandelik gestremdes, voer  hierdie vrees natuurlik tot belaglike uiterstes. <\/p>\n<p>Raeburn, synde &#39;n Zimbawi&euml;r wat geen snars Afrikaans verstaan nie, het  egter geen gevoel vir die meer subtiele anti-Afrikaanse momente in die  boek nie, en die feit dat hy die agterlike Benades se politieke  oortuigings as die belangrike element aanbied in ons huidige konteks,  veroorsaak dat die toeskouer langsamerhand gedwing word om die karakters  as byna simpatiek te ervaar ten spyte van hulle erge tekortkominge. Die  regisseur, te oordeel aan sy insiglose toesprakie, is salig onbewus van  hierdie skryende ironie wat hy deur sy eie gebreke geskep het. <\/p>\n<p>Een van die karakters in die boek en die rolprent, Lambert, koop op &#39;n  stadium onwettig &#39;n rewolwer by &#39;n swartman, vir wanneer dinge handuit  ruk in Suid-Afrika. Dit was miskien op 26 April 1994 vir  liberaalgesindes &#39;n onsinnige vrees en Lambert is &#39;n objek van hoon en  spot in beide die boek en die rolprent, maar 14 jaar en 30 000 dooie  blankes later, is dit duidelik dat Lambert se een politieke daad niks  indien nie rasioneel was nie, gegewe die misdaadsyfer. <\/p>\n<p>So ook wil die Benades na &#39;n ongenoemde bestemming iewers in die noorde  vlug omdat dinge na hulle mening gaan warm word vir blankes in  Suid-Afrika. Komies dat hierdie Afrikaner-gestremdes so dom kan wees,  nie waar nie? <\/p>\n<p>Sedert 1994 het daar egter reeds meer as &#39;n miljoen blankes presies dit  gedoen. Dinge h&eacute;t warm geword vir blankes met swart ekonomiese  bemagtiging, misdaad en regstellende aksie wat menige blanke sy tasse  laat pak het en na die noordelike halfrond maak vlug het. Professor  Lawrence Schlemmer bereken dat een uit elke tien blankes deesdae te arm  is om in &#39;n tradisioneel-blanke buurt te woon, grootliks as gevolg van  swart rassisme teenoor blankes, vergestalt in praktyke soos regstellende  aksie. Was die Benades se vrese wel so onrealisties en belaglik, 14 jaar  later? <\/p>\n<p>Die ander tipies linkse tema in die verhaal is: Blankes is ploerte,  hulle pleeg grafiese bloedskande, steel, lieg en is minder beskaafd as  &#39;n swart plakker. Daar is waarskynlik sulke blankes, maar dit was egter  n&oacute;g&nbsp; in 1994, n&oacute;g in 1974, en veral nie in 1930 nuus vir enige iemand  nie. Trouens, van Niekerk is nie baie oorspronklik met haar tipering van  sulke Afrikaners nie. In 1991 reeds het die stukke beter geskryfde  <em class=\"moz-txt-slash\"><span class=\"moz-txt-tag\">\/<\/span>Beertjie en sy boytjies<span class=\"moz-txt-tag\">\/<\/span><\/em> uit die pen van RR Ryger by Taurus-uitgewery  verskyn wat Afrikaanse ploertskap na nuwe hoogtes geneem het. <em class=\"moz-txt-slash\"><span class=\"moz-txt-tag\">\/<\/span>Triomf<span class=\"moz-txt-tag\">\/<\/span><\/em>  het eers drie jaar later in 1994 die lig gesien. <\/p>\n<p>Waar van Niekerk elke moontlike verskoning gebruik om Afrikaners in haar  boek by te kom, het die regisseur Raeburn egter &#39;n film gemaak wat alle  blankes verguis. Die rolprentweergawe is dus nie soseer anti-Afrikaans  as anti-blank nie. Waarskynlik sonder dat die regisseur dit bedoel het,  is veral Mol, die moeder, &#39;n verpersoonliking van &#39;n Engelse ploert  omdat die aktrise se Afrikaans eenvoudig nie goed genoeg is om haar  karakter oortuigend te speel nie. <\/p>\n<p>Tewens, die spel in die film is oor die algemeen maar gemiddeld.  Treppie, Lambert se pa\/broer, is &#39;n ewe onoortuigende agterstraat  Afrikaner. Sy gesigsuitdrukkings en hebbelikhede herinner ook te sterk  aan die van &#39;n rowwe Rooinek en hy praat ook deurentyd soos sy moeder  Mol, Afrikaans met &#39;n effense Engelse aksent. <\/p>\n<p>Die rolprent word dus gereduseer tot &#39;n reeks tonele waarin  onderskeidelik bloedskande gepleeg word, meer gesofistikeerde kleurlinge  se vleisbraai ontwrig word, vreeslik gesofistikeerde lesbi&euml;rs oorkant  die straat gedwing word om te verhuis, en die armsalige verafrikaansde  Engelse gesinnetjie nie weet hoe om in &#39;n Spur op te tree nie. Kortom &#39;n  namaaksel van die rolprent <em class=\"moz-txt-slash\">The Beverly Hillbillies<\/em> in Afrikaans, met  meer kru tonele as die Amerikaanse weergawe. <\/p>\n<p>As vuil taal, bloedskande, en armblankes van Engelse oorsprong jou  amuseer, gaan kyk die rolprent gerus. Indien nie, sou ek eerder Pixar se  satire op vetsugtige Amerikaners, <em class=\"moz-txt-slash\">Wall-e<\/em>, aanbeveel. Minstens kan die  hele gesin laasgenoemde geniet. <\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0438\u0433\u0440\u044b \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u043a\u0430\u043c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/63481-eks-rukovoditelyu-xarkovskoj-strojfirmy-grozit-12-let-tyurmy.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/antonbkl.JPG\" width=\"77\" height=\"101\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Ek het onlangs &#39;n voorskou van die rolprent <em class=\"moz-txt-slash\">Triomf<\/em> te siene gekry, wat  gebaseer is op Marlene van Niekerk se boek met dieselfde naam. Vir  diegene wat moontlik nie die boek gelees het nie, die volgende ter  agtergrond: <\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[2188,2190,2189,152,2184,2185,2187,21092,2186,2183],"class_list":["post-2301","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-afrikaners","tag-anti-blank","tag-anti-white","tag-anton-barnard","tag-bloedskande-en-armblankes","tag-films","tag-marlene-van-niekerk","tag-rubrieke","tag-triomf","tag-vuil-taal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2301","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2301"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2301\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2301"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2301"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2301"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}