{"id":22983,"date":"2014-03-11T10:39:20","date_gmt":"2014-03-11T08:39:20","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=22983"},"modified":"2014-03-12T20:51:50","modified_gmt":"2014-03-12T18:51:50","slug":"bodem-boek-ii-5-die-trappe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=22983","title":{"rendered":"Bodem boek II, 5: Die trappe"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 4: Die nagvlug\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=22925\">Bodem boek II, 4<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek wag nie om afstande te meet, relatiewe snelhede te bepaal en ingewikkelde meetkunde te doen nie, maar tol op my hak om en sit vir Joachim, Dennis en Micki agterna. My skoensole gly vir vastrap op die nat teer en daar is genoeg tyd vir my om te swets omdat ek nog my blinkgepoleerde leeroperaskoene aanhet, maar dan is ek volspoed \u00a0daar weg en my harde skoensole trommel \u0149 skerp klik-klaktaptoe teen die straatoppervlakte.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Agter ons lem sissende bevele en dreigemente deur die naglug en die lig van flitse trek ons vas. Hulle kom van voor en agter na ons toe, vinnig, doelgerig, met geweld en berowing as oogmerk; kom soos twee suiers in \u0149 silinder met ons in die middel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek haal die drietal voor my met \u0149 paar tre\u00eb in; Joachim heel voor met die Lupara uitgestrek voor hom, Dennis en Micki skuins agter hom op die flanke. Ek versnel en begin by hulle verbygaan om enige bresse wat die kort haelgeweer se blaf gaan oopruk, uit te buit, toe Joachim skielik loodreg na links swenk, so onverwags dat die ander twee net-net in slordige formasie met hom bly. Ek kyk nie eers waarheen hy gaan nie, maar volg sy leiding so vinnig en rats as wat ek kan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim hardloop by \u0149 kantoorblok se ingang in, deur \u0149 wye portaal en by die trappe op en links daarmee tot by die eerste verdieping waar ons weg deur dubbelglasdeure versper word. Daar is skielik vir my splinternuwe moontlikhede in die konfrontasie: Die trappe is niks wyer as twee meter nie, en hoewel ek weet dat ek binne oomblikke hand-tot-hand in \u0149 dodelike geveg gaan wees, is ek verlig dat die aanvallers nie agter my kan ombeweeg nie. As hulle tot by Joachim en die ander \u2013 Micki! \u2013 wil kom, sal hulle deur my moet gaan. Ek dink nie vir \u0149 oomblik hulle kan dit nie doen nie \u2013 daar is na alles tien van hulle \u2013 maar ek is onmiddellik vasberade om dit vir hulle so moeilik as moontlik te maak. En as hulle wel oor my dooie liggaam sou kom, moet hulle Joachim se haelgeweer in die twee groot donkerbekke kyk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">My onmiddellike probleem is dat ek ongewapen is. Die eerste ding wat ek doen nadat ek halfpad teen die trappe op omgespring het, is om my rugsak, \u0149 bonkige outydse seilbesigheid, van my rug af te ruk omdat dit my spoed en ratsheid belemmer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Buite die deur spat ons agtervolgers in twee strome bymekaar en dan kom hulle by die opening in, twee van hulle in die voorste linie, die een effe voor die ander, twee identiteitlose silhoe\u00ebtte in die glans van die flitsligte agter hulle. Die voorste een steek voor die trappe vas, sy arm haal langs sy kop oor en ruk vorentoe. \u0149 Donker voorwerp woer deur die lug na my en ek ruk die rugsak voor my gesig op. Iets swaars en hard tref dit met \u0149 diep, indrukwekkende slag en iets van yster en hout klap en klingel by my voete. Nommer twee gooi ook iets in die hardloop na my en ek val plat, hard op my rug op die trappe en het \u0149 indruk van iets lank en dun wat oor my kop gaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Agter my s\u00ea Joachim kliphard: \u201cAccidenti!\u201d, blykbaar nog steeds in operaluim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Micki gee \u0149 kort gil en \u0149 gedempte kermklank.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek het nie tyd om my daaraan te steur nie, want Nommer Een en Nommer Twee kom met geweldspoed teen die trappe op, reg om munt te slaan uit enige weifeling wat deur hulle gegooide voorwerpe veroorsaak is. Ek kom regop, gryp die rubberoorgetrekte platmetaaltrapre\u00ebling met albei hande en stut myself op my arms terwyl ek met albei bene opskop. My skoensole tref vir Nommer Een vol teen die borskas en die geweld slinger hom agtertoe en teen die trappe af.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nommer Twee gee \u0149 verbaasde kreun, grom dan en wip teen die trappe op na my toe. In die gedempte lig sien ek dat hy sy hand na my toe uitsteek en my instinkte en spiergeheue neem oor. Dis nie asof ek nie al tienduisend stoeigevegte begin het teen iemand wat \u0149 hand uitsteek om na my te tas nie. Met my regterhand vang ek sy linkerarm om die pols en ruk hom van balans af, vorentoe, na my toe, ruk dan sy arm agteroor dat sy hand omtrent langs sy oor is, ryg my linkerarm onder sy boarm deur en sit my \u00a0linkerhand oor my regterhandse vingers wat om sy voorarm knel. Sy arm is nie in \u0149 goeie hefboomposisie vir hom om krag uit te oefen nie. My twee arms daarenteen is ideaal geposisioneer en ek beur sy arm agteroor met al my krag. Iets moet padgee en anatomies kan dit net op een plek gebeur: Sy elmboog. Die oomblik wat die ligamente meegee en die voorarm uit potjie spring, klink soos \u0149 vars slaaikop wat middeldeur geskeur word; \u0149 sappige knarsklank.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy gil is rou, verskrik en uitgerek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek stoot hom skerp agtertoe en hy tuimel ondertoe teen Nommer Drie en Nommer Vier vas en hulle verdwyn in \u0149 bondel arms en lywe weg. Onder versamel hulle in \u0149 onsamehangende, swetsende bondel totdat twee daarvan afdeel en behoedsaam teen die trappe opkom, een gewapen met \u0149 kapmes en die ander met \u0149 bofbalkolf. Dit kry my aandag. \u0149 Swaar kolf soos di\u00e9, met die gewig aan die voorkant gekonsentreer vir groter momentum, sal \u0149 skedel, been of voorarm vergruis. Tyd om te retireer, wat ek doen deur agteruit teen die trappe op te klim terwyl ek hulle so deeglik as wat ek kan in die dowwe lig dophou.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy is dood,\u201d s\u00ea die een aan my linkerkant. \u201cJy is so dood.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLos ons net,\u201d s\u00ea ek, en nou kom ek eers agter hoe my asem jaag. \u201cOns soek nie moeilikheid nie. Ons probeer net wegkom.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy gaan n\u00earens nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek gee nog \u0149 tree agtertoe teen die trappe op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het nie tyd hiervoor nie,\u201d s\u00ea ek. \u201cHulle kom. EPS kan hulle nie terughou nie. Die stad gaan netnou krioel met hulle en hulle gaan alles voor hulle doodmaak, julle ook.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDan moet ons gou maak!\u201d s\u00ea die bofbalkolwer en swaai skielik en hard na my, van bo na onder, soos iemand wat houtkap, want die gebou se muur is te na aan hom vir \u0149 horisontale swaaihou. Ek tree vinnig na my regterkant en die kolf sloeg teen die trappe langs my vas. Ek gee nog twee vinnige tre\u00eb agteruit, maar my beweegruimte raak nou vinnig op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die duisternis word van agter my in \u0149 duisend spattende skerwe gekerf deur \u0149 skel, heldergroen verblindingslig. My twee aanvallers steek vas, beroof van hulle sig en wankelrig in hulle ori\u00ebntasie. \u0149 Lang, dun voorwerp gly van agter oor my skouer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVat Jood,\u201d s\u00ea Joachim baie na aan my. \u201cVat en steek die helsems vol gate.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek krul my vingers oor die voorwerp en bring dit vorentoe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die frenetiese, dansende groen lig, eien ek \u0149 spies, nie \u0149 assegaai nie, maar \u0149 lang, slanke atletiekwerpspies, die voorwerp wat die tweede aanvaller na my gegooi het. Dit vat my een sprong om drie trappe ondertoe te gaan en ek is binne trefafstand. Ek ruk die spies vorentoe, in die bofbalkolwer se bolyf vas en ruk dit uit. Daar is \u0149 duidelike, vleesagtige suiggeluid net voordat hy begin skree.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die kapmesaanvaller tas soek-soek met die lang lem na my en ek skop hom vol in die gesig sodat hy onnet agteroorval teen die trappe af. Bofbalkolwer trek sy asem in en lig sowaar weer sy kolf en ek steek hom weer vinnig in die bolyf. Di\u00e9 keer draai hy om en probeer teen die trappe afhardloop, maar hy trap mis en duik in volle lengte teen sy verbysterde versterkings vas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is \u0149 onsamehangende gemaal en \u0149 hartlike gevloek by die voet van die trappe. Ek is gekondisioneer om \u0149 swakplek in \u0149 teenstander te ontwikkel en om dit dan uit te buit om hom te oorwin en sonder om te dink gee ek lang tre\u00eb by die trappe af en stamp die spiespunt in elke donker bewegende kol voor my. Hulle val soos botter voor \u0149 warm vlam voor my weg in \u0149 gegly van voete en \u0149 getokkel van wapens teen vloer en muur. Binne oomblikke staan hulle buite om die straat aan weerskante van die ingang.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSy moer!\u201d s\u00ea een in goeie volksmond-Afrikaans.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMy elmboog, my elmboog,\u201d kerm \u0149 ander een in Kaapse Engels. \u201cHy het my elmboog opgefok.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHei, ouens!\u201d s\u00ea \u0149 derde een. \u201cLionel reageer nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Flitslig gaan aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBliksem!\u201d raas iemand. \u201cAf met die flits! Wil jy die hele donnerse spul Negers hier h\u00ea?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar Lionel&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLionel is moer toe. Soos jy ook gaan wees as jy nie nou daardie flits&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die lig gaan af.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHy het my ook gekry,\u201d s\u00ea \u0149 ander een bitter. \u201cIn die arm.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn vir my in die nek!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHei jy, daarbinne!\u201d skree een van hulle op my. \u201cJou moer, pel, jou moer! Ek gaan nou daar inkom en jou stuk vir stuk uitmekaar skeur. Ek gaan jou bloed drink en die slet by jou spyker.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle het dit al probeer!\u201d roep ek terug. \u201cGoed uitgewerk, het dit? Vra vir Lionel wat dink hy!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit was niks persoonlik nie,\u201d s\u00ea hy. \u201cMaar nou is dit. Nou is dit persoonlik. Jou \u00a0moer as jy dink jy gaan hiermee wegkom.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom probeer weer,\u201d s\u00ea ek. \u201cOns het \u0149 haelgeweer.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar nie ammunisie nie, n\u00e8? Anders hoekom het julle dit nie gebruik nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Wat, nou dat ek daaraan dink, \u0149 goeie vraag is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKakkerlakke skiet \u0149 mens nie,\u201d antwoord ek maar. \u201cMens trap hulle dood. Julle kakke is niks om ammunisie op te mors nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed ges\u00ea, Jood,\u201d s\u00ea Joachim van bo af.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy is so dood&#8230;\u201d begin die wraaksugtige lat weer van buite af, maar voordat hy vir my kan verduidelik hoe onseker ons onmiddellike toekoms is, word hy onderbreek deur die geknetter van \u0149 dieselenjin en \u0149 wye, skerp lig slaan oor die teerpad uit en beweeg na die gebou se kant.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEPS!\u201d gil iemand. \u201cBeweeg!beweeg!beweeg!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is \u0149 stormgedreun van voetsole wat teen die beton van die sypaadjie klap.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle daar op die sypaadjie!\u201d dreun \u0149 stem oor \u0149 luidspreker, \u201cbly waar julle is!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die bevel word alleryl verontagsaam en die dieselenjin se toonhoogte styg wanneer die voertuig oorgaan in agtervolging. Daar is \u0149 duidelike Doppler-effek wanneer dit by ons gebouopening verbyjaag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat maak ons&#8230;\u201d begin Dennis ietwat skril.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cStil!\u201d fluister Joachim gebiedend. \u201cMiskien het van die bemanning uit die voertuig gestap.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoet ons \u00a0nie hardloop nie?\u201d vra Dennis.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns wag eers!\u201d fluister Joachim terug. \u201cAs EPS ons in die oopte vastrap, gaan ons sukkel. Stil net eers.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek gaan sit op die trappe en die nag om ons is stil al word die geruis van die oproer al \u00a0hoe duideliker van die stad se kant af. My longe soek asem, maar ek dwing myself om sag en lank asem te haal, skielik angsbevange dat manne met dodelike skietgoed en verblindende ligte enige oomblik in die ingang gaan verskyn.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJood,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cKan jy by die muur \u00a0langs die ingang gaan staan? As EPS manne gaan instuur, gaan ek hulle skiet. Kyk of jy van hulle vuurwapens kan \u00a0kry, dan help jy skiet.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk weet nie hoe werk hulle gewere nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cO, ek is seker wie ook al verskyn se geweer gaan reg wees om te vuur. Tel op, wys in hulle rigting en trek die sneller. As die geweer nie wil vuur nie, soek die veiligheidsknip. Dis gewoonlik by jou duim aan die linkerkant bo die handgreep. Jy is regshandig, n\u00e8?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek kom versigtig regop en sluip in die donker tot teen die muur langs die opening en trek myself so plat as wat ek kan daarteen. Dit kan sekondes wees wat ek daar gestaan het, of ure, of miskien het tyd net opgehou, maar ek het elke spier styfgetrek, my o\u00eb nie eenmaal geknip nie en so oorgehaal soos \u0149 slagyster gestaan en wag totdat Joachim uiteindelik heel kalm s\u00ea:<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed. Ek dink ons is veilig vir eers. Ons kan nie hier bly nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is reg,\u201d s\u00ea ek. \u201cS\u00ea net wanneer ons moet beweeg.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVoor ons gaan,\u201d s\u00ea Joachim, \u201cmoet ons net eers na my wond kyk.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cO Joachim!\u201d s\u00ea Micki verskrik. \u201cWatse wond?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie spies,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cEk is bevrees ek was in die ellendige ding se pad.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoachim! Ag, Joachim!\u201d kerm Micki.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOntspan, my dier,\u201d s\u00ea Joachim. \u201cRegte Hollywood-wond, hier by my regterskouer.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die donker begin hy neurie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">La Forza del Destino.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens<a title=\"Bodem boek II, 6: Die kantoorblok\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=23033\">\u00a0<em>Bodem boek II, 6<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 4. Ek wag nie om afstande te meet, relatiewe snelhede te bepaal en ingewikkelde meetkunde te doen nie, maar tol op my hak om en sit vir Joachim, Dennis en Micki agterna. My skoensole gly vir vastrap op die nat teer &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=22983\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 5: Die trappe&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[4112,167,15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-22983","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrika","tag-afrikaans","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22983","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=22983"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22983\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=22983"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=22983"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=22983"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}