{"id":22925,"date":"2014-03-09T07:36:33","date_gmt":"2014-03-09T05:36:33","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=22925"},"modified":"2014-03-11T10:37:11","modified_gmt":"2014-03-11T08:37:11","slug":"bodem-boek-ii-4-die-nagvlug","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=22925","title":{"rendered":"Bodem boek II, 4: Die nagvlug"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 3: Die vaarwel\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=22891\">Bodem boek II, 3<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is vier van ons en ons beweeg soos rotte deur die krake van \u0149 gevalle stad. Agter ons kan ons reeds die bloedstollende oorwinningkrete van die swart gepeupelstroom, die rammelgeweervuur van terugvallende EPS-lede en die oorblyfsels van die veiligheidsmagte, die gebrom van die enjins van motors waarin mense te laat probeer om oor Chapman\u2019s Piek na veiligheid te vlug, die ontstelde naggeblaf van honde in hulle verwarring en die eerste gille van oorweldigte mense hoor.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 Joachim se dringende woorde in my oor, het ek sonder meer opgestaan en hom gevolg. Hy het eers in die restaurant ingegaan, sy musiekstokkie uit die ho\u00ebtroustel verwyder, sy aandbaadjie uitgetrek, sy strikdas losgemaak, dit in die aandbaadjiesak gesteek en toe sy spierwit hemp uitgetrek. Onderaan het hy \u0149 swart T-hemp aangehad. Hy het sy baadjie weer aangetrek, die swart kuil op sy kop gesit, \u0149 bultende donkerbruin leersak met \u0149 skouerband agter Luigi se toonbank gaan haal en homself gereed om te vertrek verklaar.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek het sy klerevoorbeeld gevolg sover ek kon en my swart baadjie uitgetrek. Ek het nie \u0149 T-hemp soos hy aangehad nie en vir \u0149 oomblik was ek nie seker wat om te doen nie. Die sagte beligting in die restaurant is deur kerse en lanterns verskaf en toe ek in my onsekerheid opkyk, sien ek myself in die groot spie\u00ebl agter die toonbank se weerkaatsing: \u0149 Man in sy vroe\u00eb dertigs, wye gesig, blonde stoppelhare en bakore; dik stoeierskouers, lang arms en ruwe hande wat deur nette, toue en vislyne gebrei is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTrek jou baadjie net so aan,\u201d het Joachim ges\u00ea toe hy vir \u0149 oomblik oploer van sy inventaris in die drasak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">So ek trek die koel, gladde materiaal oor my en maak die boonste knoop vas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns moet gaan!\u201d het Dennis gejaagd ges\u00ea. \u201cHulle is reeds by die Parade. Die biblioteek brand. Nou nie meer lank nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Luigi het vanuit die agterste dieptes van sy restaurant verskyn met \u0149 langwerpige voorwerp in bruin papier toegedraai en \u0149 geel plastiekinkopiesak. \u00a0Hy het dit in Joachim se hande gestop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMy vriend,\u201d het Joachim ges\u00ea. \u201cHierdie is nie \u0149 oomblik vir geskenke nie. Groet my en laat ons gaan.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis nie \u0149 geskenk nie,\u201d het \u00a0Luigi in sy Engels met die Italiaanse ritmes en glyklanke ges\u00ea. \u201cDis \u0149 guns wat ek vra. Dit was my oupa se pa s\u0149, van Castelamare, op Sisili\u00eb. Ek vra dat jy dit sal oppas en as God dit gee dat ons mekaar weer sien, sal jy dit vir my teruggee.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim het die strikkies van die lyn wat die bruinpapier oor die voorwerp vasgetrek het, \u00a0losgemaak. Die papier het weg geval en hy het met \u0149 ou, kort dubbelloophaelgeweer in sy hande gestaan; so oud dat dit nog eksterne hane gehad het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cA!\u201d het Joachim met opregte verwondering ges\u00ea. \u201c\u0149 Lupara.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy weet wat \u0149 Lupara is?\u201d het Luigi gevra.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie tradisionele wapen van La Cosa Nostra? Ek lees.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy is \u0149 merkwaardige man,\u201d het Luigi ges\u00ea en die strepiesvoorskoot van sy lang lyf losgeknoop en oor sy kop getrek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGaan jy dit nie nodig h\u00ea nie?\u201d het Joachim gevra.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk kan dit nie saam met my vat nie,\u201d het Luigi weemoedig verduidelik.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Een van die strenger re\u00ebls wat EPS ingestel het, was \u0149 algehele verbod op vuurwapens in privaatbesit. In hulle nimlike styl was die straf vir di\u00e9 wat met een betrap is, summiere teregstelling.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy doen my \u0149 groot eer aan,\u201d het Joachim ges\u00ea.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMy oupa moes Suid-Afrika toe vlug omdat hy sy suster se eer met hierdie wapen verdedig het. Eendag, wanneer ons mekaar weer sien, kook ek vir jou pasta en vertel jou die verhaal.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk sien uit daarna.\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_22927\" aria-describedby=\"caption-attachment-22927\" style=\"width: 212px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-22927 \" alt=\"Vb20140226\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Vb20140226-212x300.jpg\" width=\"212\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Vb20140226-212x300.jpg 212w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Vb20140226.jpg 450w\" sizes=\"auto, (max-width: 212px) 85vw, 212px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-22927\" class=\"wp-caption-text\">Lees Bodem I in die formaat van u keuse deur hier te klik!<\/figcaption><\/figure>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die twee het omhels en nadat hulle weggetree het van mekaar af, het Joachim die lope geknak en twee vet rondtes in die oop bekke daarvan gedruk, die geweer toegeklap en die spanning van die hane se vere met sy duim getoets.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom!\u201d het hy vir my en Dennis ges\u00ea en ons is daaruit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Later, volgens ons inligting, het Luigi en sy afgesloofde vrou, Giulia, dit tot by Llundudno gemaak waar hulle een laatnag deur \u0149 rubberboot opgepik en na \u0149 groot motorjag geneem is. Hulle het ongeskonde in Sisili\u00eb opgedaag, \u0149 bewys dat die Italiaanse Famiglia nog springlewendig is en, net soos hulle in geslagte nie \u0149 onreg vergewe nie, ook die afstammelinge van getroue lede onthou.)<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Halwe blok van die restaurant af het Micki by ons aangesluit en ek was baie tevrede, want ek het baie gedagtetyd aan haar afgestaan in slaapontwykende nagte in my hut teen die kloofhange by Smitswinkelbaai.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk kom saam,\u201d het sy ges\u00ea, nie vir my nie, maar vir Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nou ja, hy was die man met die haelgeweer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAs jy kom, kan jy nie weer omdraai nie,\u201d het Joachim vir haar ges\u00ea.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNietemin. Ek kom saam.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek sou haar nie kon wegwys nie. Joachim ook nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nou loop ons met vinnige, versigtige tre\u00eb deur Kaap Mandela wat eens Jan van Riebeeck se Goeie Hoop was. Joachim is voor, behoedsaam, maar skynbaar ook heeltemal seker van waarheen hy gaan, Micki links agter hom met \u0149 gemaklike trippelgang van klein voetjies en aan sy ander kant, Dennis, met die aluminiumtas in albei sy arms soos \u0149 baba in die hoogvoorposisie. Ek loop \u0149 tree agter hulle en probeer elke geheime beweging in die donker raaksien en elke geluidjie ontleed.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek het voorgestel dat ons my ou Ford-bakkie vat, maar Joachim het simpatiek en ferm ges\u00ea dat dit nie die voertuig vir hierdie nag is nie. Ons is by die voertuig verby en ek het my rugsak agter uit die kappie gehaal, myself in die skouerbande ingewikkel en weggestap van my geroeste ou staatmakerkar, sonder om weer om te kyk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachi lei ons noord en wes, bolangs deur die besigheidsdistrik. Die nag was leeg om ons. EPS se aandklokre\u00ebl en patrollies het die strate skoongevee van mense. En tog was die \u00a0menslike rotte reeds aan die werk, die meer geslepe en geharde opportuniste het, soos ons, teenaan mure, in skaduwees, om hoeke geskarrel, op soek na \u0149 gleuf om in te dring en te plunder.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hierdie rotte is veelsydig, nie net op snuffel vir krummels wat oorgebly het nie, maar ook bereid om saam te span in hinderlaag vir die verdwaalde wat onbedag deur die duisternis kruip op soek na uitkoms.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek was nooit gemaklik in Kaap Mandela nie. Dit was asof die vervalle stad skepties was oor my gretigheid om vriende te wees. So, as ek nou daaraan dink, kan ek nie met sekerheid s\u00ea waar ons was nie; net iewers in \u00a0die middel van \u0149 straatblok, tussen die rommel en brokstukke wat aan die voet van die ho\u00eb, reghoekige gebou gestort is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hulle het gewag tot ons mooi in die fuik is, toe verskyn hulle voor ons, \u0149 halfdosyn vinnige, doelgerigte figure, blank en kleurling saam, met onheiligheid voor o\u00eb. En agter ons sluit nog vier ons ontsnaproete af.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die skok trek my koud en styf aan die binnekant. Dennis maak \u0149 binnensmondse kermgeluid en Micki hyg sodat haar asem effens fluit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek draai om na die bedreiging agter ons, moedeloos bereid om my te verset teen hulle, sonder \u0149 wapen, nie eers \u0149 halwe besemstok of \u0149 vismes by my nie. Hulle kom in \u0149 halfmaanformasie aan en ek sien \u0149 piksteel en \u0149 lengte ketting in die flou lig van \u0149 veraf straatlig. Ek probeer taktieke uitwerk en besluit om na regs te beweeg sodat ek met bietjie geluk \u0149 kort tydjie sal h\u00ea om teen die figuur op hulle linkerflank op te tree. Ek is fiks en het vermo\u00ebns, maar my weerstandskuns berus daarop dat ek my hande op my teenstander moet l\u00ea; d\u00e1n kan ek sy gal werk, maar hoe lank het ek voordat die ander ombeweeg om my van agter te pak. En wat gaan voor my gebeur? Hoe gaan \u0149 akteur, \u0149 elektroniese ingenieur en \u0149 popfynmeisie in \u0149 brutale skermutseling vaar?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dan hoor ek vir Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHmm,\u201d s\u00ea hy bedaard. \u201cHier is nou vir jou \u0149 situasie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoachimmm!\u201d pleit Micki.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die vier begin na my beweeg en wanneer hulle eers in aantog is, kom hulle vinnig, doelgerig, dreigend.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek hoor hoe Joachim die haelgeweer se hane terugtrek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAs ek s\u00ea storm,\u201d beveel hy kalm, \u201cdan storm julle&#8230;<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c&#8230; stor-HIMMM!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">En toe storm hy vorentoe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens <em><a title=\"Bodem boek II, 5: Die trappe\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=22983\">Bodem boek II,\u00a05: Die trappe<\/a><\/em>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 3. Daar is vier van ons en ons beweeg soos rotte deur die krake van \u0149 gevalle stad. Agter ons kan ons reeds die bloedstollende oorwinningkrete van die swart gepeupelstroom, die rammelgeweervuur van terugvallende EPS-lede en die oorblyfsels van die veiligheidsmagte, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=22925\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 4: Die nagvlug&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[4112,167,15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-22925","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrika","tag-afrikaans","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22925","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=22925"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22925\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=22925"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=22925"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=22925"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}