{"id":22891,"date":"2014-03-07T09:48:44","date_gmt":"2014-03-07T07:48:44","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=22891"},"modified":"2014-03-09T07:38:41","modified_gmt":"2014-03-09T05:38:41","slug":"bodem-boek-ii-3-die-vaarwel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=22891","title":{"rendered":"Bodem boek II, 3: Die vaarwel"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a> is reeds volledig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 2: Die godeskemer\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=22859\">Bodem boek II, 2<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die nag was soos \u0149 digte, swart gordyn wat die geluide van geweld en verwoesting gedemp het, soos die geluide van \u0149 skreeustryery in \u0149 ander kamer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die res van die geselskap het op die stoep op regop krulmetaalstoele by ronde pyp-en-glastafeltjies onder restaurantsambrele kom sit. Meneer en Mevrou Lafferty het aan die linkerkant gesit, hy oud en wit van vloeiende hare, sy tengerig en diep beplooi, hulle hande op sy skoot ineen, vingers deurvleg. Middeljarige Terrence in ontwerperswindbreker en duuretiketjeans het sy stoel tot agter sy Gerhardus s\u0149 geskuif en sy arms beskermend om die bewende en sporadies snikkende jongman gesit en in \u0149 lae stem gerusstellings geneurie wat hyself nie geglo het nie. Micki Nielson, klein en kurweryk met die diepdimpelgrinnik en die groot donker o\u00eb in die vierkantige gesiggie wat by oogbank en kakebeen gerond is, het op \u0149 tafel gesit met haar voetjies in satynaanglippertjies op die rugleuning van \u0149 stoel en met haar arms omhelsend om haar knie\u00eb. Nog paartjies, enkele vriende, \u0149 besprenkeling enkelinge.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Eintlik moes ons lankal daar weg gewees het, en ons het dit besef, maar was onwillig om van mekaar af weg te gaan. Terwyl ons daar bymekaar was, kon ons onsself toewikkel in die oorblyfsels van ons leefstyl, in die omarming van \u0149 beskawing van sekerheid, orde en mooi dinge. Ons het geweet dit is ons laaste aan bymekaar, die finale byeenkoms van KOLK, en ons almal het vermoed dat daar vir elkeen van ons \u0149 koue, harde, verwarrende plek wag waar ons sou terugdink aan ons eet en luister en redekawel en die herinnering sou te swaar wees om te dra.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons was stil, soos \u0149 minnaar wat langs sy geliefde se bed waak en stilbly terwyl hy luister vir die ontsnapping van daardie laaste, laaste asem.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hans-Joachim Marseilles Bekker het kop na onder gestaar na die digitale musiekstokkie in sy hand en die gloed van die klein skermpie het \u0149 dowwe wasblou glans teen sy gesig gekaats. Meteens het hy net gemompel, \u201cMuti!\u201d, opgestaan en in die restaurant ingegaan. Die Verdi het midde-akkoord stil geword en na \u0149 stilte pols die ouverture weer deur die nag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim het teruggekeer en die vraag wat niemand hardop gevra het nie geantwoord:<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle wou Muti luister, nou luister ons Muti.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar ons het al&#8230;\u201d het Sheila Baxter begin.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMuti!\u201d het Joachim ges\u00ea. \u201cLuister.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sheila het in haar skraal, streng self teruggetrek. Sy was nie \u0149 Joachim-aanhanger nie, hoewel daar \u0149 tyd was, voor ek KOLK begin bywoon het, wat die onderhandelinge tussen hulle reeds ver gevorder was in die rigting van \u0149 verhouding. Het sy uiteindelik vasgeskop of het Joachim haar nooit die kans gegee om dit te doen nie? Ek weet nie, maar sy was daarna uit verstek teen hom en enige van sy idees gekeer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die ouverture kom uitasem tot \u0149 einde, maar begin weer. Di\u00e9 keer is dit egter anders. Dit is nie so opdringerig as voorheen nie, die buitelyne daarvan nie so skerp getrek nie, minder saaklik asof dit \u0149 emosie eerder as \u0149 stel feite beskryf.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTullio Serafin,\u201d het Joachim sag ges\u00ea.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die laaste note het weggedryf soos as op die wind en toe begin die ouverture weer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die musiek is di\u00e9 keer vol flits en kleur, \u0149 storm van musikale emosie, \u0149 volkleur interpretasie van innerlike stormweer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGeorg Solti,\u201d het Joachim sag ges\u00ea.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Terwyl dit opgewerk het na \u0149 ontstelde einde, het hy opgemerk: \u201cMuti? Muti was \u0149 musikale swendelaar. Hy het altyd aan homself gedink as die nuwe Toscanini. Maar hoekom dan na hom luister? Hoekom die nabootsing verdra as die oorspronklike tot ons beskikking is?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die ouverture het nogmaals begin, nou duidelik in \u0149 ouer opname, maar die musiek was asof sonder vernis, presies en duidelik, uitgemeet en helder sodat elke ingewikkelde weefsel daarvan gehoor en geplaas kon word in \u0149 aangrypende geheel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns kan KOLK nie toemaak met Muti nie,\u201d het Joachim ges\u00ea.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy het by sy glas gaan sit, \u0149 sigaar uit sy sak gekry, tussen voortande vasgebyt en in groot konsentrasie met \u0149 silwer aansteker brandgemaak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die ouverture het weer begin en na \u0149 bietjie oorweging het ek besef dit is die Serafin-weergawe. Di\u00e9 keer het die musiek nie aan die einde van die ouverture opgehou nie en die opera het voortgegaan. Serafin. Ek het gegrinnik. Joachim het sy sin, nie sy volle sin nie, maar wel sy sin gekry. Sy weergawe. Boonop met Maria Callas as Leonora. (Ek het meer as een keer in die veld daaraan gedink, aan hoe hy dit bewimpel het om die musiek van sy keuse op \u0149 aand met soveel simboliese gewig te speel. Die goeie bevelvoerder vind altyd \u0149 manier om sy wil af te dwing \u2013 en dit beskryf baie van die Maarskalk.)<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMag van die Noodlot,\u201d het hy ges\u00ea toe die eerste staalblou sigaarrook om hom gewalm het. \u201cWat was dit met Verdi en die noodlot? Hy was skoon behep daarmee. Vir Verdi was die orkes nie meer net daar om te begelei nie; dit het \u0149 karakter in die opera geword, die alwetende verteller te midde van die aksie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLuister maar net hoe die dalende akkoorde die leuen van Violetta uitklee wanneer sy sing, \u2018Sempre Libera\u2019 \u2013 altyd vry.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c\u2018Maar jy is nie vry nie,\u2019 s\u00ea die orkes. \u2018Madama Valery, jy is \u0149 slaaf van jou herkoms, van jou eie geaardheid, van mense se verwagtinge van jou. Altyd vry? Nee, my skat. Altyd onder die juk, eerder.\u2019<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOf Radames, selfs wanneer hy in sy verheerlikte oomblik Aida se glans beskryf \u2013 hemelse Aida! \u2013 vertel die orkes iets anders, van toekomstige en uiteindelike ellende.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn hoekom glo ons die orkes en nie vir Violetta of Radames nie? Want die orkes is vir Verdi die woordvoerder van die noodlot en by Verdi het die noodlot die laaste s\u00ea en al wat hy vir ons as mense kan aanbeveel is om daarby te berus, meer nog, om die noodlot te respekteer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn nie net hy nie. Dit is die kollektiewe tema van die ganse romantiese beweging. Jy hoor dit in die golwe van Mendelsohn se Hebrides Ouverture, in Smetana se Moldau, in Beethoven, ja Beethoven, se Vyfde Simfonie. Tatata-DAM!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is so vererg as mense daarna verwys as die \u2018Oorwinningsimfonie.\u2019 Dis nooit hoe hy dit beskryf of bedoel nie. Die idee dat dit Oorwinning as tema het, kom uit die Tweede W\u00eareldoorlog toe die eerste akkoorde gebruik deur die BBC gebruik is vir die kenwysie van hulle oorlognuusprogramme. Drie kort akkoorde en een lange. Tatata-DAM! Kort-kort-kort-LANK. Die morsekode vir \u2018V.\u2019 V for Victory. Maar Beethoven het ges\u00ea dit beskryf die onafwendbaarheid van die noodlot. Tatata-DAM! Noodlotsimfonie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis wat hulle almal vir ons s\u00ea. Jy kan nie van die noodlot ontsnap of dit ontglip nie. As dit eers geaktiveer is, sal die noodlot sy weg met elkeen van ons h\u00ea, net so seker as wat die prys wat die ouman se vloek gehef het, deur Rigoletto betaal sou word, hoe hard hy ook al gepoog het om dit te flous.<\/p>\n<figure id=\"attachment_22927\" aria-describedby=\"caption-attachment-22927\" style=\"width: 212px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-22927 \" alt=\"Vb20140226\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Vb20140226-212x300.jpg\" width=\"212\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Vb20140226-212x300.jpg 212w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/Vb20140226.jpg 450w\" sizes=\"auto, (max-width: 212px) 85vw, 212px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-22927\" class=\"wp-caption-text\">Lees Bodem I in die formaat van u keuse deur hier te klik!<\/figcaption><\/figure>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar hoekom die noodlot? Hoekom het dit die hooftema van die romantiek geword?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLuister as hulle die Noodlot beskryf? Wat hoor jy? Lofprysing! Dis die liturgie van humanisme. Die Kerk se houvas is gebreek, maar dit het die Europe\u00ebr onrustig gelos. Niks het hom so onseker gemaak as die gedagte dat alles wat hy bymekaar gemaak en gebou het, vernietig sou word deur sy eie arrogansie nie. Toe God in sy gemeenskaplike denke gefigureer het, was dit maklik. Hoe kan jy jouself aanmatig teenoor die Almagtige? Jy hou jouself in die regte perspektief deur Hom te loof. Beethoven s\u00ea dit in die Negende Simfonie met Schiller se woorde: \u2018Bokant die sterre, m\u00f3\u00e9t \u0149 God wees!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn wanneer God uit die filosofie van die tyd gerangeer word, nou ja, dan bring jy jou lof aan die Noodlot; d\u00e1n kan jy jouself nie aanmatig nie. D\u00e1n vrywaar jy jouself teen hubris en hoogmoed en kan die goue nuwe tye aanhou. En nie net dit nie. Nou kan jy berusting kry as die vloede van geskiedenis oor jou spoel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat kon \u00e9k doen? Dit was die Noodlot. Rewolusie? In die hande van die Noodlot. Napoleon se eiewaansinnige verowerings? Voorheen, s\u00ea maar in die tyd van Bach en H\u00e4ndel, sou hulle ges\u00ea het, die verwoester is \u0149 instrument in die hand van God. Nou is hy die werktuig van die Noodlot. Kom ons aanvaar dit. Kom \u00a0ons aanvaar niemand kan die Noodlot keer nie, nie eers die gode nie, en daarom aanvaar ons die G\u00f6tterd\u00e4mmerung.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dink baie aan Hitler en ek weet ons is polities-korrek verbied om aan Hitler te dink, maar ek dink aan hom en sy verknogtheid aan Wagner. En ek sien hoe hy een nag na \u0149 vertoning van Siegfried \u0149 epifanie op \u0149 koppie in Berlyn beleef en homself toewy aan \u0149 ideaal, hoe verwerplik ons ook al gekondisioneer is om nou daaraan te dink. En ek dink aan hoe hy homself voorberei om in \u0149 immolasie te vergaan, om weg te brand, as sy uitvoering van die ideaal te kort sou skiet, deur vlamme verteer sou word soos Wagner se gode in Valhalla in sy \u2018G\u00f6tterd\u00e4mmerung\u2019. Hoekom anders het Hitler beveel dat hy verbrand moes word na sy dood. In sy o\u00eb was hy \u0149 god en \u0149 god wat misluk moet weggebrand word sodat hulle nie net nie kan besmet nie, maar ook nie besmet kan word nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar was woordeloosheid op die restaurantstoepie terwyl hy asem geskep het, \u0149 slukkie Cognac gedrink en aan sy sigaar getrek het, voordat hy hervat het:<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSo kom ons om, so kom ons om. God het besluit. Die Noodlot het besluit. Maar wat as die Kerk verkeerd was, en Verdi gedwaal het? Wat as ondergang nie deur God of die Noodlot bepaal is nie? \u201cWat as ondergang maar net die gevolg van menslike onnoselheid, nasionale hardkoppigheid, gemeenskaplike hoogmoed is?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk kyk deur geskiedenis en ek sien nie \u0149 onontsnapbare Noodlot nie, maar patrone. D\u00eds wat ek sien. Patrone. Siklusse.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit is eintlik so eenvoudig om vrede te bewerkstellig en vrede te bewaar. Sit \u0149 grens tussen verskillende volke, rasse, nasies. Laat elkeen homself regeer. Laat die skrander volk vooruitgaan en laat die stompsinnige sy voorkeur om sy land en homself te vernietig toe. Wil jy weet waarmee word vrede tot stand gebring? Met doringdraad.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn hoe hou jy die vrede in stand? Regeer die mense goed. Dis net asof die mense dit besef net na \u0149 oorlog. Na \u0149 oorlog sorg die regering goed vir die volk, of, nog beter, gee die volk genoeg ruimte om vooruit te gaan. Maar dit bly nooit so nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis soos \u0149 kondoom met \u0149 swakplek. As jy hom eers opblaas, lyk hy goed en vrolik en nuttig. Maar blaas meer, en dikwels sien jy hoe \u0149 kol waar die latex swak is, uitswel, soos \u0149 gewas op \u0149 koei se uier, en dis net daar wat dit bars.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNet daar herhaal die persoon homself. Die druk in die kondoom vind altyd die swakplek. Dis wat met regerings gebeur en, of dit nou sosialisme of kapitalisme is, dit lyk vir my die patroon sal homself altyd herhaal. Die regeerders vorm \u0149 elite en die belange van hierdie elite word gedien eerder as die beswil van die volk. Die volk word weersinnig en dan afgunstig en die druk neem toe en neem toe totdat daar \u0149 uitbarsting is. Daar is anargie en geweld, bloedverlies en saakvernietiging, omverwerping en wraak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVegetius se stelling is \u2018Si vis pacem, para bellum.\u2019 As jy vrede soek, berei voor vir oorlog. Maar dit lyk vir my dat oorlog nodig is vir vrede. As die druk tussen lande opbou, moet dit afgetap word deur oorlog. As die druk \u00edn \u0149 land opbou, is burgeroorlog nodig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cIn hierdie pragtige, vervloekte land van ons het die druk ook te veel geword. Dit sou altyd te veel geword het, sedert die kranksinnige idee van die Britte in 1902 om Witman, Indi\u00ebr, Kleurling en Swartman in een kamp te sit, met doringdraad \u00f3m hulle eerder as t\u00fassen hulle. Uiteindelik was die kondoom te vol swakplekke, die elite te gulsig en te onbeholpe. Maar al was hierdie die beste kondoom wat geld kon koop, het dit uiteindelik tog gebars. Die lugdruk wat daarin opgebou het, was net te hewig. Dis soos die koolsuurgas wat opgewek word as jy koeksoda en asyn bymekaar voeg. Dit bou op en op en op en moet iewers op \u0149 bars, \u0149 uitploffing uitloop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie Kerk sou s\u00ea God het dit so beskik. Verdi sou dit aan die Noodlot toegeskryf het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis nie God nie. Dis nie Noodlot nie. Dis menslike patroon.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Musiek te midde van die stilte. La Forza del Destino. Ons in ons borrel van mooi aan die einde van beskawing.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dennis het skielik die oorfone uit sy ore getrek en omgekyk na Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cS\u00ea maar,\u201d het Joachim Bekker ges\u00ea. \u201cOns almal mag hoor.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHulle onttrek. EPS onttrek van Woodstock en van Chris Hani.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat beteken dit?\u201d wou Gerhardussie skril weet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit beteken dis verby,\u201d het Joachim ges\u00ea, met \u0149 duidelike stem, ongetwyfeld omdat hy geweet het dit sou gebeur. \u201cHulle gaan nou die stad oorstroom. Net te veel klinknaels het in die boot se romp losgespring. Daar is net te veel lekplekke. Hulle kom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit is tyd om te gaan, liewe vriende. Tyd om arrivederci te s\u00ea. Vaarwel. Ons moet vaarwel s\u00ea, want ons sal nooit weer almal saam wees nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Mense het na mekaar gekyk, naderhand opgespring en mekaar begin omhels, onderlangs getroos, grappies in die skaduwee van onheil gemaak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die meeste van die mense daar het vroe\u00ebr al besluit om die Schlettwein-opsie te gebruik, ontwerp deur \u0149 amptenaar van EPS. Hulle het hulle weg gebaan na Chapman\u2019s Piek en met die pas langs verby Llundudno tot by Houtbaai waar hulle in \u0149 vlugtelingkamp versamel is. Wat van hulle daar geword het, weet ek nog nie. Hoeveel in die slagting omgekom het toe die flottielje rowers van die see af gekom het nadat EPS en die VN onttrek het, kan ek nie s\u00ea nie. Ons het baie lank daarna, lank soos gemeet in gebeure eerder as tyd, vir Gerhardussie raakgeloop, of wat van hom oorgebly het in die dop van \u0149 man wat lusteloos met ons gepraat het, en hy het ons vertel wat met Terrence gebeur het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Meneer en mevrou Lafferty het \u0149 ander plan gehad. Hulle het hulle aftrede deurgebring met die teling en vertoning van hulle Glen of Ismaal-terri\u00ebrs, \u0149 ras wat deur uitwissing bedreig is. Hulle kon nie hulle dosyn honde Houtbaai toe vat nie en kon hulle nie los om in die Chaos te vergaan nie. Sover ons verstaan, het hulle die honde, elkeen van hulle, daardie nag met gemaalde slaappille in ingelegde sardiens uitgesit. Daarna het Ouman Lafferty vir sy eggenoot van sestig jaar \u0149 oordosis van dieselfde slaappille met haar Milo ingegee en toe hy seker was sy haal nie meer asem nie, het hy homself met sy ou Webley in die slape geskiet. Daarna het die Chaos gekom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar niks hiervan het ons geweet toe ons mekaar op die stoep by Le Amici gegroet het nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dennis het op \u0149 teken van Joachim die radio\u2019s in die tas weggepak en die deksel toegeklap.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim het agter my kom staan, sy hand op my skouer gesit en sag ges\u00ea: \u201cAs jy wil leef, kom n\u00f3\u00fa saam met my!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgense <em><a title=\"Bodem boek II, 4: Die nagvlug\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=22925\">Bodem boek II, 4<\/a><\/em>.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers\u00a0Bodem boek II, 2. Die nag was soos \u0149 digte, swart gordyn wat die geluide van geweld en verwoesting gedemp het, soos die geluide van \u0149 skreeustryery in \u0149 ander kamer. Die res van die geselskap het op die stoep op regop krulmetaalstoele by &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=22891\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 3: Die vaarwel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[4112,167,15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-22891","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrika","tag-afrikaans","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22891","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=22891"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22891\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=22891"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=22891"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=22891"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}