{"id":22859,"date":"2014-03-06T13:40:51","date_gmt":"2014-03-06T11:40:51","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=22859"},"modified":"2014-03-07T07:23:32","modified_gmt":"2014-03-07T05:23:32","slug":"bodem-boek-ii-2-die-godeskemer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=22859","title":{"rendered":"Bodem boek II, 2: Die godeskemer"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem boek II, 1: Die roeping\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=22773\">Bodem boek II, 1<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die aand wat ons vir \u0149 laaste keer by Luigi se Le Amici bymekaar gekom het om te kyk hoe die w\u00eareld vergaan, het Joachim Bekker vir ons vermaak met \u0149 toespraak oor \u0149 kondoom met swakplekke.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar was twaalf van ons in die klein restaurant: Ek, agt verskrikte liberale Kapenaars wat verskrik en verstom in geskokte ontkenning voor die einde van hulle lewens soos hulle dit geken het gesit en staar het, Joachim Bekker en sy nuwe skaduwee, Dennis, \u0149 muis van \u0149 man, in voorkoms en ook in die vinnige, senuweeagtige manier waarmee hy \u0149 stel radio\u2019s in \u0149 aluminiumkoffer beheer het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons het eers in die restaurant gesit. Daar was geen spyskaart nie. Ons het ge\u00ebet wat Luigi voorgesit het \u2013 pasta met basiliekruidpesto, varsgebakte ciabatta met pecorino-kaas en \u0149 groenslaai. Van vleis was daar nie sprake nie, maar niemand \u00a0het eers \u0149 opmerking daaroor gemaak nie. Daar was goeie, donker rooiwyn en daarna drank na keuse en sigare vir Joachim, Dennis en my. (Dennis het agterdogtig gesuig-suig aan syne, asof hy onseker was oor wat die voorkant is.)<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Niemand het \u0149 opera en \u0149 praatjie daaroor vir die aand voorberei nie en daar is bietjie gekibbel oor die fokuswerk van die aand. Joachim het Wagner se G\u00f6tterd\u00e4mmerung voorgestel. Joachim se persoonlike fortuin het oor die laaste nege weke soos \u0149 vuurpyl opgeskiet en hy was di\u00e9 aand geklee in volle operagangermondering \u2013 aandbaadjie, spierwit hemp, silwer mansjetknope, diepglansende swart, handgestikte skoene; ja, \u0149 regte steenkoolkleurige kuil ook, en, van alle dinge, \u0149 enkeloogglas aan \u0149 koord vanuit \u0149 binnesak van sy baadjie. Suid-Afrika ken nie Halloween nie, maar ek was lank genoeg in die Verenigde State en ek het vir hom volpunte gegee.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSkemering van die gode,\u201d het Joachim ges\u00ea en gepof-pof-pof aan sy sigaar om dit egalig aan die brand te kry. \u0149 Rookverbod was duidelik onder die omstandighede nie meer van krag nie. \u201c\u0149 Aand soos hierdie kom een keer in \u0149 eeu, as jy gelukkig \u2013 of ongelukkig \u2013 is. Dit vra vir Wagner. Kom ons doen dit reg.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar was onmiddellike, ontstelde teenkanting. Duidelik was daar min \u00a0begeerte aan liberale kant om die Einde te begelei met die sombere heldhaftigheid van Wagner se verloregaande Teutone. Dit was Joachim, ek en Dennis teen die res (en Dennis kon nie sy G\u00f6tterdammerung van sy Gods must be crazy onderskei nie.) In sekere kringe het demokrasie nog iets beteken en Wagner sou moes wag. Puccini in enige van sy opusse is oorweeg en te lig bevind. Hierdie was kennelik nie die geleentheid vir verismostroperigheid nie. Die aand het uitgeroep vir sterk, kordaat, emosioneel oordadige romantisisme en uiteindelik kon ons almal saamstem dat dit slegs deur Giuseppi Verdi beantwoord kon word.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDan moet dit La Forza wees,\u201d het Joachim gebrom, nog duidelik ontevrede oor die koue skouer wat Wagner gekry het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">So is hy dan La Forza del Destino gegun, en ek dink hy was tevrede dat die titel, Die Mag van die Noodlot, darem die oomblik sou onderstreep. Die oomblik wat die spesifieke opname gekies is, het hy eers weer gefrons.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cIs julle ernstig?\u201d het hy gevra. \u201cMuti? Hoe brutaal is sy hantering van die leitmotif nie wanneer Leonora sterf. Dan eerder Serafin.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Koor van verontwaardiging. Tullio Serafin! Werkesel in diens van sy sangers.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar darem subtiel!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Natuurlik sing Callas in die Serafin-opname saam met die majestueuse Carlo Tagliabue.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die libs wou nie skiet gee nie en Joachim was toenemend verontwaardig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDomingo is die grootste van die Drie Tenore, maar hoe groot is die Drie Tenore? En Zancanaro? Hy is \u0149 sakkie vol sangfoefies, dis al.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar Riccardo Muti was die aangewese dirigent. Joachim het ooglopend gesit en pruil, al peuterende op sy iPod Quantum, bene voor hom uitgestrek by die ronde tafeltjie wat ek, hy, Dennis en die radio\u2019s in die aluminiumtas gedeel het. Dennis, wat die verskeie radio\u2019s deur oorfone gemonitor het, het gereeld \u0149 bygewerkte nuusitem aan Joachim gefluister en di\u00e9 het die nuus met \u0149 kopknik en \u0149 frons verwerk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Waar hy vir Dennis gekry, was nie duidelik nie, maar die middeljarige elektroniese tegnikus het kommunikasietegnologie goed verstaan en het in daardie tas \u0149 verskeidenheid toestelle versamel om die metropolisie, die weermag en Executive Protection Systems se bulletins mee af te luister.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Luigi het die opname op \u0149 geheuestokkie gevind en die klankstelsel aangeskakel. Die ouverture van Die Mag van die Noodlot is die bekendste deel van die opera, en met reg ook. Dit begin met \u0149 gejaagde tema, note wat so galop soos die hartklop van \u0149 uitasem mens \u00a0en dan dwarrel dit weg in \u0149 melodieuse sug. Muti se dirigentestok bied dit egter bruusk aan, vol musikale saaklikheid, asof vir die klankbaan van robotte in \u0149 mars.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joachim het skaars tot na die ouverture gehou voor hy eensklaps op sy voete gekom het, sy balieglas Cognac gevat het, sy sigaar tussen sy tande vasgebyt het en na buite is waar ek, Dennis en die tas kort daarna by hom aangesluit het. Die restaurant het \u0149 ronde stoep gehad met \u0149 uitsig teen die hange van die bergvoet af oor die stad.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Kaap Mandela, soos dit nou bekend gestaan het, was vreemd op die oog, donker, met min elektrisiteit wat net \u0149 paar straatligte laat brand en alle geboue sonder beligting gelaat het. Pantserkarre kruip in behoedsame tweetalle kruis-en-dwars deur die middestad se strate en tas in donker hoekies met skerp kolligte.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Aan die Oostekant, van Hani- (De Waal)- rylaan se kant af, was die protesrumoer \u0149 druising, \u0149 mensgemaakte see van dreigende stemme gepunktueer deur vermanings oor megafone. Tussendeur is daar die geklop van rookgranate en geweervuur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die stryd vir Kaap Mandela het nou al weke lank geduur. Die stadsregering het hulle spaarvarkie beroof en driekwart van hulle begroting oorgemaak aan EPS, \u0149 sekerheidsmaatskappy, wat inderwaarheid deur niemand as enige iets anders as \u0149 privaatweermag beskou word nie. Die Amerikaanse eienaar daarvan, Derek Regent, \u0149 geheimsinnige, berugte figuur, het \u0149 aksieplan vir die stad, bekend as Die Regent-plan, opgetrek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daarvolgens is sleutelinstellings soos die hawe, die lughawe en Koeberg-kragsentrale beveilig. Toegangsbeheer is ingestel en die ingangsroetes tot die stad verse\u00ebl. Voorstede is in sones verdeel en beheer, onder andere met \u0149 aandklokre\u00ebl. \u0149 EPS-direkteur, Ferdinand Lemat, is as \u201cko\u00f6rdineerder\u201d aangestel om die stad saam met die burgermeester en Wes-Kaapse premier te administreer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vir \u0149 paar maande nadat die Chaos in die Noorde, Ooste en sentrale dele van die land ontvlam het, het dit gelyk of Kaap Mandela die goue sleutel tot oorlewing gevind het. Die hewige onluste aan die ooste van die stad is aan perke gel\u00ea en die Kaapse vlakte afgekordon.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die stad is van bates gestroop en internasionaal van die hand gesit vir Egoldex, die goudgesteunde vermenigvuldingsmunt wat in wese die nuwe internasionale reserwegeldeenheid geword het en vanuit Reikjavik, Ysland beheer word. Dit is gebruik om EPS mee te vergoed.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vir \u0149 vreemde, idilliese tydperk was Kaap Mandela gevul met \u0149 frenetiese opgewondenheid en \u0149 selfvoldane vertroue.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die onrus het egter soos \u0149 ontembare plaag gegroei en die omtrekke van die weerstand gaandeweg saamgepers. Die opstandelinge het met nuwe taktieke ge\u00ebksperimenteer en hulle het uiteindelik \u0149 intimiderende wenstrategie ontwerp: Hulle het eenvoudig nie weggegaan nie. Aanvanklik het hulle vanuit die Gugulethu-Langa-Nyanga-Khyalitsha-Kruispad-kompleks tot by die weerstandspunt op die N2 gestroom vir \u0149 hewige konfrontasie met die oorblywende weermagelemente, die Metropolisie en EPS-afdelings. N\u00e1 die dag se slag sou hulle onttrek, hulleself weer opsweep, die stang vasbyt en tot die stryd terugkeer. Hulle is telkens teruggedryf met al hoe hewiger teenmaatre\u00ebls, totdat hulle eendag eenvoudig \u00a0nie teruggetrek het nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hulle is met stringe busse, taxi\u2019s en vragmotors aangery tot \u0149 paar kilometer van die stad af. Die geveg is aangeknoop, maar die voertuie het onttrek en die groot skare net daar gelos. Die oproeriges is verhoed om te retireer deur gewapende faksies aan hulle rugkant. Hulle getalle is voortdurend aangevul deur \u0149 vloed van gewillige en onwillige swart inwoners wat van die dorpsgebiede aangejaag is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die beskermingsmagte is genoop om hulle afdelings uit die omliggende voorstede te onttrek om die vloed te probeer vertraag. Di\u00e9 desperate re\u00ebling was net tydelik doeltreffend en die walle wat die magte gegooi het, is stelselmatig uitgekalwe en hulle is teruggestoot, meters op \u0149 slag, soms meer, en elke sentimeter wat hulle prysgegee het, is onomkeerbaar opgevul deur \u0149 gety van swart, tierende lywe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Drie weke tevore is die bevel gegee en EPS het die magte onttrek en om die middestad gekonsolideer en die N1 sover as Durbanville oopgehou. Die roete by Constantianek is toegestop, maar die Suidelike voorstede is weerloos gelaat en die swart gety het van Mowbray tot Plumstead deurgespoel en ombeweeg tot by die versperrings oos van die Middestad op Chris Hani-rylaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">EPS het Chapman\u2019s Piek-rylaan beveilig en Houtbaai afgesonder.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die swart gety was nou net buite die stad en het elke potensi\u00eble bres onder druk geplaas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die middestad het die besef uiteindelik ingesak: Dis net \u0149 vraagstuk van tyd.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Buite Le Amici sit ons onder \u0149 sambreel. Die ligte bries waai koel druppelmuggies teen ons vas. In die halflig gloei die punt van Joachim se sigaar helder oranje. Hy neurie onderlangs en ek herken dit as Siegfried se Dodemars uit G\u00f6tterd\u00e4mmerung, nie \u0149 maklike deuntjie om te fluit of te neurie nie. Hans-Joachim Marseilles Bekker is nog glad nie tevrede met die aand se operakeuse nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Agter ons kom die ander een-een en in paartjies uitgedrentel en hulle sluit by ons aan. In die restaurant, vanuit die musiekstelsel, word minnaars uitmekaar gedryf deur \u0149 noodlottige ongeluk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNoodlot,\u201d s\u00ea Joachim onderlangs en dis asof hy die woord in sy mond omdraai om die geur daarvan te bestudeer. \u201cDestino. Schicksal. Noodlot.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Van die Ooste af is daar nou knalle en ontploffings.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie Yankee Juveniles,\u201d s\u00ea Dennis. Sy o\u00eb is toegeknyp in konsentrasie en sy vingerpunte hou \u0149 oorfoontjie in die regteroor. \u201cBy Woodstock. EPS klink in \u0149 paniek.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cA,\u201d s\u00ea Joachim, \u201cdaardie instelling, so ryk aan tradisie, so deurdronge met kultuur, die Kaapse kleurlingbende, maak \u0149 verskyning. Nooit betyds nie en nooit te laat nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom kyk, liewe mense,\u201d s\u00ea hy dan hardop, joviaal. \u201cHier is iets wat julle nie weer sal sien nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy wuif vir die ander om sitplekke in te neem en beduie met sy hand oor die stad.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom kyk hoe sterf \u0149 stad.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy beduie na die baai waar \u0149 dosyn skepe \u0149 behoedsame afstand van die dokke af l\u00ea met ligte aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar, net daar het drie skepies aangekom. Drommedaris, Reijger en De Goede Hoop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ja, hoe mooi was dit nie? Hoe mooi. En hoe anders moes dit nie gewees het nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie Mag van die Noodlot,\u201d s\u00ea iemand in \u0149 sagte oumanstem. \u201cOns is magteloos daarteen.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Operaliefhebbers, net soos diktators, is meesters van simboliek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cG\u00f6tterd\u00e4mmerung,\u201d s\u00ea Joachim Bekker.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens<em> <a title=\"Bodem boek II, 3: Die vaarwel\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=22891\">Bodem boek II, 3<\/a><\/em>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers\u00a0Bodem boek II, 1. Die aand wat ons vir \u0149 laaste keer by Luigi se Le Amici bymekaar gekom het om te kyk hoe die w\u00eareld vergaan, het Joachim Bekker vir ons vermaak met \u0149 toespraak oor \u0149 kondoom met swakplekke. Daar was twaalf van ons in die klein &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=22859\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 2: Die godeskemer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[4112,167,15714,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-22859","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrika","tag-afrikaans","tag-die-chaos","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22859","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=22859"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22859\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=22859"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=22859"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=22859"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}