{"id":22815,"date":"2014-03-04T10:15:26","date_gmt":"2014-03-04T08:15:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=22815"},"modified":"2014-03-04T10:15:26","modified_gmt":"2014-03-04T08:15:26","slug":"taalgestremde-sa-reg-op-eerste-dag-van-oscar-verhoor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=22815","title":{"rendered":"Taalgestremde SA-reg op eerste dag van Oscar-verhoor"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_22816\" aria-describedby=\"caption-attachment-22816\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/vertaling.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-22816\" alt=\"Die mag van vertaling...\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/vertaling-300x214.jpg\" width=\"300\" height=\"214\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/vertaling-300x214.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/vertaling.jpg 419w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-22816\" class=\"wp-caption-text\">Die mag van vertaling&#8230;<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika spog met 11 landstale wat blykbaar daagliks in geen hof tot hul reg kom nie en regspleging benadeel. Di\u00e9 opspraakwekkende leemte in Maandag tydens die Oscar Pistorius-moordverhoor aan die w\u00eareldmedia ontbloot.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gehalte van tolkwerk in howe is van kardinale belang, aangesien stemming en inhoud wat oorgedra word hoogsgespesialiseerde taalvaardige tolke vereis en hul rol om getuienis vas te l\u00ea mag selfs die verskil tussen lewenslange tronkstraf en kwytskelding beteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gehalte van die tolk op die eerste dag van die Oscar Pistorius-moordverhoor was \u201cskandalig\u201d het &#8216;n regsgeleerde aan Beeld ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tolkwerk\u00a0van Afrikaans na Engels in die hooggeregshof in Pretoria is as\u00a0\u201cpateties\u201d beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die getuienis van die staat se eerste getuie, Michelle Burger, &#8216;n buurvrou van die moordaangeklaagde paralimpiese atleet was in Afrikaans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Jacques Steenkamp, ervare misdaadverslaggewer, het die eerste tolk nie kans gesien om voort te gaan met al die internasionale media-aandag wat op die verhoor gefokus is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tolk wat Burger se getuienis van Afrikaans na Engels moes vertaal, het &#8216;n paar keer Burger se woorde verdraai, en veral &#8216;n beskrywing van die tye tussen die vier skote, verkeerd weergegee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het die getuie Burger, wat gelukkig Engels magtig is, &#8216;n paar keer genoop om self in Engels aan\u00a0regter Thokozile Matilda Masipa te probeer verduidelik wat sy eintlik ges\u00ea het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ook nie duidelik waarom &#8216;n regter gekies is wat nie Afrikaans verstaan nie, terwyl daar talle sulke regters is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regsgeleerde het aan Beeld ges\u00ea die gehalte van tolke in diens van die departement van justisie wat van Afrikaans na Engels moet tolk is &#8216;n skande en regslui word daagliks in howe gekonfronteer met di\u00e9 bedenklike kwaliteit van diens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die o\u00eb van die w\u00eareld op Suid-Afrika se regstelsel gerig, sou &#8216;n mens ten minste verwag dat die tolk gekwalifiseer is vir die belangrike taak om geregtigheid te laat geskied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veral ook in die lig van die vorige gebaretolkfiasko by Mandela se gedenkdiens, toe &#8216;n skisofreen allerlei bobbejaanstreke voor internasionale staatshoofde en media uitgehaal het, is die versuim onverstaanbaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Woorde wat verkeerd getolk word plaas onregverdige druk op die getuie, die regspan en die regter en kan &#8216;n regverdige verhoor kelder, het die regsgeleerde, &#8216;n strafregdeskundige, aan Beeld ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWanneer jou woorde verkeerd in die hof getolk word, ontstaan daar onmiddellik &#8216;n onre\u00eblmatigheid wat gronde gee vir &#8216;n hersieningsaansoek teen die billikheid van die verhoor. In wese veroorsaak dit dat die regter &#8216;n verkeerde afleiding maak van dit wat die getuie s\u00ea en dit kan tot &#8216;n verkeerde bevinding lui,\u201d het hy verduidelik.\u200b<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog &#8216;n regsgeleerde het aan Praag ges\u00ea die agteruitgang van die ander landstale duur al die afgelope twintig jaar deurdat openlike voorkeur aan Engels gegee word en Suid-Afrikaners wat nie Engels magtig is nie, word ontsettend daardeur benadeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is uiters kommerwekkend dat dit daagliks in Suid-Afrikaanse howe afspeel sonder dat die kwessie hoegenaamd aandag geniet.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika spog met 11 landstale wat blykbaar daagliks in geen hof tot hul reg kom nie en regspleging benadeel. Di\u00e9 opspraakwekkende leemte in Maandag tydens die Oscar Pistorius-moordverhoor aan die w\u00eareldmedia ontbloot. Die gehalte van tolkwerk in howe is van kardinale belang, aangesien stemming en inhoud wat oorgedra word hoogsgespesialiseerde taalvaardige tolke vereis en hul &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=22815\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Taalgestremde SA-reg op eerste dag van Oscar-verhoor&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":22816,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[16035,10091,8720,11626,10567,8460,16036,5565],"class_list":["post-22815","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-elf-tale","tag-howe","tag-meertaligheid","tag-moordverhoor","tag-oscar-pistorius","tag-regspleging","tag-suid-afrikaanse-tale","tag-taal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22815","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=22815"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22815\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22816"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=22815"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=22815"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=22815"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}