{"id":22773,"date":"2014-03-04T11:51:07","date_gmt":"2014-03-04T09:51:07","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=22773"},"modified":"2014-03-06T08:21:22","modified_gmt":"2014-03-06T06:21:22","slug":"bodem-boek-ii-1-die-roeping","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=22773","title":{"rendered":"Bodem boek II, 1: Die roeping"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22774\" alt=\"bodemII\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-300x229.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-282x215.jpg 282w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII-535x409.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/03\/bodemII.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers die volledige <a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem I<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nou goed, kom ons kry die gereelde vrae agter die rug.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek het hierdie afgelope paar maande soveel keer met die pers gepraat, soveel onderhoude gevoer, selfs lesings gegee en \u0149 paar praatjies by ons nuwe skole. Daar is vrae wat ek altyd gevra word, so gereeld, ek voel asof ek \u0149 afdeling in my CV moet h\u00ea vir wat die rekenaargeslag \u201cFAQ\u2019s\u201d genoem het \u2013 as ek \u0149 CV gehad het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vraag Een is maklik. Nee, wat ek hier onder gaan vertel, gaan nie oor my \u00a0nie. Dit gaan oor h\u00f3m, daardie flambojante, verbete, verrassende persoon wat dwarsoor die land \u2013 en \u0149 groot deel van die w\u00eareld \u2013 as die Maarskalk bekendstaan. Op \u0149 punt van orde hier \u2013 h\u00fd het nie di\u00e9 gekies of dit aanvanklik gebruik nie, nie as rang, bynaam of naam nie. Dit was \u0149 mediaskepping. Julle weet mos hoe werk dit \u2013 \u0149 verslaggewer gebruik dit eenkeer uit inspirasie of blote geluk, en in \u00a0hierdie geval was dit nie \u0149 verslaggewer nie, maar \u0149 verslaggeefster. (\u201cDank Vader,\u201d kan ek hom hoor s\u00ea. \u201cOns kan die ou geslagsname afstof en weer gebruik. Sekretaresse, bibliotekaresse, voorsitster, verslaggeefster. Nou dat Politieke Korrektheid \u0149 politieke ongeval geword het.\u201d)<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Natuurlik het sy dit ironies bedoel, selfs sarkasties en spottend. Die Maarskalk. Dit het vinnig algemene gebruik geword, maar sy vyande het opgehou spot daaroor en sy bondgenote het hom dit met opregtheid genoem. Naderhand het hy dit self begin gebruik, so in die derde persoon na homself verwys: \u201cDie Maarskalk moet nog dink daaroor. Die Maarskalk reken dit sal werk. Die Maarskalk moet na die mense luister.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy het w\u00e9l vir homself die rang van kommandant toegeken: \u201cHoekom kommandant, Jood?\u201d het hy vir my verduidelik. \u201cWant dis nommerpas. Kaptein is meer heldhaftig, dink jy nie, maar te junior. Brigadier kon gewerk het, maar Generaal is te verhewe. En Kommandant is so vreeslik, onmiskenbaar, onge\u00ebrg Afrikaans. As die Engelse \u2018commandant\u2019 gebruik, is dit omtrent altyd in \u0149 vaste verbinding: Camp commandant, en daarmee bedoel hulle omtrent sonder uitsondering \u0149 Nazi-konsentrasiekampbevelvoerder. So in Engels is \u2018kommandant\u2019 \u0149 tikkie onheilspellend. En dit is ook goed so, reken jy nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Later het ek hom, van Aand Een af, nooit as enige iets anders as \u201cKommandant\u201d aangespreek nie. Ek het hom wel voorheen sosiaal geken en hom op sy voornaam genoem. Joachim. Hans-Joachim Marseilles Bekker. Ek weet daar is van julle milit\u00earhistoriese feiteversamelaars, veral di\u00e9 wat lugoorloggeskiedenis bestudeer, wat nou frons en aandag gee. So, wat is die verband tussen Joachim Bekker en die Luftwaffe-legende wie se name hy het? Was sy pa \u0149 Suid-Afrikaanse vlie\u00ebnier wat deur Marseilles in Noord-Afrika afgeskiet is? Of is hy, soos daar al wild bespiegel is, die seun van \u0149 kameraad van di\u00e9 uitspattige \u2018Expert?\u2019\u201d (En asseblief, as jy die woord lees, spreek dit tog nie in Engels uit nie; nie \u201c\u00eak-spirt\u201d nie, maar soos in Duits, \u201cEk-spert\u201d om te rym met \u201chek\u201d en \u201cstert.\u201d Die Maarskalk sou daarop aangedring het.) Wel, kom ek vertel julle die volle waarheid:&#8230; ek weet nie. Julle kan maar \u00a0bespiegel. Dit staan julle vry. Dit sal die mite laat groei, iets wat die Maarskalk sou aangemoedig het. Ek is die een wat die feite ongeskonde wil bewaar.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit is ook so dat ek en hy \u0149 voornaam deel \u2013 soort van. Ek is Joachem en hy is Joachim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoune is die Jiddiesje spelling,\u201d het hy my geterg die eerste aand wat ons ontmoet het. Daarna het hy my \u201cJood\u201d en net \u201cJood\u201d genoem, behalwe wanneer hy my voor ander mense op my rang (wat hyself aan my toegeken het) sou aanspreek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons het drie jaar voor Aand Een ontmoet, in \u0149 restaurant in Tamboerskloof tydens \u0149 maandelikse byeenkoms van die Kaapse Operaluisteraarsklub. Voorname was nie al wat ons gedeel het nie. Joachim het sy voorliefde vir opera by sy ma, \u0149 ietwat bekende colaratura-sopraan van die pre-Mimi Coertze-era, verkry. My verskoning het te doen met \u0149 meisie wat kunssinnige pretensies gehad het. Sy is lankal heen \u2013 waarskynlik heeltemal so, vir al wat ek weet \u2013 maar die operaliefde het gebly.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek glo eerlikwaar nie ek sou weer \u0149 byeenkoms van KOLK (soos hy, en toe natuurlik ek ook, die klub deurgaans tot die tandknersende frustrasie van die Engelssprekendes en \u00a0\u0149 paar van die ander genoem het) bygewoon het as dit nie vir hom was nie. Ek het \u0149 renons in aanstellerigheid en snobisme, en glo my, as jy aanstellerige snobs gesoek het, was die Kaapse operakringe die plek vir jou. Gou het ek geleer dat niemand \u0149 snob se eiewaardering so kan prik soos Joachim Bekker nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">O, dis nie dat hy nie self kon \u201csnobeer\u201d soos hy dit genoem het nie. Hy het die rites en spraak van die algemene snob so goed geken, dat hy dit moeiteloos kon naboots. Dit was egter juis d\u00edt: \u0149 Nabootsing. \u0149 Vertoning. Omdat hy \u0149 mislukte TV- en filmakteur was, vergeet mense watter uitmuntende toneelspeler hy werklik was. Voorts was daar nooit by hom enige aansitterigheid of klatergoue aanwendsels as dit oor die dinge waaroor hy werklik hartstogtelik was, gegaan het nie. Opera was een van di\u00e9 klein versameling sake.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy het \u0149 ensiklopediese kennis daaroor gehad en het dit verbind met die ywer van \u0149 seloot en die gewilligheid om selfs die onbenulligste minutiae eindeloos te betwis. Dink ek nou daaraan, dan besef ek dat hierdie toegespitsheid op die fynste besonderheid die eienskap is wat briljante bevelvoerders van die bloot bekwame onderskei.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek onthou dat \u0149 musiekdosent eendag by KOLK \u0149 opname van Maria Callas wat \u201cIl dolce suono,\u201d die waansinstoneel uit Donizetti se \u201cLucia di Lammermoor\u201d gespeel het en dit as haar 1953-opname beskryf het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c1953!\u201d het hy losgebreek. \u201c1953 s\u0149 is dit nie. Dis haar 1959-opname.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit het \u0149 gezoem in die snobbyekorf veroorsaak. Hierdie was nie \u0149 blote terloopse operaluisteraar wat dit aangebied het nie. \u0149 Dosent! Met 40 jaar se ondervinding aan die universiteit! Wat as jongman \u0149 onderhoud met Maria Callas, met La Divina self, vir die BBC se tydskrif gevoer het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c\u201959,\u201d het hy volgehou.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar was by die res konsensus dat hy verkeerd moes wees, en al was hy reg, kan ons dit nie maar daar los en ter wille van decorum net aangaan nie?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar nee. Die saak moes nagevors word. Hoekom? Want dit is opera en as dit by opera kom, is reg, reg, en verkeerd, verkeerd.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Natuurlik was hy reg. Hulle moes geweet het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">My eerste aand was die soort sosiale foltering wat massamoord sou regverdig. Ek het, pas nadat ek uit die VSA in die Kaap opgedaag het, op hulle webblad afgekom en kennis geneem van hulle byeenkomste waarheen Jan en Alleman uitgenooi is. Ek het eers agterna uitgevind dat die etiket eintlik vereis dat ek deur \u0149 erkende lid vergesel sou wees. Di\u00e9 was ek nie en ek het met my bruingebrande gesig en ruwe hande tussen al die sawwe wit velle uitgestaan in die klein Italiaanse restaurant met die kersligte op geruite tafeldoeke en Teatro alla Scala-plakkate teen die muur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Na die gebruiklike flou openingsgrappies en aankondigings, het die klub se voorsitter, \u0149 Soutie met pienk tandvleis en \u0149 skerp adamsappel in \u0149 reiernek se oog van agter sy skilferbespikkelde brillense op my geval en is ek gevra om myself voor te stel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Duidelik was die blote verskaffing van my naam nie genoeg nie. Waar kom ek vandaan? Wel, oorspronklik Odendaalsrus. Stilte. Mens sou sweer ek het \u0149 wind tydens stilgebed gelos. Nering? Stoeiafrigter. Die stilswyende afgryse sou straks nie so erg gewees het as hulle my betrap het dat ek omgang met Tutu se troetelskilpad gehad het nie. Voeg ek boonop lamlendig by dat ek vir die Westelike Provinsie Rugbyunie werk. Joggie. Van Odendaalsrus. Wat voetbalspelers leer stoei. Weet ek wat gebeur by \u0149 operaklub? Hoe verlig was ek nie dat ek geswyg het oor my deeltydse werk as visnettrekker by Smitswinkelbaai en my vorige loopbaan as deelnemer aan Wisselgevegskuns. Die gedagte aan \u0149 hokvegter sou vir hulle te veel gewees het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Toe praat hy van die deur af: \u201cWonderlik! Uiteindelik iemand met \u0149 regte werk onder ons.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy het teen die deur se kosyn geleun, smeulende sigaar en kristalglas brandewyn in dieselfde hand. Dit was sy posisie: Die oop deur, in re\u00ebn of koue, \u00a0sodat hy darem kan voorgee dat hy hom aan die drakoniese rookre\u00ebls steur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Mediumlengte, mediumliggaamsbou, grys borselkop, presies gekapte potloodsnorretjie, luiwakker blou o\u00eb. En \u0149 verstand so rats soos \u0149 klipspringer, so skerp soos \u0149 skoenmaker se els, so vol fasette soos \u0149 kroondiamant. Hy was die enigste wat \u0149 pak klere aangehad het, \u0149 gekreukelde donkerbloue met effens uitgerafelde baadjiemoupunte en \u0149 broek met nou pype.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Terwyl hulle nog in verbystering is oor die Goudveldse stoeier in hulle midde, steek hy \u0149 impromptu lesing af oor stoeiers, van die antieke Grieke deur tot by DH Lawrence se \u201cWomen in Love&#8221;, volledig met \u0149 aanbod om Alan Bates en Oliver Reed se naaktoneel uit die rolprentweergawe vir hulle te demonstreer. Stoei het nog nooit so glansryk geklink nie; edeler as hartsjirurgie, manhaftiger as stiergevegte.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">D\u00edt was natuurlik sy gawe, sover meeste mense hom opgesom het: Sy vermo\u00eb om te praat, met \u0149 manlike beslistheid as hy feite verskaf en \u0149 melodieuse vloed van woorde, frases, aanhalings en sameflansings wanneer hy probeer oortuig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Met my eer herwin, en indien nie, my ego darem salfgesmeer, het ek tog gebly en nie lank na pouse nie, het ek teen die ander kosyn geleun, bier in die hand \u2013 en een van sy cubanos.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">So, julle wil weet: Wat was die aard van die vriendskap tussen ons?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons was goeie vriende, ja, maar hoofsaaklik omdat ek nog altyd \u0149 waardering gehad het vir iemand by wie ek \u00a0iets kan leer, en Hans-Joachim Marseilles Bekker was \u0149 uitmuntende mentor. Tog het ons mekaar selde buite die KOLK-verband gesien. Ek het hom sonder om te skroom nageboots en daaropvolgende vergaderings in \u0149 verslete \u00a0pak klere bygewoon, sy sigare by die deur gerook en met groot drif enige iemand wat \u0149 skewe woord oor Maria Callas geopper het, beveg. Callas was toe effens pass\u00e9 en ons het bloedige gevegte met die ander gehad. Hy het my ook geleer dat die ware vreugde eers kom wanneer die ander die toneel ontruim, want dan sluit die Italianer sy deure en dan kuier ons en Luigi Vaccaro behoorlik rondom vino en groot Italiaanse opera.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Opera. Wyn. Brandewyn. Sigare. Goed, so julle wil weet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is baie gewag gemaak van die Maarskalk se drankgewoontes. Kom ons kry dit uit die pad uit. Nee, hy was nooit \u0149 alkoholis nie, nie eers \u0149 strawwe drinker nie. Maar ja, drank was by geleentheid sy nemesis en dan het hy doelgerig en hard gedrink en niemand moes dit waag om tussen hom en die bottel te kom nie. Brandewyn, skoon. \u201cSoos hy van sy ma af gekom het,\u201d het hy dit gestel. Moontlik w\u00e1s daar tye wat hy roekeloos gedrink het toe ons dit die minste nodig gehad het. Ons het dit vir hom gegun.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nee, sy sigare was nie \u0149 Churchill-Patton-tipe aanwendsel nie. Hy het nooit een uit gewoonte vasgebyt nie. Hy was eerder \u0149 geleentheidsroker. Wanneer hy opera geluister het. Wanneer hy \u0149 volgende skuif bepeins het. Ja, dit is so, een van ons tameletjies was om vir hom sigare te midde van die Chaos op te spoor. Ons het dit ook graag gedoen. Roberta was veral goed daarmee.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Goed, ek het die naam genoem, so kom ons praat oor die Maarskalk en vroue. Hy kan vir niemand as \u0149 voorbeeld dien nie en het dit geweet en ek dink hy sou dit anders wou h\u00ea. Genie\u00eb moet ook swakhede h\u00ea. Sy swakheid was nie soseer dat hy van vroue gehou het nie, maar dat hy vir so baie van hulle onweerstaanbaar was. Ek het nie \u0149 verklaring daarvoor nie. Dis net hoe dit was. Ek het die verskynsel genoeg gesien. Selfs die mees gereserveerde vrou kon binne minute na sy hom ontmoet het, vermurwe tot \u0149 soort kerswas naby \u0149 baie warm vuur. Ek dink nie hy wou hulle ooit misbruik nie, maar hy het. Hy wou hulle nooit in die steek laat nie, maar d\u00edt het hy ook. Meeste van hulle het vriende met hom gebly, vol hoop vir \u0149 tweede kans. Hulle het selfs mekaar aanvaar, \u0149 soort van \u0149 ons-het-Joachim-Bekker-oorleef-klub. Hy was wat, vier keer, vyf keer getroud?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk was net nooit \u0149 suksesvolle eggenoot nie,\u201d het hy eenkeer vir my verduidelik. \u201cEk wou dit wees, meer graag as enige iets anders. Maar ek was nooit nie. Dis nie hulle skuld nie. Hulle het nie, nie een van hulle nie, verstaan dat daar vir my iets wag om te doen nie. Net Roberta. En Roberta&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die res van sy gesprek was oor \u0149 onderwerp waaroor hy gereeld en diep gewonder het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vra nou oor die Maarskalk en sy bewustheid van sy plek in geskiedenis.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDit is so, Jood,\u201d het hy ges\u00ea. \u201cSoms word \u0149 man gemaak vir sy tyd, vir \u0149 geleentheid, \u0149 gebeurtenis. Sy hele lewe sal hy niks suksesvols doen nie, tot di\u00e9 tyd opdaag en dan is dit skielik of hy vir die eerste keer in die w\u00eareld inpas. Keisers, konings, ridders, kardinale het deur die millennia dit aangevoel. Maar veral generaals.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Soos Patton wat sy lewe sou slyt as kolonel in \u0149 vredestydweermag totdat die Tweede W\u00eareldoorlog hom as die VSA se mees effektiewe soldaat uitgesonder het. Of sy voorganger, William Tecumseh Sherman, wat \u0149 vredestydmislukking was as bankier en prokureur totdat die Amerikaanse Burgeroorlog uitgebreek en hom deel van die geskiedenis gemaak het; of s\u00fd groot vriend, Ulysses S. Grant wat tooms en saals vir sy broer se leerlooiery verkoop het nadat sy gesin amper \u0149 hongerdood gesterf het; voordat hy Lincoln se generaal geword het en die legendariese Robert E. Lee tot \u0149 stilstand baklei het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar nie net generaals ervaar hierdie verheffing op die kruin van \u0149 aardkorsgolf onder hulle nie. Oskar Schindler was verstommend suksesvol, nie net as sakeman nie, maar ook as redder van Jode in Pole \u2013 maar d\u00edt net vir die paar jaar van die oorlog.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons eie Piet Retief was so skouspelagtig mislukkend in alles wat hy aangepak het, dat hy eintlik nie \u0149 ander keuse gehad het as om te trek nie. Hy het herhaaldelik bankrot gespeel, al sy geld verkwis, en nie net syne nie. Toe skryf hy sy beroemde manifes en sterf \u0149 marteldood wat die beslag van die Boerevolk gevorm het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Gewone manne is vir gewone tye; helde vir buitengewone eras. En wanneer buitengewone tye gewone eras baar, vervaag die helde uit ons oog totdat net die afdrukke van hulle legendes en mites oorbly. Ons leef nie in gewone tye nie, n\u00f3g nie, maar as dit uiteindelik aanbreek, laat niemand die Maarskalk se naam vergeet nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ja, volgens alle maatstawwe was hy ten beste soort van suksesvol, somtyds, maar meestal was hy \u0149 volslae mislukking. Hy het nooit sy dramakursus op universiteit voltooi nie, het by die destydse SAW se staandemag aangesluit, maar het net gevorder tot stafsersant in die spysenierskorps, het daarna sy merk in die TV-en-filmw\u00eareld as akteur probeer maak, maar die hoogtepunt daarin was \u0149 reeks advertensies vir motorsmeermiddels, het daarna gewerk as bibliotekaris, museumkurator, toerleier, gastehuisbestuurder, en was nooit vaardig in een van sy werke nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Toe ek hom ontmoet het, was hy werkloos, om die waarheid te s\u00ea, onderhou deur \u0149 karige toelaag van een van sy eks-vroue. Hy was \u0149 lid van die MOTH-klub in Milnerton en daar het hy die bestuur omgepraat dat hulle hom toegelaat het om \u0149 ou pantserkar vir hulle te restoureer, of laat restoureer. Hy het die pantserkar verwyder, die geld wat hulle ingesamel het, getrek en verder het daar niks van die projek gekom nie. Uiteindelik het hulle alle geduld met hom verloor en \u0149 hofgeding teen hom aanhangig gemaak. Dit het hom min getraak; ek was verbaas oor hoe min. Nou verstaan ek. Hy het geglo, so vas geglo dat dit meer \u0149 wete as geloof was, dat hy nie bestem was om aan die pen te ry weens die iesegrimmigheid van \u0149 paar afgeleefde soldate nie. Hy was uitverkies en geroep vir iets oneindig groter in omvang en belang as dit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Geglo. Geweet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">En toe kom die Chaos.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens <em><a title=\"Bodem boek II, 2: Die godeskemer\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=22859\">Bodem boek II, 2<\/a><\/em>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers die volledige Bodem I. Nou goed, kom ons kry die gereelde vrae agter die rug. Ek het hierdie afgelope paar maande soveel keer met die pers gepraat, soveel onderhoude gevoer, selfs lesings gegee en \u0149 paar praatjies by ons nuwe skole. Daar is vrae wat ek altyd gevra &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=22773\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem boek II, 1: Die roeping&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22774,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[4112,167,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-22773","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrika","tag-afrikaans","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22773","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=22773"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22773\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=22773"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=22773"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=22773"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}