{"id":22696,"date":"2014-02-28T09:40:49","date_gmt":"2014-02-28T07:40:49","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=22696"},"modified":"2014-02-28T09:41:22","modified_gmt":"2014-02-28T07:41:22","slug":"gemartel-gewurg-en-vir-dood-agtergelaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=22696","title":{"rendered":"Gemartel, gewurg en vir dood agtergelaat"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_22697\" aria-describedby=\"caption-attachment-22697\" style=\"width: 130px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/weyers.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-22697\" alt=\"Chaney Weyers\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/weyers.jpg\" width=\"130\" height=\"100\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-22697\" class=\"wp-caption-text\">Chaney Weyers<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Petro Weyers, 66, van Louis Trichardt (Makhado)\u00a0s\u00ea sy is dankbaar dat haar sesjarige kleindogter, Chaney, nog lewe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die twee is verlede Donderdagoggend (6de) wreedaardig deur swartes aangeval in \u2018n huisroof by Petro se woonstel in die Kismet-kompleks in Andersonstraat. Die aanval het plaasgevind presies \u2018n week voor Petro se 66ste verjaardag op 13 Februarie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Zoutpansberger het Petro minder as vier ure n\u00e1 die aand se skokgebeure by haar woonstel gevind. Bebloed en steeds in skok het Petro dapper die skriknag se gebeure herleef, terwyl die klein blondekop Chaney ongesteurd eenkant gespeel het. Dit was egter moeilik om die bloukolle op haar gesiggie mis te kyk, asook die dik, rooi vingermerke om haar nekkie soos haar aanvaller haar gewurg het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Petro, Chaney se voog, het omstreeks 23:00 die vorige aand wakker geword van \u2018n geraas. Sy het opgestaan en Chaney, wat saam met haar in haar dubbelbed geslaap het, wou dadelik weet wat is fout. Petro het al die ligte in die huis aangeskakel, maar kon niks verkeerd vind nie. Al die deure was gesluit en die twee het rustig weer gaan slaap. Omstreeks 01:30 is hierdie rustigheid verpletter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het wakker geword met hande om my keel en \u2018n man wat wydsbeen bo-op my sit &#8230; daar was ook een op haar [Chaney] &#8230; Die maerder een het op haar gesit, maar hy was \u2018n baie wrede een,\u201d s\u00ea Petro.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die donker van die kamer was Petro en klein Chaney se aanvallers se gesigte niks meer as swart silhoe\u00ebtte teen die dowwe lig deur die toegetrekte gordyne nie. Petro se aanvaller het vlot Afrikaans gepraat, maar het Engels met sy makker gepraat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Drie keer het Chaney smekend uitgeroep: \u201cOuma! Ouma! Ouma!\u201d Elke keer het Chaney se aanvaller haar deur die gesig geklap en gewurg met die woorde: \u201cShut up! Shut up!\u201d \u201cDaar is steeds \u2018n wroeging in my hart dat Chaney gedink het ek wou haar nie help nie, maar ek kon nie &#8230;\u201d s\u00ea Petro.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 Chaney se derde angsroep om hulp &#8211; met haar aanvaller se hande styf om haar nekkie soos hy die lewe uit haar probeer wurg het &#8211; het haar stem stil geword. Die man het haar opgetel en haar lyfie op die vloer gegooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het gedink my kind is dood,\u201d s\u00ea Petro. Dan oorval die emosie haar weer en begin sy onbeheersd huil. \u201cEk het baie gebid &#8230; O, ek wil dit nooit weer deurleef nie&#8230;\u201d prewel sy die woorde uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aanvaller op Petro het \u2018n mes uitgepluk en kort-kort teen haar nek en sy gedruk. Ses keer het hy haar gewurg, telkens net tot voor sy haar bewussyn verloor. Dan het hy sy greep verslap sodat sy weer kon asem skep, net om haar weer te wurg. Kort-kort het die man wat pas vir Chaney gewurg het, oorgeleun en vir Petro met die vuis in die gesig geslaan. Hierdie marteling het vir bykans twee ure aangeduur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHulle het aanmekaar gevra \u2018Waar is die wapens?\u2019 dan s\u00ea ek \u2018Ek het nie\u2019, dan vra hulle weer \u2018Waar is die geld?\u2019 dan s\u00ea ek \u2018Ek het nie\u2019. Ek het \u2018n R1 200 in my beursie gehad &#8230; hulle het dit gevat,\u201d vertel Petro, terwyl die trane oor haar wange rol. Sy wys dan na haar hande en arms. Dit is vol diep snye wat veroorsaak is toe haar aanvallers haar ringe, horlosie en armbande van haar afgeruk het. Sy s\u00ea sy slaap altyd met haar juwele aan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n stadium het die twee eers Petro se bene vasgebind, asook haar hande. Daarna het hulle een van Chaney se vuil slaapbroeke gevat, opgerol en \u2018n knoop daarin gemaak. Hulle het die knoop in haar mond gedruk en die slaapbroek om haar kop vasgemaak. Daarna het hulle met gordyntou uit Petro se studeerkamer haar hande styf om haar nek vasgedraai en vasgebind. Asof dit nie genoeg was nie, het hulle \u2018n laken om Petro se kop gedraai en haar met kussings en komberse toegepak op haar bed. Sy kon beswaarlik asemhaal en wou kort-kort haar bewussyn verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cGelukkig kon ek met my vingers die lap uit my mond kry, anders het ek versmoor,\u201d s\u00ea Petro. Intussen is haar kamer en die res van die huis geplunder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na wat soos \u2018n ewigheid gevoel het, het dit skielik stiller geword. \u201cEk het so \u2018n halfuur gel\u00ea, toe roep ek \u2018Chaney? Chaney?\u2019 &#8230; toe kom sy by.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Chaney het opgestaan en haar ouma tot in \u2018n sittende posisie gehelp. Haar klein handjies was egter nie sterk genoeg om die toue om haar ouma se nek los te woel nie. Sy kon wel die tou om Petro se bene loskry, sodat Petro een voet kon uitkry. Hierna het klein Chaney, vreesbevange en nie eers seker of hul aanvallers nog in die huis was nie, na die studeerkamer gestap en die telefoon gaan haal, aangesien Petro se selfoon ook gesteel was. Petro kon toe haar broer, mnr. Johnny Gouws, skakel. Dit was ongeveer 03:30.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSy [Chaney] het vir my die nommers gedruk. Sy is my held! Sy het ons lewens gered. Ouma is trots op jou!\u201d s\u00ea Petro terwyl sy na klein Chaney kyk. Weer rol die trane.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Johnny en sy seun het hulle na die woonstel gehaas. Daar aangekom, is die polisie ontbied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het eers om die woonstel geloop en toe kom ons in. Toe maak ek haar los, want sy was vas, vas, vas! Sy sou in haar lewe nie daardie tou afkry nie,\u201d s\u00ea Johnny. Hy s\u00ea hy het amper 10 minute gesukkel om Petro los te kry. Haar toestand was vir hom \u2018n groot skok, maar immers het sy suster en klein Chaney nog gelewe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDank die Here ons altwee lewe, my kind lewe! Ek was bang sy was dood. Toe ek so l\u00ea en ek hoor haar nie, toe dink ek sy is dood &#8230; dit sou my dood beteken het,\u201d s\u00ea Petro. Sy het geen twyfel daaroor dat hul aanvallers aangeneem het dat nie een van hulle die aanval sou oorleef nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie was redelik vinnig op die toneel, maar het klaarblyklik geen verklarings afgeneem of die misdaadtoneel afgesper voordat hulle weer gery het nie. Vrae hieroor en ander vrae, soos hoe die aanvallers toegang tot die woonstel verkry het, bly steeds onbeantwoord. Geen diefwering is geknip nie en al die deure was gesluit na die aanval. Een van die buitedeure se sleutel was egter vermis, alhoewel dit nog die vorige aand daar was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lt.kol. Ronel Otto, provinsiale polisie woordvoerder, is gevra waarom daar nie tydens die polisie se eerste besoek verklarings geneem is of die area afgesper is nie. Sy het ges\u00ea dat die polisielede wat eerste op die toneel was weliswaar die toneel moes beveilig het, totdat die misdaadtoneelbevelvoerder die toneel kom oorneem het. \u201cAs dit nie gebeur het in hierdie geval nie, dan sal daar \u2018n volledige interne ondersoek wees. Sou daar verkeerde optrede gewees het, kan dissiplin\u00eare stappe geneem word,\u201d het Otto ges\u00ea. Die polisie het wel later die oggend die toneel besoek, goeie vingerafdrukke gekry en verklarings afgeneem. Teen druktyd was daar nog geen arrestasies in die saak gewees nie, alhoewel die polisie steeds besig was met \u2018n intensiewe ondersoek na die voorval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bron: Soutpansberger<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Petro Weyers, 66, van Louis Trichardt (Makhado)\u00a0s\u00ea sy is dankbaar dat haar sesjarige kleindogter, Chaney, nog lewe. Die twee is verlede Donderdagoggend (6de) wreedaardig deur swartes aangeval in \u2018n huisroof by Petro se woonstel in die Kismet-kompleks in Andersonstraat. Die aanval het plaasgevind presies \u2018n week voor Petro se 66ste verjaardag op 13 Februarie. Die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=22696\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gemartel, gewurg en vir dood agtergelaat&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":22697,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[15787,15986,15985,2261],"class_list":["post-22696","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-huisaanval","tag-louis-trichardt-makhado","tag-martel","tag-volksmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22696","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=22696"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22696\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22697"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=22696"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=22696"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=22696"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}