{"id":2267,"date":"2008-07-20T04:48:30","date_gmt":"2008-07-20T04:48:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2267"},"modified":"2008-07-20T04:48:30","modified_gmt":"2008-07-20T04:48:30","slug":"verwoerd-en-volkstate","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2267","title":{"rendered":"Verwoerd en volkstate"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Daar was nie voor en weer daarna &lsquo;n tyd in die Afrikanergeskiedenis dat die Afrikaner vanaf Tafelberg tot die Limpopo; vanaf die Oranje- tot die Kunene-riviere; &nbsp;eenstemmig saamgestaan het nie.&nbsp; Hoekom was dit? Myns insiens was die redes daarvoor die volgende:  <\/div>\n<p align=\"justify\">1. Die beleid soos Verwoerd dit uiteengsit het van swart state, elk gegrond op eiesoortige taal en kulturele trots, internasionaal gelyk aan die blanke Suid Afrikaanse staat, was logies en destyds uitvoerbaar gewees. Tipiese&nbsp; voorbeelde van eietydse verdelings is te vinde in Siprus (Turkse en Griekse verdeling); in Indi&euml; (Pakistan\/Moslem en Indi&euml;r\/Hindoe verdeling); om maar net &lsquo;n paar voorbeelde te noem.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">2. Verwoerd het die intellekuele status en persoonlikheid gehad wat dit kon laat slaag indien sy lewe nie voortydig kortgeknip was nie.&nbsp; Ongelukkig vir die Afrikaner was sy opvolgers van mindere intellektuele stofasie gemaak en het hulle die beleid hopeloos laat misluk en verwronge laat voorkom. Vorster het die status quo daarna behou, behep met sy gholf; om popul&ecirc;r onder blankes te wees en om as bemiddelaar op te tree tussen Ian Smith van Rhodesi&euml; en die swartes van daardie land.&nbsp; Botha het probeer om &lsquo;n alternatiewe rigting in te slaan met sy driekamerstelsel wat skaars van die grond af kon kom, en ook om die ondankbare Amerikaners te help (met groot Afrikanerlewensverliese) in hulle stryd teen Rusland met die oorlog in Angola; en oor De Klerk wil ek nie eers van praat nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">3. Verwoerd het die swart leiers wat hy mee te doene gehad het altyd beleefd en op gelyke voet behandel. Hy het nooit hoogmoedig of minagtend teenoor hulle opgetree nie. Hy het hulle ook nie as minderwaardig behandel en beskou nie.&nbsp; Die swart leiers van sy tyd &nbsp;soos Matanzima, Botha Sigau, die hoof van die Zionistiese kerk, ens. (om net &lsquo;n paar te noem) het hom gerespekteer, en selfs liefgehad.&nbsp;  Hoekom het dit gebeur dat die swartes n&aacute; sy dood so &lsquo;n haat teenoor die blankes, veral Afrikaners van hierdie land begin koester het, &lsquo;n haat wat die nuwe geslag Afrikaner vandag nog mee opgeskeep sit?<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">N&aacute; Verwoerd se moord, het die Nationale Party stelselmatig begin verbrokkel.&nbsp; Hertzog het Vorster verkwalik dat hy, dws. Vorster, Verwoerd se beleid laat stilstaan het, en dat hy geen noemenswaardige uitvoering aan Verwoerd se beleid van afsonderlike ontwikkeling gegee het nie, en sodoende het hy van die Nasionale Party weggebreek om die HNP te vorm.&nbsp; Die Nasionale Party na Verwoerd het tiranniek teenoor die swartes begin optree, met sy lagwekkende &ldquo;klein apartheid&rdquo;-vervolgings; die drankwet wat swartes van alkohol probeer weerhou het; instromingsbeheer; blanke werksresevering; ontugwetgewing; gedwonge verskuiwings; afdwing van Afrikaans op die swartes; die industri&euml;le Bantoestangrensgebiedbeleid, ens.&nbsp;  Treurnicht (Dr &ldquo;No&rdquo;), die predikant, was behep met die morele standaarde van Suid-Afrika; het TV teengestaan, vuurvreter teen rassevermenging, ens. en weggebreek om die Konserwetiewe Party te vorm. <\/p>\n<p align=\"justify\">Nou was die Afrikaner in drie kampe verdeel en vinnig besig om polities te verarm. Afrikaner teen Afrikaner teen Afrikaner! En om nog die pap aan die roer te sit, verskyn die AWB, die Afrikanergrap op die toneel met sy splintergroepe soos onder andere die BBB, wat die Afrikaner soos die &ldquo;hill billies&rdquo; van Amerika laat voorkom het.&nbsp; Die swartgevaar het verwissel na die swarthaatpolitiek onder Afrikaners na Verwoerd se dood as gevolg van die verset van swartes teenoor Afrikanerpolitiek en -vervolging van die dag.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Die groot Verwoerdprent is intussen heeltemal misgekyk van gelyke en gerespekteerde state in Suid-Afrika.&nbsp; Die klem het intussen geval op kleinlikhede en binnegevegte tussen die valse profete wat die Afrikaner erg mislei en verdeel het, en wat dit daarna &nbsp;vir De Klerk maklik gemaak het om die land aan die ANC sonder &#39;n skoot te oorhandig, om sodoende sy internasionale Nobelprys te verdien (die enigste Afrikaner om dit ooit reg te kry).&nbsp; En hierdie tydperk word nou internasionaal gesien as &ldquo;The Verwoerdian Era&rdquo;!&nbsp; Verwoerd word lelik misken, met Hitler vergelyk en as &lsquo;n demogoog verteken. Nee, ek s&ecirc; vir jou, die  &ldquo;Verwoerdian Era&rdquo; het ge&euml;indig met die messteek van &lsquo;n malman, &lsquo;n duiwel, &nbsp;wat Verwoerd doodgemaak het, wat die Afrikaner se lig laat verflou het. Wat daarna gevolg het, noem ek die &ldquo;Era van Afrikaner- Babelse verwarring&rdquo;. En daardie verwarring geld vandag nog.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Die geleenthede vir &lsquo;n Afrikaner- of blanke staat is vir ewig verspil.&nbsp; In Verwoerd se tyd was daar 9 miljoen swartes teenoor 6 miljoen blankes in die tradisionele blanke gebiede, met omtrent 18 miljoen swartes in die tradisionele swart gebiede.&nbsp; Afsonderlike ontwikkeling was toe haalbaar gewees. Vandag is daar omtrent 4 miljoen blankes in die voorheen tradisionele blanke gebiede teenoor meer as 30 miljoen swartes in dieselfde voorheen tradisionele blanke gebiede, met ander&nbsp; woorde swartes wat oor die grens instroom om die blanke persentasie nog verder te laat krimp.&nbsp; Die Afrikaner na Verwoerd was ekonomies selfsugtig, Hy wou nie toelaat dat industrie binne die  tuislande gevestig word nie, maar op die grens binne die blanke gebied. Goedkoop arbeid van die swart state (soos Lesotho vandag), sonder enige ekonomiese infrastruktuur, is ingevoer. Vergelyk dit met ander lande, veral in Europa, wat hul eie arbeiders teen mededinging van buite beskerm.&nbsp; Die gevolg? Werksoekende swartes het in die blanke gebiede ingestroom, nieteenstaande die pogings tot instromingsbeheer&#8230; Pleks om die 9 miljoen swartes in die blanke gebied aansporings aan te bied om in die swart gebiede werk te gaan soek, het die omgekeerde gegeld.&nbsp; Moenie die ANC vir ons lot vandag blameer nie (en ek is hoegenaamd nie &lsquo;n ANC-ondersteuner nie). Die Afrikaner het net homself vir sy huidige lot te blameer.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\">Ja. Die Afrikaner sal &lsquo;n manier vir homself moet vind om binne &lsquo;n swart staat selfstandig te kan oorlewe.&nbsp; Dit gaan definitief nie in die vorm van enige vorige tradisionele Afrikaner- (Boere-) of volkstaat wees nie.. Dit is nou definitief nie meer prakties moontlik nie. Wie weet, miskien kry ons tog weer &lsquo;n leier in die toekoms van Verwoerd se gestalte om die Afrikaner leiding te gee, maar met &lsquo;n heel ander inisiatief.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/zaryadnye_i_pusko_zaryadnye\/\">\u0434\u043b\u044f \u0430\u0432\u0442\u043e\u043c\u043e\u0431\u0438\u043b\u044c\u043d\u043e\u0433\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0441\u043a\u043e\u0439 \u043e\u0431\u043b\u0430\u0441\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">&lsquo;n Vorige skrywer op Praag (ongelukkig kan ek sy brief nie op die web weer vind nie) het geskryf dat die Afrikaner &lsquo;n behoefte het aan &lsquo;n leier soos Verwoerd om hom weer rigting te gee.&nbsp; Hy is reg, maar ongelukkig, indien daar een sou kom, is dit te betwyfel of hy die Afrikaner om hom geskaar sal kry soos wat Verwoerd dit reggekry het.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[21096,2157,21093,2158],"class_list":["post-2267","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-s10-briewe","tag-d-h-fourie","tag-s7-menings","tag-verwoerd-en-volkstate"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2267","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2267"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2267\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2267"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2267"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2267"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}