{"id":226,"date":"2007-03-23T09:18:57","date_gmt":"2007-03-23T09:18:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=226"},"modified":"2007-03-23T09:18:57","modified_gmt":"2007-03-23T09:18:57","slug":"carl-niehaus-maak-mens-naar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=226","title":{"rendered":"Carl Niehaus maak mens naar"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\">Niehaus is neerhalend oor Ian Smith. Vergeleke met Robert Mugabe, aan wie die hele ANC op 27 April 2004 &rsquo;n staande toejuiging op die grasperk van die Uniegebou verleen het, is Ian Smith &rsquo;n staatsman van die hoogste integriteit wat &rsquo;n veel beter toekoms vir sy land wou sien as die hiperinflasion&ecirc;re sirkus wat hom tans oorkant die Limpopo afspeel. Ek dink die meeste inwoners van die oud-Rhodesi&euml; sal vandag wat wou gee om Smith as staatshoof terug te kry, net soos wat Kongolese op straat in Kinshasa vir Hans Pienaar van <em>The Star<\/em> gevra het of die witmense nie maar weer wil terugkeer nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Niehaus laat elke Afrikaner regtig na die lugsieksakkie gryp as hy die volgende woorde uiter: &ldquo;I am from Afrikaner stock, and I love the Afrikaans language, which is still the first language that I dream and think in &hellip;&rdquo; Niehaus het Afrikaans so lief dat hy dit nie eens kan skryf nie. Wat Niehaus en ander soos hy behoort te besef: dit kan ons werklik nie skeel indien hy vir die res van sy lewe sy rug op Afrikaans draai en saam met sy ANC-vriende ons taal probeer onderdruk, misken en vernietig nie. Dat Afrikaans en die Afrikanervolk mense soos Niehaus en sy mede-dwepers verloor het, is vir ons eerder &rsquo;n aanwins. Hulle verteenwoordig die &ldquo;vrot plek in ons volk&rdquo; waarvan Van Wyk Louw in sy gedig &ldquo;Julle is die oorheersers&rdquo; praat en waardeur ons &ldquo;vinnig, genadiglik\/sny deur spiere\/en vleis tot genesing&rdquo;.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Waar Niehaus insgelyks &rsquo;n groteske denkfout begaan, is wanneer hy homself as &rsquo;n &ldquo;Suid-Afrikaner wie se nasie moet slaag&rdquo; beskryf. Die hele idee van &ldquo;Suid-Afrikanerskap&rdquo; verteenwoordig &rsquo;n apartheidsbegrip wat deur Hertzog, Smuts en ander bevorder is. Niehaus beskik oor geen nasie nie, behalwe een wat hom onderskei op grond van sy ongebreidelde hebsug, korrupsie, misdaad, wreedheid en onbekwaamheid.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Ten minste was Beyers Naud&eacute; konsekwent genoeg om na sy toekomstige revolusion&ecirc;re staat as &ldquo;Azani&euml;&rdquo; te verwys. Hy het natuurlik die uitgang &ldquo;Azania&rdquo; verkies toe ek hom destyds aangehoor het. Die Azaniane behoort die nodige moed te h&ecirc; om ook die land se naam te verander, nie net di&eacute; van D.F. Malanrylaan of Pretoria nie.<\/p>\n<div align=\"justify\"> Suid-Afrika is dood en begrawe. In die plek daarvan het ons hierdie monster wat nie bereid is om hom by sy eie naam te noem nie, gekry. As een van die Ba&auml;lpriesters van die nuwe orde behoort Niehaus ten minste die moed te h&ecirc; om die nihilisme van di&eacute; bestel ewe trots en onvoorwaardelik te erken as wat hy Tony Yengeni of Robert McBride as sy leiers aanroep.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/avtomatika-dlya-nasosov_2\/komplektuyushchie\">\u043a\u043e\u043c\u043f\u043b\u0435\u043a\u0442\u0443\u044e\u0449\u0438\u0435 \u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Nadat ek Carl Niehaus se <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.litnet.co.za\/cgi-bin\/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&amp;cause_id=1270&amp;news_id=12318&amp;cat_id=168\">Ingels<\/a> op Litnet se semi-naarkamer gelees het, is ek nie half naar nie, maar sommer heeltemal naar. Dis nie net die clich&eacute;-belaaide sinne nie: hy kon byvoorbeeld nie &ldquo;sy kop en sy hart rondom&rdquo; die liedjie kry nie; pleks dat hy liewer sy kop &ldquo;rondom&rdquo; die naaste lamppaal in D.F. Malanrylaan &ldquo;gekry&rdquo; het. Terloops noem almal wat ek ken in Johannesburg daardie straat nog steeds by sy oorspronklike naam, net soos al die inwoners van Nylstroom, Potgietersrus, Warmbad, Louis Trichardt, Ellisras, Pretoria, Potchefstroom, noem maar op, nog glad nie erken het dat daar naamsveranderings plaasgevind het nie, al het &rsquo;n paar korrupte munisipaliteite ook die naamborde gewysig.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sowel Niehaus as die spook van daardie aartsdweper, Oom Bey, hoort in die <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Lord's_Resistance_Army\">Lord&rsquo;s Resistance Army<\/a> waar hulle &rsquo;n groot bydrae tot menseregte op die Afrikamanier kan lewer.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[369,154,21092],"class_list":["post-226","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-carl-niehaus-maak-mens-naar","tag-dan-roodt","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/226","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=226"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/226\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=226"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=226"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=226"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}