{"id":22529,"date":"2014-02-23T14:33:15","date_gmt":"2014-02-23T12:33:15","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=22529"},"modified":"2014-02-23T14:46:01","modified_gmt":"2014-02-23T12:46:01","slug":"vryheidsfront-plus-geweeg-en-te-lig-bevind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=22529","title":{"rendered":"Vryheidsfront Plus geweeg en te lig bevind"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-15563\" alt=\"roodt_dan_wiki\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg\" width=\"266\" height=\"266\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg 266w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki-150x150.jpg 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 266px) 85vw, 266px\" \/><\/a>deur Dan Roodt<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die afgelope week by \u2019n inligtingsessie van die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Kempton Park loop ek een van die leiers van die Daggaparty raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nee, dis nou nie die kortstondige DA-Agang-party nie, maar die regte Daggaparty van Suid-Afrika wat hom vir die wettiging van di\u00e9 dwelm beywer, asook \u2019n soort \u201cvolhoubare dagga-ekonomie\u201d waar ons selfs in huise sal bly wat van byprodukte van die daggaplant gemaak word!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Daggaparty kan dalk \u2019n metafoor wees vir die verwarde en verdwaalde toestand waarin die opposisiepartye in Suid-Afrika hulle bevind. Aan die vooraand van waarskynlik die belangrikste verkiesing sedert 1994 lyk dit asof sowel die DA as die VF+ by die stasie se verlore goedere moet aanklop om hul beginsels terug te vind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika se geesdriftige omhelsing van multikulturalisme en linkse denke, het regs eenvoudig weggekwyn. Om vandag in Suid-Afrika behoudend te wees, is amper om sosiale selfmoord te pleeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Begrippe soos private eiendom, die markekonomie, \u2019n werk\u00adetiek, die gesin, identiteit en morele waardes word met hoongelag begroet. Leiers van Julius Malema se EFF verskyn selfs in die openbaar in oranje tronkuniforms omdat hulle die misdadigers as hul natuurlike bondgenote in \u2019n anti-wit stryd sien. Op Twitter praat hulle vrylik van revolusie en geweld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA onder Tony Leon het self sterk regse elemente bevat, waarteen die huidige parlement\u00eare leier van die party, Lindiwe Mazibuko, haar skerp uitgelaat het deur die party se groei met Afrikanersteun n\u00e1 1999 as \u201ckorttermyn\u2026 en nadelig op lang termyn\u201d te beskryf. Sy het ook ges\u00ea dat \u201cwit nasionaliste\u201d die DA liefs behoort te verlaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anders as wat Pieter Mulder verlede naweek in <a title=\"Natuurlike tuiste van Afrikaners: Die VF Plus\" href=\"http:\/\/www.rapport.co.za\/Weekliks\/Nuus\/Natuurlike-tuiste-van-Afrikaners-Die-VF-Plus-20140214\" target=\"_blank\">Rapport<\/a> beweer het, is die VF+ kwalik die \u201cnatuurlike tuiste van Afrikaners\u201d. Eintlik is die party maar \u2019n splintergroep van die ou KP wat onder Constand Viljoen \u2019n oomblik van glorie in 1994 beleef het, maar sedertdien nie daarin kon slaag om kiesers gaande te maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die leier van die pas gestigte Front Nasionaal in Suid-Afrika, <a title=\"Vryheidsfront nou tot\u00e1\u00e1l Nasionale Party\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=22272\">Hannes Engelbrecht<\/a>, vergelyk Pieter Mulder se deelname aan die ANC-regering as adjunkminister met F.W. de Klerk se Regering van Nasionale Eenheid kort n\u00e1 1994. Hy s\u00ea: \u201cAs \u2019n party teruggryp na ou uitgediende Nasionale Party-argumente wat \u2019n klaaglike mislukking was, is jy polities bankrot.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As beroepspolitikus lyk dit asof dr. Pieter Mulder nie meer weet watter liedjie om voor watter gehoor te sing nie. Die liberale rubriekskrywer R.W. Johnson laat hom die afgelope week s\u00f3 uit oor die DA se omhelsing van \u2019n pro-Palestynse beleid in die Midde-Ooste: \u201cD\u00edt is die werklike ramp, dat die DA s\u00f3 deur die ANC gebreinspoel is dat hy nie net die pad byster geraak het nie, maar ook nie meer aan Suid-Afrikaners \u2019n werklike keuse bied nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar ook die VF+ is nie immuun teen al die linkse sjarme nie en word self in die Praathuis gesosialiseer om ANC-idees klakkeloos na te praat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom verwerp Pieter Mulder implisiet die party se selfbeskikkingstrewe as hy skryf dat die VF+ hom \u201cherposisioneer\u201d het en voortaan die ANC-ideale van \u201cware eenheid in verskeidenheid; rondom \u2019n ware \u2018better life for all\u2019?\u201d omhels. Is dit Zuma jr. wat hier praat?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Helen Suzman het jare lank vrou-alleen \u2019n ongewilde Houghton-liberalisme in die ou parlement met skrille sarkasme verdedig en oplaas gesien hoe die bolwerk van die eens magtige NP in duie stort. Vandag smag Suid-Afrika na konserwatiewe politici met beginsels wat eiendomsreg, private besit, gelyke regte vir Afrikaners en wit mense, asook ons reg op eie instellings soos skole en universiteite sal voorstaan. Noem dit \u201ckulturele selfbeskikking\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Tsoenami van Britse Marx\u00adiste het Suid-Afrika getref en groot dele van ons universiteite beset. Van die mees radikale denkers in ons land is Britse vroue soos Ruth Hall van die instituut vir armoede-, grond- en landelike studies aan die Universiteit van Wes-Kaapland (Plaas) en Carin Runciman van die Universiteit van Johannesburg. Hulle is niks minder nie as staatsbesoldigde aktiviste wat onverdunde kommunisme propageer. Hulle skryf die beleid vir Malema se EFF en die linkervleuel van die ANC, waaronder die departement van grondsake.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afgesien van \u2019n paar geluide uit Orania, beskik die VF+ oor geen intellektuele om hierdie ideologiese aanslag op die Afrikaner en eintlik die hele Suid-Afrikaanse ekonomie te troef nie. Die party produseer niks behalwe anekdotes oor die goeie ou dae en futlose mediaverklarings nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" id=\"docs-internal-guid-321edd70-5eae-4024-c895-9abd51873d4c\" style=\"text-align: justify;\">Hierteenoor beskik Europa oor &#8216;n groot aantal aantal intellektuele wat vanaf die sewentigerjare reeds die kommunisme skerp kritiseer. Aanvanklik het hulle nie veel hond haaraf gemaak nie. Die Franse filosoof Alain de Benoist het byvoorbeeld \u2018n boek van 3 000 bladsye geskryf oor waarom die regse beweging in sy land oor die afgelope 200 jaar misluk het. Ironies genoeg het dit verskyn op die vooraand van Marine Le Pen en haar Front Nasionaal se meteoriese opgang tot waar di\u00e9 party tans 34% steun onder die tradisioneel linkse Franse geniet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die hele Europa ervaar tans \u2018n swaai na regs, soos Leon Lemmer ook <a title=\"Die nuwe \u2018regses\u2019 in Europa\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=22515\">vandag berig<\/a>. Benewens Frankryk, het steun vir nuwe regse partye ook in Nederland, Belgi\u00eb, Denemarke, Swede, Oostenryk, Hongarye en Itali\u00eb toegeneem. In Noorwe\u00eb het die Vooruitgangsgparty wat as \u201ckonserwatief liberaal\u201d beskryf word en eers as \u201cverregs\u201d gestigmatiseer is, tesame met die Konserwatiewe Party in Oktober 2013 \u2018n nuwe regering gevorm. Die Vooruitgangsparty beskryf homself as \u2018n \u201clibertariese volksparty\u201d.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Europese regse partye groei veral onder jongmense. Die kletskamers van rekenaarspeletjies waaraan miljoene van hulle deelneem, is by uitstek die plek waar uitgesproke menings oor die politiek uitgeruil word.<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Soos Leon Lemmer dit vandag stel:<\/p>\n<blockquote>\n<p dir=\"ltr\">&#8216;n Les wat die ENR my geleer het, is om nie meer Westerse beskawing as \u2018n ideaal vir myself en Suid-Afrika voor te hou nie. Die assosiasie met Amerika is dan te sterk. Tydens apartheid is die woord \u201cblankes\u201d met \u201cEuropeans\u201d vertaal. Dit blyk nou korrek te wees. Pleks van op \u2018n hernude golf van Westerse beskawing te hoop, sal ek voortaan liewer vir die plaaslike hervestiging van Europese beskawing pleit; iets wat in 1652 met Jan van Riebeeck begin het.<\/p>\n<\/blockquote>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons is Afrikaners, maar ook Eurokaners. Op skool het ek Afrikaans, Engels en Latyn geleer. Ek herken my eerder in ou-Griekse begrippe oor die deug, oor verantwoordelikheid en vryheid as in die modieuse geswymel oor oeboentoe en verwante Afrosentriese clich\u00e9s. Ek wil nie deur &#8216;n sangoma in &#8216;n vuil, vervalle hospitaal behandel word nie en dring op my Europese w\u00eareldbeskouing aan. Terwyl ek di\u00e9 woorde skryf, luister ek na die Duitse violis Anne-Sophie Mutter. Ek vra nie daarvoor om verskoning nie. Net so min as wat die Arabiere van Noord-Afrika om verskoning hoef te vra dat hulle Moslems is, net so min hoef ons daaroor skaam te wees dat ons wat ons voorkoms en ons kennisbenaderings betref, Europe\u00ebrs gebly het. Weliswaar het ons &#8216;n eie beskawing hier te lande geskep, maar hy is vandag meer as ooit aan die groter Europese w\u00eareld verbind.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">De Gaulle, Verwoerd en ander het gevoel dat die voortbestaan van ons beskawing in Suider-Afrika van wesentlike belang vir die groter Europese beskawing daarbuite is. Dit is nodig dat ons opnuut hieroor sal besin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het niks meer om te verloor nie. Is dit nie tyd dat ons opstaan om ons idees en ons onvervreembare reg op \u2019n plek in die Suid-Afrikaanse son onverskrokke en ondubbelsinnig teenoor die hele w\u00eareld te verdedig nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Korter weergawe van di\u00e9 rubriek het vandag as artikel in <a title=\" Afrikaners moet opstaan vir selfbeskikking\" href=\"http:\/\/www.rapport.co.za\/Weekliks\/Nuus\/Afrikaners-moet-opstaan-vir-selfbeskikking-20140221\" target=\"_blank\">Rapport<\/a> verskyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><i>Dr. Dan Roodt is onderleier en woordvoerder van die nuwe party, <a href=\"http:\/\/frontnasionaal.com\" target=\"_blank\">Front Nasionaal<\/a>.<br \/>\n<\/i><\/p>\n<h4 id=\"stcpDiv\"><a href=\"http:\/\/frontnasionaal.com\/?p=25\" target=\"_blank\">Sluit aan by Front Nasionaal, dis gratis!<br \/>\n<\/a><\/h4>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Dan Roodt [followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Die afgelope week by \u2019n inligtingsessie van die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Kempton Park loop ek een van die leiers van die Daggaparty raak. Nee, dis nou nie die kortstondige DA-Agang-party nie, maar die regte Daggaparty van Suid-Afrika wat hom vir die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=22529\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vryheidsfront Plus geweeg en te lig bevind&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[11284,7599,15898,15414,2228,4636,4631,4640],"class_list":["post-22529","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-agang","tag-da","tag-daggaparty","tag-front-nasionaal","tag-orania","tag-pieter-mulder","tag-verkiesing","tag-vryheidsfront-plus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22529","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=22529"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22529\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=22529"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=22529"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=22529"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}