{"id":225,"date":"2007-03-23T08:54:50","date_gmt":"2007-03-23T08:54:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=225"},"modified":"2007-03-23T08:54:50","modified_gmt":"2007-03-23T08:54:50","slug":"kinshasa-bemba-skuil-in-sa-ambassade","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=225","title":{"rendered":"Kinshasa: Bemba skuil in SA ambassade"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Een van die gestorwenes gister was &rsquo;n werker vir die VN-ontwikkelingsprogram (VNOP), is vanuit diplomatieke bronne bevestig. Een Belg en een Franse burger bevind hulle tussen die gewondes.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Verenigde Nasies se vredesmag in die uitgestrekte, oorloggeteisterde sentraal-Afrikaanse land het ges&ecirc; dat hy meer as 600 mense na veiligheid gebring het wat in die intense gevegte in Kinshasa se Gombe-voorstad vasgekeer was. Tans verteenwoordig die 15 000 VN-soldate in die Kongo die grootste vredesmag ter w&ecirc;reld.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gevegte het in die middel van die oggend naby Bemba se huis uitgebreek wat inwoners uit hul huise laat vlug het. Die regering het ook gelas dat skole, ministeries en ambassades gesluit word. In die Franse skool is 90 leerlinge en onderwysers vasgekeer terwyl 350 in die Belgiese skool in Kinshasa agter slot en grendel moes bly.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Spanning het in Kinshasa toegeneem sedert die regering van president Joseph Kabila verlede week aangekondig het dat hy van voorneme is om die milit&ecirc;re mag te verminder wat Bemba, &rsquo;n voormalige rebelleleier, beskerm.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\">Om 17.00 GMT het Bemba oor Radio Okapi, die VN-beheerde radiostasie, &rsquo;n beroep op kalmte gedoen en vir &rsquo;n skietstaking gevra. Die skote het effens bedaar, maar het intussen weer hervat. Later die middag het mortier-ontploffings en kanonvuur in intensiteit toegeneem soos wat die gevegte versprei het. Onder andere is &rsquo;n bank in puin gel&ecirc;.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die sakekern word tans deur Bemba-ondersteuners beheer, volgens die BBC.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens die adjunk-ambassadeur van Suid-Afrika, Kenneth Pedro, &ldquo;Is mnr. Bemba slegs tydelik ingeneem. Hy het hoegenaamd nie om asiel gevra nie. Hy het nie in sy huis veilig gevoel nie. Hy wou in staat wees om met sy werk voort te gaan. Hy is ons gas. Dit sal tydelik wees.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\">William Lacy Swing, die hoof van die VN-missie in die DRK (MONUC), het met albei kante kontak gemaak in &rsquo;n poging om die spanning te probeer ontlont.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Bemba is uit die Ekwateurprovinsie afkomstig en so ook sy ondersteuners. Gisteroggend het hulle met rooi kopdoeke aan in die hoofstad al dansende en singende aan &rsquo;n&nbsp; protesoptog deelgeneem om hul bereidwilligheid om tot &rsquo;n konfrontasie met die regering oor te gaan, aan te dui.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">online free casino games slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/m.dozor.kharkov.ua\/news\/authority\/1153552.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\">\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Bembasw.JPG\" width=\"203\" height=\"152\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Jean-Pierre Bemba<\/div>\n<\/div>\n<p>Die verslane presidensi&euml;le kandidaat tydens die onlangse verkiesings in die Demokratiese Republiek van die Kongo, Jean-Pierre Bemba, skuil tans in die Suid-Afrikaanse ambassade in die hoofstad Kinshasa na &rsquo;n dag van skermutselings tussen sy wagte en die DRK-regeringstroepe.<\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoBodyText\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ten minste twee burgerlikes is dood en &rsquo;n dosyn gewond Donderdag tydens die geweld in die hoofstad wat oor die afgelope tyd kalm was na afloop van die historiese verkiesings verlede jaar. Tydens di&eacute; verkiesings is 30 mense gedood. Joseph Kabila het 58 persent van die stemme op hom verenig en Bemba 42 persent.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-225","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/225","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=225"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/225\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=225"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=225"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=225"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}