{"id":22278,"date":"2014-02-16T17:50:59","date_gmt":"2014-02-16T15:50:59","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=22278"},"modified":"2014-02-17T05:55:34","modified_gmt":"2014-02-17T03:55:34","slug":"christi-van-der-westhuizen-doktor-in-drogredenasies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=22278","title":{"rendered":"Christi van der Westhuizen, doktor in drogredenasies"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/afrikanertjie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-22279\" alt=\"afrikanertjie\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/afrikanertjie.jpg\" width=\"300\" height=\"225\" \/><\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">deur Joseph Secr\u00e8ve<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In een van Naarspers se publikasies &#8211; Die (tweederangse) Burger &#8211; verskyn op 14 Februarie \u2019n onderhoud met Christi van der Westhuizen oor haar promosieondersoek na die moontlikhede wat die demokratiese (sic) Suid-Afrika vir Afrikanervroue kan bied om nuwe identiteite te ontwikkel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit behoort eintlik nie te verbaas nie, maar die artikel wat volg wemel weer van haat en selfhaat soos ons nou eenmaal aantref by mense wat vervreemd geword het van die kulturele kragte wat hul lewens moontlik gemaak het. Die voortdurend terugkerende onderwerp is die \u201cverdrukkende invloed van Afrikanernasionalisme\u201d wat die ontwikkeling van die vrou belemmer het. Blykbaar is mevrou Van der Westhuizen \u2019n bewonderaar van die \u201clegendariese intellektueel Susan Sontag\u201d, daardie Joodse tannie wat beweer dat die wit ras die kanker van die geskiedenis is, en behoort dus tot dieselfde kamp as Afrikanerhaters en volksverraaiers \u00e1 la Max du Preez. Sy het immers haar loopbaan begin by daardie rooi sikofant se Vrye Weekblad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie artikel kan duidelik gesien word hoe sy haar begrip van nasionalisme oorgeneem van die Europe\u00ebrs se model, wat juis in baie gevalle naskokke van die wetenskaps en industri\u00eble rewolusies was, en misgis dit met die uitgangspunte van Afrikanernasionalisme. Afrikanernasionalisme het sy eie verligtingsideale nagestreef soos wat ons kan sien in Tobie Muller se Belydenis van \u2019n Nasionalis wat hy in 1913 geskryf het. Die akkuraatheid van Muller se betoog vind ons elke dag terug in wankelende multikulturele gebiede in die w\u00eareld se groter stede. Vir Muller was dit belangrik om die kragte binne jou eie kultuur te ontdek en te ontwikkel. As \u2019n mens versuim om dit te doen, loop jy gevaar dat jy \u2019n slaafse naloper van magtige kulture gaan word, wat jou gemeenskaplike identiteit net verder kan benadeel. Die politieke navorser Robert Putnam het in 2007 iets soortgelyks gevind dat in multikulturele woonwyke is mense minder aktief in buurtgemeenskappe, meer ge\u00efsoleer van mekaar (selfs al behoort hulle tot dieselfde etniese groep) en is die algemene gesondheid minder goed as di\u00e9 van mense in homogene gemeenskappe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As ons byvoorbeeld kyk na die Afrikaner Broederbond \u2013 in die jare toe hulle nog edel beginsels nagestreef het \u2013 het hulle hul kragte gebundel om universiteite vir Afrikaners op te rig juis om hul volk op te hef. Die destydse RAU was veral vir daardie doeleinde gestig sodat \u2019n einde gemaak kan word aan die armblankevraagstuk. Die ywer en Protestantse werksetiek van Afrikaners het uiteindelik daarvoor gesorg dat Suid-Afrika \u2019n formidabele speler op die w\u00eareldtoneel geword het, en het selfs vrees en afguns ingeboesem by die groot Britse Ryk, wie se grondveste al begin wankel het. Waarom hierdie grootskalige ontwikkelinge afgemaak moet word as \u201ctotalit\u00ear en verdrukkend\u201d is iets wat sy seker beter sal weet as ek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die marxistiese redenering in terme van deprivasie word alweer rondgestrooi om die ho\u00eb syfer van geweld te verklaar: \u201cOns hele samelewing is omgedolwe deur die einde van apartheid en ons probeer om gewoond te raak aan demokrasie en die moontlikhede wat demokrasie skep, maar ons kom basies uit \u2019n totalit\u00eare situasie waar die meeste van die moontlikhede toegemaak was. Skielik is daar meer keuses, daar is meer moontlikhede om jouself te aktualiseer as \u2019n mens\u201d, meen Van der Westhuizen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek wonder of hierdie selfde bewering geld vir die nuwe generasie armblankes wat weens hul verkleur geen werk kan kry nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die artikel kom na vore \u2013 en ek hoop dit is as gevolg van slegte redaksionele werk \u2013 hoe die konsep van seksuele onskuld waar Afrikaners mee opgevoed is \u2019n drogredenasie is om seksuele geweld te verbloem. Daar word in soveel woorde weer vinger gewys na die identiteit van Afrikaners as moontlike oorsaak van hierdie vorm van geweld, so asof Afrikaners die nommer een verkragters in Suid-Afrika is. Weereens word twee verskillende belewenisse van twee verskillende volkere deurmekaar gegooi. Die konsep van seksuele onskuld sien \u2019n mens ook in Renaissanceskilderye. As ons kyk na die bekende skilderwerk van Bottichelli oor die geboorte van Venus, sien ons ook onskuld soos wat sy haar skaamdele probeer toehou. Is hierdie skildery ook o\u00ebverblindery omdat dit seksuele geweld wegsteek? Of is dit juis om vroulike skoonheid uit te beeld as iets esteties?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hele idee van onskuld is heelwat groter en substansi\u00ebler van menswees as wat sy beweer. Emanuel Swedenborg beskryf onskuld as die hoogste goddelike eienskap wat daar is. Die hoogste vorm van onskuld is wysheid. Hoe meer wysheid iemand het, hoe meer onskuld het daardie persoon. Hierdie uitinge van Swedenborg is kenmerkend van die Westerse Christelike tradisie wat ons huidige lewens, ons kuns, wetenskap en literatuur bepaal het. Ons begrip van onskuld het sy oorsprong in \u2019n metafisiese waarheid en is dus geen patologie van Afrikanerwees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek dink, soos Dan Roodt al genoem het, dat waar apartheid \u2019n metoniem vir Afrikaners is, is Afrikaners op hul beurt \u2019n metoniem vir die Christelike Weste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As Van der Westhuizen \u2019n verklaring wil vind van seksuele geweld sal sy beter af wees om te kyk na daardie kulture en subkulture waar seksuele geweld aangemoedig word. Dit is juis die verval van tradisionele ordes wat sulke geweld veroorsaak. Dit is ook die rede waarom baie mense wat genoeg gehad het van hierdie anargie terugkeer na \u2019n w\u00eareld van tradisie. Om Afrikanernasionalisme hiervan te beskuldig is nou wraggieswaar \u2019n geval waarin die medisyne met die siekte verwar word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duidelik kom na vore dat Van der Westhuizen weg wil breek uit die ou bedeling maar weet tegelyk dat die nuwe bedeling nie eintlik iets beters aan te bied het nie. Die \u201cmeer moontlikhede\u201d waarvan sy praat stel nie veel voor nie, aangesien in baie samelewings interne verskuiwings plaasvind soos wat die tyd aanstap. In lande wat kenmerkend vroue verdruk soos Saoedi-Arabi\u00eb en Iran sien \u2019n mens snaaks genoeg meer vroue met ho\u00ebr onderwysgrade en selfs meer professore onder hulle as mans, terwyl in die Weste is die enigste persoon ooit wat twee keer die Nobelprys gewen het ook \u2019n vrou. Interessant genoeg het hierdie mevrou &#8211; Marie Curie \u2013 juis geleef nog lank voor die sestiger jare \u2019n karikatuur begin gemaak het van vroueregte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die einde van alle groot politieke kenteringe kom \u2019n mens tog maar weer terug by die begin en moet van oor af aan weer begin om op te bou wat hulle verlore laat gaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie verband haal ek die volgende stuk aan van geskiedkundige Carroll Quigley, geskryf het:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">For more than a century, from 1830 to after 1940, Catholics in America lived in a ghetto. When American Catholics decided to leave their ghetto (right after the Jews and just before the Italians and Negroes), they did what any people fleeing a ghetto do: they uncritically embraced the outside world, without seeing that that world was moving rapidly toward increased chaos, corruption and absurdity. They abandoned completely a basic principle of the Christian West: that salvation is to be found, either for the individual or for the community, only in slow growth in terms of one&#8217;s own traditions and background. If Catholic education had been willing to do that, it could have made a great contribution to American education and to American life, because the only thing which can save America or our world is to get back to the abandoned traditions of the Christian West and to resume the process of growth and development of our society on the basis of those traditions [\u2026] And now young people all over the country are trying desperately to get back to some kind of real, if primitive, Christianity, with little real guidance from their so-called teachers and clergy. What is even more ironical is that they, and the more progressive of their teachers, in their efforts to get back to the mainstream of Western Christian growth are trying to work out, by painful application, all those things (like multi-valued logic, or the role of daily good-works in Christian life) which were worked out within the Christian West long ago, but are now forgotten, and now have to be re-discovered as something new.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aangehaal uit: Is Georgetown University Committing Suicide? Uit The Hoya, April 1967.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waar Quigley op wys is trouens een van die belangrikste redes waarom kulturele integrasie voortdurend misluk. Sodra mense gekonfronteer word met \u2019n milieu wat te vreemd is, te bedreigend aanvoel of waarvan iemand \u2019n gevoel het dat sy bestaan in die w\u00eareld nie tot sy reg kan kom nie, keer hulle na binne en gaan op soek na hul innerlike, metafisiese waarhede. Vanuit hierdie innerlike bron van kennis gaan hulle hulself opnuut heruitvind en hul direkte leefomgewing indeel soos wat hulle dit gewoond is om te doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ofskoon baie mense in vreemde kulture dalk oor die vermo\u00ebns besit om redelik soepel in te skakel by die vreemde kultuur, gaan hulle tog iewers merk dat die kolossale gewig van re\u00ebls, kodes, uitdrukkingsvorms ensovoorts geen weerspie\u00ebling van hul innerlike belewenisse is nie, wat vervreemding veroorsaak. Uit vervreemding ontstaan \u2019n bose kringloop van verwarring en verdere vervreemding, aangesien vanuit die huislike omgewing \u2019n bepaalde stel verwagtings vereis word wat nie inskakel by die vreemde, dominante kultuur nie.\u2019n Verlore jeug met afwykende bendekulture word hierdeur veroorsaak, wat \u2019n resultaat is van jarelange sluimerende onbegrip en frustrasie wat later omslaan in apatie en haat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om hierdie proses terug te keer is uiters moeilik, en \u2019n mens wonder of die ho\u00eb moordsyfer op die Kaapse Vlakte, met sy uiters diverse gemeenskap nie die resultaat is van integrasie en amalgamasie wat te ver gegaan het nie. Daar is geen bindende tradisionele kultuur om die groepe sin en rigting te gee nie maar slegs fragmente van vergane kulture wat geen bindende werking op die bevolking meer het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos CJ Langenhoven destyds ges\u00ea het is die verskil tussen \u2019n indiwidu en \u2019n volk dat die indiwidu kyk terug en sien \u2019n wiegie en kyk na die toekoms en sien \u2019n graf. By \u2019n volk is dit andersom: \u2019n Volk kyk terug en sien \u2019n graf en kyk na die toekoms en sien \u2019n wiegie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met hierdie herinnering van Langenhoven ontstaan \u2019n volk se sedewette, gewoontes, kultuur, geloof en diverse ho\u00ebr kultuurfunksies om te sorg dat hierdie aaneenskakeling gesond kan bly funksioneer van geslag tot geslag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is uiteraard belangrik dat samelewings moderniseer en eksperimenteer met nuwe kultuurgoedere. Die skade bestaan egter wanneer die gevestigde orde in sy geheel verwerp word en mense rigtingloos gelaat word. Mense begin dan te leef vir die tydelike, die lelike, vulg\u00eare en uiteindelik gaan beskawings ten onder hieraan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom ons hoop dat die jonger generasie \u2019n bietjie meer verstand het as die huidige een. Dit is al erg genoeg dat hulle vir hierdie gelag moet betaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om kultuur en tradisie te herstel sal myns insiens goeie materiaal wees vir \u2019n waardige doktorsgraad.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Joseph Secr\u00e8ve In een van Naarspers se publikasies &#8211; Die (tweederangse) Burger &#8211; verskyn op 14 Februarie \u2019n onderhoud met Christi van der Westhuizen oor haar promosieondersoek na die moontlikhede wat die demokratiese (sic) Suid-Afrika vir Afrikanervroue kan bied om nuwe identiteite te ontwikkel. Dit behoort eintlik nie te verbaas nie, maar die artikel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":22279,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10,1],"tags":[15748,15746,5650,15747,10563],"class_list":["post-22278","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","category-uncategorized","tag-afrikanernasionalisme","tag-afrikanervroue","tag-christi-van-der-westhuizen","tag-rau","tag-susan-sontag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22278","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=22278"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22278\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22279"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=22278"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=22278"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=22278"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}