{"id":22267,"date":"2014-02-16T06:47:21","date_gmt":"2014-02-16T04:47:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=22267"},"modified":"2014-02-16T06:47:21","modified_gmt":"2014-02-16T04:47:21","slug":"demokratiese-alliansie-is-n-dansskool","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=22267","title":{"rendered":"Demokratiese Alliansie is &#8216;n dansskool"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_22268\" aria-describedby=\"caption-attachment-22268\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/zille_mazibuko.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-22268\" alt=\"Zille en Mazibuko lei 'n optog van die party vir wie die meeste Afrikaners voorheen gestem het\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/zille_mazibuko-300x174.jpg\" width=\"300\" height=\"174\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/zille_mazibuko-300x174.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/zille_mazibuko-70x40.jpg 70w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/zille_mazibuko.jpg 584w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-22268\" class=\"wp-caption-text\">Zille en Mazibuko lei &#8216;n optog van die party vir wie die meeste Afrikaners voorheen gestem het<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">deur Hannes Engelbrecht<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten spyte daarvan dat sy eie politieke kommentators soos Herman Gilliomee en Theo Venter (NWU-Pukke) die DA waarsku om nie die wit stem as vanselfsprekend te aanvaar nie, gaan Zille en haar span ongesteurd voort om die DA te \u201chervorm\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA se parlement\u00eare leier, Lindiwe Mazibuko, het pas weer hierdie week \u2018n dwarsklap uitgedeel aan een van die wit bestuurslede, Athol Trollip. Dit het gevolg nadat die DA se kandidatelys gewys het hoe wittes (soos Niekie van der Berg) uitgeskuif word ter wille van die \u201ctransformasie\u201d van die party.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA se jeugvleuel is natuurlik klaar in geheel \u201cverswart\u201d, terwyl die Gauteng-kandidaat ook swart is. Dit sluit aan by Patricia de Lille (van die OD, wat ingesluk is deur die DA en verantwoordelik was vir die \u201cgroei\u201d wat die DA kwansuis gewys het) wat met \u2018n hand vol lojales Kaapstad bestuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA se kleure as \u2018n multikulturele party wat \u2018n eenheidstaat voorstaan, kom al meer na vore. Hulle ommeswaai oor regstellende aksie, verandering van straatname, alewige ge-toyi-toyi en Dianne Kohler-Barnard se weiering om Afrikaans te praat, is tekenend van die rigting wat die party nou inslaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anders as wat sommige media wil voorgee, is die DA ook nie die skoonste van partye nie. Die gedoente met Agang ruik na buitelandse inmenging met geldskenkings, die DA-raad van Midvaal verkeer in allerhande korrupsie-aantygings, en Manie van Dyk is amptelik Suid-Afrika se reistoelaag-koning. Op Potchefstroom was dit \u2018n lagwekkende sirkus soos die DA probeer het om \u2018n stadsraad te beheer met net \u2018n derde van die stemme (wat in effek beteken het dat hulle in die kort rukkie aan die stuur geen demokratiese besluite kon uitvoer nie).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As \u2018n multikulturele party het die DA \u2018n swak vertoningsrekord wat betref die aanspreek van wittes en kleurlinge se probleme. Op die beste is hul mediaverklarings oor viskwotas en plaasmoorde net \u2018n oorsigtelike gegorrel wat tog net nie hul swart kollegas aanstoot moet gee nie. Met laasjaar se plaas-onluste in die Wes Kaap was die DA met stomheid geslaan. Hulle beleid oor grondhervorming is so naby aan die ANC s\u2019n dat daar eintlik eenstemmigheid is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat Zille en Mazibuko (Zille se voorkeurkandidaat vir volgende partyleier) \u2018n onheilige houvas op die party het, kom hulle weg met dinge waarmee geen ander party sal wegkom nie. Op die kandidatelys is jong, onervare mense wat as sekretaris en as woordvoerder vir Zille opgetree het \u2013 \u2018n duidelike bewys van regstellende aksie wat ook binne die party self aanwesig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA, wetende dat politieke argumente en beleid hulle kan kortwiek, wend hulle al meer tot populistiese politiek. T-hemde, kospakkies, Zille in Moslemdrag, Zille in sangoma-seremonie, Zille aan\u2019t toi-toi: dis \u2018n nimmereindigende gespeel vir die gehoor sonder om enige politieke argument op die tafel te sit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Demokratiese Alliansie spog graag met die Wes-Kaap. Maar as jy praat met ingeligte Wes-Kapenaars kom \u2018n ander prentjie na vore \u2013 dit is nie die \u201cregeringsvermo\u00eb\u201d van die DA wat die Wes-Kaap en Kaapstad laat uitblink nie; dit is die unieke werkerskorps binne die stad en provinsie wat die verskil maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gaan dit help om enige van die dinge wat hierbo genoem word aan die DA te vra? Nee, dit gaan nie. Die DA hou nie van politieke argumente nie, want dit kan dalk kiesers wakkermaak. Die DA sal eerder antwoord deur iewers in \u2018n \u201ctownship\u201d te gaan dans en T-hemde uit te deel. D\u00edt is die Demokratiese Alliansie.<\/p>\n<p>Hannes Engelbrecht is leier van <a href=\"http:\/\/frontnasionaal.com\" target=\"_blank\">Front Nasionaal<\/a>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Hannes Engelbrecht Ten spyte daarvan dat sy eie politieke kommentators soos Herman Gilliomee en Theo Venter (NWU-Pukke) die DA waarsku om nie die wit stem as vanselfsprekend te aanvaar nie, gaan Zille en haar span ongesteurd voort om die DA te \u201chervorm\u201d. Die DA se parlement\u00eare leier, Lindiwe Mazibuko, het pas weer hierdie week &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=22267\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Demokratiese Alliansie is &#8216;n dansskool&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":22268,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[7631,6688,15745,8727],"class_list":["post-22267","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-demokratiese-alliansie","tag-helen-zille","tag-kospakkies","tag-wes-kaap"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22267","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=22267"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22267\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22268"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=22267"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=22267"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=22267"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}