{"id":22207,"date":"2014-02-14T08:57:44","date_gmt":"2014-02-14T06:57:44","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=22207"},"modified":"2014-02-14T09:09:05","modified_gmt":"2014-02-14T07:09:05","slug":"da-lid-belaster-voormalige-dienspligtiges-in-naarpers-se-prawda","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=22207","title":{"rendered":"DA-lid belaster voormalige dienspligtiges in Naarpers se Prawda"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"font-family: Arial; font-size: small;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-15429\" alt=\"delport_manfred_600\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-300x245.jpg\" width=\"300\" height=\"245\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-300x245.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/span><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg\"><em>deur Manfred Delport<\/em><\/a><\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volg Manfred op <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/manfred.delport\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boetman is vanoggend die bliksem in. Dis Boetman se eie skuld, want hy behoort teen di\u00e9 tyd beter te weet as om die Afrikaanse weergawe van Prawda, Beeld, te lees. Die gewone leuens en propaganda wat in Naarpers se publikasies verskyn, gewaarborg is om enige regdenkende persoon se bloeddruk gevaarlik hoog te maak. Ek kan my goed indink hoe inwoners van die destydse Sowjet-Unie moes voel toe hulle daardie regime se leuens in Prawda moes lees. Dis dieselfde emosie wat ek ervaar as ek Naarpers se Prawda teen my beter wete in lees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanoggend se bloeddrukstyging is veroorsaak deur <a title=\"Kommentaar: Sunette, wees eerlik\" href=\"http:\/\/www.beeld.com\/opinie\/2014-02-13-kommentaar-sunette-wees-eerlik\" target=\"_blank\">n\u00f3g \u2018n stuk gemors<\/a> wat te velde trek teen die sangeres en aktivis, Sunette Bridges. Me Bridges het die linksetjies behoorlik op hol, want vir haar is Adriaan Basson, Prawda se liggewig-redakteur, banger as die duiwel vir \u2018n slypsteen, te oordeel aan hoe gereeld daar histeriese bangbroek-veroordelings van me Bridges in Prawda verskyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 prul vanoggend is geskryf deur \u2018n DA-raadslid in Durban, ene Martin Meyer, wat die vermetelheid het om homself \u2018n trotse Afrikaner te noem. Ek het dit begin lees met die wete dat dit bloot die gewone NSA-rasieleier gemors sou bevat, wat selfs Meyer self moeilik vind om te glo. Julle almal ken dit: hoe boos apartheid kwansuis was, hoe fantasties die dooie terroris Mandela was, en watter wonderlike grondwet die land glo het. Ek het dit verwag, en ek is nie teleurgestel nie. Dit was inderdaad die gewone NSA-lofsingery, komende uit &#8216;n libverkrampte se besonder onoorspronklike pen. My bloed het egter behoorlik gekook toe ek die volgende lees:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOnthou jy dat die weermag self in die townships was, ja, die land se eie weermag was ontplooi binne die landsgrense met die opdrag om ons eie mense te dood?\u201d<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou kyk, meneer Meyer, in jou stuk erken jy self dat jy \u2018n snotsnuiter was in die jare tagtig, want jy skryf jy is 37 jaar oud. Kennelik het jou denke ook nie veel verder gevorder vanaf jou snuiterstadium nie. Jy is dus iewers rondom 1977 gebore. Jy was te jonk om diensplig te verrig tydens die jare tagtig, want jy was slegs 13 jaar oud in 1990. Ek weet dus nie wie bostaande snert in jou deurmekaar koppie ingeprent het nie, maar jy was beslis nie persoonlik daar nie. Jy het dit baie beslis nie persoonlik ervaar nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Laat ek jou reghelp, meneer Meyer. Ek was d\u00e1\u00e1r. Ek was \u2018n dienspligtige in die jare tagtig. Ek was in die lokasies. Jammer nou dat die term lokasie jou, in jou hoogheilige DA-libvertraagdheid, nou ontstig, maar tot vandag toe verwys die swartes self na die \u201ckasi&#8221;.\u00a0 Ek kan jou verseker, meneer Meyer, dat ek en my mede-troepe, en ons Staandemag-leiers, beslis ni\u00e9 daar was om \u201cons eie mense te dood\u201d (sic) nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Inteendeel \u2013 ons is opgelei om mense te beskerm. Ons is ten sterkste verbied om mense leed aan te doen. Die doktrine van minimum geweld is oor en oor in ons ingedril. Ons het ons lewens op die spel geplaas sodat snotkoppies soos Meyer veilig in hulle bedjies in hulle mammies se huise kon slaap, ja ook daar in &#8220;The Last Outpost&#8221;, die liberale Natal, waar Meyer hom bevind. Daar was slegs een insident tydens my eenheid se maande in die lokasies, en dit was toe \u2018n troep per abuis sy geweer afgevuur het. Di\u00e9 troep het niemand \u201cgedood\u201d nie, meneer Meyer, dit was \u2018n blote ongeluk, maar nietemin moes die insident \u2018n kommissie van ondersoek ondergaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ja, ons kon maklik mense uitgewis het. Ons het immers Ratels en masjiengewere gehad, wat baie effektief sou wees om massamoord mee te pleeg. Maar ons het nie. Weer eens: Ons is die dood voor die o\u00eb gesweer sou ons iemand leed aandoen, buiten uit selfverdediging. Daar is wel op ons geskiet met AK-47s. Ons lewens was wel in gevaar. Ons was daar sodat Meyer kon oorleef om vandag sy linksliberale drek en selfhaat te kan spu.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En nou draai hierdie DA- libvertraagde ploert waaragtig om en het die verstommende vermetelheid om te lieg en te beweer dat ons daar was om mense dood te maak. Nou kyk, ek verstaan dat die vermo\u00eb om te lieg sonder om te blik of te bloos \u2018n voorvereiste vir \u2018n DA-politikus is, maar waaragtig, meneer Meyer, jou blatante, propagandastiese leuens en beledigings wat jy teenoor my en duisende ander voormalige soldate pleeg, is onaanvaarbaar. Dit is nie net blatante leuens nie, dit is haatspraak en Nazi-agtige propaganda en beswaddering van eerbare mense.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek eis die volgende van al drie oortreders: Prawda se redakteur, Martin Meyer en die DA: \u2018n Onmiddelike regstelling van Meyer se blatante leuens in Prawda, gevolg deur \u2018n onvoorwaardelike verskoning deur Adriaan Basson, Meyer en die DA vir al drie partye se growwe gebrek aan respek vir ons wat julle in die 1980s veilig gehou het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boetman het nou genoeg gehad van die haat, waninformasie, leuens en propaganda wat teen my as Afrikaner gepleeg word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">[followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p>Volg Manfred op &lt;a href=&#8221;https:\/\/www.facebook.com\/manfred.delport&#8221; target=&#8221;_blank&#8221;&gt;Facebook&lt;\/a&gt;.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Manfred Delport [followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Volg Manfred op Facebook. Boetman is vanoggend die bliksem in. Dis Boetman se eie skuld, want hy behoort teen di\u00e9 tyd beter te weet as om die Afrikaanse weergawe van Prawda, Beeld, te lees. Die gewone leuens en propaganda wat in Naarpers se publikasies verskyn, gewaarborg is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15429,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[12029,3377,7872,8089,225,6829,15726,6875,14823,643,6002,10696,6010],"class_list":["post-22207","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-adriaan-basson","tag-beeld","tag-boetman","tag-boetman-is-die-bliksem-in","tag-diensplig","tag-haatspraak","tag-leuens","tag-lokasie","tag-naarpers","tag-naspers","tag-propaganda","tag-sunette-bridges","tag-weermag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22207","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=22207"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22207\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15429"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=22207"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=22207"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=22207"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}