{"id":22192,"date":"2014-02-14T07:20:51","date_gmt":"2014-02-14T05:20:51","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=22192"},"modified":"2014-02-14T07:20:51","modified_gmt":"2014-02-14T05:20:51","slug":"staatsrede-fokus-op-protes-myne","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=22192","title":{"rendered":"Staatsrede fokus op protes, myne"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/sona2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-22194\" alt=\"sona2\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/sona2-300x202.jpg\" width=\"300\" height=\"202\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/sona2-300x202.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/sona2.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>President Jacob Zuma het in\u00a0sy staatsrede sy kommer uitgespreek oor geweld by protesoptogte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die president het ook ges\u00ea dat meer gedoen moet word om te verseker dat munisipale werkers beter gekwalifiseer is. Hy het ges\u00ea werk behoort nie aan onbekwame mense gegee te word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel die reg om te betoog &#8216;n demokratiese een is, word dit ondermyn deur optrede wat lewens bedreig en eiendom beskadig, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma s\u00ea die groot aantal sogenaamde diensleweringsbetogings word nie alleen die mislukkings van die regering veroorsaak nie. Hy s\u00ea dit is juis as gevolg van die regering se sukses in dienslewering dat verwagtinge ho\u00ebr as ooit is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het die versekering gegee dat ekonomiese groei die daling in die waarde van die rand en die inflasie-risiko sal te\u00ebwerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geld-eenheid het verlede jaar met meer as 17 persent teenoor die dollar gedaal. Die skerp daling in die waarde van die rand het ook bygedra tot die eerste verhoging in rentekoerse in meer as vyf jaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zuma s\u00ea Suid-Afrika word soos ander ontluikende markte negatief geraak deur ekonomiese probleme in die VSA wat aanleiding gegee het tot die verswakking van die rand.<\/p>\n<p>Zuma het in &#8216;n passievolle pleidooi aan mynbase en vakbonde ges\u00ea onnodige stakings lei tot werkverliese.<\/p>\n<p>Hy het van sy geskrewe toespraak afgewyk om mynmaatskappye en werkers aan te moedig om die land se belange voor hul eie te plaas. Die mynbedryf dra R60 miljard aan belasting by.<\/p>\n<p>Die president het die regering se verbintenis tot skaliegasontginning bevestig, tot die ontsteltenis van omgewingsaktiviste.<\/p>\n<p>Zuma se aandrang op opleiding vir handgebaretolke het vir &#8216;n geskater uit die gehoor gesorg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die leier van die IVP, Mangosuthu Buthelezi s\u00ea Zuma mislei die land oor die uitgebreide openbare werke program wat ses miljoen werksgeleenthede kan skep. Hy s\u00ea dit is tydelike werk, terwyl die land volhoubare werksgeleenthede nodig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, het in sy reaksie die president daarvan beskuldig dat hy nie die werklike uitdagings waarmee gewone mense te kampe het, aangespreek het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Holomisa s\u00ea Zuma het geen aandag gegee aan korrupsie, misdaad en ander uitdagings waardeur Suid-Afrika bedreig word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die leier van die DA, Helen Zille het in haar kritiek ook gekla oor werksgeleenthede wat slegs tydelik van aard is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die party se parlement\u00eare leier, Lindiwe Mazibuko het ges\u00ea die land het nie onder president Zuma verbeter nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die leier van COPE, Mosioua Lekota, s\u00ea president Zuma se Staatsrede het nie veel inhoud gehad nie. Zuma het in sy toespraak ges\u00ea die teenkorrupsiestrategie binne die Staatsektor is besig om vrugte af te werp met die meer as 1.500 amptenare wat afgedank is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ook ges\u00ea die Nasionale Teenkorrupsie-blitslyn het ook gehelp om meer as R320 miljoen terug te kry. Lekota s\u00ea volgens hom misluk die regering in sy stryd teen korrupsie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Jacob Zuma het in\u00a0sy staatsrede sy kommer uitgespreek oor geweld by protesoptogte. Die president het ook ges\u00ea dat meer gedoen moet word om te verseker dat munisipale werkers beter gekwalifiseer is. Hy het ges\u00ea werk behoort nie aan onbekwame mense gegee te word nie. Alhoewel die reg om te betoog &#8216;n demokratiese een is, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=22192\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Staatsrede fokus op protes, myne&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":22194,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[15713,8897,11143,8843],"class_list":["post-22192","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-2014-staatsrede","tag-parlement","tag-president-jacob-zuma","tag-staatsrede"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22192","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=22192"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22192\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/22194"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=22192"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=22192"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=22192"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}