{"id":2215,"date":"2008-07-14T10:36:24","date_gmt":"2008-07-14T10:36:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2215"},"modified":"2008-07-14T10:36:24","modified_gmt":"2008-07-14T10:36:24","slug":"oraniagebied-nie-reg-vir-n-volkstaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2215","title":{"rendered":"Oraniagebied nie reg vir &#8216;n volkstaat"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Die eerste punt, wat vir alle gebiede geld, is dat ons volk myns insiens nie bereid is om vreemde arbeid te los nie. Maar indien tot &lsquo;n groot mate wel, dan geld die volgende nadele betreffende Orania.<\/p>\n<div align=\"justify\">\n<ol>\n<li>Dit is afhanklik van      water wat van &#39;n buurland afkomstig is. En soos wat die kompetisie vir water      al groter word, sal die kwesbaarheid toeneem.<\/li>\n<li>Omdat voedsel net      met besproeiing geproduseer kan word, is      dit &lsquo;n duur proses en daarby kan      slegs &lsquo;n beperkte hoeveelheid geproduseer word. Die Afrikanerland      sal dus sy voedsel moet invoer, selfs al sou die hoeveelheid water wat nou      deurgelaat word dieselfde bly.<\/li>\n<li>Omdat besproeiing      duur is, is dit gewoonlik nodig om besproeingsgrond intensief te bewerk en      gewasse te kies wat daarby pas. Dit is dus arbeidsintensief. En dit is juis      &lsquo;n swak punt van ons volk dat ons nie noemenswaardig eie arbeiders      het nie.<\/li>\n<li>Die gebied is baie      swak gele&euml; vir nywerhede, want dit is ver van grondstowwe en ver van die      mark. As iemand daar byvoorbeeld &lsquo;n yskas wil maak, moet hy die      staalplate, elektroniese toebehore, ens. alles van Gauteng af invoer. As hy &lsquo;n      probleem het dat iets nie werk nie, moet hy gou Gauteng toe ry om die probleem op te      los. En as hy dit klaar gemaak het, moet hy dit weer terug vervoer Gauteng toe om daar      te verkoop. Toebehore kan      natuurlik oorsee gevind word en ook daarnatoe uitgevoer word, maar dan      geld dieselfde argumente. Dit is dus nie betalend om daar iets te      vervaardig nie. Ek weet daar is items waarvan die vervoerkoste klein is,      byvoorbeeld om juwele of horlosies te maak. Maar dit verg &lsquo;n      gevorderde kundigheid wat ons nie het nie, en in elk geval sal ons moeilik met byvoorbeeld Sjina kan meeding. Maar, ons moet in elk geval &lsquo;n      sterk onderbou van &ldquo;growwe&rdquo; nywerhede h&ecirc; (yskaste, motors,      vragmotors, trekkers, implemente) wat ons ook self sou kon doen as ons      &lsquo;n geskikte plek het, maar dis nie die Oraniagebied nie.<\/li>\n<li>Die Oraniagebied is      afhanklik van elektrisiteit wat van elders moet kom. Daar is nie steenkool, ruolie of ander energiebronne      nie. Dit kan      wel kernkrag wees, maar hoe begin jy so &lsquo;n kragstasie wat seker R20 miljard sal kos?<\/li>\n<li>&lsquo;n Mens kan mos nie      &lsquo;n verdeling van Suid-Afrika maak volgens oppervlakte nie. Indien      dit&nbsp; die Oraniagebied moes wees, as dit moontlik sou wees,&nbsp; dan sal dit      relatief uitgestrek wees en &lsquo;n duur infrastruktuur verg.<\/li>\n<li>Daar is baie Kleurlinge      in daardie gebied. Dit sal moeilik wees om van hulle te skei in &lsquo;n      eie land, want hulle praat Afrikaans, en is nader aan ons.<\/li>\n<li>Die argument van      &ldquo;dat daar nog niks is, en &lsquo;n mens dus makliker aan die gang kan kom&rdquo;, gaan      ook nie op nie. Eerstens is daar tot dusver niks om goeie redes soos wat      ek hierbo genoem het. En tweedens, gestel dat dit moontlik sou wees om      &lsquo;n sterk nywerheidsgebied te vestig, dan sou d&iacute;t die suigkrag wees      wat vreemdes soontoe trek. Dus sou hierdie soort van probleem net uitgestel      word vir later, indien ontwikkeling wel moontlik sou wees.<\/li>\n<li>Dis ook nie die deel      waarvoor ons geveg het nie. Dis nie waar die meeste van ons woon en die      vrugte van ons ontwikkeling geniet nie. Ons verdien tog iets beters. Dit is      vir die meeste van ons vreemd en ek wil amper s&ecirc; dat as dit die keuse sou      wees die meeste van ons oorsee toe sou gly in plaas van te bly. <\/li>\n<li>En, laastens, wat      baie belangrik is. Dit sal nie moontlik wees om in die Oraniagebied      magsmiddele op te bou wat &lsquo;n mens in staat sal stel om jouself te      handhaaf in geval van probleme met ander lande nie. Om      sterk te wees moet jy &lsquo;n sterk ekonomie h&ecirc;, en by voorkeur      strategiese bronne h&ecirc; waar andere van afhanklik is. En d&iacute;t het die      Oraniagebied nie. Die gebied is juis afhanklik van bure.<\/li>\n<\/ol><\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ten slotte, hoekom nou soos &lsquo;n martelaar gaan kopstamp teen &lsquo;n muur in daardie verlatenheid, met sulke sterk argumente teen jou. &nbsp;Soos reeds ges&ecirc;, praat ek nie van Orania as gemeenskap nie. Dit is wel aan die gang, en &lsquo;n goeie oefening daarby. Moet dit net nie propageer as &lsquo;n land vir die Afrikaner nie, want dan probeer die maghebbers ons netnou op d&aacute;&aacute;rdie syspoor rangeer om daarna van ons te vergeet&mdash;&lsquo;n irrelevante groepie waarna toeriste kan gaan kyk, maar met geen mag of invloed nie!<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&lsquo;n Land vir die Afrikaner is nie nou moontlik nie, behalwe as daar miskien &ecirc;rens &lsquo;n gebied is wat niemand anders wil h&ecirc; nie. Die Oos-Transvaalse gebied wat ons Oranjewerkers destyds as Hartland gepropageeer het, was wel moontlik uit &lsquo;n posisie van mag. Dan sou dit moontlik wees om druk- en trekkragte in werking te stel om so &lsquo;n land te herwin. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Nou is dit anders. Wat ons myns insiens moet doen &mdash; vir die volgende twintig, dertig jaar of langer &mdash; is om gemeenskapsbewus te word, om te werk aan ons beveiliging en om ekonomies sterk te word. (Ons moet ekonomies nou op eie bene begin staan, want daar is nie eintlik plek in die staatsdiens of groot maatskappye nie.) Die gemeenskappe of groeipunte soos die Oranjewerkers dit genoem het, (selfs so klein as &lsquo;n woonbuurt) sal aanvanklik, of selfs altyd &nbsp;&ldquo;geperforeer&rdquo; wees, deurdat daar ook andersdenkendes tussen ons woon. Maar dit maak nie saak nie, want deur doelbewuste verhuising kan ons meerderhede word, waar ons dit nog nie is nie. En ons skakel tog met mekaar oor andere heen. Dus, waar ons nou bly, in die stad of elders, moet ons met mekaar kontak maak en begin saamwerk in eie belang. Wie weet dan of groot w&ecirc;reldkragte, wat buite ons beheer is, en ander faktore, dit nie eendag tog moontlik sal maak dat ons &lsquo;n eie regering bekom nie? Dit mag dan ook wees dat die gemeenskappe wat so gevorm het &lsquo;n sinvolle basis vir toekomstige optrede sal wees.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/nasosnoe-oborudovanie\/bytovye-nasosy-dlya-doma-i-sada\/avtomaticheskie-stancii\">\u043f\u043e\u0432\u044b\u0441\u0438\u0442\u0435\u043b\u044c\u043d\u0430\u044f \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441\u043d\u0430\u044f \u0441\u0442\u0430\u043d\u0446\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/18\/180080.html\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">In hierdie stuk word &lsquo;n aantal argumente gestel dat die Orania-uitbreidingsgebied nie geskik is vir &lsquo;n Afrikanerland nie. Dit handel nie oor Orania as gemeenskap nie.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[21096,21093,2097,2096],"class_list":["post-2215","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-s10-briewe","tag-s7-menings","tag-oraniagebied-nie-reg-vir-n-volkstaat","tag-willem-van-heerden"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2215","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2215"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2215\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2215"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2215"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2215"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}