{"id":22038,"date":"2014-02-11T09:43:06","date_gmt":"2014-02-11T07:43:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=22038"},"modified":"2014-02-11T09:43:06","modified_gmt":"2014-02-11T07:43:06","slug":"bodem-31-die-gesant-inleiding","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=22038","title":{"rendered":"Bodem 31: Die gesant (inleiding)"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-21071\" alt=\"vlamtoring2\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a><em>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees eers <a title=\"Bodem 30: Die aanstaltes\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21999\">Bodem 30<\/a>\u00a0en <a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">alle vorige episodes.<\/a><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar, net onder die verchroomde buffer, dieper in onder die wye voertuig, die Nissan Patrol, is beskutting, is veiligheid. Sal die kar se bakwerk, die bagasie daarin en die onderstel die ellende wat binne oomblikke uit die helikopter uit die hoogte na onder gaan snel, kan keer? Hy weet nie. Hy weet net dat hy nog besig was om gewoond te raak aan \u0149 oggend wat hy nooit gedink het sou aanbreek n\u00e1 \u0149 oneindige nag van nimmereindigende verskrikking nie, toe verskyn die twee vliegtuie soos moderne drake in die lug, met lemme wat die lug kloof en die ou bekende stottergeraas maak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hoekom presies die helikopters so \u0149 vreesaanjaende bedreiging is, weet hy nie, maar rondom hom is paniek en die mens wat versink is in \u0149 groep wat skrik, het \u0149 onwrikbare, instinktiewe vertroue in die meerdere kennis van die mense om hom: Hulle weet iets wat hy \u00a0nie weet nie, en dit maak hulle bang. Die lewe het \u2013 weereens, weereens \u2013 tot \u0149 einde gekom en alle oorlewing is gesetel op die nat gras onder die Patrol.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees die res van <a title=\"Bodem: Die gesant\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=22047\">Bodem 31 met &#8216;n wagwoord<\/a>. Maar kyk eers na die boodskap wat hier volg:<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Geagte leser,<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons het besluit om van hier af aan Gustav Venter se spannende nuwe distopiese vervolgverhaal, <a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem<\/a>, betalend te maak en die res van vandag se episode, asook verdere episodes, sal slegs met &#8216;n wagwoord toeganklik wees.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is drie opsies:<\/p>\n<ol>\n<li>R60 (eboek) &#8211; u ontvang die wagwoord om aan te hou lees en by voltooiing van die verhaal, ontvang u &#8216;n eboek van die volledige roman van ongeveer 100 000 woorde om op u mobiele toestel of rekenaar te kan lees en herlees;<\/li>\n<li>R155 (gedrukte boek) + R25 (posgeld) = R180 &#8211; u ontvang die wagwoord en by voltooiing van die verhaal, ontvang u &#8216;n gedrukte boek in die pos;<\/li>\n<li>BBP-lede van PRAAG wat R200 per maand of meer per debietorder bydra, ontvang die wagwoord gratis, asook &#8216;n gratis eboek ter waarde van R60 by voltooiing van die verhaal.<\/li>\n<\/ol>\n<h3 dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees nou, betaal later!<\/h3>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Al wat u hoef te doen, is om vir ons &#8216;n epos na lidmaatskap@praag.org te stuur met die opsie wat u verkies, waarna ons vir u die wagwoord sal aanstuur. Die wagwoord sal vir die duur van Bodem aanlyn dieselfde bly, dus sal u steeds met geringe moeite elke oggend die verhaal kan volg deur eenvoudig die wagwoord in te sleutel.<\/p>\n<h3 dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Waarom het ons tot di\u00e9 stap oorgegaan?<\/h3>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">U sou, liewe leser, waarskynlik saamstem dat Gustav Venter &#8216;n vonds vir Afrikaans is! &#8216;n Bekwame skrywer, joernalis en redakteur wat in sy eensaamheid op &#8216;n plaas in die Oos-Vrystaat tussen die berge naby Clarens woon.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sedert die 1960s was daar nog nooit weer fiksieskrywers in Afrikaans wat voltyds hul brood met die pen kon verdien nie. Ons wil aan Gustav daardie geleentheid bied, maar sodoende ook &#8216;n nuwe tydvak in Afrikaans inlui: &#8216;n nuwe Goue Tyd soos laas in die sestigerjare toe Afrikaanse verhale &#8211; ook fotoverhale! &#8211; gebloei het en met geesdrif deur die hele volk gelees is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Gustav verseker ons dat hy die pas sal kan volhou om elke twee of drie maande &#8216;n nuwe boek te voltooi, met aanlynepisodes wat elke dag verskyn. Nie net is sy werk prikkelend nie, maar ook omstrede, selfs onverskrokke. Een van sy idees is om die lewe in &#8216;n toekomstige Afrikanervolkstaat in &#8216;n roman iewers n\u00e1 Bodem te beskryf! Hy vermaak ons, maar sit ons ook aan die dink oor moeilike kwessies en keuses oor ons toekoms in di\u00e9 &#8220;wye en droewe land&#8221; (Van Wyk Louw).<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Laat Gustav vir ons &#8216;n nuwe toekoms in sy fiksie oopskryf! Stuur vir ons daardie epos na lidmaatskap@praag.org waarin u die eboek of gedrukteboekopsie kies of as BBP-lid u gratis wagwoord aanvra.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Indien u op &#8216;n mobiele toestel verkeer waarvandaan u nie &#8216;n epos kan stuur nie, kan u dr. Dan Roodt direk op Facebook of Twitter kontak: facebook.com\/danroodt of twitter.com\/danroodt.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 30\u00a0en alle vorige episodes. Daar, net onder die verchroomde buffer, dieper in onder die wye voertuig, die Nissan Patrol, is beskutting, is veiligheid. Sal die kar se bakwerk, die bagasie daarin en die onderstel die ellende wat binne oomblikke uit die helikopter uit die hoogte na onder &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=22038\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 31: Die gesant (inleiding)&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21071,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[4112,167,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-22038","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrika","tag-afrikaans","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22038","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=22038"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/22038\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21071"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=22038"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=22038"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=22038"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}