{"id":220,"date":"2007-03-21T12:55:54","date_gmt":"2007-03-21T12:55:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=220"},"modified":"2007-03-21T12:55:54","modified_gmt":"2007-03-21T12:55:54","slug":"kosovo-onafhanklik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=220","title":{"rendered":"Kosovo onafhanklik?"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In Oktober 2006 het die Serwiese regering egter &rsquo;n nuwe grondwet aanvaar waarin sy soewereiniteit oor Kosovo weer benadruk is. Ahtisaari se verslag wat op 26 Maart 2007 aan die Veiligheidsraad voorgel&ecirc; sal word, sien geen toekoms vir Kosovo in Serwi&euml; nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die verslag maak nietemin voorsiening vir die grootskaalse outonomie van die Serwiese minderheid. Die EU asook NAVO sal betrokke wees by die totstandkoming en oorsig oor die nuwe land en nuwe grondwet.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ahtisaari het gewaarsku dat die dubbelsinnige statuur van Kosovo tot spanning en onstabiliteit kan lei en dat onafhanklikheid die enigste &ldquo;realistiese&rdquo; kans is om verhoudinge met Serwi&euml; te herstel en minderhede te beskerm. Hy voorsien daarenteen nie &rsquo;n noemenswaardige herstel van die ekonomie of demokratiese instellings nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ahtisaari het ook in sy verslag, wat op 15 Maart aan die sekretaris-generaal Ban Ki-moen oorhandig is, beklemtoon dat die Serwiese minderheid se&nbsp; &ldquo;voortslepende moeilike omstandighede&rdquo; &rsquo;n rede tot diep kommer is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Serwi&euml;, asook bondgenoot Rusland, bly hewig gekant teen enige vorm van onafhanklikheid omdat Serwi&euml; daardeur 15% van sy grondgebied sal moet afstaan. Dit is trouens waarskynlik waarom die VN-onderhandelaar nie eers op 2 Februarie 2007 melding gemaak het van &ldquo;onafhanklikheid&rdquo; in sy eerste voorlegging nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vitali Tsjoerkin, Russiese ambassadeur, het die gespanne sessie op Maandag 19 Maart 2007 voor die einde verlaat. &rsquo;n Meerderheid stemme, nie net Rusland nie, bly onoortuig van die wenslikheid van Kosovaarse onafhanklikheid.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tsjoerkin het Joachim R&uuml;cker, die VN-gesant in Pristina, daarvan beskuldig dat hy &ldquo;onafhanklikheid preek&rdquo;. Sy verslag is volgens die Rus eensydig met &rsquo;n vroom inslag en uiters onwelkom. Ahtisaari het na aanleiding daarvan reeds aangedui dat verdere onderhandelinge tussen Belgrado en Pristina op niks sal uitloop nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Frankryk, Groot Brittanje en die VSA is tevrede met die jongste voorstel, terwyl Moskou graag wil sien dat Ahtisaari as onderhandelaar vervang word. Vrese dat die oorlog kan hervat indien Kosovo nie onafhanklik word nie, word skynbaar ernstig beje&euml;n. Ten spyte van Westerse ondersteuning en aanmoediging bly lande soos China volgens berigte versigtig vir die voorstel omdat hule eie grense dalk onder die loep geneem kan word.<\/span><\/div>\n<p> <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/abrazivnyy_instrument_dlya_shinoremonta\/\">\u0442\u0430\u043c\u0431\u043e\u0432 \u0430\u0431\u0440\u0430\u0437\u0438\u0432\u043d\u044b\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/04.09.2017\/kak_biznesu_vybrat_gruzoperevozchika_sovety_eksperta_po_kargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In &rsquo;n alleenberig in die Franse koerant <em>Le Monde<\/em> gister het Martti Ahtisaari, onderhandelaar van die VN oor die status van Kosovo, nadat hy 14 maande lank die woord &ldquo;onafhanklikheid&rdquo; by elke moontlike geleentheid vermy het, in sy finale verslag &ndash; wat aan die koerant gelek is &ndash; ges&ecirc; dat &ldquo;onafhanklikheid van internasionale toesig die enigste gangbare opsie&rdquo; in di&eacute; land is. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Kosovo is sedert 1999 onder VN-administrasie geplaas n&aacute; die lugaanvalveldtog deur NAVO wat die onttrekking van Serwiese troepe genoodsaak het. In 2005 het die land se parlement, met sy Albanese meerderheid van 90%, &rsquo;n resolusie aanvaar vir die skepping van &rsquo;n onafhanklike staat en in dieselfde jaar die Finse VN-onderhandelaar verwelkom.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,365,21089],"class_list":["post-220","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-kosovo-onafhanklik","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/220","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=220"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/220\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=220"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=220"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=220"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}