{"id":2198,"date":"2008-07-12T02:37:23","date_gmt":"2008-07-12T02:37:23","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2198"},"modified":"2008-07-12T02:37:23","modified_gmt":"2008-07-12T02:37:23","slug":"die-geopolitieke-spel-rondom-zimbabwe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2198","title":{"rendered":"Die geopolitieke spel rondom Zimbabwe"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Die Suid-Afrikaanse media beskryf egter tans grootliks die situasie in Zimbabwe vanuit die Britse perspektief. Brittanje het dertig jaar gelede sanksies teen die destydse Rhodesi&euml; ingestel ten einde Mugabe aan bewind te stel. Tans wil die land, tesame met die VSA, internasionale sanksies teen Mugabe instel om van hom ontslae te raak. Watter ironie!<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Die voormalige vakbondleier, Morgan Tsvangirai, word deur die Britse media &ndash; en natuurlik ons eie media, sowel Engels as Afrikaans, wat Brittanje slaafs navolg &ndash; voorgestel as die ridder op die wit perd wat die land van ondergang gaan red.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Die vraag is egter of Tsvangirai die gekonfiskeerde bates van die blanke minderheid in sy land gaan herstel, of nie. Te oordeel aan sy openbare uitsprake, gaan dit vir seker nie gebeur nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Intussen het Rusland en China besluit om die Anglo-Amerikaanse voorstel vir sanksies teen Mugabe en dertien van sy vertrouelinge by die VN-veiligheidsraad te veto. Beide lande sien waarskynlik in die anti-Westerse retoriek van Mugabe &#329; strategiese geleentheid om punte teen die Weste aan te teken.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Immers gaan dit allermins vir Brittanje om die herstel van eiendomsreg in Zimbabwe. Heelwat Britse sakemanne sien tans &#329; geleentheid in Zimbabwe raak om die bates van uitgesette blanke Zimbabwi&euml;rs teen &#329; appel en &#329; ei op te koop en vinnige winste te behaal. Die frustrasie van die Britte wat wil toesien hoe Zimbabwe soos &#329; ryp appel in hul skoot val, is voelbaar.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Brittanje speel reeds dekades lank &#329; rol om die Westerse gemeenskappe van Suider-Afrika &ndash; waaronder in die eerste plek die Afrikanervolk &ndash; te ondermyn en aan swart radikales uit te lewer wat hulle hetsy uitmoor, hetsy hul bates afvat en hulle uit hul geboorteland wil verdryf. Wat Suider-Afrika betref, is Brittanje die grootste anti-Westerse moondheid van almal en laat die verwoestingswerk van Londen die Russe en Chinese ver agter.<\/p>\n<p align=\"justify\">Dis daarom ironies dat Brittanje nou self aan bande gel&ecirc; moet word deur &#329; anti-Westerse koalisie van die ANC, die Afrika-unie, Rusland en China wat die vetoregte van laasgenoemde twee lande by die Veiligheidsraad gebruik het om die Anglo-Amerikaanse inisiatief te kelder.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Die rede vir die Afrikaner se sukses in die sestigerjare van die vorige eeu was die cordon sanitaire wat Verwoerd rondom Suid-Afrika gehandhaaf het. Effektiewelik het Suid-Afrika die sogenaamde fontliniestate van die destydse Suidwes, Rhodesi&euml;, die twee Portugese kolonies (Angola en Mosambiek), asook Botswana beheer en het hul milit&ecirc;re en ekonomiese samewerking geniet. Toe Vorster egter die cordon sanitaire begin aftakel, het dit hoogstens anderhalf dekade geneem voordat die sleutels van die Uniegebou aan die ANC oorhandig is. Sonder om &#329; skoot te skiet, moet mens byvoeg.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Die belang van China by Zimbabwe is voor die hand liggend. Nie net wil die Chinese toegang tot Zimbabwe se minerale rykdom h&ecirc; nie, maar die Mugabe-bewind is diep in die skuld by die Chinese wat by verskeie geleenthede reeds groot bedrae buitelandse valuta aan die land voorgeskiet het. Dog in strategiese terme is Zimbabwe, &#329; land sonder &#329; hawe, die skakel in Verwoerd se ou cordon sanitaire van frontliniestate rondom Suid-Afrika.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Met al die Suid-Afrikaanse ondernemings wat regoor die Afrikavasteland sake doen, is die volgende afleiding nie vergesog nie: wie Suid-Afrika beheer, beheer Afrika suid van die Sahara. China het dit lankal verstaan; vandaar sy toenemende betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse ekonomie, waaronder sy twintigpersentaandeel in Standardbank, ons land se grootste korporatiewe bank.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Met sy steun vir die verswakte Zimbabwe by die Veiligheidsraad, is China besig om te bou aan sy Suider-Afrikaanse strategie. Reeds beheer China so te s&ecirc; die frontliniestate wat ons land omring. Dat Suid-Afrika &ndash; die minerale skatkis met tagtig persent van die w&ecirc;reld se platinum &ndash; uiteindelik soos &#329; ryp appel in China se skoot mag val, lyk toenemend moontlik.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Nie net word die Weste verswak deur sy politieke korrektheid, geriatriese bevolkings en multikulturalisme nie, maar in Suider-Afrika het die Weste teen sy vernaamste bondgenoot, die Afrikanervolk, gedraai. Deur die Afrikanervolk vir vernietiging en verdrywing te bestem, het Brittanje en Amerika ons subkontinent so te s&ecirc; op &#329; skinkbord aan hul geostrategiese mededingers oorhandig.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Sekerlik ervaar Londen na gisteraand se stemming in die Veiligheidsraad &#329; gevoel van magteloosheid. Dit sal egter getemper word deur die Britse meerderwaardigheidsin wat sal maak dat di&eacute; land sy invloed op Suider-Afrika bly oorskat.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Soos ek al die afgelope sewe of agt jaar by geleentheid ges&ecirc; het, lyk Suid-Afrika se toekoms soos di&eacute; van Zimbabwe. Die ANC is nie minder van &#329; rampokkerregering as Zanu-PF nie. Teen die tyd dat die ANC soos Mugabe tot meer ekstremistiese optrede teen blankes en Afrikaners oorgaan, sal die skynheilige Britte moontlik ook hul gewone stortvloed van morele verontwaardiging vanuit die kantore in Fleetstraat begin lewer.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Dat China op die duur vir Brittanje in Suider-Afrika ore gaan aansit, lyk tans egter na &#329; uitgemaakte saak.<\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">internet casino<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" width=\"120\" height=\"164\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die meeste Afrikaners is met reg geskok deur Robert Mugabe se optrede teen die blanke boere van Zimbabwe wat die land in &#329; ekonomiese krisis van ongekende omvang gedompel het.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-2198","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2198","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2198"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2198\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2198"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2198"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2198"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}