{"id":21979,"date":"2014-02-08T13:11:29","date_gmt":"2014-02-08T11:11:29","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21979"},"modified":"2014-02-10T08:15:20","modified_gmt":"2014-02-10T06:15:20","slug":"bodem-29-die-aangaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21979","title":{"rendered":"Bodem 29: Die aangaan"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-21071\" alt=\"vlamtoring2\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a><em>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees eers <a title=\"Bodem 28: Die eerstelig\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21928\">Bodem 28<\/a> en <a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">alle vorige episodes.<\/a><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die lewe skop weer af met koffie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Kort n\u00e1 sonsopkoms het hulle begin verskyn, soos diere na \u0149 vloed, versigtig, asof hulle eers wou seker maak die planeet het nie uit afgryse oor wat mense in die nag aan mekaar kan doen, ophou bestaan nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In hierdie eerste verskyning aan mekaar, verwyder hulle ook, sonder oordenking, \u0149 klein, ferm skans onder hulle. Hierdie middelklasmense het nog altyd (met die ooglopende uitsondering van Bart Kolver) netjies geklee en goedversorg tussen mekaar beweeg: Beskawing, tradisie en doodgewone ordentlikheid het dit vereis. Hierdie oggend is hulle in klere wat uithang, los flap en skeef l\u00ea. Van hulle het nog die modderbekoekte en bloedbespatte drag wat as rekord van die vorige nag dien, aan. Mansgesigte is ongeskeer, o\u00eb is bloedbelope, monde droog en bakteries.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hulle het oor vaak gesigte gevryf en onnadenkend jeukplekke in armholtes gekrap en sonder \u0149 hand voor die mond gegaap.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hulle het mekaar gegroet in hees, slymerige vroegoggendstemme, kop geknik, miskien stram gegrinnik, want wat is die protokol na s\u00f3 \u0149 nag? Omhels julle mekaar omdat julle oorleef het? Probeer jy iets diepsinnigs s\u00ea sodat die gewigtigheid van die situasie \u0149 tydlose byskrif kan h\u00ea, of miskien \u0149 wrang grappie om die stram atmosfeer te prik? Of laat jy trane oor jou ingesuigde wange los om jou menslikheid te herbevestig?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jy weet nie, want jy was nog nooit daar nie, so jy begin by die begin en die begin van die dag is blaaslediging, wat die vroue en meisies in \u0149 geduldige ry by Bart se uiters tydelike fasiliteit doen en die mans met groot en onregverdige gemak buite sig, voor die motors verrig. En dan maak hulle koffie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Bart Kolver het vroeg reeds \u0149 groot, geduikte emaljeketel vol water op \u0149 verbleikte blou gasbottel en roetgesmeerde kookplaat aan die gang en hoewel daar ooglopende agterdog oor die higi\u00ebne van sy toerusting was, het die treklede hulle kampbekers geredelik aangedra vir kookwater waarin hulle teelepels Nescaf\u00e9 of Ricoffy kon skep en met suiker of Cremora of suiker \u00e9n Cremora inklits.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dis asof die walms van die warm koffie die skerp rande van ongemak stomp maak en hulle begin in klein groepies staan, herwin hulle stemme en gesprekke slaan op. Hulle begin deur mekaar se welstand te behandel en dan is daar \u0149 wisselhandel van brokkies inligting en die uitgebreide proses om \u0149 samehangende beeld van die nag se gebeure saam te stel, begin.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKoppietjie vir die ou girl,\u201d s\u00ea Bart en kantel die ketel se tuit vir die kookwater om te midde van dik, rein dampe in Alba Verhoef se rooi plastiekbeker te plons.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDankie Bart,\u201d s\u00ea Alba. \u201cEk voel vanoggend oud.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOud? Oud! Wag dat jy my ouderdom is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek hoor jy het soos \u0149 wilde jong pop baklei laasnag?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAg tog,\u201d s\u00ea sy vies. \u201cEk het twee magasyne leeg geskiet en twee skote het getref. Twee! Op minder as tien tre\u00eb.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;En Bart, ek is tien jaar ouer as jy as ek \u0149 dag is.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis nie dae wat tel nie, Albatjie, dis myle, veral myle op klipperige paaie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;Jou myle, as ek so kyk, is almal op teerstrate gedoen. In \u0149 Cadillac. Met air-con. En lugsuspensie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVan my myle weet jy niks.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou praat jy waar. Wie van ons ken \u0149 ander se myle?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;En di\u00e9 is vir Byl?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy kopwys na die blou beker in haar ander hand.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cByl?\u201d vra sy en hou die beker uit. \u201cGielie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa. Gielie. Byl.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk weet nie of ek gemaklik is daarmee dat julle hom Byl noem nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDan moes hy die byl laasnag by die huis gelos het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Alba gaan na die Patrol, plaas die bekers op die groot enjinkap en meng die koffie daar. Sy gaan maak die linkeragterdeur oop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Gielie \u201cByl\u201d Degenaar l\u00ea opgekrul op die agtersitplek, op sy sy, styf in \u0149 bondel getrek want daar is baie van hom en die bank is heeltemal te kort. Die reeds legendariese byl l\u00ea op die vloer en Alba sien dat die lem ook maar half skoon gevee is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGielie!\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die seun sit sonder enige navraag regop en knip sy o\u00eb. Sy kort hare staan in stywe stekels regop en daar is swart strepe en rooi bloedstrepe op sy gesig. Hy het net \u0149 kortbroek aan en sy bolyf is aangepak met spiere en sy bo-arms is dik en knopperig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy hou sy koffie na hom toe uit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTannie Alba,\u201d s\u00ea hy. \u201cDankie Tannie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy proe aan die koffie, sug en kreun tevrede, suig weer daaraan, trek sy lippe dun.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHulle noem jou \u2018Byl.\u2019\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWie Tannie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie ander.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTannie Alba. Tannie. Ja, dit was&#8230; wild. Ek het, Tannie&#8230; ek was wild, Tannie. Ek het&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHartjie,\u201d s\u00ea sy toe sy sien hy grawe desperaat in sy woordeskat vir die regte uitdrukking, \u201cHartjie, dis orraait. Ek is trots op jou.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTannie is?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTannie is. Jy het gedoen wat jy moes doen.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy drink aan sy koffie sodat hy niks hoef te s\u00ea nie, totdat iets anders, algeheel meer gewigtig in sy gemoed, hom byval.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy sit sy koffie versigtig op die vloer van die voertuig neer, strek oor die agterste sitplekleuning tot in die bagasieruim en bring die Browning-haelgeweer te voorskyn. Dit is in twee stukke, die kolf morsaf gebreek in die handgreep.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTannie,\u201d s\u00ea die seun hees en vermy haar o\u00eb. \u201cTannie, ek is s\u00f3 jammer. Ek het Oom At se haelgeweer gebreek. Ek is so onnosel Tannie. Baie, baie jammer.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Alba reik in die voertuig in en neem die twee stukke van die haelgeweer. At het die geweer, soos alles, deeglik versorg. Die houtwerk is vernis en gepoleer tot \u0149 glans wat in die grein ingetrek het en die loop is \u0149 diepdonkerfluweelblou. Dit was sy pa s\u0149 gewees en At het die wapen gekoester asof al die herinneringe van sy pa daarin ingel\u00ea is. Sy vryf met haar duim oor die splinters van die breuk wat soos \u0149 beenfraktuur lyk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe het jy dit gedoen, Hartjie?\u201d vra sy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het \u0149&#8230; zombie geslaan, Tannie. My koe\u00ebls was op.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn wat het die&#8230; zombie gedoen?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHy het geval, Tannie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHet hy weer opgestaan?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy dink dis baie snaaks en grinnik. \u201cTannie. Nee Tannie. Hy het nie weer&#8230; opgestaan nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDan klink dit vir my die geweer het sy werk gedoen.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;Jy weet, my man het baie wapens gehad. Weet jy wat was sy gunsteling?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHierdie een, Tannie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAmper, maar nee.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy het \u0149 ou voorlaaier, \u0149 regte bobbejaanboud. Dit was sy oupagrootjie s\u0149 wat nog saam met Louw Wepener teen die Basotho\u2019s baklei het. Dit het ook gebreek, net hier op dieselfde plek as die haelgeweer, en ek dink vir dieselfde rede want die ou oom was blykbaar \u0149 sterke derduiwel. Maar hy het dit reggemaak, met \u0149 stuk leer wat hy om die greep gedraai en met riempies vasgewerk het en toe laat droogtrek het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;Vir my man was dit daardie las wat die geweer so kosbaar gemaak het. As ek my o\u00eb toemaak, sien ek hom in sy studeerkamer met die geweer op sy skoot en dan vryf hy so met sy duim oor die leerlas. Vir hom het dit gemaak dat die geweer \u0149 storie het om te vertel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek dink dit sal so wees met die haelgeweer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hoekom vat jy dit nie vir Oom Bart en vra of hy jou kan help nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jana Verhoef sit op \u0149 kussing op die onderstebo plafon van die Unimog met haar bene opgetrek en haar kop op haar voorarms op die knie\u00eb. Sy slaap nie \u2013 te onrustig oor haar pasi\u00ebnte daarvoor \u2013 maar sy is in die greep van algehele uitputting, \u0149 toestand wat sy so goed soos \u0149 ou vriend ken.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy was nie \u0149 onwillige passasier in die konvooi wat so driftig uit Dawnview Park gevlug het nie, eerder \u0149 willose een wat haarself daarin laat rangeer het. Vir vyf weke was sy in \u0149 halfbewuste toestand in die huis wat sy met haar skoonma gedeel het, terneergedruk omdat die Chaos haar verhinder het om soggens by die privaatkliniek waar sy gewerk het, aan te meld, en steeds gewikkel in die komplekse prosesse n\u00e1 wat met haar man gebeur het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die halfdroomtoestand waarin sy geleef het en waarmee sy die wye 4 x 4 bestyg het, is so brutaal en skielik vervang deur \u0149 rou werklikheid waarin sy soos \u0149 frontliniedokter skielik vir die behoud van haar pasi\u00ebnte moes spartel. Terwyl sy jong Brian se ringvinger geamputeer het \u2013 met genoeg vel gelos sodat sy die wond kon toewerk \u2013 het een gedagte die aarde om haar laat skommel: Dis die eerste aand! Dis die eerste aand van die trek! Die eerste aand! Daar is mos geen kans dat die eerste aand die hewigste sal wees nie? Daarom sal dinge vererger, dit sal!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy hoor beweging maar kyk nie om nie totdat Andreas Vermeulen teen die Unimog se agterdeur met sy wysvinger raps en vra of hy die voertuig mag betree. Hy kyk om na Rattus agter hom, s\u00ea \u201cHoi-NA!\u201d skerp en die groot hond sak af tot op die grond, trek sy een agterbeen weg en begin homself raserig lek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jana sit terug en rus haar rug teen die bakwerk van die Unimog.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSeker. Kom in,\u201d s\u00ea sy in haar gedempte intensiewesorgstem.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy kyk skuinsweg na hom terwyl hy binnekom. Hy is klein vir \u0149 man, niks langer as sy nie, en sekerlik \u2013 erken sy berouvol \u2013 \u0149 paar kilogram ligter as sy; skerp gesig en \u0149 parate frons; gereserveerd, onthou sy, met \u0149 geneigdheid om net sterk menings uit te spreek en dit in goedgekose woorde. Hy het \u0149 seilpatrolliesak en \u0149 kort, bonkige, swart geweer met \u0149 gebo\u00eb magasyn by hom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHy luister mooi,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Andreas kyk om na Rattus, net vinnig, terwyl hy vroetel met die sluitlussies van die patrolliesak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cRattus? Hy moet. Hy is \u0149 veldhond. Daar is nie plek vir \u0149 hond wat nie kan luister in die veld nie.\u2019 Koffie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy weet, ek sal \u0149 appendektomie op myself doen met \u0149 bottelskerf en \u0149 naelknipper vir \u0149 beker koffie.&#8221;<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGaan voort,\u201d s\u00ea hy. \u201cEk kyk graag.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy haal \u0149 emaljebeker en \u0149 halfliterfles van vlekvryestaal uit die sak: \u201cMelk? Suiker?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMelk? Waar sal jy melk vandaan kry?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;En suiker is ongesond.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar lekker, en lekker is wat jy nou nodig het. In elk geval, die melk en die suiker kom saam.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy hou \u0149 blik kondensmelk op vir haar om te sien en word besig sonder om vir haar goedkeuring of instemming te wag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Met \u0149 rooi Switserse weermagknipmes pons hy twee gaatjies regoor mekaar in die deksel van die blik, skink die swart, walmryke koffie en hou die kondensmelkblik gekantel bo die beker sodat die geelwit stroop in \u0149 lang plastiese stingel daarin loop. Tevrede dat daar genoeg in is, klits hy dit met \u0149 teelepel in die koffie in en gee vir haar die beker aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die oggendlig is die koffie ligbruin en \u0149 stoomskim maak \u0149 lui tiekiedraai daarop. Jana suig daaraan en dit is sterk, baie soet en smaak verruklik.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk weet hoe julle dokters is,\u201d s\u00ea Andreas en wieg terug op sy hurke, \u0149 posisie waarin hy so gemaklik lyk, dis maklik om te dink hy kan vir ure so sit. Veldmens.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk bedoel julle en koffie, watse verhouding julle met koffie in julle hospitaaljaar aanknoop.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEnige iets om wakker te bly,\u201d s\u00ea Jana.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWaar het jy geswot?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEdinburgh.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSkotland! Ek\u2019s be\u00efndruk.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMy oupa was \u0149 Skot en my pa was ook \u0149 dokter, het sy graad daar gekry. Toutjies is getrek, maar sussie h\u00e9t hard geleer op skool.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;Vreemde ding is, dis waar ek my man ontmoet het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTannie Alba se seun?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHmm. Henning Verhoef. Hy was daar vir nagraadse studie, breinsjirurgie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSlim?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBriljant verby. Ding is, ek sal my hele lewe hard werk en my bes probeer om \u0149 goeie dokter te wees. Hy was d\u00edt en soveel meer. Komplekse dinge was vir hom net maklik. As hy eers geweet het iets kan gedoen word, sou hy dit regkry, en selfs dinge wat niemand anders durf waag het nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy was net so \u0149 goeie mens, geduldig, opreg, snaaks, altyd besorg oor sy pasi\u00ebnte.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is jammer&#8230; ek bedoel, ek het gehoor wat gebeur het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa. Dankie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;Darem het hulle hom nie verniet geskiet nie. Hulle h\u00e9t sy selfoon en beursie gevat. Die ding is net, daar was seker nie twintig rand in sy beursie nie. Hy het nie aan kontant geglo nie. Net kleingeld vir \u0149 karwag of \u0149 koerant of so. Die res het hy kredietkaarte voor gebruik. Nie \u0149 baie praktiese mens nie. En dis hoe hulle hulle gevang het. Toe hulle sy kredietkaart gebruik het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;En sy selfoon? \u0149 Stokou Nokia, want hy was agterdogtig oor nuwe selfoontegnologie. Hy wou nie bederf raak nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa,\u201d s\u00ea hy. \u201cJa. Dis&#8230; hartseer.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou ja,\u201d s\u00ea sy. \u201cDis nie eers \u0149 uitsonderlike storie nie. \u0149 Absolute alledaagsheid in die re\u00ebnboogrepubliek.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy suig aan die warm koffie, hou die beker voor haar en kyk daarna.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy red \u0149 lewe.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis my plesier.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAs ek klaargedrink het, wil ek gaan kyk wat hier buite aangaan.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat wil jy sien?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOf daar iemand is om te help. Gewondes.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar is nie&#8230; gewondes hier nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk was seker ek het pynkrete gehoor na die geskietery.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWel, daar is nie nou gewondes nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy drink \u0149 klein slukkie en kyk dan stip na Andreas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoekom, Andreas? Hoekom is daar nie gewondes nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy ontwyk nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar was. Ek het hulle gaan stilmaak.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cStil?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDood, om presies te wees.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy het gewonde mense&#8230; uitgesit? Hoe?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKoe\u00ebl in die kop.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die koffie is nie meer so lekker nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy\u2019s nie ernstig nie!\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy trek bloot sy skouers op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis, dis barbaars!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHulle was barbare.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHulle het ook \u0149 reg op lewe, op behandeling!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHulle het dit verbeur die oomblik wat hulle ons agternagesit het. Voor dit. Het jy enige idee wat op die snelweg gebeur het? Ek sal jou wys. Ek het gaan foto\u2019s neem.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGee dit ons die reg om tot hulle vlak te daal?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHulle vlak? Jy dink ons kan tot hulle vlak daal? Jy het geen idee nie, het jy? Geen idee nie!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hoeveel voorraad het jy?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVoorraad?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMedisyne, verbande, drups. Hoeveel morfien het jy?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPaar ampules.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHier buite, net hier anderkant, was een met \u0149 vergruisde pelvis. Skoot het hom reg op die gespe gevang. Hy was in intense pyn. As ek hom nie geskiet het nie, wat sou jy gedoen het? Hom behandel het?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMorfien gegee het?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa. Moontlik. Hoe moet ek weet as ek hom nie gesien het nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn as iemand anders, een van ons, s\u00ea maar Tannie Alba, morfien nodig gehad het en jy moes kies wie dit kry, wie sou dit wees?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie een by wie ek eerste kom? Ek&#8230; ek weet nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAs daar enige manier is waarop jy enige van hulle kan behandel ten koste van een van ons mense&#8230; dan is dit siek, siek!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy het geen reg gehad om hulle te skiet nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSo ek, ek en Daan-Dirk en Gielie en die ander, ons moes onsself ingehou het en toegelaat het dat hulle&#8230; hulle doen wat hulle aan die mense op die snelweg gedoen het?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee! Dis anders!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSo ek mag hulle skiet, maar as ek hulle skiet moet ek hulle doodskiet?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa! Nee! Ek weet nie! Ek kan nie nou oor sulke dinge redekawel nie. Ek is net so ongoddelik moeg!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy trek sy asem in en bly stil.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk weet jy is moeg,\u201d s\u00ea hy dan. \u201cEk\u2019s jammer. Ek het nie kom argumenteer nie. Ek wou net help Ek weet jy is moeg. Ek het my tent bo opgeslaan. Agter my bakkie. Hoekom gaan rus jy nie. Ek sal jou pasi\u00ebnte monitor.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy? Jy dink ek sal jou by my pasi\u00ebnte toelaat na wat jy my vertel het?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat dink jy gaan ek doen? Vir Barry Hackett \u0149 genadedood gee?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy hou haar beker na hom toe en hy neem dit by haar. Dit is nog kwartvol.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het genoeg gehad,\u201d s\u00ea sy, maar dis nie duidelik of sy van die koffie of hom praat nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is voetstappe buite die Unimog en dan klop Gielie teen die deur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOom Andreas,\u201d s\u00ea hy. \u201cOom Daan-Dirk s\u00ea Oom moet kom, Oom moet gou kom.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Andreas kyk na die beker in die koffie en sluk dit dan weg.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy stop die beker in die sak, kom orent en tel die kort stormgeweer op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTotsiens dan,\u201d s\u00ea hy. \u201cEk moet myself ongewild gaan maak.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy wag tot hy uit is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSterkte daarmee,\u201d mompel sy en begin, tot haar verbasing, om te huil.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens <a title=\"Bodem 30: Die aanstaltes\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21999\"><em>Bodem 30<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 28 en alle vorige episodes. Die lewe skop weer af met koffie. Kort n\u00e1 sonsopkoms het hulle begin verskyn, soos diere na \u0149 vloed, versigtig, asof hulle eers wou seker maak die planeet het nie uit afgryse oor wat mense in die nag aan mekaar kan doen, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21979\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 29: Die aangaan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21071,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[4112,167,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-21979","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrika","tag-afrikaans","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21979","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21979"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21979\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21071"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21979"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21979"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21979"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}