{"id":2197,"date":"2008-07-12T01:24:53","date_gmt":"2008-07-12T01:24:53","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2197"},"modified":"2008-07-12T01:24:53","modified_gmt":"2008-07-12T01:24:53","slug":"rusland-china-veto-anglo-amerikaanse-sanksies-teen-mugabe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2197","title":{"rendered":"Rusland, China veto Anglo-Amerikaanse sanksies teen Mugabe"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Suid-Afrika, Libi&euml; en Vi&euml;tnam het saam met Rusland en China teen die Amerikaanse voorstel gestem. Indonesi&euml; het buite stemming gebly.<\/p>\n<p align=\"justify\">Robert Mugabe het ges&ecirc; dat hy &quot;baie gelukkig&quot; met die uitslag is. Suid-Afrika het&nbsp; ook by monde van Ronnie Mamoepa, die woordvoerder vir die departement van buitelandse sake, die besluit &quot;verwelkom&quot;. <\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Die ineenstorting van die Westerse inisiatief is aangehelp deur die samesprekings wat tans onder geheimhouding iewers in Pretoria tussen ZANU-PF, die MDC, en &lsquo;n wegbreekfaksie van die MDC plaasvind.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">&lsquo;n Bron naby die samesprekings het ges&ecirc; dat die tweedaagse beraad op &lsquo;n memorandum van deelname uitgeloop het waarin alle partye die voorwaardes uitstippel om substantiewe onderhandelings oor &lsquo;n moontlike koalisie- of oorgangsregering te begin.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Die MDC hou vol dat dit nie gaan onderhandel tensy geweld van die staat opgeskort word, humanit&ecirc;re hulp mag voortgaan, politieke gevangenes vrygelaat word en die parlement weer mag vergader nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Volgens Boniface Chidyausiku, die Zimbabwiese afgevaardigde na die VN, wat die Veiligheidsraad toegespreek het, is die toestand in sy land deur die Weste oordryf aangesien dit geen bedreiging vir w&ecirc;reldvrede en &ndash;veiligheid inhou nie. Daarom voldoen dit nie aan die voorwaardes vir die Veiligheidsraadbesluit om sanksies in te stel nie.<\/p>\n<p align=\"justify\">Chidyausiku het verder ges&ecirc; dat dit &quot;&#39;n weerspie&euml;ling van die regsekerheid by die Verenigde Nasies is wat veroorsaak dat niemand oor &#39;n monopolie beskik oor hoe dinge by die Veiligheidsraad moet wees nie. Rede het gese&euml;vier.&quot;<\/p>\n<p align=\"justify\">Hy het ges&ecirc; dat die &quot;geknoei&quot; van Brittanje, Frankryk en die VSA, asook hul swak rede vir nuwe sanksies, &quot;aan die kaak gestel is en dat daar geen gronde vir di&eacute; tipe optrede bestaan nie&quot;. <\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Rusland het ges&ecirc; dat sanksies die toestand in Zimbabwe kan laat versleg en teen die wense van die Afrikastate sou indruis wat &lsquo;n bemiddelde oplossing nastreef.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Die Britse ambassadeur by die VN, John Sawers, het die vetostemme deur Rusland en China verwerp as sou dit &ldquo;ernstige skade aan die langtermynbelange van die Zimbabwiese nasie aanrig&rdquo;.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Intussen het China vanmore vanuit Beijing verklaar dat sanksies teen die Zimbabwiese regering die konflik in die land sou &ldquo;kompliseer&rdquo; eerder as oplos en daarmee sy besluit om die VN-resolusie te veto, verdedig.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Die Westers-gesteunde resolusie sou &lsquo;n wapenboikot teen Zimbabwe instel, asook finansi&euml;le en reissanksies teen president Mugabe en dertien van sy amptenare. &lsquo;n Spesiale gesant van die Verenigde Nasies sou ook na Zimbabwe gestuur word.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Die Chinese veto, sowel as die Soedanese kwessie, mag verhoudinge met Brittanje en Amerika op die vooraand van die Olimpiese Spele in Beijing bemoeilik.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">Die woordvoerder van die Chinese buitelandsesakedepartement, Lioe Djiantsjaoe, het die veto as toepaslik vir Zimbabwe verdedig.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">&ldquo;Onder die huidige omstandighede sou &lsquo;n sanksieresolusie teen Zimbabwe nie help om die verskeie faksies daar aan te moedig om tot politieke dialoog en onderhandelings in te stem nie,&rdquo; het Lioe in &lsquo;n verklaring op die ministerie se <a href=\"http:\/\/www.fmprc.gov.cn\/\">webwerf<\/a> ges&ecirc;.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\">&ldquo;Inteendeel, dit sou die toestand in Zimbabwe verder kompliseer,&rdquo; het Lioe ges&ecirc; en bygevoeg dat China se beroep dat die Afrika-unie meer tyd vir bemiddeling gegun word, ge&iuml;gnoreer is. Die internasionale gemeenskap behoort konstruktiewe hulp aan Suid-Afrika en die AU se bemiddelingspogings te verleen. Vermy optrede wat &lsquo;n negatiewe uitwerking op die atmosfeer vir dialoog kan h&ecirc;.&rdquo;<\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/22-nastenno-potolochnyj-svetilnik\">\u043d\u0430\u0441\u0442\u0435\u043d\u043d\u043e \u043f\u043e\u0442\u043e\u043b\u043e\u0447\u043d\u044b\u0439 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a eglo<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ua.today\/news\/press_reliz\/harkovskie_prokurory_napravili_v_sud_delo_o_trebovanii_krupnoj_vzyatki\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/veiligheidsraad.jpg\" width=\"239\" height=\"149\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Veiligheidsraad, New York<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>09:52:05 Die planne van Brittanje en Amerika om Mugabe tot &lsquo;n val te bring deur verpligte internasionale sanksies teen Zimbabwe deur die VN-veiligheidsraad ingestel te kry, het gisteraand misluk toe sowel Rusland as China die resolusie geveto het.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[2079,162,21089,2078],"class_list":["post-2197","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-china-veto-anglo-amerikaanse-sanksies-teen-mugabe","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-rusland"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2197","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2197"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2197\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2197"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2197"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2197"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}