{"id":21928,"date":"2014-02-07T09:14:59","date_gmt":"2014-02-07T07:14:59","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21928"},"modified":"2014-02-08T13:09:14","modified_gmt":"2014-02-08T11:09:14","slug":"bodem-28-die-eerstelig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21928","title":{"rendered":"Bodem 28: Die eerstelig"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-21071\" alt=\"vlamtoring2\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a><em>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees eers <a title=\"Bodem 27: Die nag\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21884\">Bodem 27<\/a> en <a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">alle vorige episodes.<\/a><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die nat en koue, met onheil hoorbaar om jou, kan jy leer dat luuksheid bepaal word deur verwagting. Die lyf wat mor oor die dikte en digtheid van \u0149 duvet kan gekoester voel in modder en wind as die verwagting was dat dit gebruik en gebroke in die veld sou l\u00ea.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Cara Karedes het deur die nag teen Joubert gesit, geklou soos \u0149 gorillakleintjie teen die borskas van haar iesegrimmige ma. Sy het tussen sy bene gesit, plat met haar agterstewe in die ou natgere\u00ebnde mis en die modder agter die ou kraalmuur, haar lyf dwars na syne gedraai sodat sy opgetrekte regterbeen haar rug gestut het en beide haar bene oor sy lang linkerbeen wat voor hom uitgestrek is, gedrapeer. Haar arms was om sy nek en haar kop onder sy kakebeen en teen sy borskas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy het haar eers kop en al onder sy poncho ingetrek, want die windvlae het die re\u00ebn teen hulle vasgesproeiverf, maar dit het vir haar bedompig geword. Omdat daar net een kopopening in die groot re\u00ebnkleed was, het hy \u0149 spleet daarin gesny met sy Leatherman en die poncho omgedraai sodat die kappie oor haar tuimeling van swart hare gegaan het, al het dit beteken dat sy kop buite in die re\u00ebnwind en koue was.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die re\u00ebn het naderhand getaan, \u0149 strelende motre\u00ebn geword en toe meer van \u0149 mistigheid totdat dit heeltemal opgehou het asof die nag asem ingetrek het&#8230; en dit toe weer uitgeblaas het in \u0149 hewige wind, asof die weer self die dade van die nag wou wegblaas soos dro\u00eb blare voor \u0149 waaier uit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Engelse admiraal Horatio Nelson het volgens legende \u0149 jas op die dek van \u0149 skip in \u0149 koue nag geweier deur te s\u00ea dat sy plig teenoor sy land en sy koning genoeg is om hom warm te hou. Daardie nag in die re\u00ebnkoue teen die kraalmuur in die rantjies was Joubert Els se plig en drang om die fyn meisie te beskerm warmte genoeg vir hom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Al was dit gefilter deur die gesuisel van die re\u00ebn het die nag die geluide van die geveg duidelik aangedra. Stemme wat roep in die donker, \u0149 skoot, krete, meer skote, gille, die gedreun van enjins, die vreeslike taptoe van outomatiese geweervuur, klaagroepe, hernude warreling van kleingeskut&#8230;<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit sou nooit ophou nie, maar dit het. Daar was net die geloei van die nagwind, maar vrees het nie gewyk nie, net van greep verander, want so lank as wat die skote geknal het, kon die verstand kennis wen en rangskik, maar geluidloosheid was vol skimme en skrikwekkende moontlikhede. En tog is die mens se gemoed aanpasbaar, juis omdat dit nie onbepaald \u0149 emosie kan volhou nie en daar het \u0149 klein vrede oor die twee gekom, \u0149 tevredenheid dat, indien niks anders nie, is hulle vir die volgende hartklop veilig en nie alleen nie, teen die skans van \u0149 klipmuur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert Els het met sy arms om die soepel meisiesfiguur gesit in die houding wat bondig verklaar dat enige en alle onheil eers met hom sou moes klaarspeel voor dit by hom sou kom, en dit sou nie maklik wees \u00a0nie, het die vrouegemoed sonder ontleding gesnap, want hy is lank en vinnig en die spiere waarteen sy aanleun is jonk en sterk en in sy regterhand wat agter om haar skouer vou, is die harde, saaklike staal van sy groot rewolwer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar omdat jong vlees nie misken kan word \u00a0nie, nie eens in die omgewing van doodsgeweld nie, is die Sauer &amp; Sohn naderhand nie al wat hard is en wat hy teen haar hou nie. Hy was eers verskrik en verle\u00eb, verbaas, maar gou nie meer nie, want as opstuwing die gevolg van die kontras tussen vroulike broosheid en manlike weerbaarheid is, was die omstandighede ideaal. Daar was nou in hom \u0149 akute bewustheid van haar vlees, haar fermsagte lyf, die aangrypende kurwe van haar heup teen sy voorarm, die vrugbare kussingheid van haar een bors teen sy bolyf.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Met die nuwe aandrang van sy eie liggaam moes hy sy posisie verstel en sy het geprotesteer tot hy tot ruste gekom het met alles fisies gerangskik en alles innerlik oorhoops.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy het nog altyd regtig net een meisie geken: Jeanelle van die plaas, met haar lenige sonbruin lyf, die klein trotse borste, die gespierde bene van die perderuiter. Haar seksualiteit is op die grens van pellewees gesetel, \u0149 uitbundige, vrygewige, onbelemmerde vrouwees. Hy was nooit toegerus om \u0149 Cara Karedes te bemin \u00f3f te weerstaan nie. Haar vroulikheid was te kwesbaar gevaarlik, te prontuit en verskuil, te intimiderend en te aanmoedigend.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">As sy gevoel het wat teen haar bobeen druk \u2013 en sy moes! \u2013 het sy nie geprotesteer nie, nie kennisgewing van kennisname gegee nie, anders as miskien \u0149 klein keelklankie wat \u0149 berisping of geamuseerdheid kon gewees het. Wat sy wel gedoen het, \u0149 paar keer in die nag, in die antieke ritueel van die vrou in benoudheid wat \u0149 alliansie smee met \u0149 man wat lank en gespierd of ryk en slim genoeg is om haar te beskerm, het sy opgekyk met die kleinste beweging van haar kop en die water met fyn vingerpunte onder lang gemanikuurde naels van sy winkbroue, neus, wangbene en lippe weggevee voor sy weer opgekrul het teen hom, haar skild in die nag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">En laat hom daarmee natgere\u00ebn, windverwaai, styfseer gesit en ten hemele dankbaar dat hy n\u00earens anders is as daar en nou nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hulle was vaarders in \u0149 baie groot buitenste ruimte in die karige klein kapsule van hulle aangepaste poncho; biologiese gevoelsbrokkies in \u0149 oneindige heelal van onheil en moontlikhede.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die einde van die nag bring verligting en \u0149 einde aan wanhoop, maar die dag bring pyn, verbystering en herinneringe van verlies. Die nag doen sy werk ernstig en somber, maar die dag doen dit met \u0149 lag en \u0149 verraderlike knipoog.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daardie oggend kom die daeraad, eers skugter in dofgeel en ligte oranje, maar naderhand so helder soos \u0149 glimlag op \u0149 betraande gesig. Die ligstrale kleur die buitelyne van motorwrakke en gesneuwelde vegters in en die vonke wat dit slaan maak juwele van doudruppels; diamante in rye langs grasstingels af en robyne in die bloedkolle op lyke.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk word op sy maag wakker in presies dieselfde posisie waarin hy in \u0149 geruislose put van droomlose slaap verval het. Hy is wakker en die omvang en implikasies van die vorige nag se gebeure ruk hom soos \u0149 terri\u00ebr \u0149 waterrot sal skud en daar is veral een gedagte in hom, \u0149 dringendheid om iets te doen, enige iets, om te beweeg en in beweging te kry om hulle teen enige verdere aanslae en verliese te vrywaar.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy stoot sy bolyf regop op sy arms en die pyn slaan slagysterkake in sy rug in, skroeiende weerhake, gloeiende skerwe wat op en af en van kant tot kant verteer met die brandpunt daarvan in die middel van sy blad.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Swartheid vol swewende ligkolle omring sy visie en hy grom van pyn.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die tentklap dwarrel en Edna kom gebukkend in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLief!\u201d s\u00ea sy. \u201cStadig!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk maak dit tot in \u0149 sittende posisie, judostyl met sy maermerries onder hom en sy hande op sy dik bobene. Sy hare staan wild en sy volbaard lyk ongekam.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoe laat is dit? Hoekom is dit al lig?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNa ses, amper half-sewe.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHalf-sewe? Half-sewe. Half-sewe! Hoekom het julle my nie wakker gemaak soos ek ges\u00ea het nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAndreas Vermeulen het gekom en ges\u00ea ons kan jou laat rus, hy sal in jou plek waghou. Toe het ek saam met hom gegaan.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy? Saam met hom?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHy is \u0149 baie interessante man.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy en Andreas Vermeulen?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het lekker gevry, net hier voor die karre in die veld, maar as ek swanger raak, kan ons altyd s\u00ea dis jou kind.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBliksems, vrou! Dit gaan oor beheer, jy weet? Ek het \u0149 re\u00ebling getref. Re\u00eblings is nodig, maar re\u00eblings beteken niks as julle julle gatte daaraan afvee nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het geweet jy gaan vanoggend so wees. Ek het vir die kinders ges\u00ea hulle moet uit jou pad bly.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is nie \u2018s\u00f3\u2019 nie! Hierdie is belangrik. Ons het belangrike besluite om te neem.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy wieg vorentoe in die handeviervoetposisie en stoot homself wankelrig regop. As pyn hoorbaar was, het iemand die volume nou skerp opgestoot. Hy is vir \u0149 oomblik duiselig en wieg van kant na kant. Edna is onmiddellik by, reg om haar skraal skouer onder sy arm in te stoot.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy kyk na haar.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is bly jy is orraait, my wyfie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy kyk in antwoord na hom en s\u00ea sag: \u201cEn ek wens jy was.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoet ons nie dat die dokter na jou kyk nie. Asseblief. Ek vra mooi.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is nie die eerste mens om ooit \u0149 skietwond te kry nie. En ek sal nie die laaste wees nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn as jy van infeksie van \u0149 skietwond doodgaan sal jy ook nie die eerste een wees nie en ook nie die laaste nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBietjie later. Ek moet eers sien wat is wat.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy stoot die tentflap oop en, steeds in sy bloedbevlekte en modderbespatte klere, strompel hy na buite waar di\u00e9 wat oorleef het in los groepies versamel om te probeer uitpluis \u00a0wat van die lewe oorgebly het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert ry halfstaande op die Yamaha met die plaaspad af na waar die Karedes\u2019e se Benz \u0149 laaste staanplek gevind het en hoe nader hy daaraan kom, hoe meer behoedsaam word hy en verminder hy spoed.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Met eerstelig het hy vir Cara gewek en sy, opnuut oorweldig deur onverwerkte vrees en verdriet, het eenkant gestaan, gesig op die grond voor haar gerig, terwyl hy die Yamaha in posisie gestoot en aan die brand geskop het. Hy was op sy hoede, maar redelik seker dat die aanvallers die gebied ontruim het, want hy het hulle voertuie in die donkeroggend hoor verdwyn. Hy het die poncho opgevou, daarop gaan sit en agter hom op die saal geklop. Cara het daar plaas geneem, maar nou nie styf teen hom soos die vorige nag nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Minute later het hulle tussen die lyke in die lang gras gery, teen die \u00a0hoogtetjie op tot waar hy, tot sy effense verbasing sy pa en Jeanelle onder een grondseil teen die rotswand aangetref het. Daar was \u0149 opregte blydskap in haar, maar ook \u0149 vreemde verle\u00eb ongemak by haar, selfs toe sy haar arms om hom slinger. Selfs terwyl sy hom omhels het, het hy die liggaam in die ou bekende slaapsak gesien en die hondjie wat daarop opgekrul gel\u00ea het. Hy het gevra alhoewel hy reeds die antwoord geken het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Oom Jack. Oom \u00a0Jack. Hy het Oom Jack sy hele goddelike lewe geken. Tweede pa begin nie eers om dit te beskryf nie. Tog het die dag dit nie vir hom gegun om los te torring in ware en verdiende rou nie. Hy het net geknik, op sy tande gekners en ges\u00ea hy gaan ry om te sien wat hy kan sien, bedoelende by die Karedes\u2019e.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Cara was skielik verskrik om van hom geskei te wees, en hy het sy hand teen haar wang gesit en dit het nie by hom verbygegaan hoe eenvoudig en gemaklik die gebaar is nie. Sy het haar hand teen syne gesit en haar wang stywer teen sy handpalm gedruk, en toe tog toegelaat dat Jeanelle haar weglei.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy ry oor die strook waar hy vir Cara opgeskep het en dan by die grassloot waar sy vir haar aanvallers geskuil het. Nou kan hy die wrak van die Mercedes-Benz voor in die pad sien en hy is bang, bang dat die Karedes\u2019e nie daar sal wees nie, maar vreesbevange dat hy hulle daar s\u00e1l kry en hy hoop teen alle redelike hoop in dat hulle weg sal wees, net weg, laggende goueketting-Costa, sy netjiese vrou en haar verruklike dogter Kelly.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar toe is hulle nie weg nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert het die motorfiets dertig meter van die toneel gestop en met sluiptre\u00eb nadergegaan en homself toegelaat om die tekens wat die aanvallers gelos het, deur te kyk: Die konka waarin vuur gemaak is, die le\u00eb drankbottels, die diepgesonke spore van die SAMIL-trok&#8230;<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy het vir Costa eerste gekry, of dit wat die joviale Griek nou verteenwoordig. Sy ledemate en liggaamsdele is in groteske ordelikheid gerangskik, soos toerusting wat vir voorraadopname uitgepak is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Bene, 2, met byl of kapmes verdeel by heup.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Arms, 2, met byl of kapmes verdeel by skouers.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Kop, veel gebruik, 1.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ore, 0.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Torso, verkwart, 1.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Onderlyf, 1.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Penis, 0.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Soos Gouelokkies gaan hy van die aanbiedinge van Pappa Beer na di\u00e9 van Mamma Beer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy vind haar in die pad voor die Benz, asof hulle te haastig was vir die beslommernis om haar in die veld in te sleep.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert het maar net die Dawnview Park se GPF-doenighede bygewoon wanneer hy vir sy pa en Oom Jack gaan kuier het en het vir Ragel Karedes maar net \u0149 halfdosyn kere of so ontmoet maar sy indrukke van haar is duidelik, vol kleur en vol beweging. Sy het hom met haar eerste woorde in pront Afrikaans verbaas; sy het so Grieks gelyk, op een of ander manier, ryk Grieks, oordadig getooi met juwele en duursame uitrustings, formeel of oefendrag. Maar sy was ook viets en fiks, vonkellewendig, geselserig en het geensins weggevaag as sy tussen haar twee asemrowende dogters gestaan het nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy het \u0149 krom neus gehad, onthou hy, \u0149 stylvolle, gebo\u00eb konstruksie wat haar bewaar het van popmooiheid. Nie dat die neus behoue gebly het nie. Di\u00e9 is afgesny van die kop op haar bolyf wat op die rug l\u00ea. Die lippe \u2013 wat effens dun was \u2013 ook. Dit lyk nou of die mond grynslag, en die skeur in die middel van die gesig gaap.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die arms en die bene is in hierdie geval weerskante van die liggaam, maar nie in hulle oorspronklike posisies nie. Die bene is teen die skouers gesit en die arms waar die bene was. Dit is opmerklik dat van die vingers afgesit is en op die manier waarop die vel aan die bokant van die stompies ingeduik is, dui daarop dat dit met \u0149 draadtang of sk\u00ear van ene of ander aard, moontlik \u0149 bliksk\u00ear, gedoen is. Dit is natuurlik die vingers waaraan die ringe was.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die kuitbroek wat sy aangehad het, l\u00ea langs die \u00a0liggaam, onversigtig van die bene weggeknip.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die skraal bobene dra nog die dofpienk smeervlekke, want die re\u00ebn kon dit alles nie weg was nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is geen skaamdele nie. Net bloed en versnipperde vleis.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is geen borste nie. Net bloed en versnipperde vleis.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vir Gouelokkies het hulle darem veld toe gesleep.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die gedeelte van Joubert se brein wat beelde stoor, was nou te vol. Hy kon die liggaam net nie bekyk nie; wel gesien dat hulle haar arms ge-immobiliseer het. Die linkerpols is met \u0149 standaartuinvurk teen die grond gepen en die regterpols met wat na \u0149 tentpen lyk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die onderlyf het nie klere of onderklere aan nie en die bene l\u00ea wyd in die grusame pornografie van so \u0149 dood. Vir welke lukraakrede ook al het hulle nie die skaamdele weggesny vir moetie nie \u2013 miskien omdat te gebruik was na die nag se feestelikhede soos aangedui deur die blouswart kneuskolle binne aan die marmerwit bobene.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vir die borste was daar wel blykbaar \u0149 mark in die moeti-bedryf. Joubert het \u0149 ongevraagde, skokhelder indruk van die indrukwekkende groot sagtheid van Cara se bors teen sy lyf in die nag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy het toe gewonder of hy sal opgooi, maar uiteindelik het hy nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Waansin word veroorsaak deur \u0149 futiele worsteling met vraagstukke sonder antwoorde, en die onbegrip dat daardie oplossings nie bestaan nie. Joubert het instinktief in sy psige raak getas en dis asof hy, wat hy gesien het \u2013 wat hy sien \u2013 weggestoot het in \u0149 donker soldervertrek iewers agter sy verstand. Hy het geweet dat as hy d\u00edt alles nou sou ondersoek en oorweeg, hy nooit van daardie vervloekte lappie aarde sou vertrek nie. Al sou sy pa hom kom soek en hom wegsleep, sal Joubert vir die res van sy verwarde dae daar in die gras en op die pad teenwoordig wees.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">So hy trek die solderkamer toe, pers botande op ondertande en doen wat \u0149 man moet doen.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy deursoek die Benz. Die granaat het die enjinkompartement verwoes, maar die brand het wonderbaarlik nie versprei na die passasiersruim nie. Gierige hande het wel deur die besittings gegrawe en min agter gelos.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vir Joubert was daar die genade van die ontdekking van \u0149 rol swart plastiekvullissakke en, in die paneelkissie, \u0149 klein aluminiumviskatrol vol sintetiese lyn. Onder die voorste passasiersitplek het hy \u0149 hondeharnas vir \u0149 besondere klein brakkie ontdek en toe onthou dat daar \u0149 Yorkshire-terri\u00ebr in die Karades-motor was. Die geelkopernaamplaatjie in die vorm van \u0149 been dra die naam \u201cD\u2019Arcy\u201d en \u0149 selfoonnommer. Joubert hang die leiband en harnas om sy nek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Buite die wrak vind hy \u0149 silindervormige katmandjie van pienk plastiek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ure tevore het hy ges\u00ea Daan-Dirk M\u00f6ller moet hom Harpoen noem. Nou versamel hy die brokdele van \u0149 gesin wat op daardie oomblik nie \u0149 konsep sou kon vorm van die nag wat voorgel\u00ea het nie. Hy tel die onderdele van Costa Karedes in vier swartsakke en bind hulle met die vislyn toe. Die lyke van Ragel en Kelly rol hy toe in swart plastiek en trek die sakke vas met spirale vislyn van bo tot onder en weer tot bo.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert loop tot by \u0149 klossie bloekombome teen die rantjies met die hondeharnas om sy nek en die katmandjie onder sy arm.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAlfie!\u201d roep hy in \u0149 falsetto en fluit. \u201cMousse! Kssk!-kssk!-kssk!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Agter die eerste ry bome kry hy die grys-en-rooi Yorkie met die fonteintjiekuif en die bedremmelde wit Chinchilla-kat met die half-ingeduikte gevreet, net waar hy geweet het hulle sou wees, hoewel hy nie geweet het \u00a0hoe hy geweet het nie. Die tweetjies het mekaar iewers in die nag gevind en by mekaar gebly.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die hondjie is skoon spasties van verligting en dankbaarheid om sy naam weer te hoor en wriemel in die hurkende Joubert se greep in. Die kat is algeheel meer waardig en dit vat aansienlik langer voor hy aangedrentel kom en toelaat dat Joubert hom optel en in die katmandjie ingiet soos melk uit \u0149 beker. N\u00e1 \u0149 oomblik se oorweging voeg hy vir Alfie by Mousse, oortuig dat daar \u0149 geblaas en \u0149 gekrap sal ontstaan, maar die kat gaan l\u00ea met sy pantoffelrige pote onder hom en die Yorkie sit langs hom. Joubert druk die deurtjie toe en op knip.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy ry terug met die plaaspad langs, die katmandjie tussen sy reguit arms op die tenk van die Yamaha. Hy ry stadig en dit gee hom tyd om oor die veld en die modderland te kyk. \u0149 Ou bakkie wat hy as \u0149 \u00a0Jeep J2000, die legendariese ou Gladiator, herken, staan voor in die saailand. Heelwat dieper in, is \u0149 groen motor en die regter flikkerlig daarvan wink met re\u00eblmaat.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sonder oorweging swenk Joubert oor die veld en deur die modderland, gly-gly en met redelike moeite, \u0149 aansienlike afstand by die Gladiator verby en op koers na die raaiselagtige kar.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit is \u0149 Daihatsu Terios en hy parkeer die \u2018fiets tien meter daarvan af en skop die systaander uit. Hy sit die katmandjie langs die Yamaha neer en benader die Terios skuins van agter, verstom om te hoor dat daar musiek kliphard vanuit die motortjie speel, \u0149 ou Katy Perry-liedjie, \u201cI kissed a girl.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Terios was \u0149 pretbuks, lig en tog ruim, gemaak vir \u0149 lat met swaarraamdonkerbril, \u0149 agterstevoor bogbalkeps op die kop en iPod-spaghetti vanuit die ore en, langs hom, \u0149 meisie wat met haar voete op die sitplek sit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert probeer vasstel hoekom die motortjie gaan staan het, maar die wiele het nie weggesink nie en die snoet het \u00a0nie teen \u0149 kontoer vasgeploeg nie. Dit het net tot stilstand gekom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar daar is \u0149 onheil om die motor en die wipperigheid van die popliedjie beklemtoon dit in kontras, soos neonpienk borrelgom in die mond van \u0149 vampier.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert sleep die Sauer uit die skede aan sy linkersy en trek die haan terug. Hy loop met lang, sagte tre\u00eb nader. Die agterruit van die Terios is weggeskiet en daar is koe\u00eblmerke in die luikpilare en in die dak. Hy stap om na die passasierskant en sien \u0149 meisie vooroor sit met haar kop teen die paneel. Die windskerm is verbrokkel en die oorblywende glas is rooi bespat.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy bly behoedsaam teen die agterdeur, leun vorentoe en maak die voorste deur versigtig oop. Die meisie gly uit, grasieus soos \u0149 ballerina in \u0149 swaantoneel. Sy val halflyf \u00a0uit die motor en Joubert weet daar is niks wat oorbly om vir haar te doen nie, te oordeel aan die gholfbalgrootte gat waar haar linkerwinkbrou was. Haar hare is blink-lank en so ligblond dat dit amper wit is en haar o\u00eb is die blou van \u0149 tropiese see.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert laat sak die rewolwer. Hy hoor \u0149 kreun en trek sy asem in. Hy stap om na die bestuurdersdeur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Jongman sit teen die stuurwiel aangeleun. Hy het \u0149 toeknoophemp met wit en blou regafstrepies daarop. Die linkerhelfte is gespoel in bloed en sy arm hang slap.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKan jy my help?\u201d vra hy vir Joubert en draai sy kop na regs.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert voel die naarheid soos \u0149 hysbak in hom rys.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is \u0149 sloot in die man se kop, net onder die slape en die oogkas is oopgebreek. Sy oog hang aan \u0149 bloederige koord tot op sy wang.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKan jy my help?\u201d vra hy weer in Engels. \u201cCan you help me?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAsseblief, help my.\u201d Please. \u201cKan jy?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dis dan die vraag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert staan \u0149 tree en nog een terug.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Kan hy die man help? Sal hy die man help?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy dink aan toegebinde swart vullissakke daar naby in die veld.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die antwoord is nee.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die man is swart.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert lig die rewolwer en skiet die swartman in die voorkop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c&#8230; and I liked it!\u201d sing Katy Perry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Joubert druk die Sauer terug in sy skede, stap na die motorfiets, swaai sy been oor die saal, skop die Yamaha aan die brand, buk af, kry die katmandjie, sit dit op die brandstoftenk, trek weg, maak \u0149 wye omkeer en ry na sy mense op die koppie toe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens <a title=\"Bodem 29: Die aangaan\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21979\"><em>Bodem 29<\/em><\/a>.}<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 27 en alle vorige episodes. In die nat en koue, met onheil hoorbaar om jou, kan jy leer dat luuksheid bepaal word deur verwagting. Die lyf wat mor oor die dikte en digtheid van \u0149 duvet kan gekoester voel in modder en wind as die verwagting was &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21928\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 28: Die eerstelig&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21071,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[4112,167,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-21928","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrika","tag-afrikaans","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21928","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21928"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21928\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21071"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21928"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21928"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21928"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}