{"id":21884,"date":"2014-02-06T09:19:42","date_gmt":"2014-02-06T07:19:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21884"},"modified":"2014-02-07T05:39:05","modified_gmt":"2014-02-07T03:39:05","slug":"bodem-27-die-nag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21884","title":{"rendered":"Bodem 27: Die nag"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-21071\" alt=\"vlamtoring2\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a><em>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees eers <a title=\"Bodem 26: Die karnaval\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21876\">Bodem 26<\/a> en <a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">alle vorige episodes.<\/a><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Nag is sonder einde, as dit geweef is uit die donkerste duisternis van doodsvrees en die ontdekking in \u0149 mens dat jy self vreeslike en wrede dinge kan doen. D\u00edt, sien, bring \u0149 vreemde nuwe vrees, die agterdog dat daar in jou omtrekke \u0149 wese skuil wat jy nooit geken het en nooit k\u00e1n ken nie, \u0149 oerdier met \u0149 onblusbare aptyt en geen agting vir die versigtige rituele en roetines van jou lewe nie. \u0149 Mens kan die optrede en vergrype van ander soveel makliker ontleed as wat jy jou eie gewelddade kan ontsyfer, want jy w\u00e9\u00e9t jy ken ander nooit ten volle nie, maar aanvaar dat jy aan jouself bekend is. En dan is jy nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">So groei die nagvrees n\u00e1 geweld, in swart uielae, een skil wat oor \u0149 ander groei, laag op laag van onbegrip en afgryse.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die nag het geen einde nie, want daarin is nie sekondes wat wegkerf aan tyd nie, of minute wat daarteen hamer of ure wat dit wegkalwe nie. Al wat getalle het, is die slae van \u00a0jou hart, die inname en uitinge van jou asemhaling, die houe wat jy verduur, die houe wat jy slaan. En as jy ander hoor skiet en slaan en kap en skree en gil en smeek, en jy doen dit \u00a0nie self nie, maar wag dat dit na jou sal aankom, selfs n\u00e1 die kakofonie en wandade opgehou het, is jy \u0149 insek wat magtelose trillings maak in die knelgreep van \u0149 donker spinneweb in die swartste swart. Jou kompas het geen Oos waarin die son sal opkom nie. Dis nag sonder einde.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vir hulle wat daardie nag op die koppie langs die pad was, het alles verander \u2013 en dit is hoe hulle daarvan sou praat: Die Nag op die Koppie langs die pad; soms half-spelerig: Die Slag van die Koppie-Langs-Die-Pad. Dit het verander hoe hulle oor die lewe en die toekoms en hulle posisie daarin gedink het; en oor ander mense, met die nuwe sin vir die werklikheid van die wreedheid van ander. En daardie kennis is self gemaak van die nag, sodat selfs toe hulle soos motte uit die papie van die duisternis gekruip het, was die nag steeds deel van hulle en hulle van die nag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die eerste gemeenskaplike instink was om van daardie rantjies, hulle eie Aasvo\u00eblheuwel, te vertrek in haastige ontvlugting, maar elke praktiese oorweging het daarteen geweeg en hulle eie rede het hulle op die Koppie-Langs-Die-Pad vasgetrek. Net so deeglik as wat elke wese op die planeet Aarde teen die grond geboei is deur swartekrag en ingekerker is deur die atmosfeer, net so onbeweeglik was die lede van die M\u00f6ller-trek deel van die koppie, daardie lang nag, soos rosyntjies vasgebak in die kors van \u0149 brood.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Oorlewing, fisies en emosioneel, na \u0149 slag, begin met die klein rites waarmee orde geskep word, want in orde is kennis en in kennis is hoop en in hoop is die nodige wil om voort te bestaan. Die eerste item in die prosedure van orde, is om die trop te tel en te rangskik. Kinders vra uit na ouers en ouers na kinders, vroue na hulle mans en mans na hulle vroue, en vriende na mekaar.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Gielie Degenaar was eerste, miskien nie so eienaardig nie, gegewe sy emosionele plooibaarheid voor, tydens en n\u00e1 gewelddadigheid. Hy het in die nag gestaan en grom en hyg sodat die longe in sy wye, diep borskas asem versamel het in magtige teue, \u0149 jong Noorman, \u0149 Sikloop met die flits langs sy kop \u0149 onknippende, skroeiende oog, die bebloede bre\u00eblembyl nog in sy hand. Die lig daarvan het op Tannie Alba geval en met \u0149 kreet wat ook \u0149 snik kon wees is hy met lang tre\u00eb na haar toe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sonder om die byl te laat val en met dieselfde gemak waarmee hy dit vashou, het hy sy linkerarm onder haar arms en om haar tengerig geryg en haar van die grond af teen hom opgetel en sy nat kop teen haar nek gedruk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTannie, is Tannie orraait? Is Tannie orraait? Tannie moet orraait wees. Tannie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk makeer niks, Giel,\u201d s\u00ea sy ferm en haar klein gestewelde voete trap lug onder haar. \u201cEk weet nie of ek nog niks sal makeer as jy my stywer druk nie, maar as jy my nou neersit behoort ek piekfyn te wees.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy sit haar neer en buig af na haar toe. Die flitsoog betas haar van onder na bo en weer na onder.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTannie is nat!\u201d beskuldig hy. \u201cGaan klim in die kar en kry vir Tannie droog!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tot haar eie verbasing, miskien omdat hy \u00a0nog nooit vir haar \u0149 bevel gegee het nie, gehoorsaam sy hom gedwe\u00eb terwyl hy, vol hiperenergie, na die rand van die koppie draf om Bart se leer te laat sak sodat die span by die Unimog met die res op die koppie verbind kan wees.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">So daal Edna M\u00f6ller af en vind haar man, en sy is vol vreugde dat hy oorleef het en ontsteld oor hoe uitgeput en pyndeurtrek hy is, en sy tref haar seun, Brian, in die omgedopte Unimog aan. Sy is terselfdertyd verskrik deur sy wonde en tranerig bly omdat dit erger kon gewees het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Ongedeerde en ongebo\u00eb Fred Bakkes het net \u0149 paar tre\u00eb gehad om te loop tot by sy vrou, Lucille, wat tussen die twee klein Hackett-seuntjies sit en, nadat sy vertroulik die inligting verneem het, vir hulle ernstig lieg oor die welstand van hulle pa en ma, vol beloftes dat Lyall en Roger hulle die volgende dag weer sou sien.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sandy Lourens, flits in die hand, het haar man op die naat van sy rug langs \u0149 lyk gevind, en na haar aanvanklike skok besef hy is gedaan verby die punt van algehele uitputting nadat hy sy weg uit die kolkgreep van die dood geworstel het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lilian Vermeulen het onder \u0149 seil agter op haar eks-man se Land Cruiser-bakkie in Don Vermeulen se bagasie gaan grawe en sy oudste denimbroek gevind. Sy het om die bakkie na die passasiersdeur gemarsjeer, dit oopgepluk, die stomme prokureur uit die kajuit getrek en hom beveel om sy nat broek vir die dro\u00eb een te verruil, wat hy in die gloed van die dakliggie gedoen het. Dit is waar en hoe Andreas Vermeulen, deurdrenk en geweer in die hand, hom gesien het en nie kon help om te grynslag nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Bart Kolver het vir Omo gevind en die hond het haar lyfie in oorstelpte vreugde gewikkel. Hy het na Vicegrip geroep en gefluit en toe, meer om homself as enige iemand anders te oortuig, kordaat verklaar dat sy sal terug wees.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie zombie wat haar sal onderkry, moet nog gemaak word!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Andreas Holtzschuh het sy vrou en een dogter agter Bart se Chev gevind en sy seun en ander dogter agter die Stetner-Patrol. Die geweld het tot teenaan hulle gespoel, maar nie aan een geraak nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die mans het begin om die groter elemente in die groep se lewe te rangskik, om tydelike bestaanstrukture op te rig om daardeur, volgens \u0149 primitiewe formule, hulleself as waardevol vir die groep te bewys en sodoende geregtig op oorlewing. Bart het \u0149 gaslamp op \u0149 ho\u00eb staander in die middel van die laer aangesteek en die manne het begin om tente uit te haal en op te slaan. Wapens is nagegaan en herlaai en \u0149 seilafdak daaroor gespan om dit uit die re\u00ebn te hou.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Andreas het sy Wilhelm Heym-geweer afgedroog en in die wapenkas agter op die Land Cruiser-bakkie gaan stoor. In die plek daarvan het hy sy semi-outomatiese Remington Nylon 66AB .22 geweer uitgehaal en die dik knuppelvormige Numenor-knaldemper aan die voorkant van die loop geskroef. Hy en Gielie het na die vyande se lyke gaan omsien.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nege het tot in die laer gevorder en nege het daar geval en gesterf. Andreas en Gielie het hulle buite die voertuigkring gesleep. Voor die voertuie was daar nog sewe wat geval het. Twee het nog kermend geleef en Andreas het een met \u0149 skoot in die voorkop uitgesit. Die .22 se klap was deur die knaldemper skaars hoorbaar in die re\u00ebn. Hy het by die ander een gaan sit. Di\u00e9 man se pelvis is vergruis deur twee skote \u2013 BLAM!-BLAM! \u2013 uit Fred Bakkes se Beretta. Andreas het hom gepaai en uitgevra. Die man was besonder gretig om enige vrae te antwoord en toe Andreas tevrede was met die inligting, het opgestaan en di\u00e9 aanvaller ook met \u0149 kopskoot stilgemaak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy en Gielie het drie vuurwapens \u2013 twee rewolwers en \u0149 dubbelloophaelgeweer \u2013 gevind en na die laer teruggeneem.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Onder, om die voorkant van die probleemklip, was daar 14 liggame, meestal Daan-Dirk se werk. Vier het nog tekens van lewe getoon voordat Andreas met die Remington by hulle gaan staan het. Regs van hulle was nog vier liggame. Een, verlam van die bolyf ondertoe, was nog springlewendig en spraaksaam en nadat Andreas hom ondervra het, is hy ook die ewige duisternis in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hulle het vyf R4\u2019s, vier R5\u2019e, vier AK\u2019s van verskillende modelle en sewe pistole versamel en in bondels boontoe gedra asook alle magasyne en los ammunisie wat hulle gevind het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die vrouens het ook met hulle ewige rituele begin; begin versorg en hulle kinders vertroetel en hulle mans liefkoos.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Atta Stetner, wat net so hewig as haar man geveg het, het eers sy baadjie, hemp en onderhemp uitgetrek en sy kneusplekke nagegaan en met hulle selfgemengde room ingesmeer, voordat sy na haar eie skrape en wonde omgesien het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sandy Lourens het Chris se beseerde hand gewas en die gebarste vingerpunte met pleisters geheg.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Edna M\u00f6ller het Daan-Dirk uiteindelik laat sit en sy rugwond bekyk, haar asem ingetrek toe sy die rou slaggat sien, dit opnuut ontsmet en \u0149 vars verband uit hulle eie noodhulpkas daarom gedraai.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Kampstofies is uitgehaal en water gekook vir koffie of tee, wat met versigtig uitgetelde beskuit bedien is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Klein huishoudelike krisis het deur die kamp geritsel: Eers is Tienie en toe Daleen en Ellen Holtzschuh deur vol blase geteister en toe moes die volwasse vrouens, Alice, Lilian, Alba en Edna self geriewe soek. Die meisies was verskeur tussen hulle vrees vir wat buite die laer is en hulle verskrikking om hulle liggaamlike funksies in die laer se lig uit te oefen.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Omdat die situasie dringend was, het Bart bloot \u0149 gat in die donkerste hoek van die laer, agter die Ramkat op die punt, gegrawe en vir die meisies \u0149 vierkantige tafeldoekgrootte seil gegee. Hulle het, een vir een, dit soos \u0149 barbier se laken om hulle gedraai, hulle klere onder dit afgevroetel, gehurk en verligting gevind en daarna \u0149 lagie grond in die gat gegooi.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jeanelle het met die leer afgeklim en vir JP teen die koppie se wand gevind, Jack se liggaam nog steeds dwarsoor sy skoot. Sy het in sy gesig geskyn met \u0149 flits.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOom JP? Oom JP? Oom JP!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP Els het opgekyk na haar.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis ons Jack, Jannie, dis ons Jack.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOom JP, ai Oom JP!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy het langs hom op haar knie\u00eb afgegaan, dadelik in trane, nie net vir alombeminde Jack vir wie sy veral \u0149 sagte plekkie gehad het nie, maar vir die rou verdriet in JP se gesig wat onbeskroomd gehuil het soos \u0149 kleuterseun oor die dood van sy eerste troetelhond.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jeanelle sit haar arms om JP se kop en trek die kant van sy gesig tussen haar ferm jong \u00a0borste vas en vryf en druk en druk en vryf en koer oor hom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nadat sy baie seker is hy het bedaar, skuif Jeanelle weg van hom en staan op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBly hier, Oom!\u201d vermaan sy, en klouter teen die leer op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Minute later is sy terug met \u0149 vrag in haar arms.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy sit \u0149 batterylantern op die grond neer en l\u00ea dan Jack se slaapsak op die grond. Dit laat JP kreun.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jack se slaapsak. Daar is geen ander slaapsak soos Jack se slaapsak nie. Hy het dit self gemaak met twee gryskomberse waaroor hy \u0149 buitelaag van plastiekvoersakke vasgewerk het. Dit was warm en waterdig en wanneer Jack daarin uitgestrek was, was hy onaantasbaar deur selfs die nukkerigste weerverskynsel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Wanneer dit opgerol is, is dit \u0149 groot ronde baal. Dit was die onderwerp van dosyne bitter rusies tussen Jack en JP, want dit was \u0149 lomp stuk bagasie om voor plek te vind en saam te piekel. Jack het elke keer die argument gewen met die eenvoudige strategie om te verklaar hy sal saam met JP enige plek ter aarde gaan \u2013 mits sy slaapsak by hulle is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVat my, vat my slaapsak!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWeet jy,\u201d s\u00ea JP toe Jeanelle weer by hom hurk, \u201cas hy nie&#8230; as hy nie&#8230; As hy nou hier was&#8230; anders hier was, het hy op die slaapsak gaan sit en hy sou s\u00ea, weet jy wat hy sou s\u00ea?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy sou s\u00ea: \u2018JP-tjie, ons moet drank vat. Ons moet drank vat sodat ons kan verstaan watse groot en wonderlike dinge vanaand met ons gebeur het.\u2019<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8220;En ons sou drank vat. Ons sou verstaan.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou Oom JP,\u201d s\u00ea Jeanelle. \u201cHelp my net, dan as ons klaar is, vat ons drank.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">So hy help haar met Jack. Lig eers sy bene op en skuif die slaapsak van sy voete af tot by sy sitvlak. JP gaan staan agter hom en beur boontoe; hys die liggaam \u0149 paar sentimeter sodat Jeanelle die slaapsak kan optrek. JP laat die liggaam in die slaapsak sit en hulle trek dit tot bo sy kop en vou dit toe waarna hulle hom in sy geliefde beddegoed plat op sy rug laat l\u00ea. Sy buitelyne, in die lig van die lantern, is rondweg sigbaar, soos \u0149 lewensgrootte beeld wat van seesand gevorm is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Flaffus die korthaarterri\u00ebr verskyn, nat en bewend van die koue. Hy kyk na JP, kyk na Jeanelle, wip dan op die liggaam se borskas en krul homself styf op, soos \u0149 hoepel, neus by stert. Hy ruk van die koue, ontspan, haal asem, ruk weer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jeanelle steek haar hand uit na die hondjie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLos hom,\u201d s\u00ea JP. \u201cDis sy voorreg.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jeanelle gaan sit teen JP en trek \u0149 grondseil om die twee van hulle. Sy het \u0149 rugsak by haar en daaruit haal sy \u0149 bottel Wellington-brandewyn uit en skroef die doppie af.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJammer Oom JP,\u201d s\u00ea sy. \u201cEk het nie Coke nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns vat dit vanaand so,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Bo-op die koppie re\u00ebl Daan-Dirk wagbeurte.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk soek twee mans en twee vrouens op \u0149 slag. Een paar onder by die Unimog en een paar hierbo. Ek en Edna sal eerste vat.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy, Fred Bakkes, Chris Lourens, Deon Stetner, Bart Kolver, Andreas Vermeulen en Holtzschuh die Duitswester staan in \u0149 kringetjie by die gaslamp onder die afdakkie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dink nie so nie,\u201d s\u00ea Fred Bakkes. \u201cJy is op die punt van algehele uitputting. Enige iemand kan dit sien. Gaan slaap eers. Ek en Lucille is nog vars, ten minste varser as jy.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk en Sandy ook,\u201d s\u00ea Chris Lourens. \u201cEk sal nie nou kan slaap nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk sal ook nog \u0149 ruk op wees,\u201d s\u00ea Andreas Vermeulen. \u201cEk wil nog foto\u2019s neem.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cFoto\u2019s?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Andreas hou \u0149 alleweerkamera met \u0149 allemintige buislens op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk wil sien of ek iets kan sien oorkant die veld, jy weet, \u00a0by die karre op die snelweg.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cO,\u201d s\u00ea Daan-Dirk en frons. Hy weet hy moet beter vrae vra maar weet nie wat dit is nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou goed. Chris, Sandy. Fred, Lucille. Gee net so twee ure, dan maak julle my wakker. Vir my en&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk sal,\u201d s\u00ea Bart Kolver. \u201cEk sal re\u00ebl vir klein Gielie Byl om saam met my beat te staan.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed,\u201d s\u00ea Daan-Dirk. \u201cGoed. Besluit julle wie is bo, wie is onder. Di\u00e9 wat bo is, skakel van die voertuie se ligte aan, so elke paar minute, net een of twee, nooit in dieselfde volgorde nie en net vir \u0149 halfminuut of so op \u0149 slag, en, en, en&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDaan-Dirk,\u201d s\u00ea Fred. \u201cOns het dit. Ons re\u00ebl dinge. Gaan slaap.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk vryf oor sy ken en kyk na die vyf koepeltente van verskillende groottes wat in die omhelsing van die halfkring motors opgeslaan is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoed,\u201d s\u00ea hy. \u201cGoed&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea niks verder nie en strompel na sy tent waar sy vrou en \u00a0kinders wag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMy man,\u201d s\u00ea Edna toe hy die tentklap ooprits en gebukkend inkom. Hy rits die klap agter hom toe, maar met moeite omdat hy sukkel om te konsentreer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy tuimel behoorlik neer op sy knie\u00eb en strek homself op sy maag langs sy vrou neer. Aan haar anderkant suis sy dogter se asem egalig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLief,\u201d s\u00ea Edna, \u201clig jouself net bietjie dat ek jou hemp kan uitkry. Jy is alweer sopnat.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dis te laat. Sy weet hy hoor niks.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Edna M\u00f6ller trek die duvet wat sy by haar het oor hulle en skuif tot teen hom. Sy sit haar arm hoog oor sy \u00a0blad, versigtig om nie aan sy wond te raak nie. Haar vingers strengel deur sy dik, grys hare.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk M\u00f6ller slaap in die nag waaraan daar geen einde is nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">{Lees vervolgens <em><a title=\"Bodem 28: Die eerstelig\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21928\">Bodem 28<\/a>.}<br \/>\n<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 26 en alle vorige episodes. \u0149 Nag is sonder einde, as dit geweef is uit die donkerste duisternis van doodsvrees en die ontdekking in \u0149 mens dat jy self vreeslike en wrede dinge kan doen. D\u00edt, sien, bring \u0149 vreemde nuwe vrees, die agterdog dat daar in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21884\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 27: Die nag&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21071,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[4112,167,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018],"class_list":["post-21884","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrika","tag-afrikaans","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21884","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21884"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21884\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21071"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21884"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21884"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21884"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}