{"id":21876,"date":"2014-02-05T16:42:09","date_gmt":"2014-02-05T14:42:09","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21876"},"modified":"2014-02-06T04:51:25","modified_gmt":"2014-02-06T02:51:25","slug":"bodem-26-die-karnaval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21876","title":{"rendered":"Bodem 26: Die karnaval"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-21071\" alt=\"vlamtoring2\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a><em>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees eers <a title=\"Bodem 25: Die hand-tot-hand\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21837\">Bodem 25<\/a> en <a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">alle vorige episodes.<\/a><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is \u2013 was; dit is nou seker nie meer daar nie, nie na die Chaos alles verspoel het nie \u2013 \u0149 foto van Don van der Merwe in \u0149 silwer raam bo die driebeenmuurtafeltjie in die elegante marmerte\u00ebl- en- persiese-tapyt-ingangsportaal van sy dakwoonstel in Rosebank, Johannesburg. Dit is \u0149 onselfbewuste foto van Don soos hy homself sien: Op \u0149 rots in die Hooglande van Skotland, so in die mis, met \u0149 dik diepblou wolhemp aan, bruin koordferweelbroek, leerstapskoene met dik rubbersole en \u0149 geruite keps op sy kop. Maar dis die trui, die trui wat die een stukkie aanvoeling is wat hom so aangegryp het in \u0149 portret van homself: \u0149 Silwerwit trui wat agter hom van sy skouers af hang, moue voor hom oormekaar gevou, \u0149 duursame, soepel trui, fyngebrei met \u0149 kabelpatroon en dit hang so vormbaar soos \u0149 nertspels oor sy skouers. Wil jy weet wat elegant is? D\u00edt is elegant.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daardie trui, daardie man op die rots op die geruite piekniekkombers met die peperduur kristalfles enkelmout-whisky sigbaar in die diggeweefte rottangmandjie en die newelgevulde vallei aan sy ander kant. D\u00edt is Don van der Merwe. Aards dog gesofistikeerd. \u0149 Korporatiewe regsadviseur wat homself vind in die natuur. Don van der Merwe, jazz-luisteraar, po\u00ebsievoorleser, huldiger van \u0149 buigbare mensgedrewe liberale politieke bewussyn, raconteur en somtydse agent provocateur, terggees van verkramptheid, sjef met die Nederlands-Javaanse rijstafel as sy spesialiteit, wynkenner en Gerard Sekoto-versamelaar, ski\u00ebr van mediumgraadhellings by St. Moritz.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">D\u00edt is Don van der Merwe, nie die bewende wrak wat sonder oogknip in die spartaanse kajuit van die kru Land Cruiser-trok sit met die druppende urinekol regoor die voorkant van sy broek \u2013 ironies genoeg dieselfde bruin koordferweelbroek van die foto \u2013 nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hoe het hy van sy w\u00eareld \u2013 d\u00e1\u00e1rdie fynsmaakwoonstel \u2013 tot hier gevorder, hier op die klipperige koppie langs die N3 in die re\u00ebnnag, hier te midde van \u0149 geweldkarnaval wat deur kranksinnige gode gelas en bloedmal barbare gere\u00ebl is? Dit was so \u0149 kort verskuiwing, so \u0149 vinnige, holderstebolder tuimeling deur een of ander kosmiese wurmgat in, van die dag wat hy deur \u0149 peperduur privaatsekerheidsmaatskappy in \u0149 konvooi van koe\u00eblvaste motors uit Johannesburg ontruim is na die duplex-woonstel van sy huidige vaste vriendin, Lilian Vermeulen, in Dawnview Park. En toe daardie tien geesverwerende dae toe sy omtrent elke dag deur haar halfbeskaafde eks-man geterroriseer is om die een of ander halsoorkopkonvooi na moontlike veiligheid mee te maak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hier sit hy nou nadat sy blaas padgegee het met die aanvanklike stormloop van die demone uit die nat langgras. Hy het eers die dofswart Glock oor die donker, uitdyende kol gehou, maar, met die vae gedagte dat die noodlot hom sal toelaat om vir sy lewe te pleit, het hy dit onder die sitplek ingestop. Swart Afrika sal nie vergewensgesind wees as hulle \u0149 pistool op jou natgepiste skoot vind nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP sou nooit weet hoe hy by sy bebloede vriend gekom het nie. Daar was \u0149 oomblik in die nag toe hy op sy sy op die grond gedraai en agtertoe gekyk het en vir Jack geskree het om homself nie bloot te stel nie. Daar is \u0149 ander oomblik wat hy met sy vriend se roggelende liggaam oor sy skoot getrek sit. En niks tussenin nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKyk nou net, kyk nou net!\u201d huil hy. \u201cJy luister \u00e1ltyd vir my, altyd, maak nie saak watter fokken onnosel idee ek volgende het nie. Hoekom nie \u00a0nou nie? Hoekom nie nou nie?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBroeders en susters,\u201d s\u00ea Jack. Die laaste lettergreep word versteur as hy in sy eie dik bloed gorrel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJack! Jack, Ouboet, ek is jammer oor jou ribbebeen, ek is, ek was nog altyd&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBroeders,\u201d s\u00ea Jack. \u201cBroeders!\u201d En dan, sag, ratellend: \u201cBehou die geloof!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBehou die geloof? Behou die geloof! Wat beteken dit, Jack, wat beteken dit? Jy weet ek gaan kerk toe&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jack se lyf trek \u0149 sidderende boog, soos \u0149 stoeier wat brug om sy skouers van die krytmat af te hou, en dan trek die vreeslike slapte van sy voetsole af op en deur hom, laat hom saf en weg, daardie verskriklike verweg. JP trek die bolyf teen om vas, styf, stywer en stywer, op sy allerstyfste asof hy \u0149 laaste gloed van Jack in homself kan intrek en bewaar.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Stormlopende groep mense is soos water: Hulle momentum word in die weg van die minste weerstand gekanaliseer en vloei in waar hulle nie weerstaan word nie. In die laer se geval is dit in die eerste plek tussen die twee Land Rovers deur waar Chris Lourens gestaan het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Aan die ander kant, regs van sy Defender en links van Andreas Vermeulen se Land Cruiser is Fred Bakkes, effe vooroorgehurk in \u0149 klassieke Weaver-houding, Beretta voor aan \u0149 stokstywe regterarm met sy ander hand oor die regterhand en \u0149 gebo\u00eb linkerarm wat terugrem teen die pistoolhand. Hy doen dinge volgens voorskrifte en daarom dubbelpot hy, sarsies van twee vinnig opeenvolgende skote, BLAM!-BLAM!, BLAM!-BLAM!, BLAM!-BLAM!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hierdie weerstand maak \u0149 indruk op die aanvallers en die stroom verdeel na die anderkant van die Toyota waar dit ook weg skil, want in die gaping staan Lilian Vermeulen, rooi van haar, mildelik van kurwes, en skiet dubbelskootsarsies met haar eks-man se Beretta-bo-en-onderdubbelloophaelgeweer. \u00a0Dis \u0149 wapen wat sy goed ken. Sy en Andreas het vir drie jaar hulle eie gastewildsplaas bestuur en kleiduifskiet was een van die afleidings daar. Sy het die baan behartig en self \u0149 entoesias van die sport geword.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die eerste twee skote het sy trompop op drie aanvallers, wat hulleself woedend met vertrekte gesigte en kappende-stekende-swaaiende handgevegimplemente na haar geslinger het, afgevuur. Sy het effens gesukkel met die herlaaislag; vingers wat bewe, hande wat onbeplande bewegings maak, \u0149 gestel vol angs en adrenalien, maar sy het haarself tot \u0149 weergawe van kalmte vermaan, die nek van die haelgeweer geknak, seker gemaak die le\u00eb doppies is werklik uit, twee vars rondtes uit haar kakie-onderbaadjie se sak getrek, hulle in die vuurkamers se oop bekke ingeglip, die geweer toegeklap en sonder om te mik uit die skouer gevuur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die stroom het geswenk van haar en sy het nog twee sarsies geskiet voor sy, tot haar ontstelde verleentheid, besef het haar patrone is op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die tweede bres is geslaan tussen Bart Kolver se Chevrolet en die Stetner-Patrol waar die middeleeuekundige en sy vrou n\u00e1 net twee pyle uit sy boog voor die geweldsimpetus moes wegval. Atta het toe wel een skoot met Bart se Boito-haelgeweer geskiet, maar toe is dit \u0149 maalkolk van liggame om haar en haar man in die donker.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Agter die voertuie vloei die strome bymekaar. Houe val, manne en vroue brul en liggame bots.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Te midde van dit alles maak Lilian Nel-Vermeulen twee goeie besluite: Sy maak die deur van Bart se Chevrolet oop en sy rand vir Don van der Merwe aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk staan en skyn met Brian se koplampie op JP wat met Jack se liggaam oor sy skoot op die grond sit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee!-nee!-nee!\u201d skree Daan-Dirk. \u201cNie Jack nie! Nie Jack nie!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die re\u00ebn wat in strepe van JP se kop afstroom, trek bleekvelvoortjies deur die bloed en modder op sy gesig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy hou sy kop agteroor, en omdat daar nie woorde in enige formele taal vir sy ontsteltenis is nie, brul hy soos \u0149 ondier in \u0149 fuik.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom!\u201d skree Daan-Dirk. \u201cKom! Hier kan nog land! Ek help jou. Ons sleep hom agter die rots in!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP hou op skree, kyk na Daan-Dirk en daar is \u0149 trek van onversagte woestheid op sy gesig en sy o\u00eb staan styf.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie mortier!\u201d sis hy hees. \u201cDie donnerse mortier! Ek gaan hom stukkend maak! Stukkend!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy stoot die lyk van hom af en kom rukkerig orent, strompel teen die helling van die koppie af.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cStukkend!\u201d skree hy. \u201cStukkend!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk draf agter hom aan en die re\u00ebn giet op sy kaal bolyf neer en verdun die bloed deur sy verband tot \u0149 waterige pienk. Hy kry \u0149 handvol van JP se hemp beet, maar die man stamp sy greep met groot venyn weg.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cStukkend! Stukkend!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP gaan staan net om die skietlamp op te tel en hy skakel dit aan. Die lig is \u0149 wit, beskuldigende vlam wat ver oor die veld deur die gaas van re\u00ebnstrale tas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy trek sy Ruger-rewolwer en peil weg in die rigting van die veld. Wanneer hy by Andreas, hurkend agter sy rots, beweeg, skree di\u00e9: \u201cWaarheen nou!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cStukkend!\u201d sis JP. \u201cStukkend!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHy gaan die mortier soek!\u201d skree Daan-Dirk uit die donker.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSeun!\u201d s\u00ea Andreas en hy en Rattus staan op en volg vir JP die veld in, hy met sy jaggeweer van die regterskouer af diagonaal voor sy borskas ondertoe en die rifrug met die gemaklike gang en die oop kake eie aan sy ras, elke molekule di\u00e9 van \u0149 mensvreterhond.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die menslike brein hanteer \u0149 akute bedreiging deur alle onderliggende indrukke af te skakel sodat die persoon op die gevaar voor-die-hand kan konsentreer. Periferale visie word sonder meer afgeskakel sodat dit nie kan indring nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Na haar laaste tweeskootsarsie kan Lilian vir \u0149 oomblik op niks anders konsentreer as die feit dat sy geen ammunisie meer oor het nie. Haar hele werklikheid bestaan uit die gapende bekke van die dubbellope se vakante vuurkamers. Sy skud haar kop, kyk op, van links na regs, op en af en haar visie kring uit. Sy word bewus van \u0149 geskud en \u0149 gehamer langs haar en draai haar kop. In die dowwe lig wat van die veld weerkaats, sien sy die bonkige figuur van Bart Kolver se teefhond wat haarself waansinniglik teen die ruit werp, oor en oor, terwyl sy tjankgrombrulknorblaf soos \u0149 hele demoniese koor uit die onderw\u00eareld. Sonder enige oorweging van gevolge gryp Lilian die deurhandvatsel en trek dit oop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vicegrip tref die opening met die krag van \u0149 koekepan teen \u0149 steil afdraande, val op haar sy op die grond, skiet op en streep vorentoe, na die ligkol voor die groot bakkie toe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Swartvrou is in aantog, \u0149 donker, snelwaggelende figuur met \u0149 ysterheiningpaal in die hand, karig geklee in \u0149 besmeerde romp en met massiewe pap borste wat pendulumswaai in \u0149 wit buustelyfie bo \u0149 groot maag wat met elke tree skud. Haar gesig is verwring, is di\u00e9 van \u0149 besetene, van \u0149 mens wat innerlik oor die kruin getuimel het tot in die donga van dierlikheid.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy het die hond nooit eers sien kom nie en Vicegrip tref haar van onder af met \u0149 volle lading geweld. Vrou en teef versmelt in \u0149 getol van arms, bene en kappende kake. Die hond byt, skud haar groot kop in \u0149 warrel, ruk \u0149 bekvol vet en vleis uit, skud dit een kant toe, byt en skud weer; trek, skeur, verwoes. Nog \u0149 ruk en die prooi is stil. Die hond gluur op, die goue pels om haar bek besmeer met die aaklige lipstiffie van vars bloed. Sy sien \u0149 swartman wat skuins voor haar verbyhardloop en sy trek weg op kort, kappende bene, stert wat agter haar tol. Daar is nuwe vleis voor haar.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Gielie kom handeviervoet oor die kant van die koppie, en, voor hy orent kom, val sy flits se ligkol reeds om \u0149 korf van swartes rondom die worstelende Chris Lourens. \u0149 Oomblik later is die seun teenaan die geveg en hy swaai sy byl, bofbalkolfstyl voor hom. \u0149 Aanvaller val weg. Gielie ruk die byl terug in \u0149 rughandhou en dit laat \u0149 aanvaller terugsteier. Di\u00e9 se skedel splits hy van \u00a0bo tot amper onder.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy swaai en kap en kap en ruk en swaai met die groot byl totdat, binne sekondes, maar lang, lang sekondes, alles verby is en Chris Lourens op sy hande en knie\u00eb staan en op \u0149 stuiptrekkende lyk langs sy Lee Enfield opgooi. Teen die tyd is Gielie reeds by die geveg van die Stetners en hy kap en swaai en ruk en swaai en kap en kap en kap&#8230;<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vlak voor Andreas en die snouende JP, net links van hulle, doem die hol knalgeluid op en Andreas hoor duidelik hoe die projektiel oor hulle koppe woer-woergeluide maak en iewers ver agter hulle teen die koppie bars. JP swaai die lig skerp na links en dit val op \u0149 swarte met \u0149 kamoefleerbroek, weermagstewels en geel T-hemp aan, skaars vyftig meter van hulle.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy staan vir \u0149 oomblik en staar verskrik na die skel lig. \u0149 Oomblik later vlieg hy om, laat val \u0149 skouerwapen wat soos \u0149 baie kort haelgeweer met \u0149 baie dik loop lyk en nael weg met arms wat maal en bene wat vir maksimum spoed pomp.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP hou op skree, steek vas, rig sy rewolwer, trek die hand terug en die groot knal stamp teen die nag. Die voortvlugtende hou aan hardloop. Nog \u0149 knal. Weer mis. Knal. Mis.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJP!\u201d skree Andreas en trek die stywe arm met die rewolwer ondertoe. \u201cLos!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy draai sy kop na Rattus wat van snoet tot stert in afwagting vibreer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cRattus!\u201d sis Andreas. \u201cZiem-zam!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Voor die \u201c&#8230; am!\u201d is die groot hond reeds weg, \u0149 lae streep deur die nag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die ligkol bly op die een wat hardloop en dan is die \u00a0hond reg agter hom. Die rifrug trek noodremme en dit is asof sy agterlyf die voorlyf inhaal en die lyf trek konsertinakort en dan tref hy die swarte. Die man val volle lengte voor en die hond wemel oor hom, hap en gryp totdat die swaar tande die nek vind en diep daarin sluit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Andreas en JP draf tot by die hond se vangs waar Andreas die grommende Rattus skerp moet aanspreek en met sy skoensool moet wegstoot voordat hy sy rukkende prooi los.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP gaan staan twee meter van die verskeurde swarte op die grond en, met groot doelbewustheid, skiet hy die laaste drie .44 Magnum-koe\u00ebls in die rukkende lyf vas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Andreas kniel langs die warm lyk en draai hom om. Skuins oor die skouer is daar \u0149 bandelier met nog vier gevulde lussies. Hy trek \u0149 dik, kort patroon met \u0149 ronde, donker punt waarom twee dun blougroen strepies geverf is en hou dit op na JP.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c40-mil granaat,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSnotneus,\u201d beaam JP skor, draai om en skyn met die skietlamp na waar hulle die aanvaller aanvanklik gesien het. \u201cKom ons kyk of ons dit kry.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Voor die geveg losgebars het, het Fred Bakkes beveel dat vrouens en kinders onder die voertuie moet wegkruip. Marnu M\u00f6ller was een van die laaste om te reageer, eerstens omdat hy besig was om met toegespitste konsentrasie seker te maak die drommagasyn vol .22-koe\u00ebltjies is reg in posisie op die bokant van die Voere AM180 wat hy by hom het, maar ook deels omdat hy traag was om onder \u0149 kar te l\u00ea terwyl daar \u0149 kans is om deel te neem aan \u0149 regte, egte skietgeveg.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik was dit nie soseer Fred se gefrustreerde gebulk nie, maar sy ma se histerie wat hom genoop het om \u0149 voertuig te gaan uitsoek. Daar was vroue en\/of kinders onder elke kar, behalwe Tannie Alba se Patrol heel op die punt. Marnu het daar sy ronde tienerlyf ingewurm en tot onder die vooras op sy maag geseil.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die hewige geskietery het agter hulle losgebars en eers was dit opwindend en toe vreesaanjaend. Hy het elke geluid probeer identifiseer en ontleed, gepoog om die wendings van die geveg te volg, meteens intens dankbaar dat hy uit die hitte daarvan is. Vrees het hom daaronder die Patrol gevind, die groot, intense Wil-Nie-Dat-Dit-So-Wees-Nie en, waar hy eers vir sy pa en toe vir Brian en toe die res gebid het, het sy vurige gebed naderhand net om homself gewentel. As die Here tog net nie dat die geveg oorspoel na hulle hier bo op die koppie nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die honde het begin blaf, daar was uitroepe en toe kom die Patrol se ligte aan. Marnu het eers sy o\u00eb toegeknyp, probeer om nie asem te haal nie, homself gekasty om onsigbaar en onhoorbaar te wees. Toe sy o\u00eb oopgaan, was al wat hy kon sien die lang gras in die re\u00ebn en, hier en daar, oral, swart, bewegende bene daarin. Die as van die stasiewa, vlak bo hom, het verhoed dat hy verder kon opkyk. Vrees was nog daar, maar dit was nou stil en ordentlik.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Marnu het gewriemel, die kort geweer se spangreep teruggetrek en vorentoe laat spring en toe vorentoe gekyk. Hy het begin om kort sarsies outomatiese vuur in elke swart maermerrie wat hy gesien het vas te skiet. Liggame het begin val en hy het in hulle ook ingeskiet. Party het bly l\u00ea. Ander het met groot haas weggekruip.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lilian ruk die bakkie se deur oop op soek na ammunisie. Dis eers wanneer sy die donker buitelyne van Don sien sit wat sy van hom onthou, van hom en sy kort, dofswart Glock kompakte pistool.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDon!\u201d sis sy, die skote en krete van die geveg om haar. \u201cWat maak jy? Hoekom is jy hier? Jy moet kom help!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNee,\u201d s\u00ea hy in \u0149 kermstem. \u201cNee. Los my. Nee.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom! Kom! Is jy \u0149 blerrie bangbroek? Is jy \u0149 moffie! Kom!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLos my, los my, los my!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lilian strek vir die dakliggie en skakel dit aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Don sit ineengetrek op die bank van die kajuit, sy arms om sy knie\u00eb, wiegend-wiegend, vorentoe en agtertoe, soos &#8216;nvroedvrou wat \u0149 baba aan die slaap sus. Sy sien hoe droog sy klere is. Hoe kan dit wees? Is daar nog enige iemand in die hele, hele w\u00eareld wat dro\u00eb klere aan het? En dan sien sy die donker kol op sy broek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Haar eerste instink is simpatie en dit word vinnig vervang met walging.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWaar is jou pistool?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLos my, los my net.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy manlikheid en selfrespek het van hom afgegly soos \u0149 baadjie van \u0149 gebuigde draadhanger af. Dis net sy kermende mantra \u2013 \u201clos my, los my\u201d \u2013 wat oorgebly het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk los jou! Ek los jou&#8230;<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Waar is jou pistool?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLos my.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">So sy klap hom, en omdat sy langs hom is en nie ruimte het om hom op die wang by te kom nie, tref sy hom met die hak van haar oop palm op die neus, \u0149 stewige klap wat weerklink, en hy sit terug, geskok, sy o\u00eb verskrik soos \u0149 haas in \u0149 pofadderhok s\u0149.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJou pistool!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nou bly hy stil, want onttrekking in stilte is ook \u0149 uitvlug.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lilian se humeur los soos \u0149 wilde knaagdier wat deur die kant van \u0149 bruinpapiersak na buite spring. Sy gryp sy agterkop en ruk sy hoof vorentoe en kap dit gewelddadig teen die voorste paneel vas, twee-drie-vier keer, nog \u0149 slag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy kerm nou en, vol veragting, deels vir haar eie venyn, maar hoofsaaklik vir sy papbroekigheid, laat los sy hom. Sy vroetel onder die bank van die Land Cruiser en vind die greep van die Glock 23. Sy retireer uit die kajuit van die bakkie, trek die sluitstuk van die Glock terug en laat dit vorentoe kap.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lilian haas haarself terug in die geveg, maar sy is te laat. Dit is reeds verby.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Alba Verhoef was vroeg reeds seker dat die geveg se tentakels na hulle bo op die koppie ook sou uitreik. Dit was deels gesonde verstand, deels \u0149 behoedsaamheid om altyd gereed te wees vir die ergste en deels suiwer voorgevoel. Toe die honde begin blaf, het sy in die Patrol ingeleun, die ligte aangeskakel en teruggestaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Voor haar het die vyand verskyn, maar sy was gereed.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy het die klein Walther-pistool getrek, die veiligheidsknip afgedruk, die pistool in albei hande voor haar gehou en op \u0149 maer swarte voor haar begin skiet. Die skote het geknal en die le\u00eb doppies is uitgeskop en daar was vlamstrepe uit die loop van die pistool, maar die aanvaller het wonderbaarlik ongedeerd gebly. Sy het na drie skote besluit sy skiet links van hom verby en het haar vuur na die ander kant verskuif, maar steeds het sy hom ooglopend misgeskiet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tog moes dit na genoeg aan hom gewees het, want hy het omgetol en uit die glans van die ligte genael.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Rondom haar het skote geklap en die geveg in intensiteit toegeneem. Alba het die magasyn leeg geskiet en \u0149 nuwe een in die pistool se greep gevoer. Een of twee keer het ander figure in haar skootsvak verskyn, en sy het hulle verjaag. Sy het haar tweede en toe derde magasyn leeg geskiet waarna sy geen ander opsie gehad het as om hulle te herlaai met los ammunisie nie. Di\u00e9 het sy agter die Patrol gaan doen, uit \u0149 plastiekkassie wat At voorsien het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy het verbete gekonsentreer om die patrone in die gloed van die Patrol se agterligte teen die magasynvere in af te druk, en toe sy al drie vol het, het sy twee in haar re\u00ebnbaadjie se sak gegooi en die pistool met die derde een gelaai. Sy het asem in drie skerp hale ingetrek, opgespring, om die voertuig geloop net betyds om \u0149 naderende aanvaller te konfronteer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Trek die sneller. Mis. Ander kant toe. Mis. Regs. Mis. Ondertoe. Mis&#8230; Nee!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die aanvaller staan botstil en voel-voel aan die \u00a0kant van sy nek en bekyk dan die bloedsmeersel aan sy hand.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Skiet! Mis. Skiet. Die skoot pof die broekspyp oor sy bobeenspier uit en hy gryp daarna.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Skoot. Mis!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Trek die sneller. Niks. Leeg!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">En die aanvaller storm, vol pyn en wrewel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Alba kyk stip na hom en weet met die sekerheid van wiskunde dat sy nie betyds herlaai sal kry nie. Sy merk nou eers die halwe koevoet in sy hand op. Goeie tuinbou-implement, \u0149 koevoet. Swaar, hard, eenvoudig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy kom struikelend vorentoe, sleep sy verwonde been effens. Hy lig die koevoet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Agter Alba is daar \u0149 kort blaasgeluid, soos wanneer iemand \u0149 druiwepit van sy tongpunt af spoeg.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is \u0149 klap teen die aanvaller se voorkop en hy pluk sy hand daarteen. Die koevoet val op die grond.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die swartman se o\u00eb kyk binnekant toe, asof hy \u0149 grapjas is wat vir \u0149 foto poseer met \u0149 vlieg op sy neus. Hy sug en kantel neer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Alba Verhoef swaai om. Agter haar staan die onderwyser se ongemaklike seun met sy windbuks in sy hande, sy gesigspiere oopgerek in die breedste glimlag wat ooit deur \u0149 Bakkes bewerkstellig is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit was net meer as \u0149 halfuur sedert Andreas Vermeulen die eerste skoot van die geveg afgetrek het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Frekie Bakkes het die laaste skoot daarvan geskiet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens <a title=\"Bodem 27: Die nag\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21884\"><em>Bodem 27<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 25 en alle vorige episodes. Daar is \u2013 was; dit is nou seker nie meer daar nie, nie na die Chaos alles verspoel het nie \u2013 \u0149 foto van Don van der Merwe in \u0149 silwer raam bo die driebeenmuurtafeltjie in die elegante marmerte\u00ebl- en- persiese-tapyt-ingangsportaal van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21876\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 26: Die karnaval&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21071,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[4112,167,15412,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018,5132],"class_list":["post-21876","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrika","tag-afrikaans","tag-agincourt","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal","tag-wapens"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21876","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21876"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21876\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21071"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21876"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21876"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21876"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}