{"id":21837,"date":"2014-02-04T16:52:56","date_gmt":"2014-02-04T14:52:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21837"},"modified":"2014-02-05T16:38:28","modified_gmt":"2014-02-05T14:38:28","slug":"bodem-25-die-hand-tot-hand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21837","title":{"rendered":"Bodem 25: Die hand-tot-hand"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-21071\" alt=\"vlamtoring2\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a><em>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees eers <a title=\"Bodem 24: Die insypeling\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21783\">Bodem 24<\/a> en <a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">alle vorige episodes.<\/a><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Boog op \u2013 trek \u2013 hou snaar, vingerpunte en pylagterkant teen mondhoek \u2013 houuuu&#8230; Daar is \u0149 ritme in dit alles, \u0149 spiergeheue wat molekule vir molekule saamgestel is oor baie jare en ontelbare repitisies. Houuuu&#8230; loslaat! Houuuu&#8230; ennn&#8230; laat sak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die boogskutter volg die vlug van die pyl, soos \u0149 perdeafrigter wat sy spogmerrie se naelloop na die wenstreep betrag. Die oomblik wat sy wys- en middelvinger die snaar laat losglip het, het hy geen verdere beheer oor die vlug van die elegante koolstofveselstam-pylveer-bre\u00ebkopkonstruksie nie, maar kyk sou hy kyk waar sy pyl heen flits. Deon Stetner het die Groot Droom van elke pyl-en-boogentoesias beleef: Om \u0149 pyl los te laat op \u0149 regte, egte mens.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die wit tregter van die Patrol se hoofligte is dit net \u0149 skerfie van \u0149 sekonde en die pyl staan in die aanvaller se regterborsspier met meer as tweederdes daarvan buite sig versink. Op twintig meter het Deon Stetner se pyl dwarsdeur die swarte se lyf gesteek. Nie dat dit die aanvaller se bui temper nie. Hy was onstuimig, toe tref die pyl en hy skrik, en nou is hy briesend. Hy gryp die pyl se steel en die ruk daaraan, pluk en pluk weer, maar die wrede weerhake aan die bre\u00ebkoppyl weerstaan sy pogings. Dit gee vir Stetner die le\u00eb oomblik om \u0149 tweede pyl uit die koker op die grond te trek, dit teen die snaar te keep, die boog te lig en \u2013 trek \u2013 hou snaar, vingerpunte en pylagterkant teen mondhoek \u2013 houuu&#8230;<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die tweede pyl, deur goeie tegniek of blote vloek, raak aan die eerste pyl toe dit ook in die reeds bebloede borsspier wegslaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die aanvaller laat staan die pyle net waar hulle is, hef die ysterstaaf bo sy kop, brul soos \u0149 Andalusiese bul voor die picador se skerp stokke en storm.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Stetner het kans om die derde pyl te trek, maar nie om dit teen die snaar te bring nie. Die aanvaller is met lang tre\u00eb op hom en die boogman lig bloot die pyl soos \u0149 rapier voor hom, hou sy arm styf en die swartman hardloop op volle vaart daarin. Die pylpunt tref hom \u0149 handbreedte onder die borsbeen en dryf \u0149 tonnel diep in sy borskas in voordat dit vasslaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In \u0149 ommesientjie is die gewonde aanvaller bo-oor Deon Stetner, wat hard agteroor val terwyl dit voel asof die aarde \u0149 wilde oseaanbrander om hom geword het en hom onbeheersd rondtuimel. Die swartman kom bo-op hom tot stilstand, wydsbeen oor hom, en slaan na sy kop met die yster, maar di\u00e9 is te lank en tref die grond iewers aan die bokant van Stetner se skede en, hoewel \u0149 deel van die staaf hom hard tref, is dit nie noodlottig nie, want die punt steek vas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy ruk die staaf terug vir nog \u0149 probeerslag, maar Stetner kry die pylsteel in die man se middeborskas beet en trek hom vorentoe terwyl sy lyf heen-en-weer en op-en-af flap en beur. Die aanvaller bulk van pyn en woede, stamp sy handpalm in Stetner se gesig en haal die ysterstaaf weer oor.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Atta Stetner se oorloghamerkop \u2013 want dit is waarmee haar man haar bewapen het, \u0149 langsteelhamer met \u0149 kleinerige kop \u2013 tref die aanvaller met al die geweld waaroor \u0149 lang, verskrikte vrou beskik, reg op sy linker skouerknop, wat onder die vel induik en bars. Hy swaai woedend agteroor op sy rug en sy swaaiende regterbeen tref Atta en stamp haar eenkant toe sodat sy vooroor moet strompel om haar balans te hou.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Deon Stetner ryg homself regop tot op sy voete, bloed- en modderbesmeer. Hy tas na die swaard wat hy aan sy linkersy gehad het, maar in die worsteling het dit tot agter sy rug op die bre\u00eb lyfband geskuif. Hy strek tot agter sy linkersy met sy regterhand, vind die hef en trek die lang swaard met \u0149 lang boogbeweging uit die skede.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Teen di\u00e9 tyd is Atta reeds weer op die aanval, maar haar volgende hamerhou, gemik vir die aanvaller se kop, tref hom net skrams teen die skedel. Dan is Deon by en hy swaai \u0149 magtige kaphou na die swarte en tref hom bo teen die regterskouer. Hy wikkel die lem los, hou dit punt na onder voor hom, leun met sy volle gewig daarop en dryf die swaard in die man se borskas in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die swarte se gebrul maak \u0149 fuga na \u0149 skril, hees gil. Hy gryp die lem met albei hande vas en die skerp staal versnipper sy vingers terwyl hy dit met al sy mag uit sy lyf probeer trek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Stetner leun met sy volle gewig op die hefknop van die swaard. Die swarte wriemel en flap onder hom, soos \u0149 moordvis aan \u0149 harpoen.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHy wil nie! Vrek nie!\u201d skree Stetner desperaat.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Atta gaan staan aan die kopkant van die neergevelde swarte, meet mooi, werk die meetkunde net reg uit en, met die hamerkop wat agter haar weggetrek word en in \u0149 ho\u00eb boog oor haar kop kom, verbrysel sy sy skedel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy staan terug, hyg vir asem, gooi die hamer neer, strompel na die Patrol en daar raap sy die haelgeweer wat Bart aangegee het, op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Al die motorligte is aan en in die oorvleuelende ligbane storm twee dosyn gillende, vegkoorsige gedaantes van minder as twintig meter af, gewapen met byle, kapmesse, kieries en een of twee vuurwapens op die klein laer af.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Onder die kruin agter die voertuiglaer is daar \u0149 fris, stampende ontploffing. En dan nog een.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP, Jack en die gladdehaarterri\u00ebr, Flaffus, het pas uitasem verby Bart se voormalige stelling by die Unimog-toneel opgedaag, toe die hond botstil gaan staan en begin lawaai, so ontsteld dat sy voorpote met elke blaf van die grond opgewip het. Die hondekabaal van bo die kruin het nou die mense se aandag ook getrek en toe die bloedversurende gegil van swartes op die aanval.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP het nie eers kans gehad om \u0149 opmerking oor die slagting wat in die lig van die skietlamp onthul is te maak nie en Jack kon nie vra of Daan-Dirk vir hulle ook teikens gelos het nie, toe daar \u0149 wapperende gesis in die lug is en \u0149 pletteruitbarsting van \u0149 vlammebol en vlie\u00ebnde klipskerwe teen die wand van die koppie agter hulle.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat de moer!\u201d skree JP.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Sekonde later is daar \u0149 tweede ontploffing, di\u00e9 keer voor hulle. Kluite en skrapnel kletter om hulle soos hael neer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDekking!\u201d gil JP, gryp vir Jack, slinger hom teen die grond vas en slaan vollengte langs hom neer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWatse splinternuwe hel is dit di\u00e9?\u201d skree Jack met sy gesig teen die grond en sy voorarms oor sy kop gedrapeer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMortiere! Bliksemse mortiere!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jack neem sy kreet op: \u201cMortiere! Mortiere!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die onderstebo Unimog ratel die bakwerk in simpatieke frekwensietrillings weens die eerste ontploffing.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cL\u00ea laag!\u201d s\u00ea Daan-Dirk en druk Brian teen die dak onder hulle voete vas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die tweede ontploffing is ietwat verder van hulle, maar meer ontstellend omdat hulle besef die eerste was nie \u0149 verdwaalde voorval nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jack en JP se gille bereik hulle. Mortiere! Mortiere!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Adrenalien pomp yskoud deur Daan-Dirk. Liewe Here! D\u00edt ook nog? Hulle het alles geabsorbeer en op een of ander manier anderkant uitgekom, nie ongeskonde nie, maar darem. Wat is hulle nou veronderstel om teen mortiere te doen? Maar Daan-Dirk kan nie nou, net hier bly nie, kan Daan-Dirk? Daar is geen sin om stokstyf te sit en wag vir \u0149 bom in lukrake vlug om te mis \u00f3f te tref nie. Hy kom orent en vind sy weg tot by die oop agterdeure en wip uit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy het Brian se koplampie in sy hand en hy skyn daarmee rond. \u0149 Derde ontploffing slaan dertig meter regs van die Unimog uit en hy trek sy skouers langs sy kop op. In die koplampie se ligkol l\u00ea die lyk van \u0149 swartman en voor sy stil, uitgestrekte hand is \u0149 kort R5-stormgeweer. Daan gee \u0149 paar lang tre\u00eb tot daar, skep die geweer op en wikkel tot agter die klip waar hy kort tevore sy Leonidas-ding gedoen het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Lee Enfield het geknal sonder dat Chris Lourens besef het dat dit teen sy skouer gekom het, dat sy hand die grendelgreep teruggetrek en ingestoot het en dat hy sommer so losweg oor die loop gemik het. Dis asof dit alles uit sy bewussyn en geheue geredigeer is. Sandy het die ligte van die Land Rover aangeskakel, daar was hierdie figuur wat uit die gras opgestaan en begin storm het en toe bars die skoot los en die gedaante raak ongeko\u00f6rdineer, met sy bene wat vorentoe maal en sy bolyf wat agtertoe gaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar was tyd vir \u0149 tweede skoot, maar nie om te sien of dit tref nie, en toe is die gedaantes in die oopte tussen die twee Land Rovers en op Lourens. Hy doen wat eeue se infanterie voor hom gedoen het as hulle gewere ongelaai is in die aangesig van aanvallers. Hy hou die Lee Enfield hoog voor hom met albei hande. \u0149 Piksteelhou daal neer met sieklike geweld en tref die pinkie en ringvinger aan sy linkerhand en hulle punte bars oop soos ryp druiwekorrels onder \u0149 stewelhak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die stroom aanvallers tref vir Chris Lourens en dryf hom terug. Hy kry \u0149 middellyf met sy linkerarm beet, druk instinktief sy kop teen die swart, nat bolyf vas en hulle rinkink in \u0149 groteske wals agteruit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Andreas Vermeulen was gehurk by die grinnikende Gielie Degenaar, besig om die LMG te bewonder toe die honde op die koppie begin blaf, die rumoer ontstaan en die ontploffing die nag agter hulle ruk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom!\u201d skree hy vir Gielie, gryp hom aan \u0149 T-hemp mou en trek hom na \u0149 ry los rotse agter hulle.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSeun!\u201d gil hy op Rattus en die man, die seun en die hond nael na die rotse en tuimel agter hulle neer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMortiere! Mortiere!\u201d dawer JP en Jack se stemme.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMortiere, Oom?\u201d vra Gielie vol belangstelling agter die rotse.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMiskien. Nee. Ek dink nie so nie. Luister.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is \u0149 hol knal nie ver van hulle af nie in die veld en \u0149 voorwerp fladderfluit deur die lug en slaan in \u0149 ontploffing twintig meter links van hulle vas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGranaatwerper,\u201d s\u00ea Andreas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy kry die geweer in die aanl\u00eaposisie voor hom en tuur deur die teleskoop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk kan hom nie sien nie,\u201d s\u00ea hy vies.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Bo-op die koppie verhewig die geroesemoes van geluide, gille en skote wat knal.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOom!\u201d s\u00ea Gielie. \u201cEk moet boontoe, Oom!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSit waar jy is! Daai granaatwerper weet waar ons is. As hy jou in die oopte vang&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTannie Alba, Oom! Ek moet gaan, ek m\u00f3\u00e9t!\u201d kerm Gielie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns moet daai granaatwerper kry voor hy een bo-op die koppie gooi!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKry Oom hom, ek gaan!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Andreas dink net \u0149 sekonde.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy gaan lig nodig h\u00ea.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk \u00a0het \u0149 flits, Oom!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGee hom hier!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Andreas sit die geweer op sy kolf teen die rots neer, sleep sy rugsak van sy rug af, vroetel daarin en vat dan die flits uit Gielie se hand.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJou kop!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOom?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Andreas kry Gielie se kop beet, trek dit vorentoe en druk die flits daarteen, lens vorentoe.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHou dit!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy het \u0149 rol grys geutband in sy hand.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat is dit, Oom?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDuct tape!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">So vinnig as wat hy kan trek hy die kleeflint om en om Gielie se kop en plak die flits langs sy kop vas. Hy skakel die lig aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGaan!\u201d s\u00ea hy. \u201cEn vat \u0149 wapen.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Gielie staan op, ongestoor deur die moontlikheid van barstende bomme en swaai sy kop heen en weer en soek vir \u0149 wapen op die grond. Daar is onmiddellik verskeie moontlikhede wat sy aandag trek, maar sy oog val op \u0149 Z88-pistool. Hy draf daarheen, tel dit op, trek die magasyn en bekyk die lading. Die magasyn is amper vol. Hy trek die Walther uit die skede wat aan die leerband van sy skouer afhang, laat val die le\u00eb pistool op die nat grond en stop die Z88 daarin. Hy kyk op en daar, in die lig van sy flits, l\u00ea die groot byl wat hy op die Mutt gebruik het. Die wilde vreugde neem weer van hom besit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die hardloop raap hy die byl op en storm na die steil, gladde helling wat lei na die bokant van die koppie. Hy tref dit volspoed en skarrel daarteen op, maar dit is steil en glad en sy voete skiet onder hom uit. Hy val hard en sy ken kap teen die rotsplaat, gly ondertoe, val in die modder, spring op en probeer weer. Nogmaals gly hy terug. Met \u0149 briesende kreet val hy dit weer aan, en weer kan hy nie vastrapplek vir sy voete en grypplek vir sy linkerhand vind nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vyftien meter agter hom draai Jack dwars en sien hoe die rotswand die desperate seun met die byl in sy een hand afweer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk kom!\u201d skree hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBly hier, onnosel!\u201d gil JP op hom en hy probeer \u0149 greep op Jack kry, maar sy maat het reeds weggedraai.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jack kruip \u0149 paar tre\u00eb handeviervoet en kom orent.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy draf tot by Gielie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk help jou!\u201d skree hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOom!\u201d skree Gielie uitasem in erkenning.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy werp homself weer teen die helling. Jack druk sy een skouer teen die wand en wanneer Gielie teruggly kom sy voet op Jack se skouer tot rus. Die seun buig sy been en skiet dit reguit. Hy gaan teen die rotsmuur op. Jack vang die ander voet op sy handpalm en beur al wat hy kan na bo.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Gielie, spartelend, grypend, skoppend seil teen die rotswand op. Sy regterhand vind \u0149 nat handvol grasstingels en hy trek homself tot bo.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa! JAAA!\u201d jubel Jack en wanneer hy terugdraai is daar \u0149 sug deur die lug en reg voor hom bars die aarde in vlamme oop.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die slag pluk hom van sy voete en slinger hom teen die rotswand vas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens<a title=\"Bodem 26: Die karnaval\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21876\"><em> Bodem 26<\/em><\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 24 en alle vorige episodes. Boog op \u2013 trek \u2013 hou snaar, vingerpunte en pylagterkant teen mondhoek \u2013 houuuu&#8230; Daar is \u0149 ritme in dit alles, \u0149 spiergeheue wat molekule vir molekule saamgestel is oor baie jare en ontelbare repitisies. Houuuu&#8230; loslaat! Houuuu&#8230; ennn&#8230; laat sak. Die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21837\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 25: Die hand-tot-hand&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21071,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[4112,167,15412,15065,15024,1665,15019,15413,2242,15043,15018,5132],"class_list":["post-21837","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrika","tag-afrikaans","tag-agincourt","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-haelgeweer","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal","tag-wapens"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21837","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21837"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21837\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21071"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21837"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21837"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21837"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}