{"id":21827,"date":"2014-02-04T09:41:26","date_gmt":"2014-02-04T07:41:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21827"},"modified":"2014-02-04T09:51:17","modified_gmt":"2014-02-04T07:51:17","slug":"multikulti-kruisvaart-bots-uiteindelik-met-engels","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21827","title":{"rendered":"Multikulti-kruisvaart bots uiteindelik met Engels"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/superbowlriot.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-21828\" alt=\"superbowlriot\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/superbowlriot-300x225.jpg\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/superbowlriot-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/superbowlriot.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>Coke se multikulti-kruisvaart het di\u00e9 naweek uiteindelik tot &#8216;n etniese uitbarsting in hul tuisland gelei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Amerikaanse Superbowl, &#8216;n groot nasionale sportgeleentheid, se advertensies is dikwels die onderwerp van omstredenheid, gewoonlik vir hul seksuele inhoud.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie jaar was daar weer &#8216;n <a href=\"http:\/\/www.youtube.com\/watch?v=v6lP7RJ6ORU\">swart sanger wat minderjarige seks aangeprys<\/a> het en kenners het voor die byeenkoms gewaarsku dat kriminele tans meer geld uit mensehandel verdien as met dwelmhandel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Prostitusie en mensehandel vier hoogty tydens die Superbowl, wat hierdie pas afgelope naweek in die\u00a0MetLife Stadion, East Rutherford, New Jersey gehou is en daarna tot onluste gelei het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hierdie jaar het niemand eers &#8216;n wenkbrou gelig oor die sangitem wat algar tot minderjarige seks aanspoor nie of die onluste en vandalisme van die wenspan, die Seahawks se ondersteuners nadat hulle die Bronco&#8217;s verslaan het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was die taalgebruik in &#8216;n <a href=\"http:\/\/www.youtube.com\/watch?v=A8iM73E6JP8\">Coca-Cola-advertensie<\/a> wat Engelssprekende Amerikaners warm onder die kraag gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die advertensie wys Amerikaners van verskillende rasse en etniese groepe wat &#8220;America the beautiful&#8221; in &#8216;n verskeidenheid van tale sing. &#8216;n Ware multikulti-belofte in &#8216;n bottel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat dit uitgesaai is, is verskeie sosiale netwerk-webwerwe oorval met woedende kommentaar omdat die woorde nie net in Engels was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die maatskappy se amptelike Facebook-bladsy is toegegooi onder kommentaar na die advertensie in die Superbowl XLVIII verskyn het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie het hul ontevredenheid oor die talige diversiteit uitgespreek en ges\u00ea hulle sal Coke boikot omdat die advertensie nie net in Engels was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201c@CocaCola has America the Beautiful being sung in different languages in a #SuperBowl commercial? We speak ENGLISH here, IDIOTS\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Meksikane wat die [Amerikaanse] volkslied sing, is &#8216;n gruwel,&#8221; het &#8216;n ander groep ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Facebook-gebruiker het gestoom dat Amerikaners &#8220;niks beter is as die ontlastingput van derdew\u00eareldinwoners, wat weier om hulself te verhef tot beter mense [ met behulp van Engels ] nie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea sonder Engels kan daar nie nasiebou wees nie en die advertensie is &#8220;slegs gemaak om selfhatende witmense te laat goed voel&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Woedende kli\u00ebnte het ook kommentaar gelewer op video&#8217;s wat op YouTube gepos is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Multikuluralisme het Amerika die afgelope 50 jaar in &#8216;n krotbuurt verander,&#8221; was een kommentaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit is egter dat die Verenigde State oor geen amptelike taal beskik nie. Trouens, onder titel VI van die Wet op Burgerregte , kan dit as diskriminerend beskou word om toegang tot regeringsdienste of inligting aan individue met beperkte Engelse taalvaardigheid te voorsien .<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sestig miljoen mense in die VSA praat &#8216;n ander taal as Engels by die huis. Dit beteken dat vir elke 5 mense wat na die Superbowl kyk, ten minste 1 is waarskynlik &#8216;n taal praat wat nie Engels is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is 381 tale wat algemeen binne die Amerikaanse grense gepraat word. Die gewildste is Spaans, Frans , Duits, Chinees, Koreaans, Vi\u00ebtnamees, en Arabies, volgens die jongste Amerikaanse opname.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amerika was ook veeltalig lank voor Engels daar gepraat is. Van die 381 tale is 169 van hierdie tale inheemse Noord-Amerikaanse tale.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die tale van die Amerikaanse inboorlinge dikwels buite rekening gelaat word, is daar nog 372,000 mense vandag wat daardie tale besig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie van die stigterslede was veeltalig. John Adams, Thomas Jefferson, James Monroe, en John Quincy Adams al het verskeie tale gepraat. Van die 44 Amerikaanse presidente, kon ten minste die helfte &#8216;n ander taal as Engels skryf of praat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En byna almal is boonop die produk van immigrasie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Coke se multikulti-kruisvaart het di\u00e9 naweek uiteindelik tot &#8216;n etniese uitbarsting in hul tuisland gelei. Die Amerikaanse Superbowl, &#8216;n groot nasionale sportgeleentheid, se advertensies is dikwels die onderwerp van omstredenheid, gewoonlik vir hul seksuele inhoud. Hierdie jaar was daar weer &#8216;n swart sanger wat minderjarige seks aangeprys het en kenners het voor die byeenkoms gewaarsku &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21827\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Multikulti-kruisvaart bots uiteindelik met Engels&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":21828,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[15531,15533,11292,6016,9417,15532,6109,15530],"class_list":["post-21827","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-amerikaanse-superbowl","tag-coca-cola","tag-dwelmhandel","tag-engels","tag-mensehandel","tag-minderjarige-seks","tag-multikulti","tag-multikuturalisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21827","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21827"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21827\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21828"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21827"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21827"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21827"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}