{"id":21759,"date":"2014-02-02T11:24:19","date_gmt":"2014-02-02T09:24:19","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21759"},"modified":"2014-02-02T11:24:19","modified_gmt":"2014-02-02T09:24:19","slug":"afrikanerselfbeskikkingsretoriek-en-enkele-opmerkings-oor-front-nasionaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21759","title":{"rendered":"Afrikanerselfbeskikkingsretoriek en enkele opmerkings oor Front Nasionaal"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_21760\" aria-describedby=\"caption-attachment-21760\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/republiek61.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-21760\" alt=\"In 1961 was daar steun vir selfbeskikking...\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/republiek61-300x175.jpg\" width=\"300\" height=\"175\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/republiek61-300x175.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/republiek61-70x40.jpg 70w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/02\/republiek61.jpg 480w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-21760\" class=\"wp-caption-text\">In 1961 was daar steun vir selfbeskikking&#8230;<\/figcaption><\/figure>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">deur Johan Wiggill<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Selfbeskikking vir Afrikaners geniet steeds \u0149 mate van belangstelling maar die vermo\u00eb om dit te bereik, ontbreek. Daar blyk ook onduidelikheid te wees oor die betekenis en implikasies van interne en eksterne selfbeskikking. Dit wil voorkom asof daar beperkte kontekstuele begrip vir VN-deklarasies oor selfbeskikking bestaan. Daar is nog geen vordering in die verband gemaak nie behalwe as die registrasie by UNPO en die enkele klaagskrywes aan die RSA-regering en VN as vordering opgeneem word. \u00a0Totdat die Afrikaners nie solidariteit bereik en hul wil tot onafhanklikheid strategies bepaal nie, sal die status quo gehandhaaf word. Inteendeel, die situasie sal vererger gemeet aan die mentaliteit van die huidige regering.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar word gepraat van selfregering op plaaslike vlak (kantonne) en \u0149 potensi\u00eble volkstaat in die Noordkaap, en selfs \u0149 \u00a0gekarteerde Afrikaanse gebied wat bestaan uit dele van die noordelike provinsies, OVS en Natal. \u00a0Alles net voortsettings van selfbeskikkingsretoriek. Kantonne beteken om te lokaliseer. Om langs etniese lyne te lokaliseer, gaan nie prakties uitvoerbaar wees in die RSA nie. \u00a0Die RSA-Grondwet homogeniseer die RSA as \u0149 re\u00ebnboognasie en is dit onwaarskynlik dat kantonne wat etniese begrensing nastreef, wetlik geakkommodeer sal word. \u00a0Alhoewel daar nog basiese skeiding tussen swart en wit woonbuurte is, is dit besig om te verander. Derhalwe gaan die gelokaliseerde kanton noodwendig alle bevolkingsgroepe insluit. Wat is dan met die kanton bereik? \u00a0Die doel van kantonne is juis om selfregeringstatus aan Afrikaners te verleen op plaaslike-owerheidsvlak. Of is die doel net om plaaslike regering meer effektief namens die ANC te bestuur? Veiligheidsnetwerke en drukgroepe sal dalk \u0149 \u00a0beter indruk maak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Grondwet van Suid Afrika maak voorsiening vir selfbeskikking in art 235 maar dit moet gelees word in konteks met die Grondwet en verbandhoudende internasionale deklarasies. In wese kom dit daarop neer dat state selfbeskikking verleen aan kulturele en godsdienstige groepe. Staatsoewereiniteit soos vervat in die uti possidetis-beginsel verbied en keur enige afstigting af wat die integriteit van behoudende landsgrense kan ontwrig. Art 235 maak dus voorsiening vir interne selfbeskikking. Niks verander aan die huidige wetgewing of gees in Suid Afrika nie; die Afrikaner se reg om sy kultuur en godsdiens te beoefen, word toegelaat mits daardie regte nie diskriminerend is nie. Die kernbeginsel is dat gemeenskappe in die Grondwet beskryf word en nie eksklusiwiteit van etniese groepe nie. Om derhalwe briefies te skryf aan die VN of selfs die RSA-regering met die versoek dat eksterne selfbeskikking aan die Afrikanergroep toegestaan moet word, is slegs die vestiging van \u0149 nuttelose papierspoor.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Eksterne selfbeskikking word nie eksplisiet uitgesluit in die RSA Grondwet nie, maar dit skep struikelblokke om dit te bereik. Daar is inderwaarheid baie min konstitusies wat sesessie eksplisiet onderskryf. Buiten al die re\u00ebls wat bestaan, is eksterne selfbeskikking nie onbereikbaar nie. \u00a0Daar bestaan kwalifiserende vereistes binne die politieke teorie wat aan \u0149 volk die reg gee om af te stig waar hul oor &#8216;n gemeenskaplike taal, godsdiens, kultuur en etnisiteit beskik en die meerderheid \u0149 spesifieke geografiese gebied beset. Die onderliggende kriterium is dat daardie volk \u00a0solidariteit moet toon t.o.v. die kwalifiserende vereistes. Ongeag die swak ondersteuning vir die volkstaatgedagte is die Afrikanerpsige eerder neutraal as daarteen (skrywer se persoonlike mening). As die gedagte strategies gefundeer is en veld word gewen in die bereiking van eksterne selfregering kan met redelike sekerheid aangeneem word dat steun daarvoor ook sal toeneem.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Strategiese formulering vir selfbeskikking sal begin by \u0149 analise van die sterkpunte, swakpunte, bedreigings en geleenthede vir Afrikaners. Dit is hoofsaaklik \u0149 samevatting van inligting en prosesse wat reeds bekend is.<\/p>\n<h3 dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Front Nasionaal<\/h3>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit is verblydend dat \u0149 paar individue die nodigheid van \u0149 politieke front vir Afrikanerbelange insien. Dit sal van die bestuur afhang of dit net nog \u0149 poging is en of dit die begin van Afrikanervryheid gaan beteken. Die bre\u00eb raamwerk van Hannes Engelbrecht se Front Nasionaal is realisties en geskoei op die bevordering van Afrikanerbelange met die belangrikste komponent wat selfbeskikking in die vooruitsig stel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Bekendstelling van die party se doelstellings aan alle Afrikaners is die hoogste prioriteit en die elektroniese sosiale media is uiteraard die medium waardeur dit effektief gedoen kan word. Daar is \u0149 reeks strukturele verwagtinge wat sekerlik deur die party bestuur, aangespreek en implementeer sal word. Front Nasionaal se doelstellings en program van beginsels moet vanselfsprekend voldoen aan die verwagtinge van hul ondersteuners, maar ewe belangrik is dat dit sal aansluit by die eietydse internasionale sienings van selfbeskikking in al die dimensies wat dit voorkom en dat veral bestaande resolusies, deklarasies en teorie\u00eb korrek interpreteer sal word. Met spesifieke verwysing na Artikel 1.2 van die Verenigde Nasies Handves as vertrekpunt. Daardie artikel het byvoorbeeld nie ten doel dat selfbeskikking binne sesessionele konteks goedgekeur word nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die edele motiewe van die Front Nasionaal, soos nou bekend, is egter nie verhewe bo konstruktiewe kritiek nie. Die opmerking \u201cSelfbeskikking gebeur nie oornag nie. Dit sal waarskynlik nie in my, dr Dan Roodt of Gordon Fox se leeftyd gebeur nie. Dis \u0149 lang proses wat stapsgewys gevolg moet word\u2026\u201d is onnodig en kan lei tot onderliggende verslapping in die doelgerigtheid van mense wat aktief wil werk na selfbeskikking. Selfbeskikking kan nie baseer word op waarskynlikhede nie. Dit is \u0149 wilsbesluit en ten eerste moet Front Nasionaal deur sy doelstellings die Afrikaner en blankes in die bre\u00eb, oorreed om die party te ondersteun met die uitsluitlike doel om solidariteit te bewerkstellig. Dit is \u0149 vooruitsig wat uitstaande visie en leierskap gaan verg. Die strewe na selfbeskikking is multidimensioneel met potensieel veelvuldige manifestasies. \u0149 Passiewe administratiewe proses gaan nie selfbeskikking laat realiseer nie. Vryheid word nie gevra nie, dit word bereik deur aksies op alle terreine. Sodra die gedagte vlamvat, is daar nie tyd aan te koppel nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Met die opmerkings in voorgaande paragraaf word onmiddellike konstitusionele optrede en kultuurherlewing nie negeer nie. Daar bestaan redelik aktiwiteite in di\u00e9 verband en behoort die totale beweging konsolideer te word onder die vaandel van \u0149 progressiewe politieke party wat hopelik Front Nasionaal sal wees. Daar is geweldig baie werk vir Front Nasionaal om \u0149 evalueerbare barometer te skep met sy verkiesingsuitslag. Gegewe die kort tyd vir voorbereiding voor die verkiesing sal tendensbepaling met \u0149 \u00a0volgende verkiesing wel gedoen kan word. Miskien is daardie verkiesing in \u0149 \u00a0onafhanklike Afrikanerstaat.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Johan Wiggill Selfbeskikking vir Afrikaners geniet steeds \u0149 mate van belangstelling maar die vermo\u00eb om dit te bereik, ontbreek. Daar blyk ook onduidelikheid te wees oor die betekenis en implikasies van interne en eksterne selfbeskikking. Dit wil voorkom asof daar beperkte kontekstuele begrip vir VN-deklarasies oor selfbeskikking bestaan. Daar is nog geen vordering in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21759\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikanerselfbeskikkingsretoriek en enkele opmerkings oor Front Nasionaal&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21760,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[15499,15414,15498,15500,4784,6768],"class_list":["post-21759","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-artikel-235","tag-front-nasionaal","tag-grondgebied","tag-sa-grondwet","tag-selfbeskikking","tag-verenigde-nasies"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21759","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21759"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21759\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21760"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21759"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21759"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21759"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}