{"id":21718,"date":"2014-01-31T08:24:50","date_gmt":"2014-01-31T06:24:50","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21718"},"modified":"2014-01-31T09:08:11","modified_gmt":"2014-01-31T07:08:11","slug":"front-nasionaal-waarom-n-nuwe-party-nodig-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21718","title":{"rendered":"Front Nasionaal: waarom &#8216;n nuwe party nodig is"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_21536\" aria-describedby=\"caption-attachment-21536\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fn_embleem.png\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-21536\" alt=\"Embleem van die nuwe politieke party\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fn_embleem-300x133.png\" width=\"300\" height=\"133\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fn_embleem-300x133.png 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/fn_embleem.png 818w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-21536\" class=\"wp-caption-text\">Embleem van die nuwe politieke party<\/figcaption><\/figure>\n<p>Na afloop van &#8216;n debat op Facebook gisteraand, het mnr. Hannes Engelbrecht, leier van Front Nasionaal, die volgende verklaring uitgereik betreffende argumente wat tydens die debat gebruik is.<\/p>\n<h3>1. Eenheid<\/h3>\n<p>\u201cVolkseenheid\u201d en \u201csaamstaan\u201d is tot \u2018n groot mate \u2018n mite. Met die Groot Trek was daar talle trekleiers soos Tirchardt, Landman, Maritz ens. Plus sewe verskillende kerkgenootskappe. Teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog het tot soveel as 20% van die \u201cBoere\u201d as National Scouts en Hensoppers vir die Britse magte gewerk.<\/p>\n<p>Selfs met Republiekwording het Verwoerd skaars meer as 50% steun gehad. Die naaste wat ons nog ooit aan \u201ceenheid\u201d was, was in 1977 toe Vorster meer as 70% van die stemme getrek het.<\/p>\n<p>Ons is \u2018n individualistiese volk (vanuit ons Franse erfenis) en pleks dat ons dit as \u2018n swakheid moet beskou, moet ons dit eerder as \u2018n sterkpunt beskou, want dit het nog altyd debat gestimuleer. Ons spits ons toe op daardie enersdenkendes wat dieselfde kultuur en Westerse lewensbeskouing het.<\/p>\n<h3>2. Vryheidsfront<\/h3>\n<figure id=\"attachment_17080\" aria-describedby=\"caption-attachment-17080\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/mulder_pieter.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-17080 \" alt=\"Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/mulder_pieter-300x250.jpg\" width=\"300\" height=\"250\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/mulder_pieter-300x250.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/mulder_pieter.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-17080\" class=\"wp-caption-text\">Dr. Pieter Mulder van die VF Plus, in koalisie met die ANC, &#8216;n multikulturele party.<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke politieke handboek en elke woordeboek in die hele wye w\u00eareld sal dieselfde definisie gee as \u2018n persoon van een party in \u2018n ander party se regering dien: dis \u2018n \u201ckoalisie\u201d, \u201calliansie\u201d of \u201cpakt\u201d. Jy kan die adjunkministerskap van dr Mulder versiersuiker soos jy wil en dosyne redes daarvoor aanvoer \u2013 dit bly \u2018n feit. Dis \u2018n koalisie met \u2018n multikulturele party. Presies dieselfde met die \u201ckoalisie\u201d wat nou voor die verkiesing met die oorwegend swart en multikulturele partye soos Cope aangekondig is. Hoe kan jy praat van selfbeskikking en terselfdertyd \u2018n multikulturele koalisie goedpraat? Ons het geen probleem met die VF+ se geskrewe beleid of sy lede nie. Ons het wel \u2018n enorme probleem met die siening van die leierskap.<\/p>\n<h3>3. Deelname<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Front Nasionaal neem deel aan die verkiesing, nie om deel van \u2018n multikulturele staat te word nie, maar om ten minste ons saak vir selfbeskikking op die internasionale toneel te plaas. Enigeen wat dink jy gaan iets regkry sonder internasionale steun en sonder instemming van die Verenigde Nasies is bietjie na\u00efef. Die VN en w\u00eareldregerings steur hulle eenvoudig nie aan kleiner groepies nie, maak nie saak hoe sterk jou saak is of hoe goed jou argumente is nie. Ons sal m\u00f3\u00e9t steun bewys vir selfbeskikking en die verkiesing as \u201creferendum\u201d is \u2018n goeie begin. Vir iets om aan die VN voorgel\u00ea te word moet \u2018n lidland van die VN die saak vir jou verder voer. Ons het reeds gesien hoe die Nederlandse en Vlaamse parlementslede van die Europese Parlement ons saak stel in 2012 en 2013. As die Franse Front Nasionaal en die Griekse Golden Dawn se parlementslede ons ook begin steun, word die saak al sterker. Ongelukkig is selfbeskikking \u2018n \u201cpolitieke saak\u201d en Europese \u201cpolitici\u201d moet ons ondersteun; en politici verstaan net \u00e9\u00e9n ding: stemme vir \u2018n saak tydens \u2018n verkiesing.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">4. Nog &#8216;n party<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert 1910 was daar nog altyd vier of vyf \u201cwit\u201d partye en dit het voortgeduur tot 1994. Sedertdien het ons baie buite-parlement\u00eare partye en een parlement\u00eare party \u2013 die Vryheidsfront. Ongelukkig is dit so dat jy nie uit blinde lojaliteit vir \u2018n party moet stem nie. As die VF+ nie in 20 jaar uiting gegee het aan d\u00edt wat ons verwag nie, is dit tyd vir \u2018n nuwe party. Nes die Mulders, Groenewalds en Boshoffs die reg het om \u2018n politieke party te bedryf; net so het enigiemand anders ook die reg om \u2018n politieke party te bedryf. Ons standpunt is dat as 10% van die bevolking wit is, daar darem seker 5% parlementariers moet wees wat na ons belange omsien? Wie gaan vir ons baklei teen regstellende aksie, kwotas, diskriminasie, swart ekonomiese bemagtiging?<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">5. Geldsake<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA gaan sowat R174m aan die verkiesing bestee. Dis aanvaarde praktyk (mens argumenteer nie eers daaroor nie) dat partye geld insamel vir hulle stryd. Selfs kleiner organisasies soos Boervroueliga, FAK, AWB samel geld in om hulle doelstellings na te streef. Front Nasionaal het die reg om verkiesingsgeld in te samel \u2013 ons het die reg om dit te bestee om ons beleid te bevorder. Dit het deur die eeue so gewerk en dit werk nog steeds so.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">6. Persoonlikhede<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">FRONT NASIONAAL is nie rondom persoonlikhede gebou nie, want persoonlikhede het op die ou einde voete van klei. Ons dagbestuurslede is nie van dieselfde dorp\/stad of selfs dieselfde provinsie nie. Ons is wyd versprei onder mense wat net dieselfde doel nastreef van oral in die land. Ons het ook die mees demokratiese Reglement van Orde van enige SA politieke party met \u2018n stelsel van terugroeping\/\u201drecall\u201d soos in die Voortrekker- en Boererepublieke gegeld het en wat nou nog in Swede en Switserland van krag is. Terugroeping beteken dat enige kongres van FN te eniger tyd met \u2018n gewone meerderheidstem ontslae kan raak van enige verkose ampsdraer wat nie sy of haar werk doen nie. Daarby moet die dagbestuur elke drie jaar weer verkies word. FN wil nie mense in posisies plaas waar hulle vir twintig jaar sit en niks doen en jy kan nie ontslae raak van hulle nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook ons aanwysing van kandidate is die modernste in die hele SA. Sewe dagbestuurslede oorweeg lyste as individue, waarna die sewe lyste gekonsolideer word. Daarmee keer ons dat families en vriende bevoordeel word. (Kyk gerus na die omstrede kandidatelys van die DA wat eintlik maar deur Zille opgestel is met haar voormalige woordvoerder en sekretaris wat hoog op die lys is). Van die Vryheidsfront se nepotisme gaan ek nie eers praat nie.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">7. Sosiale media<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sosiale media is hoog op ons prioriteitslys. Ons almal weet van Naspers se rol in 1994 se oorgawe en die rol wat hulle steeds speel. Vir die eerste keer in die laaste vyftig jaar bereik ons deur Facebook en Twitter meer mense as wat Naspers se Afrikaanse koerante bereik. Ons moet daarvan gebruikmaak. Beeld, Volksblad en Burger kan ons ignoreer soos hulle wil \u2013 ons boodskap gaan na honderde duisende mense toe. Natuurlik gaan almal wat jou boodskap kry nie vir jou stem nie, maar ten minste gaan hulle weet van jou; iets wat nie in die verlede die geval was nie.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">8. &#8216;n Wiskundige model<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Wiskundige model wat deur nagraadse studente van die PUK gebruik is, het gewys dat ons kan reken op omtrent 500.000 stemme. Ons nismark was daardie 800.000 mense wat \u201cnee\u201d gestem het tydens die 94-verkiesing. \u2018n Meevaller is derduisende wat skielik moeg geraak het vir die DA en ook mense wat ontnugter is deur ander partye. Ons besef ons tyd is kort om verkiesing te veg en mense te oortuig. Ons het daarom nie \u2018n id\u00e9e hoeveel stemme \u2018n mens regtig kan verwag nie. Ons sal enigiets bokant 50.000 as \u2018n bonus beskou. Maar my hart is op \u2018n halfmiljoen stemme en tien volksverteenwoordigers wat uit ons belastinggeld betaal word eerder as tien \u201cmultikulturele parlementari\u00ebrs\u201d van ander partye.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">9. Selfbeskikking<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfbeskikking gebeur nie oornag nie. Dit sal waarskynlik nie in my, dr Dan Roodt of Gordon Fox se leeftyd gebeur nie. Dis \u2018n lang proses wat stapsgewys gevolg moet word. Eerste prioriteite is om beheer oor jou eie onderwys, kultuur en volkslewe te verkry. Om \u2018n grondgebied te bepaal, was die werk van die Volkstaatraad \u2013 dit het ongelukkig nie gerealiseer nie. Ons sal moet om \u2018n ronde tafel kyk na ons demografiese, stempatrone en geskiedkundige aansprake. Orania, Boererepublieke, Noord-Kaap, Ohrigstad, Oase; almal; sal moet insette lewer. Ons gaan beslis nie op \u2018n klein plekkie sit en krepeer nie \u2013 daarvoor het ons voorouers te veel in hierdie land bel\u00ea. Dit moet lewensvatbaar wees.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">10. Boer vs Afrikaner<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons stel nie belang in so \u2018n debat nie. Dit is reeds in 1992\/93 afgehandel en was een van die groot redes waarom die \u201cNee\u201d-stem verloor het en ons in vandag se chaos beland het. Afrikaander is reeds in die 1700s gebruik. De la Rey se sekretaris het gepraat van Afrikaners. Ons was al Vryburgers, Voortrekkers, Boere, Afrikaners, Bittereinders\u2026 Boer is \u2018n kulturele begrip en Afrikaner \u2018n geskiedkundige begrip. Dis snaaks dat diegene wat nou die term \u201cBoer\u201d vir hulleself wil opeis en al die ander tot die hel wil verdoem, g\u00e9\u00e9n beswaar gehad het om tydens die Grensoorlog in die loopgraaf saam met die Kaapse Afrikaner, die Porra of die Soutie te l\u00ea nie! Hulle haal ook nie graag aan dat daar tydens die Vryheidsoorlog \u2018n Ierse, Russiese, Buitelander- en Nederlandse kommando was wat saam met die Boere geveg het nie en dat tientalle Kaapse Rebelle deur die Britte tereggestel is nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na afloop van &#8216;n debat op Facebook gisteraand, het mnr. Hannes Engelbrecht, leier van Front Nasionaal, die volgende verklaring uitgereik betreffende argumente wat tydens die debat gebruik is. 1. Eenheid \u201cVolkseenheid\u201d en \u201csaamstaan\u201d is tot \u2018n groot mate \u2018n mite. Met die Groot Trek was daar talle trekleiers soos Tirchardt, Landman, Maritz ens. Plus sewe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21536,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[154,15414,21140,4636,10569,15491,3382],"class_list":["post-21718","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-dan-roodt","tag-front-nasionaal","tag-hannes-engelbrecht","tag-pieter-mulder","tag-sosiale-media","tag-verrkiesing","tag-vryheidsfront"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21718","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21718"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21718\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21536"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21718"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21718"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21718"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}