{"id":21654,"date":"2014-01-30T07:18:34","date_gmt":"2014-01-30T05:18:34","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21654"},"modified":"2014-01-30T10:38:47","modified_gmt":"2014-01-30T08:38:47","slug":"inbrake-neem-kommerwekkend-toe-in-louis-trichardt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21654","title":{"rendered":"Inbrake neem kommerwekkend toe in Louis Trichardt"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/inbrake.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-21655\" alt=\"inbrake\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/inbrake.jpg\" width=\"230\" height=\"219\" \/><\/a>Die toename in inbrake en diefstalle by wonings in Louis Trichardt &#8211; ook bekend as Makhado &#8211; die afgelope twee maande is &#8216;n bron tot ernstige kommer. Die polisie weier volstrek, na \u2018n amptelike besluit, om misdaadsyfers bekend te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die plaaslike koerant, die Zoutpansberger het &#8216;n inisiatief geloods om op hoogte te bly van misdaadtendense sodat inwoners vroegtydig van probleme en probleemareas gewaarsku kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Inwoners wat die slagoffers van \u2018n misdaad was, kan deurlopend \u2018n kort opsomming van gebeure na die koerant se kantore e-pos na news@zoutnet.co.za. Hulle verlang &#8216;n kontaknommer, asook dag, datum, tyd en plek. Indien \u2018n saaknommer beskikbaar is, kan dit bygevoeg word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDit wil voorkom asof veral die sentrale gebiede van die Nuwe Uitbreiding geteiken word,\u201d het die voorsitter van die Soutpansberg Dorpswag, mnr. Dirk Meissenheimer, Woensdagoggend ges\u00ea. Hy het toe pas teruggekeer van die toneel waar twee duplekswoonstelle in Proteastraat net die vorige aand besteel is, terwyl die inwoners tuis was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Zoutpansberger het die afgelope week besluit om self bietjie te probeer bepaal wat die omvang van die probleem is. Die besluit volg vanwe\u00eb die polisie se volgehoue weiering om misdaadstatistieke ten opsigte van navrae oor huisbrake aan die koerant en publiek bekend te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kommerwekkend is dat huisbrake by wonings terwyl die inwoners by die huis is, al hoe meer algemeen voorkom. Dit was die geval by die woonstelle in Proteastraat. Terwyl die inwoners rustig gel\u00ea en slaap het op die boonste verdieping, het die booswigte die onderste vloer geplunder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Fanie van Zyl en sy gesin van Kameelstraat het dieselfde oorgekom. Hy het Vrydagoggend (17de) opgestaan en klaargemaak om werk toe te gaan. \u201cEk het aanvanklik niks agtergekom nie. Ek het klaargemaak en uitgestap na my bakkie toe \u2026 dit was toe dat ek modderspore in my huis sien. Ek het geweet dit is nie een van ons se spore nie,\u201d het Fanie Woensdag ges\u00ea. Hy het die spore gevolg na die venster in hul eetkamer, die gordyne oopgetrek en met \u2018n skok gesien die een venster is oop en die diefwering is geknip en opgebuig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHalf verdwaas het ek rondgekyk maar kon niks verkeerd sien nie \u2026 Eers later het ons besef my seun se Playstation en my skootrekenaar is weg \u2026 Dit is duidelik dat hulle net gevat het wat hulle spesifiek wil h\u00ea en aan niks anders geraak of geskuif het nie,\u201d het Fanie ges\u00ea. Hy voeg by dat hy die Maandag na die inbraak by sy versekeraars aangekom het waar hy \u2018n oom ontmoet het wat in Leeustraat bly. Di\u00e9 se huis is, terwyl hy in Musina was, daardie selfde aand as die inbraak by hom, deur diewe feitlik leeggesteel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 7 Januarie het ook mnr. Heine de Jager en sy familie by hul woning in Acaciastraat \u2018n wrede ontnugtering gehad. Terwyl hulle gel\u00ea en slaap het, het booswigte ook by hulle die sitkamervenster oopgemaak, die diefwering geknip en die gesin beroof van twee rekenaartablette, \u2018n skootrekenaar, kamera en vyf selfone. Vir Heine se vrou Leonie was die inbraak veral traumaties weens die besef dat die inbrekers die aand langs haar bed gestaan het waar hulle haar selfoon van die bedkassie af gesteel het. Heine vermoed die inbrekers het iets in hul slaapkamer gespuit om te verhoed dat hulle wakker word. \u201cDaar was \u2018n groot geel kol op die buitekant van die slaapkamer gordyn en ek is daarvan oortuig dit is iets wat hulle in ons slaapkamer gespuit het,\u201d het Heine ges\u00ea. Die geskatte waarde van die gesteelde goedere is sowat R60 000.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel die voorval nie in die Nuwe Uitbreiding plaasgevind het nie, het \u2018n middernagtelike besoeker ook vir die 74-jarige mnr. Gert van Zyl van Jeppestraat laat skrik. Omstreek 02:15 op Sondag, 22 Desember verlede jaar, is sy rus versteur deur \u2018n harde slag. \u201cEk het wakker geword van \u2018n geraas, maar was nie seker of ek dit net gedroom het nie. My hele lewe het ek egter hierdie &#8216;sesde sintuig&#8217;, en di\u00e9 het my aangeraai om net bietjie wakker te l\u00ea en nie dadelik weer te gaan slaap nie. \u2018n Rukkie later vra my vrou: \u2018Wie stap in die gang?\u2019 Die volgende oomblik gaan die ganglig aan,\u201d het Gert vertel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het sag en versigtig hul kamerdeur oopgesluit en toe die deur oopgeruk. Groot was sy skok toe daar op daardie presiese oomblik \u2018n groot-geboude man voor hom in die gang staan. Die man het Gert uit die pad gestamp en na die aangrensende kamer gehardloop. \u201cEk kon dit nie glo nie. Hy het in een beweging op die bed gespring en is by die stukkend-geslaande kamervenster weer uit!\u201d Gelukkig het Gert hom betyds betrap, voordat hy iets kon steel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die volgende dag sou Gert by die speurders hoor dat die booswig(te) dieselfde aand ook by sy bure, die Davhana-egpaar, ingebreek het terwyl hulle tuis was. Ook hulle kon daarin slaag om die man te verwilder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dink hierdie is die werk van \u2018n sindikaat wat tans kyk hoeveel hulle in die dorp kan skep. In meeste gevalle is die modus operandi dieselfde: Hulle breek in terwyl die huismense slaap deur \u2018n venster oop te maak en die diefwering te knip. My raad is dat mense maar liewers al hul vensters in die aand moet toemaak, moet seker maak hul deure is gesluit, en nie items soos sakrekenaars en telefone laat rondl\u00ea nie. As jou hond blaf, gaan kyk maar hoekom blaf hy, maar wees net versigtig. Moet ook nie items soos tuingereedskap, klerasie en fietse buite los in die aand nie,\u201d was Dirk se raad aan inwoners namens die dorpswag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is ook heelwat ander gevalle van huisbraak en diefstalle die afgelope twee maande aan die Zoutpansberger gerapporteer, maar daar kan nog baie meer gevalle wees. Dieselfde week waar daar by die De Jagers ingebreek is, is daar ook goedere gesteel buite mnr. Dirk du Preez se woning. Op 4 Desember is daar by De Jager se buurman oorkant die straat, mnr. Carel Breytenbach, \u2018n kragopwekker gesteel. \u201cDit is vir my vreemd want die kragopwekker was agter die huis vasgemaak. Hulle moes inligting gehad het,\u201d het Carel ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 23 Desember het mnr. Tinus van der Linden van Forestryweg teruggekeer na sy huis, wat ondertussen deur inbrekers geplunder is. Hulle het die voorafgaande naweek op Waterpoort gekuier. Elektriese ware, klerasie en juwele is onder meer gesteel, ten bedrae van net meer as R50 000. Op 11 Januarie rapporteer mnr. Jacobus Smith van Acacia Woonstelle (Elandstraat) dat die battery uit sy Hyundai bakkie gesteel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook in Waterbessiestraat lyk sake nie beter nie. &#8216;n Inwoner het aan die koerant ges\u00ea die misdaad is geweldig erg en mens voel glad nie meer veilig in jou eie huis nie. &#8211; Zoutnet<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die toename in inbrake en diefstalle by wonings in Louis Trichardt &#8211; ook bekend as Makhado &#8211; die afgelope twee maande is &#8216;n bron tot ernstige kommer. Die polisie weier volstrek, na \u2018n amptelike besluit, om misdaadsyfers bekend te maak. Die plaaslike koerant, die Zoutpansberger het &#8216;n inisiatief geloods om op hoogte te bly van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21654\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Inbrake neem kommerwekkend toe in Louis Trichardt&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":21655,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[12048,8333,8332,218],"class_list":["post-21654","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-inbrake","tag-louis-trichardt","tag-makhado","tag-misdaad"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21654","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21654"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21654\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21655"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21654"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21654"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21654"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}