{"id":21547,"date":"2014-01-27T12:12:13","date_gmt":"2014-01-27T10:12:13","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21547"},"modified":"2014-01-27T12:12:13","modified_gmt":"2014-01-27T10:12:13","slug":"tata-se-slym-gly-glo-nie-na-sy-dood","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21547","title":{"rendered":"Tata se Slym gly glo nie na sy dood"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_21548\" aria-describedby=\"caption-attachment-21548\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/karlslym.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-21548\" alt=\"Karl Slym\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/karlslym-300x200.jpeg\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/karlslym-300x200.jpeg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/karlslym.jpeg 621w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-21548\" class=\"wp-caption-text\">Karl Slym<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Karl Slym, die besturende direkteur van Tata Motors, het glo nie gegly toe hy na sy dood geval het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Slym was verantwoordelik vir Tata se bedrywighede in onder meer Indi\u00eb, Suid-Korea, Thailand en Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die naweek is berig dat Slym (51), \u2019n Brit, uit sy hotelkamer in Thailand geval het. Hy was in di\u00e9 land vir die direksievergadering van Tata Thailand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy en sy vrou het op die 22ste verdieping van die Shangri-La Hotel gebly, maar sy liggaam is Sondagoggend op die vierde verdieping wat effens verder uit as ander verdiepings uisteek, gevind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Luit. Somjot Boonjakaew, ondersoekbeampte, s\u00ea daar is geen teken van \u2019n struweling nie. \u201cOns het \u2019n oop venster gekry. Die venster is baie klein, so dis onmoontlik dat hy kon gegly het. Hy sou deur die venster moes klim voordat hy kon val, want hy was \u2019n groot man. Uit ons aanvanklike ondersoek glo ons hy het gespring.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie s\u00ea hulle is omstreeks 07:45 Sondagoggend na die hotel ingeroep toe personeellede op Slym se liggaam afgekom het. Hulle het Slym se vrou wakker gemaak. Sy het geskok gelyk toe sy ingelig is wat gebeur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie het ook \u2019n brief van drie bladsye in die kamer gevind, maar wou nie oor die inhoud daarvan uitwei nie. \u2019n Lykskouing sal Maandag uitgevoer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tata Motors wou niks s\u00ea oor die oorsaak van Slym se dood nie, maar het Sondag ges\u00ea Slym het \u201cleierskap in \u2019n mededingende markomgewing verskaf\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Slym is in Mei 2012 by Tata, Indi\u00eb se grootste en sukkelende motorvervaardiger, aangestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Slym was in Oktober in Johannesburg vir die bekendstelling van drie nuwe Tata-modelle. Hy het by di\u00e9 geleentheid ges\u00ea die land is een van die fokusmarkte vir die vervaardiger.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bron: Reuters<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Karl Slym, die besturende direkteur van Tata Motors, het glo nie gegly toe hy na sy dood geval het nie. Slym was verantwoordelik vir Tata se bedrywighede in onder meer Indi\u00eb, Suid-Korea, Thailand en Suid-Afrika. Die naweek is berig dat Slym (51), \u2019n Brit, uit sy hotelkamer in Thailand geval het. Hy was in di\u00e9 &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21547\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Tata se Slym gly glo nie na sy dood&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":21548,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[8026,15428,15427,7875,2242,9021,14955,14561],"class_list":["post-21547","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-indie","tag-indiese-motorvervaardiger","tag-karl-slym","tag-selfmoord","tag-suid-afrika","tag-suid-korea","tag-tata","tag-thailand"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21547","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21547"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21547\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21548"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21547"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21547"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21547"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}