{"id":21540,"date":"2014-01-27T10:46:57","date_gmt":"2014-01-27T08:46:57","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21540"},"modified":"2014-01-27T10:46:57","modified_gmt":"2014-01-27T08:46:57","slug":"wat-gebeur-met-jou-motor-se-lugsak-tydens-n-botsing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21540","title":{"rendered":"Wat gebeur met jou motor se lugsak tydens \u2018n botsing?"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/Lugsakke-in-moderne-motors.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-21541\" alt=\"Lugsakke in moderne motors\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/Lugsakke-in-moderne-motors-300x134.jpg\" width=\"300\" height=\"134\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/Lugsakke-in-moderne-motors-300x134.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/Lugsakke-in-moderne-motors.jpg 892w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>deur Andr\u00e9 Olivier<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons almal ry motors wat toegerus is met veiligheidslugsakke. Van die ouer intreevlak motortjies het slegs \u2018n lugsak in die stuurwiel, meer moderne buksies is standaard toegerus met twee lugsakke vir die bestuurder en die voorste passasier. Daar is natuurlik ook motors wat spog met tot 12 lugsakke. Niemand van ons wil beleef hoe \u2018n lugsak nou eintlik werk nie. Ons het besluit om wat gebeur tydens \u2018n botsing so kort en volledig as moontlik vir u te beskryf. Ford Motorkorporasie in Australi\u00eb het die stap-vir-stap-beskrywing van wat tydens \u2018n botsing gebeur, gepubliseer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die motor wat betrokke is in hierdie botsing is \u2018n Ford Falcon XT wat doodstil staan en dan reg van die kant af deur \u2018n ander voertuig op die bestuurder se deur teen 50km\/u gestamp word.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">0 millisekondes \u2013 \u2018n Eksterne voorwerp raak aan die bestuurder se deur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">1 ms \u2013 Die deur se druksensor bespeur \u2018n drukgolf aan die buitekant.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">2 ms \u2013 \u2018n Versnellingssensor in die C-pilaar van die motor agter die agterdeur bespeur ook \u2018n botsing is besig om plaas te vind.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">2.5 ms \u2013 \u2018n Druksensor in die middel van die motor in die dak bespeur die vibrasies van \u2018n botsing.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">5 ms \u2013 Die botsingsrekenaar bepaal of die impulse wat hy ontvang het erg genoeg is om \u2018n reaksie uit tevoer. (Dit mag dalk net \u2018n kruidenierswaentjie wees wat teen die bestuurder se deur vasgeloop het). Intussen begin die bestuurder se deur met sy kantbotsstawe die skokgolwe \u00a0van die inpak te absorbeer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">6.5 ms \u2013Druksensors in die bestuurder se deur bereik maksimumdruklading.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">7 ms \u2013 Die botsingsrekenaar bevestig dat die inpak van \u2018n ernstige aard is en nie \u2018n kruidenierswarewaentjie is wat in die deur vasgeloop het nie. Die botsingsrekenaar bereken hoeveel aksie in watter deel van die motor uitgevoer moet word.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">8 ms \u2013 Die botsingsrekenaar stuur die \u201cvuur\u201d-inpuls na die betrokke kantlugsak aan die bestuurder se sykant. Die B-pilaar begin die skok na binne absorbeer en energie word verplaas na die \u201ccross car load path\u201d of geheelladingdrukmeter onder die insittende.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">8.5 ms \u2013 Die kantlugsak aan die bestuurder se kant kry die \u201cvuur\u201d-instruksie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">15 ms \u2013 Die motor se dak absorbeer \u2018n deel van die inpakgolf . Die kantlugsak ontplof deur die sitplekomhulsel en begin ontplooi.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">17 ms \u2013 Die geheelladingdrukmeter en struktuur van die motor onder die agterste sitplekke bereik maksimumlading. Die ontplooide lugsak strek oor die insittende se bors en begin sy skouer weg van die inpaksone af forseer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">20 ms \u2013 Die bestuurder se deur en B-pilaar begin teen die bestuurder se sitplek te druk. Die lugsak druk intussen die insittende se bors weg van die inpak af.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">27 ms \u2013 Die effektiewe impakdruk is gehalveer van 50km\/u na slegs 23,5 km\/u. \u2018n Drukblokkie in die sitplek verskuif die insittende se hele bolyf weg van die inpak en die lugsak begin onmiddellik afblaas.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">30 ms \u2013 Die Ford Falcon het die sybotsing total en al geabsorbeer. Die lugsak bly in posisie en die insittende ondervind vir \u2018n breukdeel van \u2018n sekonde &#8216;n maksimumdruk van 12 kg teen sy skouer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">45 ms \u2013 Die insittende en die lugsak beweeg saam met die hervorming van die motor se sykant.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">50 ms \u2013 Die botsingsrekenaar ontsluit al die deure, die passasiersveiligheidstruktuur begin reageer om die deur na buite te forseer, weg van die insittendes af.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">70 ms \u2013 Die lugsak blaas steeds af en die insittende beweeg na die middle van die motor. Ingenieurs beskou die botsing as afgehandel<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">150 -300 ms \u2013 Die insittende besef nou eers hy is in \u2018n botsing betrokke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is hoe \u2018n lugsak in jou motor dalk net jou lewe kan red. Lugsakke ontplooi ook nie wanneer die veiligheidsgordels nie gebruik is nie. Alle nuwe motors het ladingsensors in die sitplekke wat bepaal of daar iemand op die sitplek sit. Sou daar iemand sit, bereken die botsingsrekenaar daar moet \u2018n sitplekgordel geaktiveer word. Sou die sitplekgordel dan geaktiveer of vasgemaak word, bereken die botsingsrekenaar dat hy nou alle sensors wat lugsakke beheer fyn moet dophou. Dus wanneer jy nie jou sitplekgordel dra nie gaan die lugsakke nie aktiveer nie, dit is s\u00f3 eenvoudig. Die rede hiervoor is dat lugsakke met so &#8216;n geweldige inpak ontplooi word in \u2018n botsing dat die insittende ernstige beserings van die lugsak kan opdoen nog voor die botsing verdere beserings veroorsaak. Die meeste vervaardigers\u00a0 kalibreer vandag die lugsakstelsel om in samewerking met die sitplekgordels te werk. Die sitplekgordel trek die insittende styf in die sitplek vas sodat die lugsak van watter kant af ook al sy werk kan doen sonder om die insittende ernstig te beseer. \u2018n Gemiddelde lugsak ontplooi teen tussen 240 &#8211; 400 km\/u. Elke voertuig op die pad vandag beskik oor \u2018n unieke frommelprofiel tydens \u2018n botsing. So dink mooi wanneer jy \u2018n sleepstang, wenteltol voor op jou 4&#215;4 of \u2018n massiewe bosbreker-\u201cBullbar\u201d voor aan jou motor laat monteer, want dit gaan jou motor se veiligheidstelsel beslis be\u00efnvloed. Nou gaan die ingeboude druksensors heelwat later kan reageer om jou motor se lugsakke te kan ontplooi. Dit geld ook vir al die mense wat hulle dierbare kinders so los in \u2018n motor laat rondsit; moenie verbaas of hartseer wees wanneer jou motor se lugsakke nie werk tydens \u2018n botsing nie. Sitplekgordels red lewens; dit is oor en oor bewys!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Andr\u00e9 Olivier Ons almal ry motors wat toegerus is met veiligheidslugsakke. Van die ouer intreevlak motortjies het slegs \u2018n lugsak in die stuurwiel, meer moderne buksies is standaard toegerus met twee lugsakke vir die bestuurder en die voorste passasier. Daar is natuurlik ook motors wat spog met tot 12 lugsakke. Niemand van ons wil [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21541,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[101,25],"tags":[15422,15420,10683,15421,15419,7310],"class_list":["post-21540","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c92-motornuus","category-s28-motors","tag-druksensors","tag-ford-falcon-xt","tag-lugsakke","tag-sensors","tag-sitplekgordels","tag-veiligheid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21540","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21540"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21540\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21541"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21540"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21540"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21540"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}