{"id":21396,"date":"2014-01-23T10:12:43","date_gmt":"2014-01-23T08:12:43","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21396"},"modified":"2014-01-23T10:34:16","modified_gmt":"2014-01-23T08:34:16","slug":"disfunksionele-gemeenskap-lei-tot-distopiese-letterkunde-se-gustav-venter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21396","title":{"rendered":"&#8216;Disfunksionele gemeenskap lei tot distopiese letterkunde,&#8217; s\u00ea Gustav Venter"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_21434\" aria-describedby=\"caption-attachment-21434\" style=\"width: 281px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/gustav2.png\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-21434\" alt=\"gustav2\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/gustav2.png\" width=\"281\" height=\"273\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-21434\" class=\"wp-caption-text\">Gustav Venter, afgeneem op die plaas in die Clarens-distrik waar hy woon<\/figcaption><\/figure>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">praag voer &#8216;n onderhoud met Gustav Venter, skrywer van <a title=\"Gustav Venter se \u2018Alrina Smal\u2019 verskyn\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=13510\"><em>Die amigdala van Alrina Smal<\/em><\/a> en die huidige apokaliptiese vervolgverhaal <em><a title=\"BODEM deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">Bodem<\/a><\/em>.<em><br \/>\n<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>Wanneer het u die idee gehad om &#8216;n vervolgverhaal vir internetpublikasie te begin skryf?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Terwyl ek beplan het wat om in 2014 te doen. Dit het neergekom op \u0149 eenvoudige formule: My loopbaan vereis dat ek ten minste 1,000 woorde per dag skryf, ses dae van die jaar. Dit sluit nie my algemene werk soos herskryf van manuskripte, vertalings, rubrieke en verslae in nie. \u0149 Duisend woorde bedoel vir boeke. As ek dit kan handhaaf, is dit \u0149 raps meer as 300,000 woorde per jaar, oftewel drie substansi\u00eble boeke. Sou die Liewe Vader my nog twintig jaar gun om te skryf, is daar nog 60 boeke in my. Dis genoeg.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">By praag besin ons voorts gereeld oor hoe om meer verskeidenheid vir die leespubliek aan te bied. \u0149 Duisend woorde is nommerpas vir \u0149 aflewering van \u0149 vervolgverhaal. Vandat ek dit besef het, was dit \u0149 klein sprong daartoe om Bodem as \u0149 vervolgverhaal aan te bied.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>Stel u belang in die vervolgverhaaltradisie soos dit in die negentiende en vroe\u00eb twintigste eeu bedryf is?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Beslis! Ek dink gereeld aan Charles Dickens wat sy roem as vervolgverhaalskrywer gevestig het. Sy stories het op di\u00e9 manier \u0149 sensasie geword aan beide kante van die Atlantiese Oseaan. In Boston, byvoorbeeld, het mense mekaar by die hawe vertrap as die skip met die nuwe besending van Little Dorrit opdaag.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek dink die krag van \u0149 vervolgverhaal is juis dat dit \u0149 oop, onafgeslote kant het. Die leser bly betrokke vir maande, selfs jare. \u0149 Mens kan gaan sit en \u0149 boek lees van voorblad tot agterblad, dit toemaak en jouself daarvan onttrek. Die karakters daarin word verskuif na een of ander solder in jou verstand. Maar karakters in \u0149 vervolgverhaal bly vir jou lewend so lank as wat die aflewerings gepubliseer word. Die mens soek afsluiting, en met \u0149 vervolgverhaal word hierdie afsluiting vir maande of langer uitgestel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit lyk dus vir my dat die vervolgverhaal \u0149 meer geskikte draer van \u0149 openbare gesprek kan wees. Lesers spekuleer oor die toekoms en gedrag van die karakters en wat hulle te doen staan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Abraham Lincoln het vir Harriet Beecher Stowe beskryf as die \u201ctantetjie wat die Burgeroorlog begin het&#8221;. Sy was die skrywer van die melodramatiese vervolgverhaal <em>Uncle Tom\u2019s Cabin<\/em>. Dit het die inwoners in die Noorde so opgesweep teen die slawebedryf in die Suide, dat hulle eenvoudig op Afskaffing aangedring het en dit het tot die Burgeroorlog gelei.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Terloops, <em>Uncle Tom\u2019s Cabin<\/em> demonstreer juis die mag wat \u0149 vervolgverhaal kan h\u00ea. Toe die minsame klein Eve in een episode gesterf het, was die volk briesend vir Stowe en het hulle haar uitgekryt en selfs met die dood gedreig.<\/p>\n<h3 dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8216;Distopiese literatuur&#8217;<\/h3>\n<p dir=\"ltr\"><em>Daar word deesdae van &#8220;distopiese literatuur&#8221; in Afrikaans gepraat, ook deur akademiese literatore. U vorige boek, <\/em>Die amigdala van Alrina Smal<em>, het &#8216;n sterk distopiese inslag gehad. Is <\/em>Bodem<em> &#8216;n voortsetting daarvan?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit hoort tot dieselfde genre, beslis. Samuel Goldwyn het die beroemde instruksie aan sy draaiboekskrywers gegee dat as hulle \u0149 boodskap wil stuur, hulle Western Union moet gebruik. Maar in beide hierdie werke is die boodskap prim\u00ear van belang vir my. Ek het voorheen nooit gedink dat ek \u0149 boek sou skryf waarin die molestering van \u0149 blanke vrou deur \u0149 swartman so omvangryk beskryf word nie. Dit is net asof dit voorkom asof die gemeenskap \u0149 skok nodig het om die omvang van die brutaliteit in ons land opnuut te snap en iets daaromtrent te doen.<\/p>\n<figure id=\"attachment_21436\" aria-describedby=\"caption-attachment-21436\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/daan_wybenga.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-21436 \" alt=\"Die vermoorde Daan Wybenga\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/daan_wybenga-300x224.jpg\" width=\"300\" height=\"224\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/daan_wybenga-300x224.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/daan_wybenga.jpg 668w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-21436\" class=\"wp-caption-text\">Die vermoorde Daan Wybenga<\/figcaption><\/figure>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Verlede jaar is \u0149 dierbare vriend van my, Daan Wybenga, in Clarens gemartel en vermoor. Clarens het \u0149 sterk liberale gemeenskap. Ek het gereeld \u0149 gesprek met dorpslede oor Daan se moord aangeknoop. In die meeste gevalle het mense die tong geklik en dan die gesprek weggelei na \u0149 ander onderwerp. En Daan was self baie liberaal. Hy was geografies maar ook sosiaal \u00e9\u00e9n van hulle. Beteken die dood van \u0149 skadelose, vrygewige ou man, \u0149 intieme vriend van hulle, so min dat hulle nie eers \u0149 hele gesprek daaraan kan afstaan nie?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Iets het losgespring in ons gemeenskap dat die hele land kan ween en eindeloos teem oor die heengaan van \u0149 ou terroris, maar eenvoudig die skouers optrek oor die marteldood van \u0149 doodgoeie mens soos Daan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">My funksie as skrywer is om die gemeenskap en die moontlike toekoms daarvan te beskryf. \u0149 Disfunksionele gemeenskap met \u0149 duistere toekoms moet dus tot distopiese letterkunde lei.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Bodem is my poging om mense as\u2019t ware voor die bors te gryp en te s\u00ea: Hi\u00e9r is wat kom! Besef jy dit? Is jy reg daarvoor? Daarom sal die beskrywings in Bodem gaandeweg meer bloedig en brutaal word. Ek het genoeg geweld in my lewe gesien om \u0149 afkeer daarin te h\u00ea, maar ek sal enige iets doen om mense te laat dink en reageer oor die komende ellende.<\/p>\n<h3 dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8216;Die apokalips is onafwendbaar&#8217;<\/h3>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>Is u self pessimisties oor die toekoms van Suid-Afrika?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit verg die allerverskriklikste onnoselheid om enigsins optimisties te wees oor wat vir ons voorl\u00ea. Gesonde verstand, geskiedenis en die eenvoudige wiskunde van die situasie dui op \u0149 onafwendbare apokalips. Niemand bid harder as ek en hoop vuriger dat dit nie sal gebeur nie, maar dit maak nie saak hoe ek die feite skommel en herrangskik nie, ek kan nie tot \u0149 ander gevolgtrekking kom nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dis asof iemand vir die ANC \u0149 puntsgewyse diagram gegee het hoe om \u0149 totale katastrofe te bewerkstellig. Vrede in selfs die mees verslonse vorm kan net deur ekonomiese welvaart gehandhaaf word en ons ekonomie is \u0149 kano wat nie meer uit die stroomversnellings geroei kan word nie en waarvan die neus reeds oor die watervalafgrond steek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die grootste verwoesting gaan egter veroorsaak word deur hierdie onheilige, onbesonne poging tot gedwonge rasse-integrasie. Ek het onlangs heelwat opgelees oor die Amerikaanse Burgeroorlog. Hier het jy twee groepe van dieselfde volk gehad, met dieselfde kultuur, wat dieselfde boeke gelees het, dieselfde helde gehad het, saam die supermoondheid van die tyd verslaan het, wat in dieselfde kerke dieselfde liedere gesing het. En al het almal die ellende sien kom, was hulle skynbaar onmagtig om dit te voorkom. En toe dit losbars het hulle mekaar met die grootste venyn verpletter.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">As twee groepe van dieselfde volk so iets aan mekaar kon doen, hoe absoluut kranksinnig is dit nie om te dink dat verskillende, dominante rasse in dieselfde gebied onbepaald in selfs die skyn van vrede kan saamleef?<\/p>\n<p dir=\"ltr\">Waaroor ek wel optimisties is, is dat die Afrikaner die bloedige proses sal oorleef, sy nasionalisme sal herontdek en weer sterk en vooruitstrewend sal word, \u0149 baken van vooruitgang en hoop in \u0149 moeras van armoede, verval en ellende.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>In <\/em>Bodem<em> is daar sprake van &#8216;n apokalips iewers in die toekoms. Sonder om die vervolgverhaal vooruit te loop, wat sou die onderliggende oorsaak van so iets wees? Die onvermo\u00eb van verskillende rasse en kulture om saam te leef, korrupsie en &#8216;n staat wat misluk of kan een of ander gebeurtenis dit ontketen?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die blanke, en in besonder die Afrikaner, word toenemend geposisioneer as die klassieke teiken van \u0149 toekomstige volksmoord. Die heersende politieke en maatskaplik-kulturele emosie van ons tyd is afguns. Dit is die magtigste menslike motivering met die uitsondering van die oorlewingsdrang. Die ANC en die idiotiese hoofstroommedia \u2013 met ons eie Naspers as voorsanger \u2013 span hierdie afgunsemosie in om die aandag weg te kaats van die swartmens se gedemonstreerde onvermo\u00eb om die land te regeer en hulleself op te hef.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Tog voorsien ek dat dit juis hierdie onbeholpenheid van die regering is wat die vlam teen die lont gaan hou. Sodra die ANC nie meer hulle ondersteuners kan omkoop nie, gaan die bre\u00ebr bevolking met \u0149 kolossale strooptog begin. En hulle selfvertroue en gepaardgaande bloedlustigheid gaan net toeneem wanneer hulle besef die regering beskik nie meer oor die organe om hierdie rampokkery hok te slaan nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Eerste op die agenda gaan \u0149 plunderorgie wees en dan gaan hierdie vloedgolf mense hulle aandag verskuif na vergelding vir gewaande onreg. Dis dan wanneer hulle gesamentlik in die rigting van die witmens gaan kyk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">En die liberales se hoop sal beskaam. Jou vel sal jou uniform in di\u00e9 oorlewingstryd wees.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>Interessant is dat daar soms in die verhaal na die massamoordenaars as &#8220;zombies&#8221; verwys word. Hoe letterlik moet &#8216;n mens dit opneem?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Glad nie letterlik nie. Dis bloot \u0149 kopknik in die rigting van die zombie-genre waarin mense desperaat vir oorlewing moet veg teen \u0149 talryke, onredelike, immer-verterende, bloeddorstige element.<\/p>\n<h3 dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Weermagkultuur<\/h3>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>Dit wil voorkom asof die groepie oorlewendes in die verhaal wat &#8216;n stryd teen die oormag stry taamlik put uit die ou Weermagkultuur van Suid-Afrika, veral natuurlik die manlike karakters. Is daar nog so iets soos &#8216;n Weermagkultuur onder Afrikanermans van &#8216;n sekere ouderdom?<\/em><\/p>\n<figure id=\"attachment_21442\" aria-describedby=\"caption-attachment-21442\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/tree_aan_oct2011.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-21442 \" alt=\"'n Toneel uit die toneelstuk 'Tree aan!' wat troepe uit die ou SAW uitbeeld\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/tree_aan_oct2011-300x205.jpg\" width=\"300\" height=\"205\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/tree_aan_oct2011-300x205.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/tree_aan_oct2011-190x130.jpg 190w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/tree_aan_oct2011.jpg 360w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-21442\" class=\"wp-caption-text\">&#8216;n Toneel uit die toneelstuk &#8216;Tree aan!&#8217; wat troepe uit die ou SAW uitbeeld<\/figcaption><\/figure>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">O ja! Dit was redelik lank sluimerend maar die ou veglus is besig om te ontwaak. Daar is opnuut \u0149 waardering vir die voortreflikheid van die ou SAW en die manne is nou eers trots op wat hulle weermag was en vermag het en hulle aandeel daaraan. Dit groei in ooreenstemming met die afgryse en minagting waarmee die nuwe weermag beje\u00ebn word.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>As &#8216;n mens na &#8216;n jeugdige karakter soos Joubert of &#8220;Harpoen&#8221; in die verhaal kyk, dan lyk dit asof iets van die ou Weermagkultuur tog via sy pa op hom afgesmeer het. Hoe realisties is dit?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Baie realisties. Ek is deesdae baie betrokke by die bemarking van twee boeke wat ek geskryf of help skryf het oor die ou weermag. (\u201cEk was Daar\u201d en \u201cRowers\u201d \u2013 laasgenoemde in Engels, albei beskikbaar by praag.) Voorts hou ek en my weermagpeloton jaarliks \u0149 re\u00fcnie. Die gevolg is dat ek met al hoe meer jongmense te doen kry wat nuuskierig is oor ons tyd in die weermag. Ek vind dit interessant dat die oorwegende emosie van die meeste jongmans een van afguns is. Hulle wens gereeld hardop dat daar so \u0149 weermag was waar hulle kon aansluit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die veterane begin ook al hoe meer openlik met hulle seuns oor hulle weermagavonture praat.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Kyk, ons as volk is deur meer as drie eeue in Afrika gefilter sodat die dapperstes en veglustiges oorleef het. Jy kan nie \u0149 volk se gene binne twintig jaar uitskakel nie. Al daardie krygersinstinkte het behoue gebly.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek kom by heelwat plattelandse skole en ek verkyk my aan die fierheid en vurigheid van ons seuns. Glo my, as daar \u0149 bakleiery kom, kan ons oumanne maar opsy staan. Hierdie jong vegters sal die aarde voor hulle gelyk maak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>Uiteraard is <\/em>Bodem<em> &#8216;n fantasievlug, &#8216;n bietjie soos Nadine Gordimer se <\/em>July&#8217;s People<em> waarin &#8216;n blanke huisgesin tydens die revolusion\u00eare apokalips saam met hul swart mansbediende, July, ronddwaal. Het u hoegenaamd na ander tekste van di\u00e9 aard gekyk of is daar dalk &#8216;n verwysing na &#8216;n boek of film waarvan die lesers bewus behoort te wees?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nie in besonder nie. Ek is te versigtig om my eie skryfstyl te probeer buig om \u0149 ander se matrys te pas. Ek glo \u0149 skrywer moet opreg met sy lesers wees. Dis hulle keuse of hulle hou of nie van wat jy aanbied, maar jy skuld dit vir hulle om jou stof onverdun vir hulle aan te gee. Natuurlik sal daar raakpunte wees met ander boeke en rolprente. Ons almal beskryf tog die doen en late van dieselfde spesie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_13509\" aria-describedby=\"caption-attachment-13509\" style=\"width: 225px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/10\/amigdala_alrinasmal_voorblad.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-13509\" alt=\"Voorblad van Gustav Venter se e-boek, 'Die amigdala van Alrina Smal'\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/10\/amigdala_alrinasmal_voorblad-225x300.jpg\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/10\/amigdala_alrinasmal_voorblad-225x300.jpg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/10\/amigdala_alrinasmal_voorblad.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 85vw, 225px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-13509\" class=\"wp-caption-text\">Voorblad van Gustav Venter se e-boek, &#8216;Die amigdala van Alrina Smal&#8217;<\/figcaption><\/figure>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>Tans wil dit voorkom asof Afrikaanse e-boeke in die mark maar sukkel teen papierboeke. Dink u daar is &#8216;n toekoms vir e-fiksie in Afrikaans?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek is seker daar is. Die gerief van moderne tegnologie is net te oorweldigend. Tans is die kern van ons leespubliek ouer mense wat gemaklik is met papier in teenstelling met toestelle soos e-lesers, tabletrekenaars en slimfone. Ons uitdaging is om ons jongmense aan die lees te kry. By praag is ons propvol idees hoe om dit te doen. Ons kort net die nodige fondse. As ons d\u00edt kan vermag, gaan die lesersmark beduidend in die rigting van digitale leesstof verskuif.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>U skryf ook <a title=\"Gustav Venterr se rubrieke\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?cat=46\">rubrieke<\/a> en politieke kommentaar. Beplan u enige publikasies van di\u00e9 aard?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">O ja! Ek is tans besig om \u0149 bundel van my praag-rubrieke saam te stel wat eintlik net \u0149 groot kopskud is oor die dwaasheid van die hoofstroommedia en in besonder Naspers en di\u00e9 se stal brandsiek rubriekskrywers, met spesiale verwysing na die dorpsidioot van politieke kommentators, Max du Preez. Hou praag dop vir die verskyning van hierdie boek!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>Natuurlik het iets soos <\/em>Bodem<em> ook &#8216;n taamlike sterk politieke onderbou omdat dit iets omtrent die land se huidige toestand suggereer, nes Nadine Gordimer se <\/em>July&#8217;s People<em> of seker JM Coetzee se <\/em>Age of Iron<em>. Dis seker al &#8216;n holruggeryde vraag, maar: Is u &#8216;n &#8220;betrokke skrywer&#8221;?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/AgeOfIronNovel.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-21443 alignright\" alt=\"AgeOfIronNovel\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/AgeOfIronNovel-190x300.jpg\" width=\"190\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/AgeOfIronNovel-190x300.jpg 190w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/AgeOfIronNovel.jpg 246w\" sizes=\"auto, (max-width: 190px) 85vw, 190px\" \/><\/a>Op &#8216;n manier is ek seker. Om net te skryf ter wille van skryf is redelik sinloos in ons situasie. Ek probeer die werklikheid voorstel soos hy is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar as fiksieskrywer volg ek maar ook die wette van die romanskrywer na. Ek tree eintlik bloot as onbetrokke verslaggewer op wat rapporteer wat hy in sy kop sien. Die vreugde van skryf l\u00ea vir my juis daarin om \u0149 feitestel te ontwerp, karakters te skep en om hulle as\u2019t ware op te wen en hulle manewales dop te hou en te beskryf.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>Terwyl <\/em><a title=\"Dis soms wys om te vrees\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=13512\">Amigdala<em><\/em><\/a><em> &#8216;n taamlik liter\u00eare boek was, lyk dit asof u in <\/em>Bodem<em> meer leen by gewilde fiksiegenres soos die zombieverhale, Hollywood se &#8220;rampflieks&#8221; en dergelike. Dit kan amper \u00f3\u00f3k as popkultuur deurgaan. Hoe voel u oor popul\u00eare genres?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek is nie \u0149 snobistiese skrywer nie. Ek dink juis die mag van die pen is in popul\u00eare letterkunde gele\u00eb. Gewone mense fassineer my. Vir my is die ideale protagonis \u0149 buitengewone doodgewone mens eerder as \u0149 doodgewone buitengewone mens. Ek vind pretensieusheid afstootlik. Dit is wat my \u0149 afkeur in \u0149 liter\u00eare beweging soos die Sestigers gee. Hulle was \u0149 klompie selfvoldane hoogmoediges wat as klein groepie in hulle liter\u00eare kampong mekaar se letterkundige buikwinde opgeruik en gehersirkuleer het \u2013 d\u00edt terwyl die werklike lewe rondom hulle, maar ongesiens deur hulle, plaasgevind het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Om te s\u00ea dat \u0149 mens van gewilde letterkunde hou, impliseer nie dat \u0149 mens nie \u0149 bewustheid en voorkeur vir gehalte het nie. Moet ons, byvoorbeeld, Dalene Matthee se werk smalend beskou bloot omdat sy ook baie gewild was?<\/p>\n<h3 dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">&#8216;Hoofstroomkritici sal voortgaan om my te ignoreer&#8217;<\/h3>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>Dit lyk asof daar amper \u2018n algehele stilte van hoofstroom- liter\u00eare kritici oor Gustav Venter is. Hoe dink u gaan hulle <\/em>Bodem<em> met sy o\u00ebnskynlike tema van \u2018n soort rasseoorlog of Rwanda iewers in die toekoms hanteer?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek verwag heeltemal dat hulle sal voortgaan om my te ignoreer, en dit pas my geheel en al. Hulle eie werk en menings is van so \u0149 lae gehalte dat ek teleurgestel sou wees as hulle enige van my werk hoegenaamd aanbeveel. My gesprek is nie met hulle nie. My gesprek is met my eie mense en hulle kwalifiseer nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>Tans skryf u teen &#8216;n geweldige tempo, amper 2000 woorde elke dag wat lesers elke oggend op praag.co.za kan ontdek. Dit lyk asof u taamlik maklik skryf of moet die idee &#8216;n mens eers beetpak?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek is \u0149 baie trae skrywer. Die skryfproses hou vir my min bekoring en heelwat bedreiging in. Ek gaan prewelend en te\u00ebsinnig na die tikplank toe, maar as ek eers skryf, loop die masjien gewoonlik glad. Met Bodem het ek die voordeel van lesers se verwagting en my eie nuuskierigheid om te sien hoe gebeure oopval.<\/p>\n<p dir=\"ltr\"><em>Hoe lank gaan <\/em>Bodem<em> uiteindelik wees?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek mik na so 120,000 woorde, oftewel \u0149 boek van so 380 bladsye. Teen die huidige tempo behoort ons die boek in April te kan publiseer. Maar ek voorsien dat dit net die eerste in \u0149 reeks kan wees. Ek het nog baie om oor die onderwerp te s\u00ea.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>U vra ook kommentaar en kritiek van lesers, wat die interaktiewe moontlikhede van internetpublikasie ontgin. Is dit iets waarmee u graag wil eksperimenteer, naamlik dat u lesers as&#8217;t ware kan deelneem aan die skeppende proses rondom &#8216;n boek?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Beslis! Dis een aspek van die proses, juis met <em>Bodem<\/em>, wat ek baie geniet. En die deelnemers het \u0149 uitwerking. Hierdie afgelope week het hulle drasties ingegryp toe ek een van die hoofkarakters wou laat afsterf.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ek beskou Bodem as \u0149 soort laboratorium waarin ons saam die meganika, die uitwerking en die bestuur van so \u0149 apokalips kan bestudeer. Praag se lesers is buitengewoon intelligent en goed ingelig en hulle en hulle menings weeg swaar by my.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>U woon tans op &#8216;n plaas in die Vrystaat. Verkies u die rustigheid van die platteland of het &#8216;n mens ook die stimulasie van die stad nodig? Of is ons almal deesdae via die internet in elk geval met die hele w\u00eareld verbind sodat die verskil tussen &#8216;n stedelike en plattelandse bewussyn vervaag?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Kyk, ek is \u0149 boorling van Brakpan wat nou in \u0149 verruklike vallei in die Oos-Vrystaat woon. Miskien is ek net subjektief, maar die berge, klowe en rivier hier is vir my net soveel aanskouliker as mynhope en taxi-parkades. Wie sou nie hier wou bly nie? En ja, met die internet en sosiale media tot my beskikking, selfs TV toe ek nog sterk genoeg was om daarna te kyk, het ek al die nodige stimulering. So ek werk en leef baie lekker hier. Maar ek is seker dat ek \u0149 woordverwerker, goeie musiek, goeie koffie en my hond, BlouDraadt Venter, by my het, ek net so gemaklik in \u0149 spoorwegvraghouer in Sunnyside sou kon werk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Terloops, ons het \u0149 pragtige gastehuisie op die plaas. As enige iemand hier wil kom inboek om te kom saamklets oor politiek, Afrikaner-dinge en Bodem, laat weet my net en ek sal vir julle inligting met betrekking tot tariewe ensovoorts aanstuur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>Hoe sou u die mens Gustav Venter in &#8216;n paar sinne opsom?<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Net een is nodig: Ek is \u0149 fantastiese minnaar.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>praag voer &#8216;n onderhoud met Gustav Venter, skrywer van Die amigdala van Alrina Smal en die huidige apokaliptiese vervolgverhaal Bodem. Wanneer het u die idee gehad om &#8216;n vervolgverhaal vir internetpublikasie te begin skryf? Terwyl ek beplan het wat om in 2014 te doen. Dit het neergekom op \u0149 eenvoudige formule: My loopbaan vereis dat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21396\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Disfunksionele gemeenskap lei tot distopiese letterkunde,&#8217; s\u00ea Gustav Venter&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21434,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96,7],"tags":[167,15351,15039,21123,12369,15353,171,15355,15356,4736,15350,10495,15352,15354,15018],"class_list":["post-21396","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c87-boeke","category-s27-vermaak","tag-afrikaans","tag-amerikaanse-burgeroorlog","tag-bodem","tag-c87-boeke","tag-charles-dickens","tag-daan-wybenga","tag-gustav-venter","tag-harriet-beecher-stowe","tag-jm-coetzee","tag-letterkunde","tag-little-dorrit","tag-nadine-gordimer","tag-samuel-goldwyn","tag-uncle-toms-cabin","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21396","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21396"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21396\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21434"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21396"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21396"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21396"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}