{"id":21203,"date":"2014-01-17T12:08:34","date_gmt":"2014-01-17T10:08:34","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21203"},"modified":"2014-01-18T07:03:58","modified_gmt":"2014-01-18T05:03:58","slug":"bodem-10-die-geskarrel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21203","title":{"rendered":"Bodem 10: Die geskarrel"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><strong><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-21071\" alt=\"vlamtoring2\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a><\/strong><\/p>\n<p dir=\"ltr\"><em>\u2018n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\">Lees eers\u00a0<a title=\"Bodem 9: Die enkelgelid\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21163\">Bodem 9<\/a>\u00a0en\u00a0<a title=\"Bodem deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">alle vorige episodes<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><strong>Waarskuwing: Skokkende en eksplisiete leesstof.<\/strong><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>By voorbaat vra ek om verskoning vir my lesers. Dit was nooit my begeerte om so \u0149 scenario te beskryf nie, net soos wat dit my innigste wens is dat so iets nooit mag, nooit s\u00e1l, gebeur nie. Maar die moontlikheid van so \u0149 gebeurtenis is tragies goed. Om die waarheid te s\u00ea, op \u0149 klein skaal gebeur dit reeds, elke dag in ons land. Laat ons nie vra of ons dit durf om daaroor te praat nie. Laat ons eerder vra: Durf ons stilbly? &#8211; GV<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die trok is deur NAVO aangedui as \u0149 \u201cMine-Resistant High Utility Transport,\u201d maar dit het gou allerwe\u00eb bemind geword as die \u201dMutt\u201d \u2013 die basterbrak \u2013 onder die Kanadese, Europese en Amerikaanse troepe wat dit in Irak en Afghanistan gebruik het. Dit is vervaardig in Port Elizabeth deur Defence Logistics en meer as \u0149 duisend is uitgevoer. Orals waar dit gebruik is, is dit gewild. Dit is net so \u0149 gewillige voertuig, groter en meer robuus as die Amerikaanse Humvee en kleiner en makliker om te gebruik en te onderhou as hulle MRAP. Dit is \u0149 ho\u00eb, gepantserde, vyftonvragmotor wat bakbeen staan op groot wiele, met \u0149 koe\u00eblvaste kompartement wat ontwerp is vir agt swaargewapende soldate en \u0149 masjiengeweerinstallasie op die dak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hierdie een was spierwit gewerf met die letters \u201cUN\u201d in groot blou letters op die deure, tot onlangs deel van \u0149 oorspronklike besending wat \u00a0vir Verenigde Nasies-vredesoperasies in Sentraal-Afrika bedoel was. Dit het onverwags oor die hoogtetjie van Villiers se kant af verskyn, begelei deur twee Land Cruiser-bakkies en vier van die alombekende Hilux\u2019e. Al die voertuie het gewemel van jillende swart milisie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Mutt se 7,62 mm-tweelingmasjiengewere is bo, voorop die voertuig gemonteer en kan met afstandbeheer vanuit die kajuit gevuur word. In hierdie geval is di\u00e9 beheer ontkoppel en die wapens is beman deur \u0149 gesette, jong swartman met \u0149 wit bofbalkeps agterstevoor op sy kop en sonder \u0149 hemp. Hy staan halflyf uit die luik en hurk agter die masjiengeweerstellasie. Twee skroeiende kolligte is weerskante gemonteer en beweeg in gelid met die wapens.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die voertuie het hulle hoofligte af gehou en eers aangeskakel toe hulle oor die kruin van die hoogtetjie gejaag kom. Die Mutt se kolligte het oombliklik in die donker ingesteek en toe begin die geskietery. Die koe\u00ebls van die eerste lang sarsie het 11 motors getref, deur sagte bakwerk metaal gefluit, stukke uit enjinblokke geruk, vensters verkrummel en tonnels geslaan deur stoffering, bagasie, klerasie en menslike organe en skelette. Agter die skut op die Mutt het sy kamerade gejubel en geskreeu en gefluit en sterspronge gedoen om sy werk goed te keur en hom aan te moedig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Binne oomblikke het die motoriste gereageer soos hoenders as daar \u0149 string klappers in hulle hok val. Voertuie het links en regs uit die rye geswaai; di\u00e9 in die regterkantste baan meestal na regs in die rigting van Vereeniging en di\u00e9 in die linkerbaan na Balfour se koers. \u0149 Benoude asemhaling later en daar was reeds dosyne ongelukke in die chaotiese geskarrel. Motors het mekaar uit die pad gestamp. Ander was te laag om oor die middelmannetjie of deur die afvoerslote te kom en het vasgeval. Meeste van die insittendes het deure oopgegooi en uitgetuimel en begin hardloop; meeste van h\u00falle is deur die dosyne milisie op die bakkies afgemaai voordat hulle enkele tre\u00eb kon vorder.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Geel-en-wit Fiat Panda het reg voor die Mutt ingejaag en die dikvelvragmotor is sonder vertraging eenvoudig bo-oor sodat die bre\u00eb swaar wiele diep dongas oor die karretjie gedruk het, soos wat koekrollerhoue met \u0149 sagte sjokoladekoek sou doen. Vyf mense daarin is vergruis. Een tienerseun het minute gevat om in sy eie longbloed te verstik.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vyftig meter verder het die Mutt eers die Hyundai-bussie wat Daan-Dirk uit die pad gestoot het en toe die BMW X5 getref en kante toe gekaats in \u0149 boogre\u00ebn van glasbrokkies en verskeurde voertuigstaal. Die Indi\u00ebr wat vir Daan-Dirk \u0149 stywe middelvinger gewys het, het gesterf met \u0149 voorarmbreedte stuk metaal wat hom onder die ken getref en teen die kopleuning van die sitplek vasgesteek het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nagenoeg \u0149 kilometer verder het die Mutt sonder meer kortom regs geswaai, \u0149 Golf en \u0149 Bantam-bakkie uit die pad geskouer en dwars agter die rye voertuie gaan staan en enige ontsnapping na daardie koers geblokkeer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nog twee Mutts het intussen verskyn en die pad in die rigting van Villiers geblokkeer. Tussen die voorste en die agterste versperrings is meer as 300 motors vasgekeer. Van di\u00e9 wat regs geswaai het, het 34 die veld gehaal.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Heel voor, amper komieklik, was \u0149 klein sportbuksie, \u0149 Daihatsu Terios, wat oor die veld geskoert en gebokspring het soos \u0149 vlakhaas voor \u0149 pak windhonde uit. Die ander voertuie het in waaierformasie agter die Terios aan oor die veld geskarrel. Die sedanmotors het eerste vasgeval, toe \u0149 Chrysler Voyager-bussie en \u0149 Volkswagen Amarok. \u0149 Chevrolet Captiva het skerp regs geswaai en die Nissan Murano langs hom het ewe heftig links gedraai en die twee voertuie het met groot vaart en met ooppoffende lugsakke teen mekaar gebots.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Drie van die Hilux\u2019e en twee van die Land Cruisers het tussen die motors ingejaag en die bloedkoorsige milisie daar agter op het onbeheersd op alles en almal begin skiet, meestal met R4- en R5-stormgewere. Onder die wapens was ten minste vier 40-millimeter-enkelskootgranaatwerpers en die eerste ontploffings het diep en gedemp in die nag geknal.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die eerste busse het nou opgedaag, \u0149 streep van sewe passasiersdraers, die kleinste een gelisensieer om 64 sittendes te vervoer, almal van hulle met meer as \u0149 honderd rasende, gierende mense aan boord. So gretig was hulle om uit te klim dat hulle by die deure uitgestroom het terwyl die busse nog in aantog na die toneel was en net twee busse het nie enige passasiers wat voor om gestorm het, doodgetrap nie. 11 mense is so dood, skreeuend, singend, sissend en selfs laggend onder die swaar wiele.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die busse het in \u0149 linie met lang gapings tussen hulle stilgehou en die passasiers is uit in \u0149 woedende, krioelende, verterende stroom mense, mans en vrouens en heelwat kinders en in hulle swaaiende, kappende, flitsende hande was daar Lasher-kapmesse, pikke, skoffelpikke, byle, hamers en messe, selfs kaal stokke of ysterstawe vir di\u00e9 wat niks anders kon kry nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die nag se slagwerk het begin.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hulle het begin met die voertuie wat op die snelweg vasgekeer is. Insittendes het, natuurlik, die deure gesluit. Maar dit het nie gehelp nie. Vensters is eenvoudig met sarsies hamer- of bylhoue in losbarstings van glas verpletter. Mans, vrouens, kinders en hier en daar troeteldiere, is uitgesleep aan arms, nekke, gesigsvelle wat vasgegryp is, \u00a0en hare. Die slagoffers is op die grond geslinger en tierende aanvallers het kringetjies om elkeen, of twee-twee, gevorm, soos bakterie\u00eb om ontblote weefsel, en die byle, hamers, stokke en ysterstawe het gerys en gedaal, gerys en gedaal, gerys&#8230;<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Motors is omgekeer en aan die brand gesteek, soms met soebattende passasiers nog daarin.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sporadies en in kolle het van die motoriste hulleself probeer verweer. Vuurwapens is getrek en skote gevuur. Aanvallers is getref en het geval. Maar die bloedlus was te oorweldigend en die weerstand te onsamehangend en die milisie het met hulle outomatiese gewere dit maklik en brutaal uitgedoof.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar was meer as vyftig motors wat wel links van die pad af kon kom, maar hulle roete is versper deur die rantjies waarop Daan-Dirk en Brian so \u0149 \u00a0kort tydjie vroe\u00ebr geklim het. Die massas het agter hulle aangestroom en die onheilige werk het voortgegaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die oorkantste veld, toe hulle motors en bakkies vasval, het die meestegeknal insittendes te voet probeer vlug. \u0149 Halfdosyn 4 x 4\u2019s het die veld getem, maar is van agter af voos geskiet deur die milisie op die Toyota-bakkies. Een van die busse het roekeloos genoeg oor die pad gedraai en is holderstebolder die veld in waar dit skaars 200 meter verder vasgeval het. Maar dit was ver genoeg. Die moorddadige saamryers is uit en het oor die veld versprei en die voortvlugtendes maklik ingehaal en oorrompel of het di\u00e9 wat in hulle motors gebly het, omsingel en die ruite gebreek of die rygoed omgegooi en aan die brand gesteek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Net een voertuig het aanhou ry: Die verstommende Terios. \u0149 Gemonteerde masjiengeweer op \u0149 Land Cruiser het \u0149 volle ammunisieband op hom leeggeskiet. Dit was duidelik hy is getref, want hy het in reaksie geswenk. Maar nie opgehou ry nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Agter die Terios, in die veld, het die bloedorgie voortgegaan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Een man, middeljarig met teruggekamde grys hare, het self uitgeklim en al ses skote uit sy Taurus .357 Magnum op \u0149 aanstormende bende leeggeskiet. Meeste van die kragtige koe\u00ebls is deur die lywe wat hy getref het sodat hy vier doodgeskiet en vier gewond voor die rewolwer leeg was. En daar was nog baie, so baie, wat na hom genael gekom het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy het weggestaan en met sy linkerhand die sakke van sy re\u00ebnbaadjie en sy langbroek geklop op soek na nog ammunisie toe hulle sy vrou, sy twee ho\u00ebrskoolseuns en laerskooldogter uit die Audi gesleep het. Naderhand het hy sy rewolwer laat val en bloot die kante van sy kop vasgegryp terwyl hulle met sy seuns besig was en die klere van sy vrou en dogter op die grond geskeur is voordat hy amper terloops van agter met \u0149 tuinvurk doodgesteek is.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit was uit die hel, \u0149 bladsy uit \u0149 gids van Oemghoenghoendloewoe, \u0149 illustrasie van die Inferno. Ho\u00eb vure het by wrakke gebrand en in die gloed is daar gekap en gesteek en gedans, sulke hoogopskopdanse met knie\u00eb en elmbo\u00eb. Daar is gesing en geskaterlag en gejou en dreigend gebulder. En daar is gegil, gesmeek, belowe, vervloek&#8230;<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hulle is verbrysel en vermoor; dikwels verbrysel, verkrag en vermoor. Man, vrou, kind, troeteldier. Jonk en oud. Blank, swart, kleurling en Indi\u00ebr. Maar verreweg meestal blank.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Oorkant die veld het die Terios die dwarsgrondpad oorgesteek en die graanland bereik. Voor hom was daar tien voertuie in desperate vlug.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens <a title=\"Bodem11: Die modderland\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21238\">Bodem 11<\/a>)<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers\u00a0Bodem 9\u00a0en\u00a0alle vorige episodes. Waarskuwing: Skokkende en eksplisiete leesstof. By voorbaat vra ek om verskoning vir my lesers. Dit was nooit my begeerte om so \u0149 scenario te beskryf nie, net soos wat dit my innigste wens is dat so iets nooit mag, nooit s\u00e1l, gebeur nie. Maar die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21203\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 10: Die geskarrel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21071,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[4112,167,15065,15024,1665,15019,2242,15043,15018],"class_list":["post-21203","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrika","tag-afrikaans","tag-eboek","tag-fiksie","tag-geweld","tag-gratis","tag-suid-afrika","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21203","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21203"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21203\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21071"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21203"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21203"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21203"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}