{"id":21163,"date":"2014-01-16T12:18:32","date_gmt":"2014-01-16T10:18:32","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21163"},"modified":"2014-01-17T11:16:40","modified_gmt":"2014-01-17T09:16:40","slug":"bodem-9-die-enkelgelid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21163","title":{"rendered":"Bodem 9: Die enkelgelid"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-21071\" alt=\"vlamtoring2\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers <a title=\"Bodem 8: Stormloop\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21099\">Bodem 8<\/a> en <a title=\"Bodem deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">alle vorige episodes<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die tien voertuie staan in \u0149 linie langs mekaar, die snelweg aan hulle rugkant en hulle snoete in \u0149 suidwestelike rigting: sewe stasiewaens, twee bakkies en die Unimog met sy ho\u00eb toegeboude laairuimte vierde van regs. Dit het opgehou re\u00ebn en \u0149 stywe wind stoot die wolkbank uitmekaar in groot, donker, wollerige wolke wat soos geruislose slagskepe weg van mekaar dryf. \u0149 Driekwartvolmaan skiet geelwit strale deur die gaping bo die voortvlugtendes en vee die veld met sagte lig. Voor hulle l\u00ea \u0149 weiveld vol kniehoogte gras en onkruid. Daar was hierdie seisoen nog nie vee in hierdie kamp nie. Dis \u0144 wye veld wat \u0149 kilometer, kilometer-en-\u2018n-half strek tot wie weet wat daar voor in die nag skuil.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAlle stasies, alle stasies, Charlie Papa&#8230; is alle voertuie hier?\u201d vra Daan-Dirk oor die lug in sy amptelike stem.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDis \u0149 negatief, Charlie Papa,\u201d s\u00ea JP vinnig sodat niemand hom kan voorspring nie. \u201cDie X-Trail sal nie verder saamry nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAlfa Victor Twee, Charlie Papa, gee sitrap.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie moervelle het hulle van die pad afgery, die donners in die BMW\u2019s.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cCharlie Papa, en die insittendes?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het hulle saamgebring. Hulle is orraait, maar Barry het hulp nodig. Ek dink die dok moet by hom uitkom.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAlpha Hotel Twee, Charlie \u00a0Papa, Dok, het jy ge-copy. Kan jy hulp verleen?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMense, ons moet hier wegkom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDok, as jy net gou kan kyk wat sy toestand is, ek wil dat ons so gou moontlik ten minste anderkant hierdie veld kom.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cCharlie Papa, Alpha Hotel Twee, Dok s\u00ea sy copy.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dokter Jana Verhoef, wat soos \u0149 veer op die wind die konvooi meegemaak het \u2013 met min vertroue maar sonder verset \u2013 het in die hoek tussen die agtersitplek en die Patrol se bakwerk in \u0149 groot kontinentale kussing versink gesit toe die berig deurkom. Haar instinkte is so akuut dat sy oombliklik regop sit en dadelik haar hand op die vierkantige toeritsseiltas met haar mediese implemente en middels l\u00ea. Sekondes later staan sy langs die Ramkat met haar hand op Barry Hackett se skouer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy is \u0149 lang vrou in haar vroe\u00eb dertigs met lang teruggebinde, glanslose donker hare, eens \u0149 skraal meisie met swemmerskouers, lang gespierde bene en borste wat groot genoeg is om \u0149 faktor in haar beroep te wees, maar nou meer geset as mollig met dik polse en enkels, en \u0149 streng gesig deesdae met bolwange en \u0149 skraal neus wat te groot is vir haar om ooit as mooi gereken te word. In die lig van \u0149 flits maak sy \u0149 vinnige oorsig van Barry se situasie. Sy gesig is \u0149 gefrommelde masker van dik rooi bloed en hy hyg vir asem deur \u0149 mond wat drie voortande in die bokaak en twee onder makeer, \u0149 donker spelonk van bloed en rooigeverfde tande. Jana kry \u0149 handvol katoendeppers en pers dit op die snywonde aan sy voorkop, een oogbank en linkerwang.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHou dit vir my daar!\u201d beveel sy en Thelma, bewerig maar met die krag wat vroue in nood ontdek, rek haar hande oop en plaas vingers op al die katoenkussinkies.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jana gaan voort om te druk op potensi\u00eble probleemplekke met haar vingerpunte op Barry se bolyf terwyl sy hom uitvra en versoek om op haar tastinge te reageer. Sy staan terug en kry haar stetoskoop uit en heg dit aan haar ore.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHy het twee gebreekte ribbes,\u201d lig sy fronsend vir die insittendes van die Ramkat in, \u201cen twee of drie is gekraak. Moontlike inwendige beserings, hoe ernstig kan ek nie s\u00ea nie. Sy borsbeen is ten minste gekraak, sy wangbeen het \u0149 fraktuur en sy een oogbank ook en sy neus is beslis gebreek. Ons moet hom op \u0149 bed kry dat ek hom behoorlik kan ondersoek. En \u0149 drup op hom kry.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201c\u0149 Bed?\u201d vra Thelma bedremmeld. \u201cMaar waar?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom!\u201d s\u00ea JP en plaas sy halfgerookte Camel-sigaret in die hoek van sy mond en trek sy linkeroog halfmas teen die opkrullende rooklint. Hy leun vorentoe en draai die aansittersleutel. Die dieselenjin rammel aan die gang.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jana Verhoef vra nie vrae nie, hys haarself bloot op teen die kant van die Ramkat en sit met een boud op die pypraam sodat haar bene buite afhang.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP ry voor langs die konvooi verby en hou voor die Holtzschuh\u2019e se Unimog stil. Hy wip uit en rek lang tre\u00eb tot by die bestuurdersvenster wat aan die linkerkant van die voertuig is. Andreas Holtzschuh laat die venster saak.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat gaan aan?\u201d vra hy?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns het \u0149 bed nodig. Die zotte het vir Barry gemoer. Hy is&#8230; nie lekker nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGebruik die agterste deur,\u201d s\u00ea Andreas, \u201cdit sal die maklikste wees.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die binneruim van die Unimog is karig maar luuks uitgel\u00ea met \u0149 slaapkompartement dwars bo die bestuurskajuit en twee stapelbedjies net agter die voorste passasiersitplek. Die twee Holtzschuh-sussies, Ellen en Dalene (uitgespreek \u201cDih-LIEN\u201d) ontruim die onderste bedjie waarop hulle gesit het en klouter op na die hoofslaapkompartement. Jana, met die ietwat bruuske hulp van Jack en JP \u2013 smeulende Camel nog steeds in sy mondhoek \u2013 installeer \u0149 kreunende Barry op die smal bed terwyl \u0149 verbouereerde Thelma oor haar skouer loer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die twee Hackett-seuntjies probeer inklim wanneer JP die voertuig verlaat en hy keer hulle aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom julle bulle,\u201d s\u00ea hy, \u0149 hand op elkeen van hulle se skouer. \u201cDie dokter en julle ma gaan mooi na Pa kyk. Julle ry saam met my in die Ramkat. Hou julle o\u00eb oop vir Apaches!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cCharlie Papa, wat kan die dokter vir ons s\u00ea?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBarry is nou in die \u2018Mog,\u201d s\u00ea JP. \u201cDie dokter reken hy het ribbes gebreek, \u0149 wangbeen en oogbank ook en moontlike inwendige beserings. \u201c<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cCharlie Papa, Charlie Papa, Alpha Hotel,\u201d val Andreas in. \u201cDie dokter is besig om hom verder te ondersoek. Sal berig sodra ons meer inligting het.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cCharlie Papa, goed. Goed. Maar mense, ons moet ry. Ek wil so ver ek kan van die snelweg afkom. Die situasie lyk of dit uitmekaar kan val.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJoubert is nog nie hier nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk is twee mikes van julle af!\u201d skuur Joubert se gejaagde stem oor die radio tussen die windsteuringe deur en met die gerammel van die XT duidelik hoorbaar. \u201cEn ja, kry afstand tussen julle en die pad. Ry! Ry! Ek is nou daar.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAlpha Hotel, die dokter s\u00ea sy het nog tyd nodig.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAlpha Hotel, Charlie Papa, s\u00ea sy moet haar bes doen terwyl ons ry. Ons kan nie wag nie, ons ry!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cCharlie Papa, ons ry!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die M\u00f6llers se Land Cruiser, heel links in die linie, begin dreun en orals word enjins in gehoor oorgeswaai.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDaan-Dirk!\u201d s\u00ea JP, \u201claat ek voor ry!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cCharlie Papa, negatief, ek herhaal negatief. Ek het dit.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWag! Laat ek dit doen. As daar \u0149 gat of \u0149 donga of \u0149 stomp is, die Ramkat kan dit vat. As jy vasval, gaan ons al ons dae h\u00ea!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Stilte wat rek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAlpha Hotel Twee, Alpha Hotel Twee, Charlie Papa berig oor!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPraat met my, Daan-Dirk.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cCharlie Papa, nou goed. Jy is touleier. Hou \u0149 goeie spoed maar moenie jaag nie. Alle ander roepseine, val in, enkellinie. Bly in die spore van die voertuig voor jou. Ons \u00a0wil nie aandag trek nie, so parkeerligte, net parkeerligte.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP bring die Ramkat voor die konvooi verby en regoor Daan-Dirk se Land Cruiser swenk hy regs en pyl oor die veld op die kortste roete na die oorkant weg van die snelweg af. Hy skakel sy hoofligte aan en die twee strale slaan wit bane oor die veld.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cParkeerligte het die man ges\u00ea,\u201d maan Jack terwyl hy homself in posisie probeer stut met sy linkerhand teen die skommelstang teen die voorste paneel en sy regterhand wat die onderkant van sy sitplek vasgryp.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cLaat hy my eers vertel hoe om in die donker te sien, dan friekin\u2019 ry ek sonder enige ligte!\u201d skree JP oor die tromgeraas van die oop enjin.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Op die agterste sitplek, tussen die twee seuntjies, sprei Jeanelle haar arms en kry \u0149 rolstaaf met elke hand beet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHou vas!\u201d gil sy vir hulle en die twee Hackett-tjies klou aan haar soos blouapies aan \u0149 vlagpaal in stormweer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk vertrek agter die Ramkat aan en een na die ander val die voertuie agter hom in die linie in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die helderverligte binneruim van die Unimog kyk dokter Jana Verhoef besorg na Barry wat wip en skommel op die smal bed terwyl sy vernielde gesig vertrek elke keer as die voertuig wip of skud en hy punktueer dit met kreune en soms selfs \u0149 half-gedempte gil. Sy buig oor hom en kry die oorkant van die bed beet en probeer hom met haar lyf verhoed om af te val. Agter haar wieg en steier Thelma, haar arms kante toe gehou om haarself teen die wande van die voertuig te steun.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik hoor hulle die Unimog in \u0149 cadenza van enjinritmes terugwissel na laer ratte. Nog \u0149 paar tellings en die groot wa wieg tot stilstand. Buite hoor hulle die enjinrammelings van ander voertuie wat aan hulle regterkant parkeer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jana sit orent, vroetel in haar mediese tas en kry \u0149 plastiekbotteltjie met haar sterkste pynkapsules uit. Sy stoot die doppie met haar duim oop en skud twee van die silindertjies in haar handpalm uit.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDrink dit,\u201d s\u00ea sy vir Barry. \u201cEk kry vir jou water. Ek dink jy gaan dit nog nodig kry. Ons is nog nie daar nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die voertuie staan weer in \u0149 uitgespreide linie. Daan-Dirk het uitgeklim en staan by die doringdraadheining voor hulle. Hy skyn met \u0149 groot batterylamp oor die toneel. Aan die ander kant van die heining is \u0149 smal strook rowwe veld en dan \u0149 grondpad wat voor hulle van links na regs l\u00ea. Oorkant die pad is \u0149 baie groot graanland, vol deinings nat grond en \u0149 woesteny van opskietmielies en onkruid.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP en Jack val weerskante van hom in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGeweet ek moes met my Massey Ferguson gery het,\u201d s\u00ea Jack. \u201cSelfs die Ramkat sal sukkel daardeur. Dis \u0149 see van modder.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cRamkat sal dit doen,\u201d s\u00ea JP.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn \u0149 ML Benz?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die veld slaan \u0149 bekende klapper-in-\u0149-koekblikgeluid op en die drie draai in gelid om.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Joubert kom gebukkend staande op die Yamaha in die maanlig aangery.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP suig diep aan sy Camel-stompie, haal dit met voorvinger en duim uit sy mond, skiet dit teen die grond vas en boor sy skoenpuntsool daarop. Hy stap in die rigting van die motorfiets en Joubert glybriek tot by hom. Hy staan regop met die motorfiets luierend tussen sy bene.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy vat maar jou tyd, pel,\u201d s\u00ea JP en slinger \u0149 arm om sy seun se skouers.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk en Jack kom staan by hulle.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns moet besluit wat om te doen,\u201d s\u00ea die konvooileier en sy groot kop draai onrustig. \u201cGaan ons padlangs of gaan ons deur die land.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cErr.. die pad?\u201d s\u00ea Jack onseker.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie land,\u201d s\u00ea JP ferm.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHoekom s\u00ea jy so?\u201d vra Daan-Dirk.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns karre. Op die pad kan hulle met ons doen wat hulle wil. Ons kan nie vir \u0149 Hilux wegkom nie, wat nog daai BMW\u2019s of enige ander kar. Maar sonder die X-Trail is ons baas in die veld.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie land is sag,\u201d stry Jack. \u201cDis nag. Jy weet wat is die re\u00ebl oor om in die nag te vier-by-vier.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dink,\u201d s\u00ea JP en sug, \u201cdie re\u00ebls is nie meer vir hier of nou nie. Daan-Dirk?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk M\u00f6ller gooi sy kop agteroor en kyk asof daar antwoorde in die sterre is. Hulle kan nie nou \u0149 flater maak nie en padlangs of deur die land, \u0149 potensi\u00eble katastrofe is een besluit \u2013 sy besluit \u2013 ver.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy laat sak sy kop en laat die asem uit hom lek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie land,\u201d s\u00ea hy. \u201cOns ry deur die land.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOom!\u201d s\u00ea Joubert wat omgekyk het na die snelweg se rigting hard. \u201cDie land is reg, Oom, maar ons moet dit nou doen, nou! Kyk!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Anderhalfkilometer van hulle, eers een paar, dan nog een en nog en dan oor \u0149 wye front, swaai motors se hoofligte oor die veld en steek soos stywe vingers deur die donker. Dan hoor hulle dit: Die gekastanjet van outomatiese geweervuur in die nag. En die motors, bakkies, vragmotors, nutsvoertuie kom en hulle ligte flits nou op en af, heen en weer, soos opstelstokkies wat deur die lug trek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHere, Here Jesus,\u201d prewel Daan-Dirk, \u201chier gebeur dit nou&#8230;\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">En dan: \u201cKom!\u201d gil hy, draai om en begin waggelend in die rigting van sy Land Cruiser hardloop. \u201cOns ry, ons ry, ons ry!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens <a title=\"Bodem 10: Die geskarrel\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21203\">Bodem 10<\/a>.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 8 en alle vorige episodes. Die tien voertuie staan in \u0149 linie langs mekaar, die snelweg aan hulle rugkant en hulle snoete in \u0149 suidwestelike rigting: sewe stasiewaens, twee bakkies en die Unimog met sy ho\u00eb toegeboude laairuimte vierde van regs. Dit het opgehou re\u00ebn en \u0149 &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21163\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 9: Die enkelgelid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21071,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[167,15065,15024,15019,15043,15018],"class_list":["post-21163","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrikaans","tag-eboek","tag-fiksie","tag-gratis","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21163","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21163"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21163\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21071"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21163"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21163"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21163"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}