{"id":21099,"date":"2014-01-15T11:15:57","date_gmt":"2014-01-15T09:15:57","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21099"},"modified":"2014-01-16T08:36:30","modified_gmt":"2014-01-16T06:36:30","slug":"bodem-8-stormloop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21099","title":{"rendered":"Bodem 8: Stormloop"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-21071\" alt=\"vlamtoring2\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring2.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a><em>\u2018n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p>Lees eers <a title=\"Bodem 7: Die swenk\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21032\">Bodem 7<\/a> en <a title=\"Bodem: Inhoudsopgawe\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">alle vorige episodes<\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die drie Hilux-bakkies, groot en vol moderne kontoere, kom oor die kruin van die bult met die snelweg af aangesnel. Die dieselenjins snou en dis asof die laaibakke \u00a0uit woelende arms bestaan. Elke bakkie het ten minste tien swart manne agter op en is asof gehul in newels van testosteroon en uitbundige woede.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPahhhpie!\u201d skreeu Jack, \u201chier gaan die broeke skeur,\u201d terwyl hy sy nek heen en weer wring om die afstand tussen hulle en die bakkies en hulle en die aanstrompelende Hacketts te peil.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJy moet kole gooi, pel, jy moet kole gooi!\u201d beveel hy aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk gooi! Ek gooi!\u201d kners JP tussen geknersde tande deur terwyl hy vooroor na die stuurwiel buig en met elke verwisseling die rathefboom in rat inkap.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die pypkar is koning van die veldheg- en-steg, maar dit is nie mededingend op die teerpad nie. Die 2C Turbo-kragpak lewer \u0149 onaansienlike 54 kilowatt wat dit geleidelik laat versnel tot \u0149 minderwaardige topsnelheid. Die moderne Hilux-bakkies suig die afstand na die veteraan-Hilux-pypkar toe weg soos lint in \u0149 stofsuier in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Voor die Ramkat duik Thelma Hackett en haar twee laerskoolseuns op.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSpring in! Spring in!\u201d gil Jack en hy kom orent en hou homself regop met een arm oor die windskermraam gebuig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP stop nie behoorlik vir hulle nie, maar skuur regs van hulle verby. Jack hou sy arm uit, slaan dit om Thelma en pluk haar oor sy skoot in die voertuig in en die twee seuntjies duik halsoorkop in die pypkar in. \u0149 Goeie dertig meter verder met die pad af kom Barry aangeslinger op \u0149 mank draffie, vooroorgebuig, linkervoorarm oor sy maag geklem asof hy sy ingewande probeer verhinder om uit te val. JP stoot die versneller tot teenaan die vloermetaal met sy regtervoet in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJP&#8230; JP!\u201d waarsku Jack. \u201cJP, moer van die pad af!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cOns sal dit maak, bliksems,\u201d s\u00ea JP ongejaag terwyl hy die aanstormende bakkies in die buitetruspie\u00ebl dophou. \u201cHulle moere!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNie hulle moere, nie JP! Ons moere!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jack is teen hierdie tyd redelik seker dat hulle agtervolgers in hulle gaan vas jaag in wat belowe om \u0149 skouspelagtige botsing te wees.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJeanelle,\u201d skree JP met sy kop skuinsgedraai na haar toe, \u201cons stop nie. Kry hom!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Barry Hackett, deurtrek met kerfpyne regdeur sy borskas, sy gehyg reeds verhewig tot \u0149 geroggel, kyk op na die pypkar wat in sy rigting snork met die helder agterbeligting van die aankomende Hilux\u2019e.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKom! Kom!\u201d kreun hy en waai sy los arm in \u0149 wye windskermve\u00ebrbeweging van links na regs, van links na regs.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die pypkar kom reguit na hom toe en dan, twintig meter van hom af, pypkan dit effens na sy regterkant op \u0149 koers teenaan hom verby. Hy meet die korterwordende afstand en dan, volgens die beste van sy oordeel werp hy homself eenvoudig teen die kant van die Ramkat vas en sou hy sekerlik daarvan afgeskram het as die jong Jeanelle hom nie op een of ander manier aan sy arm en aan die bokant van sy re\u00ebnbaadjie beetgekry het nie. Vir vier, vyf tre\u00eb klap sy skoensole teen die teer vas en dan kan sy bene nie meer bybly nie en word hy geheel en al langs die kar gesleep.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jack het teen die tyd homself tussen die twee voorste sitplekke, bo-oor die verskrikte en gillende seuntjies langs Jeanelle gewerp en hy slaan sy twee werktuigkundige hande aan die desperate man se baadjie en met \u0149 kreet sleep hy die man bo-oor die pypraam van die kar tot bo-op die agtersitplek, \u0149 maneuver wat vir Hackett laat bulder van pyn.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u0149 Oomblik later doem die eerste Hilux reg agter hulle op en die hoofligte is skel en dreigend en dit verlig die hele pypkar en al die verskrikte passasiers en vasberade drywer daarin. Die D-4-D-enjin van die bakkie rammel soos \u0149 oorlogtamboer en die pypkarenjin se turbo skel skril in \u0149 verskrikte samesang. Swart lywe hang vooroor oor die bakkie se kajuit en vuiste word in die nag geskud en \u0149 bloeddors word die nag in geskree.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHou vas!\u201d beveel JP, trek die sidderende Ramkat net effens regs en as die bestuurder van die bakkie die wending met \u0149 tikkie meer heftigheid naboots, klits JP die rempedaal van die pypkar met sy linkervoet in, net een vinnige skerp pomp, en wanneer die tollende wiele vir \u0149 oomblik gryp en gly, ruk hy die stuurwiel skerp na links en gaan volspoed oor die skouer van die snelweg trompop deur die betonafvoersloot.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die bestuurder van die bakkie, ten volle verbind om die pypkar te jaag, wring sy voertuig se stuurwiel ook links maar die Hilux, in stede daarvan om die afvoersloot loodreg te nader, tref dit skuins, baie vinnig en heeltemal te hard meters van waar die Hacketts se X-Trail ontspoor is, en die wand van die afvoersloot ruk die bakkie se wiele onder hom uit. Die groot bakkie tref die veld teen \u0149 metaalverterende momentum en skuur op sy sy deur die heining waarvan die doringdrade soos garing verdeel en laat graspolle, suile modder en klippe in die naglug invlieg. Die Hilux se vrag stroom in \u0149 rondomtaliewarrel van arms en bene oor die grond.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die ander twee bakkies, sonder om \u0149 meter-per-uur se snelheid in te boet, jaag by die toneel verby met bl\u00earende toeters en \u0149 Babelse uitjouery van die bendes agterop. Die Hilux wat nou voor is nader die stilstaande BMW\u2019s op volspoed. Een van die sedans se passasiers is te laat om terug te klim in die BMW en hy is te na aan die middel van die snelweg. Die Hilux se voorste modderskermhoek tref hom in sy midderif en slinger hom in \u0149 wapperende wawielbeweging van arms en bene wat omtol en klere wat losruk in die veld in. Die bakkie hou nie stil nie en die BMW se insittendes klap die deur sonder enige verdere ondersoek toe en die motor vertrek met loeiende agterbande.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Ramkat se eie momentum laat dit oor die ongelyke grond bons en bars en die passasiers en toerusting word \u0149 keer of wat skrikwekkend in die lug geslinger om in \u0149 warboel in nuwe rangskikkings terug in die voertuig te val.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vir klein Lyall en Roger is dit \u0149 oomblik van allesoorweldigende skok en vrees terwyl Thelma vasslaan in \u0149 semi-katatoniese toestand en Barry hardop neul van pyn en Jeanelle desperaat probeer om alles en almal binne die voertuig te hou.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Wat Jack en JP egter beleef, is \u0149 ou bekende vrylating van adrenalien en dopamien. Alle beskawingsvernis skilfer weg en hulle gil soos willewragtags, skerp, skril, uitgerekte krete, die aankondiging van die manlike van die spesie dat hy die vyand gesien, ontmoet en omseil het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJulle moere!, julle moere!, julle MOEHHHHHREEEE!\u201d gil JP.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het jou ges\u00ea!, ek het jou ges\u00ea!, ek het jou ges\u00ea ons sal dit maak!\u201d jubel Jack.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP se gil maak \u0149 fuga na \u0149 skaterlag en hy stamp die toeter in \u0149 oorwinningstaccato.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dan kyk hy na Jack in die doflig van die instrumentepaneelliggies.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa, jou ou moervel,\u201d s\u00ea hy naderhand sag en uitasem. \u201cJy het my ges\u00ea.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy verminder spoed en ry versigtig tot waar hulle die spore van die konvooi kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle volg dit deur die gaping in die heining en sluit by hulle mense aan.<\/p>\n<div id=\"stcpDiv\">(Lees vervolgens <a title=\"Bodem 9: Die enkelgelid\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21163\">Bodem 9<\/a>.)<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 7 en alle vorige episodes. Die drie Hilux-bakkies, groot en vol moderne kontoere, kom oor die kruin van die bult met die snelweg af aangesnel. Die dieselenjins snou en dis asof die laaibakke \u00a0uit woelende arms bestaan. Elke bakkie het ten minste tien swart manne agter op &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21099\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 8: Stormloop&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":21071,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[167,15065,15024,15019,15043,15018],"class_list":["post-21099","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrikaans","tag-eboek","tag-fiksie","tag-gratis","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21099","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21099"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21099\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21071"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21099"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21099"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21099"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}