{"id":21032,"date":"2014-01-14T08:19:45","date_gmt":"2014-01-14T06:19:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=21032"},"modified":"2014-01-15T08:32:16","modified_gmt":"2014-01-15T06:32:16","slug":"bodem-7-die-swenk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=21032","title":{"rendered":"Bodem 7: Die swenk"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-20860\" alt=\"vlamtoring\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers<a title=\"Bodem 6: Die besluit\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20983\"> Bodem 6<\/a> en <a title=\"Bodem: Inhoudsopgawe\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">alle vorige episodes<\/a>.<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?cat=29\"><br \/>\n<\/a><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Fred Bakkes, bekwaam as tegniese-tekeninge-onderwyser, onlangs departementshoof by \u0149 laerskool in \u00a0Alberton, met \u0149 lewensingesteldheid, houding en kleredrag afgetrek op die leerkragte van die sewentigs toe hy op ho\u00ebrskool was, eggenoot van Lucille, twaalf jaar jonger as hy en adjunkhoof by \u0149 vooraanstaande ho\u00ebrskool in Randburg, is \u0149 man van lysies. Hy is \u0149 kompulsiewe neerskrywer en bewaarder van lyste selfopdragte, voornemens, begrotings, inventarisse en instruksies. Hy het elke lesing wat Harry Duval vir die lede van die GPF aangebied het, bygewoon en bondige, presiese aantekeninge in sy A6-grootte notaboekie met \u0149 HB-kloupotlood gehou, en tog het hy nooit werklik met die man se bevindinge of aanbevelings saamgestem nie. Nietemin het hy die instruksies uitgevoer, waarskynlik omdat hy onwillig was om verkeerd bewys te word.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die eerste en belangrikste item op Duval se lys van oorlewingsmiddele was \u0149 ou-tegnologiese, dieselaangedrewe viertrekvoertuig. N\u00e1 vele konsultasies, ure se internetnavorsing en onderhoude, alles helder neergepen in genommerde kolomme, het hy sy getroue 2002 Toyota Corolla \u2013 met volledige diensrekord en brandstoflogboeke \u2013 verkwansel en \u0149 1997 Land Rover Tdi-stasiewa gekoop. Vir die Land Cruiser-manne het dit hulle vertroue in lysies ondermyn. Daarna het hy bykans die aankoopprys van die stasiewa herhaal om dit meganies in orde te kry en met langafstandtenks en \u0149 dubbelbatterystelsel toe te rus, soos per instruksies.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy was nog in die proses om lysies op te stel vir die aankoop van \u0149 haelgeweer en \u0149 koe\u00eblgeweer toe die Chaos die proses van die baan geskrap het. Die Bakkes-arsenaal is noodwendig beperk tot die Beretta Model 92F wat hy as student gekoop het en Lucille se vyfskoot-Astra Cadix-kortsnoetrewolwer. En \u0149 CZ 200S PCP-windbuks. Dit behoort nie aan Fred nie, maar aan sy seun, Frederik Hermanus Alarus Bakkes, by ieder en elk bekend as \u201cFrekie&#8221;, \u0149 vyftienjarige boontjierank van \u0149 seun met \u0149 kleredragsin wat blykbaar in solidariteit met sy pa s\u0149 ontstaan het, sodat hy altoos aangetrek is in langmou-oopknoophemp, moulose truitjie, grys of donkerbruin langbroek wat \u0149 halwe handbreedte bo sy Grasshopper-skoene \u2013 bruin of grys \u2013 eindig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die windbuks is nie aangeskaf vir oorlewing nie, maar omdat die knaap \u2013 wat net een gesigsuitdrukking het: algehele verbasing \u2013 \u0149 lid is (was) van die Sentraal-Gauteng-skyfskietspan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lucille Bakkes \u2013 kort, bruin van haar en mollig met \u0149 middellyf gevorm asof van ringtennisringe wat opgestapel is \u2013 weet van beter as om haar man se oorspronklike besluit om die uittog mee te maak, te bevraagteken. Die heilige lysies het gepraat en kan nie in twyfel getrek word nie. Tog wil sy weet wat volgende gebeur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar is besluit om in die veld in te beweeg,\u201d s\u00ea Fred terwyl hy die sleutel draai om die Land Rover aan die gang te kry.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn stem jy saam daarmee, Fred?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar was nie genoeg tyd om die situasie te ontleed nie.\u201d Bedoelende dat hy nie \u0149 tweekolomlysie met voor- en nadele kon opstel nie. \u201cDaar is ongerymdhede voor in die pad. Dit lyk asof rebelle die roete blokkeer en voertuie plunder. As ons in die veld is, het ons seker meer opsies.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Voor en agter hulle ontstaan \u0149 onharmonieuse gerammel wanneer die lede van die konvooi hulle voertuie aanskakel. Een of twee se hoofligte kom aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cCharlie Papa aan alle stasies,\u201d s\u00ea Daan-Dirk oor die radio, \u201cskakel julle hoofligte af tot verdere kennisgewing. Ons wil so min aandag trek as moontlik.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die konvooi se vertrek het van meet af \u0149 belemmering: Hulle is agter mekaar in die linkerbaan en wil oor die regterbaan beweeg en van daar oor die le\u00eb teenoorgestelde roete van die snelweg. Maar die regterbaan is ook buffer-teen-buffer vol voertuie. Langs die M\u00f6llers se Land Cruiser is \u0149 X5 BMW en die ruimte tussen hom en die Hyundai H1-bussie is te skraal om die konvooi deur te laat.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die Bakkes-gesin sien hoe Daan-Dirk die bonkige Toyota laat vorentoe kruip en dan na regs beweeg om aan te dui dat hy \u0149 deurweg soek. Dis aan die voertuiglyftaal duidelik dat hy wil h\u00ea die X5 moet terugstoot dat hy kan deurry. Die ooglopende versoek word begroet met \u0149 geflits van die BMW se ligte en \u0149 Indi\u00ebr-bestuurder wat nogal oorleun om met \u0149 stywe middelvinger te beduie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat het hy gedink?\u201d vra Fred.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cKoelies?\u201d vra Frekie wat voor op sy sitplek sit en, hande weerskante op die rugleunings van die voorste sitplekke tussen sy pa en ma hang, sy jong Jack Russell-teef, Passer, opgekrul op sy skoot.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBMW,\u201d s\u00ea Fred. \u201cDis \u0149 bewese biologiese feit dat as \u0149 man in \u0149 BMW klim daal sy IK met 30 punte en sy peester krimp met vier duim.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cFred!\u201d s\u00ea Lucille.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy weet self nie hoekom hy dit ges\u00ea het nie. Hy het dit lank terug in die personeelkamer gehoor en nooit deur al die jare gedink hy sal dit hardop herhaal nie. Die druk van die situasie het vreemde gevolge.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJammer,\u201d s\u00ea hy. \u201cDis nie juis nie. Ek het bedoel om te s\u00ea vyf duim.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cWat gaan Daan-Dirk doen?\u201d vra Lucille gespanne.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoeilik om te spekuleer, maar wat dit ook al is, dit gaan nie aangenaam wees nie.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Fred se toonhoogte is normaalweg ingestem op A onderkant Middel C, en gaan een noot af as hy diep sake praat en een noot op as hy opgewonde is. Dis nou op D-kruis. Maar sy voorspelling hou water.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk stoot die Land Cruiser terug en swaai die stertkant uit na die skouer van die pad. Daar is \u0149 oomblik se verposing terwyl hy vermoedelik skakel na 4 x 4-laestrek. En dan rammel die stasiewa vorentoe, loodreg op die gaping tussen Hyundai en BMW en wanneer die swaar, wye botsingstellasie wat hy voor aan die Land Cruiser aangebring het die twee voertuie tref is dit met die geluid van \u0149 groot koekblik wat met simbale geslaan word, gevolg deur die fluitgil van rubberbuitebande wat oor die teeroppervlakte gesleep word. Die Hyundai en die BMW vou weg soos kroegdeure wat oopgemaak word en die Land Cruiser is deur die gaping, deur die ongesnoeide struike op die middelmannetjie met \u0149 geplof van takke en blare.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Fred kan in die swak lig sien hoe die bestuurder van die BMW sy arms wild swaai en in gebaretaal \u2013 en vermoedelik per mond \u2013 refleksie werp op Daan-Dirk se vroulike voorsate.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHou vas!\u201d s\u00ea Fred bedaard en stuur die Land Rover in die gaping in. Die stasiewa pas maklik in die gaping en tog kry hy dit reg om die \u00a0passasierskant teen die hoek van die Hyundai se agterste buffer te krap. Die Defender skommel en bons oor die middelmannetjie en hulle breek deur die heiningstruik wanneer die M\u00f6llers se Land Cruiser reeds oor die pad is en skuins deur die hoekige betonafvoersloot waggel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Fred volg tot agter Daan-Dirk. Die Toyota se een agterdeur is oop en Brian staan by die sewekoorddoringdraadheining en is besig om dit met \u0149 draadtang af te knip. Hy nael terug na die motor, spring in en klap die deur toe. Die Land Cruiser beweeg oor die drade wat slap l\u00ea en draai links.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hulle is in \u0149 groot veld, voorheen weiding vir \u0149 kudde beeste en die gras staan kniehoogte. Daan-Dirk maak seker dat daar genoeg ruimte agter hom is, draai regs sodat die voertuig die veld in wys en kom tot stilstand. Fred bestuur agter hom aan en draai langs hom aan sy regterkant in en parkeer die Defender.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die volgende vier voertuie \u2013 die ML Benz van Costa Karedes, die Land Cruiser van Andreas Vermeulen, die Defender 90 van Chris Lourens en die Chevrolet K20 van Bart Kolver volg maklik genoeg in die gaping tussen die bussie en die X5, maar dan kom die Holtzschuh\u2019e se Unimog aan en dit is ho\u00ebr, en meer tersaaklik, wyer as die ander voertuie. Die Duitser, sy arms soos beeshorings om die stuurwiel van die \u2018Mog geslaan, \u0149 uitdrukking op sy gesig asof hy gereed is om sy voorkop deur \u0149 baksteenmuur te kap, trap die versneller weg en die groot voertuig kom snorkend en met hewige momentum aan en vee die Hyundai en BMW weg voor sodat hulle nou soos dwarsbalke teenoor die voertuie agter hulle staan; die H1 se snoet na Noord en die X5 s\u0149 na Suid.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die twee Patrols geloods deur die \u201cmedievalist\u201d Stetner en die skoolseun Degenaar vaar sonder teenspoed deur die gaping, oor die middelmannetjie, oor die snelweg, oor die skouer en in die veld in, waar hulle een na die ander, skouer teen skouer, langs mekaar parkeer. Nou nog net die Hacketts se X-Trail en die Ramkat van JP Els.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNou wat nou!\u201d wil Jack weet wanneer JP die pypkar se snoet tussen die Hyundai en BMW deur druk. Een oomblik was Barry Hackett se Nissan voor hom en die volgende oomblik, in plaas van om die res oor die pad te volg, swenk dit regs in die snelweg af en versnel in die rigting van die Oos-Rand.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEn hier, hier en nou,\u201d s\u00ea Jack, \u201ckom die kak.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Links van hulle slaan die wit skynsel van aankomende verkeer agter die hoogtetjie uit en die volgende oomblik kom twee swart BMW-sedans met skokspoed oor die bult gejaag. Die pad voor hulle is leeg \u2013 behalwe vir die Hacketts se X-Trail.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVat hulle,\u201d s\u00ea Jack. \u201cJy kan hulle vat.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">En vir \u0149 oomblik is dit waar. As die pypkar net meters vorentoe beweeg en een van die BMW\u2019s net die geringste stootjie gee, sal die onbeheerste snelheid waarteen die motor trek dit in die veld in laat wegtol. Dan is die twee motors verby, so vinnig dat die pypkar in hulle sleurstroom wieg.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cSal nie,\u201d s\u00ea JP. \u201cSal net stront oor my kar kry.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die ander luister nie na hom nie want hulle staar dro\u00ebmond na regs waar die BMW\u2019s die afstand tussen die Nissan en hulle verslind. Wanneer die voorste een by die stasiewa kom, pluk die bestuurder die sedan na links, vol aggressie, reg oor die boeg van die X-Trail in.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die remligte van die Nissan kom aan en die neus pluk na links. Momentum neem oor en die voertuig skuur sykant na voor in die rigting van die BMW. Dan word dit oorrompel deur die weerspannige kinetiese kragte wat daarin gestoor is. Die Nissan tol regs, kap na links, herstel effens na regs en dryf dan links van die snelweg af en wanneer die linkervoor- en agterwiel die betonafvoersloot tref, word dit onder die nutsvoertuig uitgepluk. Die Nissan tref die oorkantste wal op die sy, maar die impetuskragte is nog nie uitgewoed nie en die kar bons terug van die graswal af en kom wiegend op sy wiele tot stilstand.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Oombliklik is die tweede BMW by. Die deure skiet oop en vyf swartmans, in los hemde en wapperende broeke, elkeen met \u0149 geweer, krioel uit en bestorm die Nissan. Die voorste BMW maak \u0149 paar kringe op rokende en fluitende bande en jaag tot teenaan die Hacketts se kar. Nog vier gewapende swartes verskyn met skielikheid en geweld in hulle houding.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die deure van die Nissan word oopgeruk en twee van die aanvallers kry \u0149 greep op Barry en begin hom uit die voertuig sleep. Hulle poging word vertraag, vermoedelik omdat sy veiligheidsgordel nog vas is, en na \u0149 geruk, gille, \u0149 gebulder en \u0149 kort sarsie skote hemelwaarts uit \u0149 AK, kom Hackett uit die kar, reguit grond toe, waar hy omsingel word deur vier rampokkers wat hom uitbundig, met die los, bytende, vloeiende voetbewegings eie aan die swarte, skop terwyl hy soos \u0149 wurm op die grond wriemel, arms oor sy kop gevou om die ergste skade te verhoed.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die ander insittendes, Thelma en die seuns Roger en Lyall kom van die ander kant van die voertuig af gehardloop, agtervolg deur \u0149 drietal jubelende swartmans wat allerhande los voorwerpe \u2013 skoene, bottels, klippe \u2013 agter hulle aanwerp.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Een van die aanvallers gee \u0149 instruksie en Barry se folteraars hou op om hom te skop. Hy kom orent tot handeviervoet en begin skarrel agter sy vrou en kinders aan. Een van die swartes steek vas en gooi \u0149 skoen, \u0149 lemmetjiegroen Croc, agter hom aan en dit woer-woer, woer-woer in die nat aand en, tot groot vermaak van die swartes, tref dit hom teen die agterkop sodat sy kop vorentoe knik.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Een van hulle maak \u0149 voertsekgebaar met sy een hand. Die res lag en slinger uitroepe agter die roggelende Barry aan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">In die Ramkat sit JP-hulle vasgenael.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jack kyk links. Die gloed van ligte verskyn agter die bult.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHier kom die Hilux\u2019e!\u201d s\u00ea hy skerp. \u201cKom ons gaan kry hulle!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">JP laat los die pypkar se koppelaar en skop die versneller ten diepste in. Hy swaai na regs in die rigting van die Hackett-gesin wat struikelend en gillend in hulle rigting beweeg.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">(Lees vervolgens <em><a title=\"Bodem 8: Stormloop\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=21099\">Bodem 8<\/a>.<\/em>)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 6 en alle vorige episodes. Fred Bakkes, bekwaam as tegniese-tekeninge-onderwyser, onlangs departementshoof by \u0149 laerskool in \u00a0Alberton, met \u0149 lewensingesteldheid, houding en kleredrag afgetrek op die leerkragte van die sewentigs toe hy op ho\u00ebrskool was, eggenoot van Lucille, twaalf jaar jonger as hy en adjunkhoof by \u0149 &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=21032\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 7: Die swenk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":20860,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[167,15065,15024,15019,15043,15018],"class_list":["post-21032","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrikaans","tag-eboek","tag-fiksie","tag-gratis","tag-verhaal","tag-vervolgverhaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21032","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=21032"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/21032\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20860"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=21032"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=21032"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=21032"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}