{"id":20936,"date":"2014-01-10T10:33:27","date_gmt":"2014-01-10T08:33:27","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20936"},"modified":"2014-01-14T12:29:22","modified_gmt":"2014-01-14T10:29:22","slug":"bodem-4-konvooi","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20936","title":{"rendered":"Bodem 4: Konvooi"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-20860\" alt=\"vlamtoring\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring-262x300.jpg\" width=\"262\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring-262x300.jpg 262w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/vlamtoring.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 262px) 85vw, 262px\" \/><\/a><\/p>\n<div id=\"stcpDiv\" style=\"position: absolute; top: -1999px; left: -1988px;\">\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\"><em>\u2018n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees eers<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20868\"> Bodem 2: \u2018Noem my Harpoen\u2019<\/a><\/p>\n<p>&#8211; See more at: http:\/\/praag.co.za\/?p=20898#sthash.qV2VRUaY.dpuf<\/p>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>&#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees eers <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20898\">Bodem 3: Die recce<\/a> en <a title=\"Bodem deur Gustav Venter\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=21038\">alle vorige episodes<\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk staar vir \u2019n oomblik na die kersierooi agterlig van die Yamaha wat op die skouer van die snelweg langs die streep karre verbyry en dan kyk hy na die voertuie wat buffer teen buffer staan sover as die oog kan sien. Dis \u2019n groot verskeidenheid rygoed, verteenwoordigend van omtrent elke voertuigklassifikasie op Suid-Afrikaanse paaie. Die een ding wat hulle in gemeen het \u2013 die sedans, stasiewaens, nutsvoertuie, enkel- en dubbelkajuitbakkies, vier-by-viers en selfs \u2019n paar mediumswaar vragmotors en \u2019n bus of twee \u2013 is dat hulle volgeprop en hoog gelaai is met besittings. Daan-Dirk weet waarna hy kyk: \u2019n eksodus.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die voertuie was anders, maar dis hoe die Franse paaie in 1940 gelyk het toe die stede se bevolkings uitgewyk het voor die aankomende, onstuitbare Duitse Wehrmacht. Dis mense op vlug en hy weet dat in die meeste gevalle is d\u00edt wat in en op die voertuie is, die enigste stoflike goed wat die voortvlugtendes oor het. Die Chaos het niemand oorgesien nie en bitter min was voorbereid.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cHou julle radio\u2019s aan,\u201d s\u00ea hy vir Jack en JP en begin in die rigting van die Cruiser heel voor aan hulle eie konvooi aanstrompel.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Brian val langs hom in, die ene ritteltits van opgewondenheid.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dog Pa gaan hom dres, so uitgerek was Pa,\u201d babbel hy.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNapoleon moes nooit met sulke stront opgeskeep sit nie,\u201d mompel Daan-Dirk. Voor Brian iets kan s\u00ea, gaan hy voort: \u201cHardloop na die Cruiser. Kry jou ma se radio. Gaan terug waar ek en jy was. As Joubert rapporteer en ons kan nie hier onder die boodskap kry nie, vertel wat hy vir my s\u00ea.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cGoedgoedgoed.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cBrian!\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cJa Pa?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk wil radiodissipline h\u00ea. Niks se geklets of snaakse stories nie. Jy s\u00ea vir my wat hy s\u00ea, elke woord net so en geen stertjies of jou eie idees by nie. N\u00e8?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cPa, ja Pa. Kan ek \u2019n stuk saamvat?\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk dink vir \u2019n oomblik. Benewens sy Glock het hulle in die Land Cruiser nog \u2019n 9-millimeter Astra Model 100 kompakte pistool wat Edna by haar hou, \u2019n Mossberg 500 pompaksiehaelgeweer en \u2019n Voere AM180 .22 karabyn.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cVra jou ma vir die Astra.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het gedog die Voere.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cNie nou nie. Jy weet hoe voel Marnu daaroor.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sy jongste seun het die afgelope paar maande \u2019n affiniteit vir di\u00e9 eienaardige geweer ontwikkel en sedert hulle by hulle huis \u2013 die huis wat hulle gehad het \u2013 weggetrek het, het hy dit by hom vasgeklem.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cAstra. Het dit.\u201d<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Brian slaan oor na \u2019n stywe drafpas in die rigting van die stasiewa.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk stap langs die ry voertuie in hulle konvooi verby en begin, vir die soveelste keer, om \u2019n bestekopname te maak. Hy het vereistes gestel om by die konvooi aan te sluit: Genoeg brandstof vir \u2019n duisend kilometer, kos vir twee weke, die nodige kamptoerusting en soveel vuurwapens as wat elkeen kon saambring. En \u2019n vier-by-vier-voertuig. D\u00edt was die hoofvereiste. Hy, in oorleg met Harry Duval, was van mening dat hulle soms alle paaie sou moes vermy en die vermo\u00eb moes h\u00ea om deur die veld te ry. Natuurlik is daar \u2019n verskil in interpretasie oor watter voertuie vir ruwe terrein geskik sou wees en natuurlik het hy te maklik ingegee, veral ten opsigte van die voertuig net voor JP se Ramkat in die ry.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit is \u2019n goudkleurige Nissan X-Trail, volgens alle verslae \u2019n skaflike padmotor maar volgens dieselfde verslae, al is dit \u2019n vier-by-vier, redelik tot volslae hopeloos in die veld. \u2019n Regte sawweryer as daar ooit een was. Maar daar is dit nou, sy verantwoordelikheid, bestuur deur &#8216;n rou soutie, Barry Hackett, met vrou en twee laerskoolseuns met een, enkele Ruger Merk 2 .22-skyfskietpistool om die hordes mee aan te durf.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Voor hulle is twee identiese voertuie wat meer gesag afdwing. Daan-Dirk stap by die 1996 Nissan Patrol verby. Dis \u2019n goeie, ouskoolstasiewa met \u2019n 4,2-liter-dieselenjin. Dis \u2019n voertuig wat allerwe\u00eb in veldrykringe gesag afdwing. Die enigste haakplek is dat dit deur \u2019n 17-jarige seun, Gielie Degenaar, bestuur word. Die aanvullende bemanning is Tannie Alba Verhoef, 74, en haar skoondogter, dokter Jana Verhoef. En die malteser, Caruso. Daar is darem, weet Daan-Dirk, \u2019n oudtydse Walther P38-pistool wat aan Oom Attie Verhoef behoort het, \u2019n Walther PPK, \u2019n Browning semi-outomatiese 12-boor haelgeweer en \u2019n .308 Ruger Nommer 1 ook in die kar.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Voor hulle is \u2019n identiese Patrol. Dit het eers \u2019n petrolenjin gehad, maar met die uitbreek van die Chaos het Bart Kolver dit een aand met min o\u00ebnskynlike moeite uitgepluk en \u2019n dieselkragpak ge\u00efnstalleer. Daar is twee insittendes van die Boheemse soort: Deon en Atta Stetner, kunstenaars, handkunsvervaardigers en smouse. Hulle wapens van keuse is, en Daan-Dirk sukkel steeds om dit te glo, \u2019n paar messe, ten minste vier swaarde, \u2019n Middeleeuse bal-en-kettingknuppel, \u2019n oorloghamer en \u2019n versameling langbo\u00eb. Deon Stetner is, volgens die visitekaartjie op varkleer wat hy vir almal uitdeel, \u2019n &#8220;medievalist&#8221;.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk kom nou by die voertuig wat sy hart die blyste maak. Dis \u2019n bonkige Unimog wat as \u2019n huiswa uitgerus is, die eiendom van \u2019n Andreas Holtzschuh wat sy geld met \u2019n ingenieursaak gemaak het, vergesel deur sy Engels Suid-Afrikaanse vrou, Alice, en hulle drie ho\u00ebrskoolkinders, Dieter, Dalene en Ellen. Dit is die voertuig om die berge van Afrika mee plat te maak en die valleie mee op te vul. Behalwe vir die majestueuse onderstel en ho\u00ebladingaste, die onvernietigbare ratkas en die magtige sessilinderdieselenjin, is dit swierig toegerus met elke troeteltoestel wat die bedorwe reisiger kan nodig kry. Aan boord is \u2019n Sig-Sauer 9-millimeter, \u2019n manjifieke dubbelloop-Krieghoff in 9,3 x 62 mm en \u2019n .22 Mauser.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die oudste voertuig in die versameling is \u2019n verbleikte ou Chevrolet K20-bakkie. Die eienaar\/bestuurder is Bart Kolver, \u2019n immerlaggende werktuigkundige wat nooit in iets anders as \u2019n stukkende T-hemp en \u2019n kortbroek van die soort wat vir safaripakke gemaak is, te siene is nie. Hy ry alleen en daar was, om eerlik te wees, geen vrywilligers om die tog saam met hom aan te pak nie. Bart kan die morsigste, mees vulg\u00eare mens wees wat Daan-Dirk ooit ontmoet het. Dis nie dat hy Boxer-twak rook, pruim of snuif nie \u2013 hy doen al drie, soms gelyktydig en hy punktueer sy gesprekke dikwels deur \u2019n swaar boud eenkant toe te draai en \u2019n rammelende buikwind te los. Hy het \u2019n vrou, Alie, maar sy was in die Kaap toe die Chaos in hulle omgewing begin het, en hy het haar aanges\u00ea om daar te bly totdat hy haar kan herwin. Bart Kolver was ook die eerste persoon wat Daan-Dirk gewerf het om by die konvooi aan te sluit. Kru soos wat hy is, het hy die verstommendste hande wat blykbaar enige iets kan maak of regmaak. En agter op die Chev is \u2019n groot kappie, deur Bart self van plaatmetaal gemaak en daarin het hy genoeg gereedskap en toerusting om \u2019n vliegdekskip oor te doen. In Alie se afwesigheid word hy vergesel deur \u2019n Chihuahua-hondjie met die naam Omo en \u2019n buierige rifrug, Vicegrip.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Chris en Sandy Lourens se Land Rover Defender 90, TD5 is die vyfde voertuig van voor af. Sy besit \u2019n klein klerewinkel en hy is \u2019n middelvlakbestuurder in \u2019n kitskoskettinggroep se hoofkantoor. Hulle is bewapen met \u2019n ge\u00ebrfde .303 Lee Enfield Mk 4.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die voertuig met die mees komplekse personeelaanvulling is die olyfgroen 1990 HJ75 Land Cruiser-bakkie. Styf saamgepers op die enkel ry sitplekke is Andreas Vermeulen, wildlewefotograaf en beroepsjagter, sy vervreemde vrou Lilian en haar minnaar Don van der Merwe, prokureur. Andreas het sy getroue CZ75-pistool in \u2019n skede aan sy sy en agter die sitplek \u2019n deeglik gebruikte .375 BRNO-geweer, \u2019n Beretta-dubbelloophaelgeweer en \u2019n semi-outomatiese .22 Remington. Van der Merwe het \u2019n 10-mm-Glock by hom. Agter op die bak, in \u2019n holte tussen al hulle bagasie en toerusting, skuil Andreas se groot, rooi Dobermann Pinscher, Rattus.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die volgende voertuig is so onvanpas vir die doel van die konvooi as wat Daan-Dirk ooit in \u2019n nagmerrie kon droom. Dit is \u2019n peperduur, dofswart Mercedes-Benz ML 6,3 AMG met gebeitste vensters; laag op wye laeprofielbande rondom allooivellings. Daan-Dirk sou geweier het dat so \u2019n voertuig saamry, maar dit het by hulle ingeval toe hulle vertrek het, geloods deur Costa Karedes, \u2019n Siprioot wat \u2019n fortuin met \u2019n plastiekfabriek gemaak het, sy vrou Ragel en hulle tweelingtienerdogters, Kelly en Cara, albei reeds gesogte tydskrifmodelle. Costa was een van die stigterslede van hulle buurt se Gemeenskapspolisi\u00ebringsforum, die orgaan waar meeste van Daan-Dirk se konvooilede gewerf is. Hy is \u2019n joviale, gerespekteerde, hardwerkende en baie gewilde lid van die Forum \u2013 maar ai, daardie uitspattige motor, daardie skakersmagneet. Sy handwapen is net so uitspattig \u2013 \u2019n .44 Magnum Desert Eagle-pistool. Die enigste sinvolle ding aan boord is sy AR15-stormgeweer wat hy op een of ander manier ingevoer het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die laaste voertuig voor Daan-Dirk by sy Land Cruiser kom, is darem meer konvensioneel, \u2019n ivoorkleurige Land Rover Defender 110 Tdi, wat hy as skaflik sou beskou het as hy \u2019n goeie opinie van \u2019n Land Rover gehad het, wat hy nie het nie. Hy is \u2019n Toyota-man, n\u00e1 alles.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daan-Dirk kom by sy voertuig, draai om en tuur in die nat donkerte in na die tien waens agter hom. 36 siele, en hy, hy is verantwoordelik vir hulle almal.<\/p>\n<div id=\"stcpDiv\" style=\"text-align: justify;\"><em>Lees vervolgens <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=20966\">Bodem 5: Die berig<\/a><\/em><\/div>\n<div id=\"stcpDiv\" style=\"position: absolute; top: -1999px; left: -1988px;\">(Lees m\u00f4re die volgende episode van Bodem)<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 2: \u2018Noem my Harpoen\u2019 &#8211; See more at: http:\/\/praag.co.za\/?p=20898#sthash.qV2VRUaY.dpuf &#8216;n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers Bodem 3: Die recce en alle vorige episodes Daan-Dirk staar vir \u2019n oomblik na die kersierooi agterlig van die Yamaha wat op die skouer van die snelweg langs die streep karre &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=20936\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bodem 4: Konvooi&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":20860,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,115],"tags":[167,15065,15024,15019,15064,15018,12919],"class_list":["post-20936","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s32-feuilleton","category-c106-verhale","tag-afrikaans","tag-eboek","tag-fiksie","tag-gratis","tag-konvooi","tag-vervolgverhaal","tag-voertuie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20936","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20936"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20936\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20860"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20936"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20936"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20936"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}