{"id":20920,"date":"2014-01-09T10:27:16","date_gmt":"2014-01-09T08:27:16","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=20920"},"modified":"2014-01-09T11:33:54","modified_gmt":"2014-01-09T09:33:54","slug":"20920","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=20920","title":{"rendered":"Schumacher was glo self vir sy val verantwoordelik"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/schumiski.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-20921\" alt=\"schumiski\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/01\/schumiski.jpg\" width=\"278\" height=\"181\" \/><\/a>Franse ondersoekbeamptes s\u00ea die sewemalige w\u00eareldkampioenrenjaer, Michael Schumacher, het beslis buite &#8216;n aangeduide roete in die Franse Alpe geski toe hy op 29 Desember sy balans verloor en met sy kop teen &#8216;n rots geval het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sulke roetes, soms swart roetes genoem, is gewoonlik roetes wat buite die aangeduide ski-bane val met hindernisse wat nie aangedui word nie. Dit is gewoonlik net baie ervare ski\u00ebrs wat sulke onaangeduide roetes beproef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ondersoekers het weer bevestig dat die veiligheidsaanduidings by die M\u00e9ribel-oord baie duidelik en streng volgens regulasie aangetoon was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die renjaer was tussen &#8216;n rooi roete, Les Chamois, en &#8216;n bloue, La Biche, teen &#8216;n hoogte van 2,700 meter. Hy het die ski&#8217;s gehuur en die kamera self aan sy helm vasgeheg voor die uitstappie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Schumacher en sy seun Mick was eers die oggend op die rooi roete, waarvan hulle later afgewyk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Woensdag is bekend gemaak dat twee minute se beeldmateriaal van &#8216;n kamera op Schumacher se skihelm toon dat hy nie teen &#8216;n ho\u00eb spoed verongeluk het nie. Die spoed waarteen die ervare ski\u00ebr geski het was &#8220;normaal&#8221;, s\u00ea hulle.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die rotse waarteen hy geval het, was egter bedek met &#8216;n ligte laag sneeu wat hulle min of meer verskans het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een ondersoeker, kommandeur St\u00e9phane Bozon, s\u00ea egter die helling was besonder nou en daar was nie baie plek om dmv draaie spoed te verminder nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Schumacher was waarskynlik self verantwoordelik vir die ski-ongeluk en sy\u00a0ski-helm het waarskynlik &#8216;n erger uitkoms verhoed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy is die afgelope twee weke in &#8216;n koma. Sy toestand word beskryf as steeds kritiek maar stabiel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ondersoekers het daarop gewys dat daar geen probleme met sy ski&#8217;s was nie. Hulle het ook aangedui dat die spoed bereken kan word uit die filmmateriaal, maar dit was nie &#8216;n element in die ondersoek nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Schumacher is steeds in &#8216;n medies-ge\u00efnduseerde koma in &#8216;n hospitaal in Grenoble na twee breinoperasies.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Franse ondersoekbeamptes s\u00ea die sewemalige w\u00eareldkampioenrenjaer, Michael Schumacher, het beslis buite &#8216;n aangeduide roete in die Franse Alpe geski toe hy op 29 Desember sy balans verloor en met sy kop teen &#8216;n rots geval het. Sulke roetes, soms swart roetes genoem, is gewoonlik roetes wat buite die aangeduide ski-bane val met hindernisse wat nie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=20920\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Schumacher was glo self vir sy val verantwoordelik&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":20921,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[14950,11779,14886,7676,15061],"class_list":["post-20920","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-franse-alpe","tag-koma","tag-meribel","tag-michael-schumacher","tag-sewemalige-wereldkampioenrenjaer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20920","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=20920"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/20920\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20921"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=20920"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=20920"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=20920"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}